Goliath v S (A125/2005) [2006] ZAWCHC 73 (10 February 2006)

52 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Robbery — Identification of accused — Appellant convicted of robbery and related firearm offences — Victims identified appellant as one of the assailants during home invasion — Appellant's alibi inconsistent with evidence — Court found identification reliable despite appellant's claims of misidentification — Conviction upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2006
>>
[2006] ZAWCHC 73
|

|

Goliath v S (A125/2005) [2006] ZAWCHC 73 (10 February 2006)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A.125/2005
DATUM
: 10
FEBRUARIE 2006
In
die saak tussen:
WILLEM
GOLIATH
Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
UITSPRAAK
LOUW.
R
:
Die
appellant, wat deurgaans deur n regsverteenwoordiger bygestaan is,
net in die streekhof in Parow tereggestaan op vyf aanklagte
tewete
aanklag 1, huisbraak met die opset om te steel; aanklag 2, roof met
verswarende omstandighede; aanklag 3, besit van 'n ongelisensieerde

vuurwapen; aanklag 4, besit van ammunisie; en aanklag 5, rig van 'n
vuurwapen op iemand, Aanklagte 3, 4 en 5 Is oortredings van
die Wet
op Vuurwapens en Ammunisie, no. 75 van
1969.
Die
aankJagtes spruit voort uit 'n voorval wai op 19 Junie 2002 by die
huis van drie bejaarde susters, tewete me Florence Kirkhoff
wat 75
jaar oud was; me Phylis Fitzgerald wat 73 jaar oud was en me Lily
Kirkhoff wat 77 jaar oud was. Dit het gebeur by hulie
woning in
Forest Drive, Pinelands, in die Kaap.
Met
die aanvang van die verhoor is aanklag 1
f
tewete die aanklag van huisbraak teruggetrek en het die Staat slegs
voortgegaan met aanklagte 2 tot 5. Die appellant het op al
hierdie
aanklagte onskuldig gepleit. Dit is nie duidelik uit die oorkonde of
daar enige mondeltnge pleitverduideliking namens horn
gemaak is nie.
Na
afloop van die verhoor is die appellant op a! vier die oorblywende
aanklagte skuldig bevind. Op 6 Mei 2004 is hy die volgende
vonnisse
opgele;
Aanklag
2,
roof
met verswarende omstandighede vyftien (15) jaar gevangenisstraf;
Aanklag
3, besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen drie (3) jaar
gevangenisstraf;
Aanklag
4, besit van ammunisie drie (3) jaar gevangenisstraf.
Aanklag
5
(
die rig van 'n vuurwapen, drie (3) jaar gevangenisstraf.
Daar
is voorts gelas dat die vonnisse ten opsigte van aanklagte 3, 4 en 5
saamloop met die vonnis op aanklag 2. Die effektiewe gevangenisstraf

is dus vyftien (15) jaar gevangenisstraf.
Die
appellant appelleer nou met verlof van die verhoorhof teen beide die
skuldigbevindings en die vonnisse wat horn opgele is.
Dit
word nie betwis dat die drie susters om ongeveer halfsewe die
betrokke aand in hulie huis aangeval is deur twee mans; dat hulle
met
'n vuurwapen gedreig is; dat gedurende die loop van die aanval
h
n
skoot uit die vuurwapen afgevuur is en dat hulle van R590,00 in
kontant beroof is. Die vernaamste geskilpunt is of die appellant
een
van die rowers was.
Twee
van die susters het getuig. Die eerste, me Florence Kirkhoff was
buite die huis besig om wasgoed van die
draad
af
te haat toe sy om ongeveer haffsewe die aand deur twee jong mans
aangeval is en deur een van hulle met 'n vuurwapen oor die kop

geslaan is. Sy is deur die agterdeur na binne geneem. Haar ouer
suster, me Lily Kirkhoff, wat aan epilepsie ly en as 'n kind

breinvliesontsteking opgedoen het en gevolglik breinskade
opgedoen het, het na die kombuis gekom en is ook deur die
rowers
vasgegryp en altwee die susters is na n klein slaapkamer geneem. In
hierdie slaapkamer het een van die twee mans 'n skoot
afgevuur. Die
derde sus ter, me Phyfis Fitzgerald, was in haar slaapkamer. Sy ly
aan diabetes en het onlangs n been verloor. Sy
het op daardie stadium
met 'n rolstoel oor die weg gekom.
Sy
het ook na die kombuis gekom waar sy vasgegryp is en met die
vuurwapen oor die kop geslaan is. Die aanvallers wou geld he en
hulie
is toe met me Phylis Fitzgeraid terug na haar slaapkamer terwyl een
van die aanvallers 'n vuurwapen teen haar bors vasgedruk
het. Daar
het sy R500 uit haar hangkas en nog los note uit haar handsak aan
hulle gegee. Me Florence Kirkhoff het ook geld uit
haar handsak
geneem en aan die aanvallers gegee. Die aanvatlers wou daarop ook by
die garage uitkom en terwyl hulle op pad daarheen
was, het die
voordeurklokkie gelui. Dit was van die bure en die ADT
sekunteitsbeampte.
Beide
me Florence Kirkhoff en Phylis Fitzgerald het vroeer reeds die
alarmknopptes gedruk. Die twee aanvallers het daarop gevlug.
Die
polisie het ook later opgedaag. ft Dokter wat daar naby woon, het die
twee susters wat wonde aan die kop gehad het waar hulle
met die
vuurwapen geslaan is, is deur horn behandei en me Florence Kirkhoff
het 12 hegsteke ontvang.
'n
Rukkre later het die polisie weer teruggekom na hulle huis. Hulfe het
'n persoon by hufle gehad. VoJgens me Florence Kirkhoff
het sy die
persoon buite die huis aan die polisie uitgeken as een van die
aanvallers tewete die een wat die vuurwapen hanteer het,
Sy het die
appellant in die hof as hierdie aanvaller uitgeken.
Volgens
haar het sy gevra dat hy ook in die huis ingebrrng moet word, sodat
haar susters ook kan se of hulle horn herken as een
van die
aanvallers. Sy se dat hy die korter een van die twee aanvallers is.
Sy se dat sy het geen twyfel dat die persoon wat die
polisie
teruggebring het, die een aanvaller is nie. Sy se dat sy die
geleentheid gehad het om altwee die aanvallers in die helder
lig
tydens die voorval in hulle kombuis te sien. Sy se dat hulle altwee
donker klere aangehad het en dat die korter een met die
vuurwapen, 'n
donker "navy-blue
1
'
baadjie aangehad het. Later het een van die polisiebeamptes weer
teruggekom na hulle huis en 'n gedeelte van haar suster, me Phylis

Fitzgerald, se Nedbank tjekboek aan haar getoon. Haar suster het
vroeer haar IO-nommer op daardie gedeelte van die tjekboek geskryf
en
het dit uitgeken as 'n deel van haar tjekboek.
Me
Phylis Fitzgerald het grootliks die getuienis van haar suster
bevestig. Sy se dat sy eers R500,00 uit haar hangkas en later nog

ongeveer R80,00 uit haar handsak aan die rowers gegee. Sy het die
appellant aan die Hot geidentifiseer as die persoon wat haar
oor die
kop geslaan het. Volgens haar het sy hom ook later die betrokke aand
as die aanvaller geidentifiseer toe hy deur die polisie
na hulle huis
teruggebring is.
Sy
bevestig ook dat hy die korter een van die twee aanvallers was en dat
die polisie later teruggekom het met 'n gedeelte van haar
tjekboek
waarop sy vroeer haar ID-nommer neergeskryf het.
Sy
verduidelik dat die bladsy uit die tjekboek waarskynlik
tussen die note in haar handsak was wat sy aan die rowers oorhandig

het.
Inspekteur
Maritz van die Suid-Afrikaanse Polisie in Pinelands het getuig dat hy
en inspekteur Eymann na die voorval uitgeroep is.
Hulle is na die
klaagster se huis waar daar
r
n
beskrywing van die aanvallers aan hulle gegee is. Maritz het vir
Eymann teruggeneem na die polisiestasie in Pinelands en hy het
toe in
die omgewing gesoek vir die aanvallers. Hy het getuig dat hy die
appellant in 'n duikweg onderdeur Forest Drive sten staan
het naby
(ongeveer 100 na 200 meter) vanaf die klaagsters se huis.
Hy
is nader en het opgemerk dat die appellant 'n baadjie, soos beskryf
deur die klaagsters, aan het. Hy het die appellant genader
en horn
gevra wat hy maak. Volgens Maritz het die appellant geantwoord dat hy
die betrokke dag in Pinelands gewerk het en dat hy
gewag het vir h
geleentheid na Mitchell's Plain of IVIanenberg.
Hy
het egter, voigens Maritz, onmiddeliik sy storie verander en
gese dat hy op pad is na Hanover Park.
Maritz
se dat hy agterdogtig was aangesien die beskrywing van die kleredrag
wat die appellant aangehad het, ooreengestem het met
die beskrywing
wat hy van die klaagsters gekry het en dat die appellant senuagtig
was en ook nie h behoorlike verduideliking kon
gee van wat hy gemaak
het op daardie plek nie. Hy het die appellant daarop saam met horn in
die vangwa na die klaagsters se huis
geneem. Volgens horn het een van
die klaagsters uit die huis gekom en die appellant wat agter in die
vangwa gesit het, as een van
die aanvallers ge'identifiseer het nadat
hy die Mg binne-in die vangwa aangeskakel het.
Voigens
horn het hy nooit die appellant in die huis geneem sodat die ander
klaagsters horn ook kon sien nie. Hier bots sy weergawe
met die van
die twee susters wat getuig het. Nadat die appellant deur die een
klaagster uitgeken is, het Maritz die appellant
na die polisiestasie
geneem. By die polisiestasie is die baadjie wat die appellant
aangehad het deursoek. In die voering van die
baadjie is R590,00 in
banknote en Yi gedeelte van 'n tjekboek wat tussen die note was,
gevind, Maritz het toe agter in die vangwa
gaan kyk en tussen die
sitpiek en die bakwerk van die vangwa 'n stuk papier gevind wat daar
ingeforseer is. Dit was die ander gedeelte
van die tjekboek. Hy het
hierdie bewysstukke aan inspekteur Burk oorhandig.
I
nspekteur Burk het getuig dat sy die aanvanklike ondersoekbeampte in
die saak was en dat sy met die gedeelte van die tjekboek
na die
kiaagsters se huis is waar dit deur een van die kiaagsters uitgeken
is as 'n deel van haar tjekboek.
Daar
was ook bloed aan die baadjie wat by die appellant gevind is.
]
n
Verslag ten opsigte van die DNA-ontleding van hierdie bloed is aan
die einde van die Staat se saak ingehandig. Volgens die Staatsaak
dui
die verslag daarop dat die bloedkoi op die baadjie ooreenstem met die
bloed van PhyEis Fitzgerald, een van die kiaagsters.
Ek twyfel of
hierdie verslag en die steun wat die Staat daaruit wil verkry op n
behoorlike wyse voor die Hot geplaas is. Na my
mening moet daardie
gedeelte van die getuienis buite rekening gelaat word.
Die
appellant het seif getuig. Volgens horn het hy die betrokke dag as 'n
wag op 'n taxi in Hanover Park werk. Om ongeveer sesuur
die aand is
hy en 'n vriend, ene Abdurahman Engel, na Kensington om daar vir
enige Kenny Kirsch te sien in verband met 'n aansitter
vir 'n
motorvoertuig. Op pad terug het hy en sy vriende in die motor begin
stry oor 'n selfoon en as gevolg daarvan is hy uit die
motorvoertuig
gelaai en moes hy verder stap.
Dit,
se hy, is hoe hy in Pinelands beland het. Hy het 'n ent gestap en
uiteindelik by die ingang van 'n duikweg onder die pad naby
h fabriek
'n baadjie op die grond sien le. Hy het die baadjie opgetel en
aangesien dit koud was, het hy dit aangetrek. Hy het deur
die duikweg
gestap en toe hy aan die ander kant uitkom
r
het lede van die buurtwag horn nader geroep en gevra waarheen hy op
pad is. Hy het gese dat hy op pad is na Hanover Park. Hutle
het vir
horn gese, soos hy dit gestel het, dat daar nou "net n toneel
plaasgevind het" en horn aangese om in hulle kar
te klinru Hulle
is toe met horn in die kar na die huis waar die voorval plaasgevind
het. Daar het hy uitgeklim. Die polisievoertuig
was ook daar en hy is
agter in die polisievangwa geplaas. Later beweer hy dat die vangwa
die buurtwag se voertuig op pad ontmoet
het en dat hy nog op pad na
die klaagster se huis in die vangwa geplaas is.
Hoe
dit ook al sy, volgens horn het 'n dame by die huis na buite gekom en
na horn gekyk waar hy in die donker agter in die vangwa
gesit het. Hy
het gehoor dat sy se iets tot die effek dat "dit is die jacket".
Volgens horn is hy nooit deur die persoon
uitgeken nie. Hy se ook dat
hy nooit uit die vangwa geneem is na die binnekant van die huis nie.
Die
appellant se bewering dat hy aanvanklik deur lede van die buurtwag
aangekeer is, is nie in kruisverhoor aan Maritz gestel nie,
hoewel
daar wel gestel is dat lede van die buurtwag in die omgewing was
onmiddellik voordat Maritz die appellant genader het. Trouens,
dit is
aan Maritz gestel dat die appellant nie weggehardloop het toe Maritz
horn genader het nie, en sy regs vert een woordiger
het in
kruisverhoor in besonderhede ingegaan op die voorval by die duikweg
waar Maritz die appellant aangetref het. Maritz is uitgevra
oor
waarom hy besluit het om die appellant in die vangwa te plaas en
presies oor wat in die gesprek tussen Maritz en die appellant
gese is
en in die proses is die appellant se weergawe van wat hy by die
geleentheid aan Maritz sou gese het, aan Maritz gestel.
Dit
is dus duidelik dat die appellant se instruksies aan sy
regsverteenwoordiger nie was dat hy aanvanklik deur die buurtwag
aangekeer
is nie.
Dit
is gemene saak dat die appellant vanaf die klaagsters se huis na die
poiisiestasie geneem is waar die polisie die baadjie wat
hy aangehad
het, deurgegaan het en dat die polisie geld gekry het in die voering
van die agterkant van die baadjie.
Nadat
die polisie, soos hy dit gestel het, die jacket "uitgeskud het",
is hy in die selle toegesluit. Later, se hy, het
h polisiebeampte na
horn gekom en vir horn gese dat daar ook n gedeelte van h tjekboek in
die vangwa gekry is.
Die
appellant ontken dat hy die betrokke aand deelgeneem het aan die
aanval op die klaagsters en dat hy hulle beroof het. Volgens
horn was
dit toevallig dat hy die baadjie opgetel het waarin die geld gevind
is. In kruisverhoor verander hy enigsins sy weergawe
en die sin dat
hy beweer dat hy nie teenwoordig was toe die baadjie deursoek is nie,
maar dat die polisie hom siegs meegedeel het
dat hulle geld in die
baadjie gekry het.
Nadat
die appellant getuig het, is 'n forensiese verslag by ooreenkoms
ingehandig. Uit hierdie verslag blyk dit dat die toets wat
op die
appellant se hande uitgevoer is, nadat hy gearresteer is, nie die
aanwesigheid van ontstekingsresrdu getoon het nie.
Die
vraag is of die ianddros se bevinding dat dit die appellant was wat
deelgeneem het aan die rooftog op die klaagsters tersyde
gestel moet
word. Dit is geyk dat 'n hot van appel nie geredetik, in die
afwesigheid van wesentlike mistastings, sal inmeng met
die
feitebevindmgs van n verhoorhof nie. Die baadjie wat die appellant
aangehad het toe hy deur die polisie gevind is, is ongetwyfeld
deur
die geld en stuk tjekboek wat daarin gevind is, gekoppel met die
aanval op die klaagsters. Die enigste werklike vraag is of
die
klaagsters se identifikasie van die appellant as een van die
aanvallers in die lig van al die getuienis, betroubaar is.
Die
Ianddros het bevind het dat die twee ktaagsters altwee bevredigende
en eerlike getuies was wat geen rede gehad het om die appellant

valslik te impliseer nie. Wanneer dit egter gaan oor identifikasie,
is die vraag nie net of die getuies eerlik is nie maar ook
of hulle
betroubaar is. Die vraag is dus of hulle identifikasie van die
appellant as een van hulle aanvalfers sodanig bei'nvloed
is deur die
feit dat hy die baadjie aangehad het wat ongetwyfeld deur een van die
aanvallers gedra is en ook dat hy deur die polisie
na hulte gebring
is met die vraag of hy een van die aanvallers is, dat hulle n baie
besliste identifikasie van die appellant, in
die lig van die
appellant se ontkennende getuienis nie betroubaar is nie.
Ek
meen dat in hierdie verband in ag geneem moet word dat die appellant,
soos deur die verhoorlanddros bevind, klaarblyklik nie
Yi
bevredigende getule was nie. 'n Belangrike aspek van die Staat se
saak was die feit dat Maritz die appellant by die ingang tot
die
duikweg konfronteer het en dat hy, volgens Maritz, nie 'n behoorlike
verduideliking kon verskaf oor wat hy in Pinelands gedoen
het nie.
Martiz,
soos ek reeds gese het, is in besonderhede oor hierdie gedeelte van
sy getuienis in kruisverhoor geneem. Daar is egter nooit
aan horn
gestel dat hy nie die appellant by die duikweg aangetref het nie.
Trouens, die trant van die kruisverhoor was dat Maritz
hom wel daar
aangetref het. Die appellant getuig egter dat hierdie voorval waaroor
Maritz getuig het en waaroor hy in besonderhede
in kruisverhoor
geneem is, glad nie tussen hom en Maritz plaasgevind het nie,
aangesien hy
t
soos ek gese het, vofgens die appellant deur lede van die buurtwag
gevind is en dat hy eers later aan die polisie oorhandig is.
Hierdie
weergawe is, na my mening, 'n nagedagte waarskynlik omdat hy ten tyde
van die afle van sy getuienis gemeen het dat dit 'n
meer aanvaarbare
weergawe sou wees om te beweer dat hy vanaf Kensington op pad was na
Hanover Park, nadat hy as gevolg van 'n argument
met sy vriende deur
hulle afgelaai is.
Volgens
Maritz het appellant gese dat hy in Pinelands gewerk het. Daardie
stelling is nie in kruisverhoor betwis nie en is trouens
in
kruisverhoor bevestig nadat daar spesifieke instruksies van die
appellant geneem is deur sy regsverteenwoordiger. Na my mening
het
die appellant leuenagtige getuienis gelewer oor sy teenwoordigheid in
Pinelands en oor die instruksies wat hy aan sy regsverteenwoordiger

gegee het. Hy het een storie aan Maritz vertel en later, nadat Maritz
getuig het, met 'n ander weergawe oor sy teenwoordigheid
in Pinelands
gekom.
Dit
is ook gemene saak dat die appellant nooit, sells nadat die geld in
die baadjie gevind is, aan die polisie gese dat hy die baadjie

opgetel het nie. Die appellant se weergawe is ook nie ondersteun deur
die twee beweerde getuies wat hy kon geroep het nie. Daar
is geen
aanduiding dat hierdie mense nie as getuies geroep kon word nie. Nog
sy vriend Engel saam met my wie hy na bewering gery
het, nog die
persoon by wie hulle na bewering in Kensington was, is deur die
appellant as getuie geroep.
Die
deurlees van die twee kiaagsters se getuienis wys dat hulle besonder
helder kon onthou wat met hulle gebeur het. Hulle getuienis
bots wel
met die van Maritz oor of die appellant in die huis ingebring is om
geidentifiseer te word. In hierdie opsig, meen ek,
dat hulle
getuienis aanvaar moet word. Die gebeure van die aand was
klaarblyklik vir hulle 'n bale trauma tiese ervaring, die
besonderhede waarvan hulle waarskynlik sal onthou. Maritz daarenteen
getuig oor
Y\
saak,
die besonderhede waarvan hy klaarblyklik nie in alle opsigte van
seker is nie. Ek meen dat hulle getuienis, gesten teen die
agtergrond
van die gebeure wat gemeensaak is, duidelik wys dat dit in kwaliteit
en oorredingskrag die getuienis van die appellant
ver oortref. Ek
meen dus dat daar geen basis is waarop die feitebevindings van die
verhoorhof tersyde gestel kan word en dat die
appel teen die
skuldigbevindings van die hand gewys moet word nie.
Ek
handel vervolgens met die appel teen die vonnisse. Roof met
verswarende omstandighede, soos hier waar 'n vuurwapen gebruik is,
is
Yi misdaad soos bedoel in Dee! II van Bylae 2 van Wet 105 van 1997.
Die appellant het, afgesien van 'n vorige veroordeling vir
gebruik en
besit van dagga wat uit 1994 dateer, wel een vorige tersaakiike
oortreding tewete huisbraak met die opset om te steei
en diefstal wat
op 11 Maart 1996 gepteeg is en waarvoor hy drie jaar gevangenisstraf
ingevolge die bepalings van artikel 276(1)(i)
van Wet 51 van 1977
opgele is. Nadat hy aanvanklik op 13 Maart 1997 op korrektiewe toesig
vrygelaat is, is hy weer op 10 November
van daardie jaar in die
gevangenis opgeneem weens die verbreking van sy korrektiewe toesig
voorwaardes en is hy eers op 25 April
1999 by verstryking van sy
vonnis vrygelaat.
Ingevolge
die bepalings van artikel 51(2)(a)(i) van Wet 105 van 1997 is die
verpligte minimum vonnis vir n eerste oortreder van
roof met
verswarende omstandighede 15 jaar gevangenisstraf. Die Ianddros het,
na my mening, tereg bevind dat hierdie 'n uiters
ernstige misdryf is.
Die weerlose ou dames is wreed met 'n vuurwapen aangerand, twee van
hulle het redelike ernstige kopwonde opgedoen
toe hulle oor die kop
geslaan is. Hulle is met die vuurwapen gedreig en daar is ook h skoot
afgevuur. Hulle is daarop van R590.00
beroof. Dit is so, soos betoog
deur mnr
Cloete
in sy hoofde van argument namens die appellant, dat die appellant ten
tyde van vonnisoplegging reeds ongeveer 2 jaar in die gevangenis

deurgebring het. Ek meen nie dat in hierdie geval die appellant se
persoonlike omstandighede saam met die feit dat hy reeds ongeveer
2
jaar in aanhouding was, wesenlike en dwingende omstandighede daarstef
wat die oplegging van n ligter vonnis as 15 jaar gevangenisstraf

regverdig nie.
Ek
meen dat as af die faktore wat normaalweg in ag geneem word by die
oorweging van ft gepaste vonnis, hier oorweeg word, die kumulatiewe

effek van die verswarende omstandighede sodanig is dat daar geen
ruimte is vir die bevinding dat 'n vonnis van 15 jaar gevangenisstraf

wat as minimum deur die Wet voorgeskryf word, tot 'n onreg sal tei
nie.
Na
my mening is dit h gepaste vonnis en is daar geen meriete in die
appel teen die vonnis wat op aankiag 2 opgele is nie. Wat die
ander
vonnisse wat opgele is betref, is daar na my mening ook geen basis
vir inmenging nie. Die kumulatiewe effek van hierdie vonnisse
is deur
die Verhoorhof in ag geneem en daar is gelas dat die vonnisse saam
uitgedien moet word.
Ek
sou dus die appel teen die vonnisse van die hand wys en die volgende
bevel maak:
Die
appel teen die skuldigbevindings en vonnisse word afgewys.
2.
Die skuldigbevindings en vonnisse word bekragtig.
VAN
STADEN. WnR:
Ek stem saam.
VAN
STADEN, WnR
LOUW.
R:
Dit word so beveel.
LOUW.
R