About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 74
|
|
S v Venter (129/2006) [2006] ZANCHC 74 (21 December 2006)
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: 129/2006
DATUM:
21-12-2006
In die
Hersieningsuitspraak van:
DIE
STAAT
teen
ALISTAIR
VENTER
CORAM:
WILLIAMS
R
U
I T S P R A A K
WILLIAMS R:
1. Die beskuldigde is op
6 Februarie 2006 in die landdroshof, Kimberley onder andere skuldig
bevind aan ân oortreding van artikel
25(1)(a) van Wet 7 van 1985,
deurdat hy hom wederregtelik as ân lid van die polisiemag
voorgedoen het. Die beskuldigde was regsverteenwoordig.
2. Voordat vonnis opgelê
is het die landdros besef dat die wetgewing waaronder die beskuldigde
aangekla en skuldig bevind is herroep
is. Die nuwe wetgewing tans
van toepassing is artikel 68(1) van Wet 68 van 1995.
3. Die saak is deur die
landdros op spesiale hersiening voorgelê met die versoek om die
skuldigbevinding reg te stel deur dit te
verander na ân
skuldigbevinding onder die heersende wetgewing.
4. Die Kantoor van die
Direkteur van Openbare Vervolgings, Noord-Kaap is in hierdie verband
versoek om ân regsmening te verskaf.
Ek is dank verskuldig aan
adv. T. Birch vir haar deeglike en behulpsame regsmening waarmee die
Direkteur van Openbare Vervolgings
saamstem.
5. Die getuienis aanvaar
deur die verhoorhof en waarop die skuldigbevinding berus, is dit van
ân enkelgetuie, die klaagster, me
M. Mabote. Me Babote se
getuienis is dat die beskuldigde op twee geleenthede by haar woonhuis
aangekom het en hom voorgestel het
as ân Kaptein in die
polisiediens. Hy het navrae gedoen oor haar dogter Rachael wat ân
verkragtingsaak aanhangig gemaak het.
Die landdros het tereg, na my
mening die beskuldigde se weergawe dat hy slegs na me Mabote se
woonhuis was om namens sy familie
(hy is die broer van een van die
verdagtes in die verkragtingsaak) verskoning te vra vir sy broer se
dade, as onwaarskynlik verwerp.
Die bevinding dat die
beskuldigde hom voorgedoen het as ân lid van die polisiemag is dus
na my mening korrek.
6. Die toets met ân
wysiging van die aanklag blyk te wees om vas te stel of die wysiging
die beskuldigde in sy verdediging sal benadeel.
Anders gestel,
verskil die voorgenome gewysigde aanklag van die oorspronklike
aanklag tot so ân mate dat dit ân totaal nuwe
aanklag daarstel,
of sou dit neerkom op dieselfde misdryf wat slegs ân
naamverandering ondergaan het? Indien die laasgenoemde
geld, kan
daar geen benadeling wees vir die beskuldigde nie, die bewerings teen
hom sal dieselfde bly asook sy verweer.
Sien
S
v Kruger en Andere
1989(1) SA 785(A) te 796I-J;
S
v Mahlangu
1997(1) SASV 338(T) te 343 f-i.
7. Artikel 25(1)(a) van
Wet 7 van 1958 lees as volg;
â
25(1)Any person,
not being a member of the Force, who â
a) by words, conduct
or demeanour pretends that he is a member . . .shall be guilty of an
offence and liable on convction to a fine
not exceeding fifty pounds
or in default of payment imprisonment for a period not exceeding six
months.â
Artikel 68(1) van Wet 68
van 1995 lees as volg;
â
68.Valse
voorstelling
(1) Enige persoon wat
voorgee dat hy of sy ân lid is, is aan ân misdryf skuldig en by
skuldigbevinding strafbaar met ân boete
of met gevangenisstraf vir
ân tydperk van hoogstens twee jaar.â
8. Daar kan na my menng
geen twyfel wees dat ân oortreding van enige van die twee betrokke
artikels in wese dieselfde misdryf daarstel
nie. Daar kan dus geen
benadeling wees vir die beskuldigde indien die Hof sy inherente
hersieningsmagte uitoefen en die aanklag
in die klagstaat en die
gepaardgaande skuldigbevinding wysig nie.
Bygevolg word die
volgende bevele gemaak:
a) Die klagstaat word
gewysig deur die verwysing na ân oortreding van artikel 25(1)(a)
van Wet 7 van 1958 te vervang met ân oortreding
van artikel 68(1)
van Wet 68 van 1995.
b) Die
skuldigbevinding word ter syde gestel en word vervang met ân
skuldigbevinding aan ân oortreding van artikel 68(1) van Wet
68 van
1995.
c) Die
skuldigbevinding soos gewysig in (b) hierbo word bekragtig.
d) Die
saak word terug verwys na die landdros vir afhandeling van die
vonnisverrigtinge.
______________________
C.C
WILLIAMS
REGTER