Fraserburg Munisipaliteit v Hing (152/2000) [2006] ZANCHC 72 (15 December 2006)

62 Reportability
Municipal Law

Brief Summary

Tort — Negligence — Municipal liability for damage caused by water leak — Respondent claimed damages for repairs to his home due to a water leak from a municipal pipe — The trial court found in favor of the respondent, establishing that the appellant was responsible for the maintenance of the pipe and that the leak caused the damage — Appellant appealed on grounds of insufficient evidence regarding causation and quantum of damages — Appeal court upheld the trial court's findings, confirming that the respondent proved his claim on a balance of probabilities and that the damages claimed were substantiated by evidence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 72
|

|

Fraserburg Munisipaliteit v Hing (152/2000) [2006] ZANCHC 72 (15 December 2006)

IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: 152/2000
DATUM
AANGEHOOR: 20-11-2006
DATUM
GELEWER: 15-12-2006
In
die saak tussen:
FRASERBURG
MUNISIPALITEIT EISER
teen
J F HING RESPONDENT
CORAM:
C.C WILLIAMS R et C J OLIVIER R:
U I T S P R A A K
WILLIAMS
R:
1. Die respondent het die
appellant in die Landdroshof, Fraserburg, aangespreek in die bedrag
van R2 550, 00 plus rente vir skade
wat na bewering gely is as gevolg
van die lekkasie van ‘n munisipale waterpyp op die respondent se
erf wat tot gevolg gehad het
dat die vloere van die respondent se
woonhuis beskadig is deur vogtigheid.
Vonnis
is verleen ten gunste van die respondent met koste.
Koste
de bonis
propriis
is ook verleen teen die appellant se prokureur vir ‘n verdaging
veroorsaak deur die nie-beskikbaarheid van die appellant se
deskundige
getuie, mnr Kleynhans, sowel as vir sekere gebreke in die
Reël 24-kennisgewing.
Die appellant kom nou in
hoër beroep teen die geheel van die uitspraak van die verhoorhof.
2. Voordat
die meriete van die appél hanteer word, is daar een aspek wat
afgehandel moet word. Die respondent het in sy betoogshoofde
die
punt
in
limine
geneem dat die appél verval het aangesien daar nie ‘n prokurasie,
wat die appellant se prokureurs magtig om die appél verder
te voer,
aangeheg is tot die Reël 50(4) kennisgewing geliasseer by die
Griffier nie.
3. Die situasie is egter
beredder deur ‘n aansoek om herinstelling van die appél waarin die
appellant se prokureur in ‘n eedsverklaring
meld dat die nodige
prokurasie wel behoorlik verkry is vanaf die appellant maar dat daar
per abuis nagelaat is om dit aan te heg
aan die stukke by die
Griffier geliasseer. ‘n Afskrif van die prokurasie was egter
aangeheg tot die stukke wat gelewer is aan
die respondent.
4. Die respondent het nie
die aansoek om herinstelling opponeer nie en die punt ook geensins
verder geneem in betoog nie. In die
lig daarvan dat daar geen
benadeling was vir enige van die partye nie, die bedrag betrokke so
gering is en die partye sowel as die
Hof gereed was en in ‘n
posisie was om met die appél voort te gaan, is die aansoek om
herinstelling van die appél toegestaan.
5. Die feite van hierdie
saak word vervolgens bondiglik uiteengesit.
Die respondent is die
eienaar van ‘n ou huis te Fraserburg wat hy en sy gesin hoofsaaklik
as vakansiehuis bewoon. Gedurende 1997
en 1998 het die respondent ‘n
lekkasie by die munisipale watermeter op sy erf by die appellant
aangemeld. Op beide geleenthede
is die lekkasie in die pyp deur die
appellant se werknemers met binneband en draad reggemaak. Dit was
eers op 20 Julie 1999 dat
die lekkende pyp vervang is deur die
appellant nadat die respondent die lekkasie direk by die stadsklerk
aangemeld het op 19 Julie
1999. Met die vervanging van die pyp op 20
Julie 1999 het die ou pyp totaal verbrokkel as gevolg van die swak
toestand waarin dit
was. Intussen het die respondent reeds in 1998
begin om kostes aan te gaan om die skade aan sy woonhuis se vloere,
wat hy beweer
veroorsaak is deur die lekkende pyp wat water onder die
vloere laat insypel het, te herstel in die bedrag van R2 550,00.
6. Die
verhoorhof het na aanleiding van al die getuienis bevind dat
“die
eiser inderdaad daarin geslaag het om sy eis te bewys op ‘n oorwig
van waarskynlikhede en word bevind dat die skade aan sy
woning deur
die lekkende pyp veroorsaak is, welke pyp die verantwoordelikheid van
die verweerder was.”
Dit behoef gemeld te word
dat die regsverteenwoordiger van die appellant reeds met die aanvang
van die verhoor die toegewing gemaak
het dat die appellant
aanspreeklik was vir die instandhouding van die waterpyp tot by die
munisipale watermeter wat op die erf geleë
was.
7. Die drie gronde van
appél in betoog voorgehou deur mnr Coetzee, wat namens die appellant
opgetree het, is die volgende:
7.1 Dat daar nie op ‘n
oorwig van waarskynlikhede bewys is dat die lekkasie in die pyp
veroorsaak het dat water onder die huis insypel
nie.
7.2 Dat,
indien bevind word dat daar wel water as gevolg van lekkasie in die
pyp onder die huis ingesypel het, daar nie op ‘n oorwig
van
waarskynlikhede bewys is dat sodanige water die oorsaak was van enige
skade aan die vloere nie.
7.3 Dat,
indien bevind word dat water uit die lekkasie wel onder die huis
ingesypel het en sodanige water oorsaaklik was tot die beskadiging
van die vloere, respondent nie die kwantum van sy skade bewys het
nie.
8. Die eerste twee gronde
hierbo gemeld, kan gerieflikheidshalwe saamgeneem word vir
bespreking.
8.1 Dit
is die getuienis van die respondent en mev Hing dat daar gedurig ‘n
nat kol op die grond in die area van die watermeter
was. Respondent
het gedurende 1997 en 1998 die lekkasie by die appellante
gerapporteer. Mnr Konstabel, appellant se werkevoorman,
het op
hierdie geleenthede slegs die lek wat op die elmboog van die waterpyp
in die perseel aan die munisipale kant van die meter
voorgekom het,
met binneband en draad reggemaak en bevestig dat die pype oud was,
maar op ‘n latere stadium reggemaak sou word
aangesien daar ander
meer dringende werk was wat hy moes doen.
Mev Hing se getuienis is
dat daar geen ander soortgelyke nat kolle op die erf was nie. Selfs
al het dit nie gereën nie, was die
area rondom die watermeter nat.
8.2 Mnr Konstabel in sy
getuienis bevestig, (alhoewel hy aanvanklik getuig het dat hy slegs
een keer gedurende 1998 uitgeroep is na
die respondent se woning om
‘n watermeter wat gestaan het reg te maak) dat hy gedurende 1998
die waterpyp by die elmboog aan munisipale
kant van die meter tydelik
reggemaak het met binneband en draad nadat hy uitgeroep is om ‘n
lek reg te maak. Sy getuienis is dan
ook dat op daardie geleentheid
daar ander dringende werk by ‘n reservoir op die dorp was wat hy
moes verrig. Sy getuienis is uiteindelik
ook dat hy nie mooi kan
onthou van vorige geleenthede nie, aangesien dit lank gelede
plaasgevind het.
8.3 Die
getuienis van die respondent en mev Hing is dat hulle van die vloere
in die huis vervang en/of herstel het gedurende 1998
al, as gevolg
van nattigheid. Die geaffekteerde vertrekke is op ‘n sketsplan van
die woonhuis aangedui as kamers 1, 2, 3 en 4.
Kamers 3 en 4 is in
die onmiddellike omgewing van die watermeter en waar die elmboog in
die waterpyp verskyn.
8.4 Dit
is bevestig in getuienis deur die appellant se deskundige mnr
Kleynhans, ‘n siviele ingenieur, dat indien daar ‘n lekkasie
in
die omgewing van die watermeter was wat water ondergronds sou laat
insypel, die geaffekteerde vertrekke kamers 1, 2, 3 en 4 sou
wees.
Kamers 1 en 2 lê op ‘n laagtepunt (die grond onder die vloere is
dieper) en water sou daarnatoe deursypel.
8.5 Die
getuienis van die respondent en mev Hing is dat, toe die appellant se
werkers op 20 Julie 1999 uiteindelik die waterpyp vervang
het, die
gedeelte van die pyp by die elmboog gespuit het soos ‘n fontein toe
dit daar oopgegrawe is. Soveel so dat die watertoevoer
toegedraai
moes word voordat appellant se werkers verder kon werk aan die pyp.
8.6 Mnr
Friesland, een van appellant se werknemers, bevestig dat die water by
die pyp se elmboog gespuit het, asook mnr Konstabel
(die voorman).
Mnr Friesland bevestig ook dat dit klam was in die area rondom die
watermeter tot by die muur van die huis. Beide
mnre Konstabel en
Friesland se getuienis is dat die waterpyp wat hulle vervang het so
swak was dat dit heeltemaal verbrokkel het
toe hulle dit uit die
grond lig.
8.7 Groot
gewag is daarvan gemaak deur die appellant se regsverteenwoordiger
met die verhoor, dat die skade aan die vloere moontlik
veroorsaak was
deur stagnerede reënwater. Hierdie moontlikheid kan na my mening
egter onmiddellik uitgeskakel word as die oorsaak
van die probleem.
Die getuienis is dat die Fraserburg omgewing gedurende 2000 sterk
reënval beleef het, nadat die appellant reeds
die waterpyp vervang
het. Die skade verrig aan die respondent se woonhuis nà hierdie
reënval was egter beperk tot die agterkant
van die woonhuis en was
kamers 1, 3 en 4, wat deur die respondent herstel was gedurende 1998
en 1999, ongeaffekteer. Die getuienis
van mnr Du Plessis, wat die
respondent se huis gedurende 2002 herstel het en wat geroep is deur
die appellant om te getuig, is dat
reënwater die agterste vertrekke
van die huis eerste sal affekteer aangesien die erf op ‘n helling
van agter na vorentoe lê.
9. Na my mening is die
enigste afleiding wat op die waarskynlikhede gemaak kan word uit dié
getuienis dat die skade aan die respondent
se vloere veroorsaak is
deur die lekkende pyp, wat die appellant reeds met die aanvang van
die verhoor toegegee het se instandhouding
hul verantwoordelikheid
is. Daar is in elk geval geen getuienis tot die teendeel nie en die
verhoorhof se bevinding in dié verband
kan nie fouteer word nie.
10. Wat die kwantum van
die respondent se skade betref, het hy as volg gepleit:
“
10. Die vogtigheid
veroorsaak deur hierdie lekasie het skade aan die eiser se woonhuis
veroorsaak en moes koste soos volg aangaan
word om die skade te
herstel:
Kamer 1
Verwydering van
planke, inry 4 vragte bourommel, sement en sand, verf mure/lyste.
R900,00
Kamer 2
Teëls verwyder 1998,
Vloerbedekking opgesit (1999 weer vervang), Vloerplanke vervang, mat
gelê (vloere swart) R500.00
Kamer 3
Vloerplanke verwyder
om vog uit te laat, weer herstel R100.00
Kamer 4
Vloerplanke verwyder,
vloerbalke vervang, verrotte planke vervang, sement, sand, pleiser,
verf, vernis aangewend. R1050.00”
11. Die
respondent het 14 fakture vanaf die plaaslike koöperasie voor die
verhoorhof geplaas as bewystukke. Hierop het hy afgemerk
die
materiaal, soos bv. sement, spykers en verf, wat hy aangekoop het vir
die herstelwerk aan die vloere. Sy getuienis is verder
dat hy
tweedehandse planke en balke gekoop het ten bedrae van R920, 00 om
die beskadigde vloere mee te vervang. Hy het plaaslike
arbeiders
gekry om met die herstelwerk te help teen vergoeding van
“so
R800 daar rond”
en het die lê van die vloere en meer vakkundige werk self gedoen.
12. Mnr
Coetzee voer aan dat daar geen aanduiding is dat die kostes aangegaan
deur die respondent redelik was of redelike markwaarde
daargestel het
nie, dat daar geen deskundige getuienis was oor die redelikheid van
die skade nie en dat daar gevolglik bevind moes
gewees het dat die
respondent nie daarin geslaag het om die kwantum van sy skade te
bewys nie. Mnr Coetzee baseer hierdie argument
na aanleiding van hoe
die Hof by monde van Rose-Innes WnR, soos hy toe was, in die saak
Monumental
Art Co v Kenston Pharmacy (Pty) Ltd
1976(2) SA 111 (CPD) beslis het die kwantum in daardie saak bewys
moes word. Die geleerde Regter sê onder andere te 118G:
“
In
this case the appropriate measure of damages for the destruction of
goods is their market value at the time when they were destroyed,
and
where the goods were damaged, but not destroyed, the measure of
damages is the difference in their value before and after the
damage.
Value means market value. The onus is upon plaintiff to adduce
evidence upon which the Court can determine that market value
or
diminution in value and thus ascertain the loss incurred by and the
compensation due to the owner. There was no difficulty in
the present
case in presenting that evidence. It was necessary to produce
evidence of the reasonable market price of a pocket of
cement, such
as those destroyed, and the reasonable market price of the marble
chips of the kinds which have been damaged, and the
market price of
the bags which have been rendered useless. This evidence must have
been easily available to plaintiff which deals
in these commodities
as part of its business.”
13. Die
Monumental-
saak
(
supra
)
kan egter nie gelykgestel word aan die onderhawige saak nie. Soos
blyk uit die laaste sin van die aanhaling hierbo sou dit vir
die
eiser in daardie saak maklik gewees het om die kwantum van sy skade
op dié manier te bewys. Die eisbedrag in die
Monumental-
saak
was R12 805,87, nie onaansienlik gedagtig daaraan dat die saak beslis
is gedurende 1976 nie. Die gebeure wat aanleiding gegee
het tot
daardie saak het boonop in ‘n groot sentrum plaasgevind –
Kaapstad.
14.
In
casu
is
die respondent ‘n afgetrede dieselwerktuigkundige, wat niks te doen
het met bouwerk, behalwe wat hy homself geleer het nie.
Die
eisbedrag is ‘n skamele R2 550,00. Die partye bevind hulle op
Fraserburg, ‘n klein dorpie in die Noord-Kaap. Die vraag,
na my
mening, is of dit redelik en finansieël realisties is om van ‘n
eiser in hierdie omstandighede te verwag om deskundige getuienis
aan
te bied oor die redelike markwaarde van ‘n sakkie sement en
spykers. Kan daar in hierdie omstandighede nie aanvaar word dat
die
plaaslike Koöperasie se pryse die redelike markwaarde van
boumateriaal in die gebied daarstel nie? Kan dit verder redelikerwys
verwag word van ‘n eiser in hierdie omstandighede om ‘n amptenaar
van die Departement van Arbeid, wat heel moontlik boonop vanaf
‘n
groter sentrum in die Provinsie ingevoer sou moes word om te getuig,
te kry om te getuig oor die redelike dagloon van ‘n
geleentheidsarbeider
op die platteland. Is die feit dat die
respondent self die meer vakkundige herstelwerk (waarvoor hy nie eis
nie) gedoen het, nie
op sigself aanduidend daarvan dat die kwantum
van sy skade nie onredelik is nie? Dit mag ook net uitgewys word dat
die redelikheid
van die uitgawes nie deur die appellant in die
verhoor aangeveg is nie.
15. In
die
Monumental
-saak
(
supra
)
stel Rose-Innes WnR (
soos
hy toe was
)
dit ook spesifiek gestel te 118B:
“
The measure of the
loss and the evidence proving the loss may vary according to the
circumstances of each case. A formalistic approach
is to be avoided.
The methods which can be employed to determine the extent of damage
suffered may differ from case to case and there
may in a particular
case be more than one method which can appropriately be applied”.
16. Die Hoogste Hof van
Appél het ook al in verskeie sake die getuienis om kwantum te bewys
aanvaar as voldoende indien ‘n party
op ‘n realistiese wyse die
beskikbare getuienis voor die Hof geplaas het.
In
Mpisi v
Trebble
1994(2) SA 136(AD) het die appellant skadevergoeding geëis vir die
verlies van ’n plakkershuis wat eers deur die grondeienaar
afgebreek is en toe uitgebrand is terwyl die appellant nie op die
perseel was nie. Die Appélhof bevind op 144E en 145F die volgende:
“
The
third issue relates to the proof of the appellant's damages arising
from the destruction of the materials of the (demolished)
shack. The
appellant testified that he purchased masonite, flat-iron and windows
for the erection of the shack in January 1988. The
total cost
involved was R950. His evidence in this respect was not challenged.
The amount of R950 can therefore be accepted as representing
the fair
and reasonable market value of those items in January 1988. The
appellant further testified (taking his evidence in its
proper
context) that the reasonable value of these items prior to the
demolition of the shack on 26 August 1988 was the same amount
of
R950. This evidence was also allowed to pass unchallenged. Nor was
the competency of the appellant to give evidence to establish
the
value of his own property ever disputed (cf Bondcrete (Pty) Ltd v
City View Investments (Pty) Ltd
1969 (1) SA 134
(N) at 136A-G) . . .
I
have already mentioned that the appellant was not present when the
shack was demolished and the remains set alight. He was therefore
unable to testify specifically to the condition of the materials
immediately after demolition or to assess their value. Nor was it
possible for him to adduce any other evidence in this regard, bearing
in mind that the burning followed almost immediately upon the
demolition. On a realistic approach the appellant placed whatever
evidence was available to him on the damages issue before the Court.
We are bound to arrive at an assessment of damages on such evidence.”
Sien
ook
De
La Rey’s Transport (Edms) Bpk v Lewis
1978(1) 79(AD),
Esso
Standard SA (Pty) Ltd v Katz
1981(1) 964(AD) te 970 D-H.
17. Na my mening en na
aanleiding van die gewysdes, kon daar nie redelikerwys verwag word
van die respondent om die kwantum van sy
skade by wyse van deskundige
getuienis te bewys nie en het hy, realisties gesproke, die beste
beskikbare getuienis voor die verhoorhof
geplaas. Dit volg dus dat
ek van mening is dat die verhoorhof se bevinding in dié verband
onaangeraak behoort te staan – behalwe
in een beperkte opsig. Mnr
Botha het ons daarop attent gemaak dat ‘n optelfout, begaan deur
die respondent ten aansien van die
uitgawes by die Koöperasie, nie
in berekening gebring is deur die verhoorhof nie. Die kwantum van
die respondent se skade behoort
verminder te word met R124, 10 wat
die vonnisbedrag dus R2 425, 90 maak.
18. Die
enigste kwessie wat oorbly, is die kostebevel
de
bonis propriis
teen die appellant se regsverteenwoordiger. In hierdie verband het
die respondent (regtens na ons mening) toegegee dat die kostebevel
in
die omstandighede nie aangewese was nie en versoek die respondent
self dat hierdie hof die spesifieke kostebevel wysig sodat die
appellant gelas word om die koste van die uitstel te betaal. Ek
beoog dus nie om enigsins verder met hierdie aspek te handel nie.
Die volgende bevele
word gemaak;
a) Die appél word van
die hand gewys, onderworpe daaraan dat die vonnisbedrag gewysig word
tot R2 425, 90.
b) Die
kostebevel
de
bonis propriis
teen die appellant se prokureur, mnr Coetzee, word gewysig om te
lees:
“
die verweerder
word gelas om die koste van die uitstel te betaal.”
c) Die appellant word
gelas om die koste van die appél te betaal.
________________________
C.C
WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam:
__________________________
C
J OLIVIER
REGTER
Nms.
Appellant
: Adv.
Coetzee
i.o.v.
Elliott Marris Wilmans & Hay
Nms.
Respondent
: Adv
Botha
i.o.v
Duncan & Rothmant