About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 71
|
|
S v Rautenheimer and Another (CA&R 129/06) [2006] ZANCHC 71 (15 December 2006)
VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R 129/06
DATUM
AANGEHOOR: 11-12-2006
DATUM
GELEWER:15-12-2006
In
die saak van:
ALLOYSIUS
G. RAUTENHEIMER
EERSTE
APPELLANTE
ALBERT
N. MOKGWAMME
TWEEDE
APPELLANTE
teen
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM:
LACOCK R et WILLIAMS R:
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
1. Beide appellante is op
31 Maart 2006 in die Streekhof, Kimberley skuldig bevind aan ân
oortreding van artikel 5(b) van Wet 140
van 1992, handel in 1.35 kg
dagga.
2. Beide appellante was
regsverteenwoordig. Die eerste appellant is skuldig bevind nadat hy
onskuldig gepleit het, terwyl die tweede
appellant skuldig gepleit
het maar ân pleit van onskuldig aangeteken is nadat die staat nie
bereid was om sy pleit te aanvaar nie.
3. Die eerste appellant
is gevonnis tot 18 maande gevangenisstraf waarvan 6 maande
voorwaardelik opgeskort is. Die tweede appellant
is gevonnis tot 12
maande gevangenisstraf waarvan 6 maande voorwaardelik opgeskort is.
4. Die eerste appellant
kom nou in hoër beroep teen beide die skuldigbevinding en vonnis hom
opgelê terwyl die tweede appellant
slegs teen vonnis appelleer.
5. Wat
gemeensaak is hier is die volgende:
5.1 Die
eerste appellant, ân korrektiewe beampte by die Kimberley
gevangenis het op 4 Augustus 2005 net na middernag vir diens
aangemeld.
By die hoofingang van die gevangenis is sy voertuig, wat
klaarblyklik aan sy moeder behoort, gevisenteer en is 1.35 kg dagga
in
ân sak (ân
togbag
in
volksmond
), wat
aan hom behoort het, binne in die kattebak gevind. Die dagga was in
elf BB-tabaksakkies verpak. Die eerste appellant is dieselfde
nag
gearresteer.
5.2 Die tweede appellant,
die oom van die eerste appellant, het later, na hy gehoor het van die
eerste appellant se arrestasie, aan
die polisie erken dat die dagga
wat in die eerste appellant se voertuig gevind is aan hom behoort
het.
6. Die
eerste appellant se weergawe in kort is dat hy nie geweet het dat
daar dagga in die voertuig was nie en dat hy eers later gehoor
het
dat dit aan tweede appellant behoort. Die eerste appellant se
weergawe word later in meer detail behandel.
7. Die tweede appellant
se weergawe, wat hy aanvanklik in sy skuldigpleit en toe ook onder
eed voorgehou het, is die volgende:
7.1 Hy is die broer van
die eerste appellant se moeder. Die betrokke voertuig behoort aan
die eerste appellant se moeder en hy, die
tweede appellant, gebruik
ook soms hierdie voertuig.
7.2 Gedurende die loop
van die oggend voor die eerste appellant se arrestasie, het die
tweede appellant die voertuig by die eerste
appellant se woning gaan
haal terwyl die eerste appellant, wat nagskof gewerk het, nog geslaap
het. Hy het die motorsleutels by
die eerste appellant se bediende
gekry.
7.3 Hy het die voertuig
gebruik om dagga te gaan haal in een van die plaaslike woonbuurte vir
ene Kingston. Hy getuig dat hy altyd
vir Kingston gaan dagga haal
het en dat Kingston sy petrolgeld betaal het.
7.4 Die dagga wat hy
ontvang het, het hy in ân sak wat hy in die voertuig se kattebak
gekry het, gepak en toegemaak met ân handdoek
wat reeds in die sak
was.
7.5 Kingston
was nie tuis toe hy die dagga wou aflewer nie en het hy die voertuig,
met die dagga in die kattebak, weer gaan parkeer
by die eerste
appellant se woning. Die eerste appellant het op daardie stadium nog
steeds geslaap.
7.6 Die tweede appellant
is daarvanaf weg om ân loswerkie vir iemand te verrig en het eers
die volgende oggend by die eerste appellant
se moeder gehoor dat hy
gearresteer is vir dagga.
8 Die eerste appellant se
gronde van appél ten opsigte van die skuldigbevinding is tweeledig.
Eerste, dat die verhoorhof nie die
wesenlike verskille in die Staat
se getuienis in ag geneem het nie en tweedens dat die verhoorhof nie
die tweede appellant se weergawe
as bo redelike twyfel waar kon
aanvaar en terselftertyd ook vir die eerste appellant kon skuldig
vind nie.
9. Die Staat het die
getuienis van die twee korrektiewe beamptes wat die eerste appellant
se voertuig gevisenteer het aangebied.
In wese is die getuienis van
mnre Groenewald en Erasmus dat hulle die aand opdrag gehad het om
visenteringswerk by die ingang van
die gevangenis te verrig aangesien
daar vermoed is dat dagga by die gevangenis ingebring sou word.
10. Toe die eerste
appellant daar aankom is hy gevra om die voertuig se kattebak oop te
maak.
Daar was ân sak in die
kattebak wat die eerste appellant gegryp het en self deursoek het.
Hy het eers deur die twee sysakke gegaan.
Die middelste gedeelte van
die sak was met ân ritssluiter toegemaak. Toe die eerste appellant
hierdie hoofgedeelte van die sak
oopmaak het hulle gesien dat daar ân
handdoek bo in die sak lê.
11 Eerste appellant het
versigtig bolangs en langs die kante van die handdoek die binnekant
van die sak oopgemaak. Op hierdie stadium
het Groenewald die
handdoek weggeruk en die BB-tabak sakkies gesien wat met bruin
kleeflint toegemaak was. Hy het een sakkie oopgemaak
en vasgestel
dat dit dagga bevat.
12. Die weersprekings
tussen die twee getuies wat deur mnr Nel, wat namens die appellant
optree, uitgelig is is dat:
12.1 Groenewald getuig
het dat hy die sak uit die kattebak gehaal het toe die eerste
appellant dit van hom gryp en self gevisenteer
het, terwyl Erasmus
getuig het dat Groenewald slegs gereik het na die sak alvorens dit
deur die eerste appellant gegryp is.
12.2 Groenewald ontken
het dat hulle die sak by die eerste appellant afgeneem het, terwyl
Erasmus getuig het dat Groenewald die sak
vanaf eerste appellant
gegryp het.
12.3 Groenewald getuig
het dat die eerste appellant skrikkerig voorgekom het toe hy ontdek
dat hy gevisenteer sou word terwyl Erasmus
getuig het dat hy rustig
voorgekom het.
13. Ek meen nie daar kan
met enige oortuiging betoog word dat hierdie weersprekings wesenlik
is nie. Daar kan tog kwalik verwag word
van twee getuies om presies
deiselfde weergawe aan die Hof voor te hou. Dit is juis in sulke
gevalle waar daar twyfel behoort te
wees oor die betroubaarheid van
die getuienis.
14. Die eerste appellant
se weergawe aan die anderkant is dat hy die nag aangemeld het vir
diens en opgelet het dat daar ongewone
aktiwiteit by die ingang van
die gevangenis was. Diensvoertuie wat nie gewoonlik daar gestaan het
nie, soos die senior bewaarders
se voertuig en dié van die
honde-eenheid, het by die ingang gestaan.
Hy is daar gestop en
gevra om die kattebak van sy moeder se voertuig oop te maak. Die sak
waarin hy gewoonlik sy oefenklere in gehad
het was in die kattebak.
Hy is deur die bewaarders gevra om die sak oop te maak, wat hy toe
gedoen het. Terwyl hy nog besig was
om die sak te deursoek het
Groenewald die sak by hom gegryp en die dagga onder die handdoek
daarin gekry.
15. Sy getuienis is dat
hy die spesifieke dag geslaap het tot 15:00 en toe hy wakker word was
die voertuig by sy woning geparkeer.
Hy was nie bewus daarvan dat
die tweede appellant die voertuig gebruik het nie en nog minder dat
daar dagga in sy sak was.
16. Sy getuienis is
verder dat indien hy geweet het van die dagga, hy nie, toe hy die
aktiwiteit by die ingang van die gevangenis
gesien het, daar sou
indraai nie aangesien hy besef het dat daar gevisenteer word.
17. Dat die honde-eenheid
en die ander bewaarders se voertuie oop en bloot by die ingang van
die gevangenis gestaan het, aldus die
eerste appellant, is deur sy
regsverteenwoordiger aan die twee staatsgetuies gestel. Hulle het
egter ontken dat daar enige ongewone
aktiwiteit by die ingang was.
Volgens die staatsgetuies was al die voertuie wat in die
visenteringsoptrede gebruik was agter die
gebou by die ingang
geparkeer en glad nie sigbaar vanaf die straat nie. Hulle het ook
binne die gebou gewag met die ander personeel
wat gewoonlik by die
ingang werk. Groenewald se getuienis was dat hulle spesifiek die
voertuie en hulself so versteek het aangesien
dit al in die verlede
gebeur het dat hulle opgemerk word en persone weggejaag het. Volgens
Groenewald het hy en Erasmus eers uit
die gebou gekom toe die eerste
appellant by die ingang stilgehou het.
18. Wat egter nie aan die
staatsgetuies gestel is nie en vir die eerste keer in sy getuienis in
hoof aan die lig gekom het, is die
eerste appellant se bewering dat
toe hy by die ingang van die gevangenis kom, daar ân voertuig voor
hom was wat gevisenteer gewees
het en waarvoor hy moes wag voordat hy
kon ingaan.
19. Die eerste appellant
was verteenwoordig deur ân ervare prokureur en ek het geen twyfel
dat indien hy vir mnr Bode instruksies
tot hierdie effek gegee het,
dit aan die staatsgetuies gestel sou word. Die afleiding wat gemaak
kan word met hierdie nuwe brokkie
getuienis is dat dit ân versinsel
is om homself in ân verontskuldigde lig te plaas.
20. Wanneer daar gekyk
word na die waarskynlikheid in hierdie saak, het die verhoorhof na my
mening korrek bevind dat die eerste appellant
se weergawe nie redelik
moontlik waar kan wees nie en dat sy verdagte optrede, soos beskryf
deur die staatsgetuies, aanduidend daarvan
was dat hy geweet het dat
daar dagga in sy voertuig was.
21. Die vraag wat nou
beantwoord staan te word is of die verhoorhof korrek was in sy
bevinding dat die enigste redelike afleiding
wat gemaak kan word uit
die spesifieke verpakking van die dagga en die vervoer daarvan na die
gevangenis, is dat die eerste appellant
die opset gehad het om te
handel daarmee.
22. In isolasie gesien
moet ek erken dat die afleiding dat die eerste appellant met die
dagga wou handel onafwendbaar is. Die saak
strek egter verder as
dit.
Die
tweede appellant se weergawe is nie in kruisondervraging deur die
staatsaanklaer aangeval nie. Daar is nie eers stellings tot
die
teendeel aan hom gemaak nie. Die verhoorlanddros het in sy uitspraak
ten opsigte van die tweede appellant bevind dat hy al die
elemente
van die misdryf erken het. Hy verwys spesifiek daarna dat die tweede
appellant die voertuig gebruik het om
âdagga
te gaan afhaal by ân plek, hy het dit vervoer in hierdie voertuig
namens ene Kingston.â
23. Ek meen mnr Nel is
korrek wanneer hy betoog dat die verhoorhof se bevinding ten opsigte
van die tweede appellant ân impak behoort
te hê op die lotgevalle
van die eerste appellant.
24. Kan dit nie as ân
redelike moontlikheid beskou word dat die eerste appellant geweet het
dat die dagga in sy sak aan die tweede
appellant behoort het en hy
bloot versuim het om dit uit die voertuig te verwyder, sonder dat hy
die bedoeling gehad het om daarmee
te handel?
Gesien in die lig daarvan
dat die verhoorhof bevind het dat die tweede appellant die dagga in
die voertuig vervoer het (en by afleiding
daar gebêre het) ten
behoewe van ân derde persoon, kan die bogemelde na my mening nie as
ân redelike moontlikheid uitgeskakel
word nie.
25. Ek is van mening dat
die eerste appellant in hierdie omstandighede die voordeel van die
twyfel moet kry en moet sy skuldigbevinding
aan handel in dagga
tersyde gestel word en vervang word met besit van dagga.
26. Wat die appél teen
die vonnisse aanbetref het me Van Heerden, wat namens die Staat
optree, toegegee dat die vonnisse opgelê
onvanpas swaar is in die
omstandighede.
27 Die
appellante is beide eerste oortreders.
27.1 Die eerste appellant
was 32 jaar oud ten tye van vonnisoplegging. Hy is getroud en het ân
twee jarige kind. Sy eggenote is
ook ân korrektiewe beampte. Hy
is geskors van sy werk ná die skuldigbevinding maar het tot op hede
nog sy salaris ontvang.
27.2 Die tweede appellant
was 43 jaar oud ten tye van vonnisoplegging. Hy is geskei en woon
met sy drie kinders, onderskeidelik 21,
18 en 13 jaar oud. Hy doen
smouswerk waarmee hy tussen R500,00 en R800,00 ân week verdien.
28. Die advokate is dit
eens dat die appellante in hierdie omstandighede die keuse van ân
boetevonnis gegun moet word gekoppel aan
gevangenisstraf met verdere
opgeskorte gevangenisstraf.
29. Ek
is dit eens, na aanleiding van vonnisse opgelê in redelik
vergelykbare sake dat die vonnisopsie deur die advokate voorgestel
gepas sal wees. Sien onder andere
S
v Makoae
1997(2) SACR 705(o),
S
v Heilig
1999(1)
SACR 379(W),
S
v Mbatha
200(2) SACR 409 (WLD).
30. Dit word ook regtens
toegegee deur mnr Nel, dat al sou die eerste appellant skuldig bevind
word aan die mindere oortreding van
besit van dagga, hy as gevolg van
die vertrouensposisie waarin hy as korrektiewe beampte opgetree het,
ân soortgelyke vonnis opgelê
behoort te word as die tweede
appellant. Hy versoek dat die appellante die geleentheid gegun word
om hul boetes af te betaal.
Bygevolg word die
volgende bevele gemaak:
a) Die eerste
appellant se appél teen skuldigbevinding slaag.
Die
skuldigbevinding word tersyde gestel en vervang met een van
âskuldig
aan besit van dagga.â
b) Beide die
appellante se appélle teen die vonnisse hulle opgelê slaag. Die
opgelegde vonnisse word ter syde gestel en ten opsigte
van beide
appellante vervang met die volgende:
ï
g
R3000,
00 of by wanbetaling daarvan twaalf maande gevangenisstraf.
Hierbenewens word die beskuldigde ân verdere 12 maande
gevangenisstraf
opgelê wat in die geheel opgeskort word vir vier
jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word
aan ân oortreding
van artikels 4(b) of 5(b) van Wet 140 van 1992
gepleeg gedurende die periode van opskorting nie.â
c) Wat die eerste
appellant betref word dit gelas dat hy ten opsigte van die
boetevonnis ân bedrag van R1 500, 00 teen 22 Desember
2006 betaal
en daarna ân bedrag van R500,00 teen die 7de dag van elke
daaropvolgende maand totdat die bedrag ten volle betaal is.
d) Wat
die tweede appellant betref word dit gelas dat hy ten opsigte van die
boetevonnis ân bedrag van R1 000, 00 teen 22 Desember
2006 betaal
en daarna ân bedrag van R300,00 teen die 7de dag van elke
daaropvolgende maand totdat die bedrag ten volle betaal is.
e) Die
betalings hierbo genoem moet gemaak word by die Klerk van die Hof,
Kimberley
_______________________
C
C WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
_______________________
H J LACOCK
REGTER
Nms.
Appellante: Adv I J Nel
i.o.v
Fletcherâs
Nms.
Respondent: Adv. A H Van Heerden
Departement
van Openbare Vervolging, Kimberley