About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 69
|
|
S v Visserr (CA&R 95/2005) [2006] ZANCHC 69 (15 December 2006)
VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R 95/2005
DATUM
AANGHOOR:11-12-2006
DATUM
GELEWER:15-12-2006
In die Appél van:
THOMAS
RICHARD VISSER APPELLANT
teen
DIE
STAAT RESPONDENT
CORAM:
LACOCK R et WILLIAMS R:
UITSPRAAK
WILLIAMS R:
1. Die
appellant is op 7 Julie 2004 in die distrikshof, Kakamas skuldig
bevind aan aanranding en is op 19 Oktober 2004 gevonnis tot
betaling
van ân boete van R4000,00, alternatiewelik 4 (vier) maande
gevangenisstraf. Bykomend daartoe is hy verdere gevangenisstraf
vir
ân periode van 6 (ses) maande opgelê wat in geheel voorwaardelik
opgeskort is.
2. Verlof is aan die
appellant verleen op 24 November 2004 om appèl aan te teken teen die
skuldigbevinding en vonnis opgelê.
3. Die
oorkonde van die verrigtinge in die distrikshof is egter totaal
gebrekkig. Dit blyk asof die derde band van die opname van
die
verrigtinge foutief is, met die gevolg dat die getikte oorkonde
eindig op ân punt waar die staatsaanklaer nog besig is om die
appellant te kruisvra. Die res van die verrigtinge wat insluit die
landdros se uitspraak en die vonnisverrigtinge is glad nie
getranskribeer
nie.
4. Die appèl was
aanvanklik voor ons geplaas vir skriftelike beredenering gedurende
Maart 2006. Op daardie stadium was daar ân
beëdigde verklaring
van die prokureur wat die appellant in die distrikhof verteenwoordig
het, mnr HC le Roux geliasseer in die volgende
terme:
4.1 Dat hy verskeie
pogings aangewend het om ân gerekonstrueerde oorkonde te
bewerkstellig.
4.2 Die
landdros wat die verrigtinge in die distrikhof waargeneem het, mnr
Phillips kon hom nie behulpsaam wees deur of redes vir
sy uitspraak
te gee of deur te help met die rekonstruksie van die oorkonde nie.
4.3 Die
Staatsaanklaer, mnr Engelbrecht, het oor geen notas van die
verrigtinge beskik nie en kon dus ook nie behulpsaam wees met
die
rekonstruksie van die oorkonde nie.
4.4 Mnr
le Roux het egter nog beskik oor die notas wat hy self gedurende die
verrigtinge geneem het. Die notas, in baie kriptiese
vorm en wat nie
insluit die redes vir die landdros se uitspraak of die
vonnisverrigtinge nie, is gerieflikheidshalwe oorgetik en
aangeheg
tot die eedsverklaring.
5. Beide
adv. Barnard namens die Staat en adv. Van Niekerke SC namens die
appellant was van mening dat dit nie sinvol sou wees om
te poog om
die appèl te bereg sonder dat die oorkonde behoorlik gerekonstrueer
is nie. Gevolglik het hulle by ooreenkoms versoek
dat verdere
pogings aangewend word om die oorkonde te rekonstrueer en het versoek
dat hierdie hof ân bevel verleen in ooreenstemming
met die bevel
wat voorkom in
S
v Joubert
1991(1) SA 119(AA).
6. Die volgende bevel is
na aanleiding van bogemelde verleen op 17 Maart 2006.
â
1.
Die
saak word verwys na die Klerk van die Landdroshof, Kakamas, met die
opdrag om die beste sekondêre getuienis met betrekking tot
die
inhoud van die rekord van hierdie saak, te versamel met insluiting
van eedsverklarings van:
a) ân
beampte wat kan verklaar dat die rekord van verrigtinge of gedeeltes
daarvan misplaas is of verlore geraak het;
b) getuies
of andere wat teenwoordig was tydens die verhoor en wat kennis het
van wat plaasgevind het tydens die verhoor en wat gesê
is tydens die
verhoor, ten einde aan te toon wat die inhoud was van die getuienis
wat aangebied is en wat die verdere verrigtinge
is wat tydens die
verhoor plaasgevind het.
2. Die Klerk van die
Hof word gelas om sodanige saamgestelde rekord en eedsverklarings aan
die appellant en sy regsverteenwoordigers
voor te lê, en om hul
instemming te verkry, indien moontlik, dat die rekord korrek
her-saamgestel is.
3. Die
appellant word gelas om, indien moontlik, ân eedsverklaring af te
lê waarin hy verklaar dat die hersaamgestelde rekord korrek
is.
4. Die
Klerk van die Hof word eweneens gelas dat indien dit nie moontlik is
om sodanige rekord her saam te stel nie, hy volledige
redes daarvan
in ân eedsverklaring sal vervat en aan hierdie Hof sal voorlê.
7. Na
aanleiding van bogemelde bevel is ân eedsverklaring van die Klerk
van die Hof, mnr ME Cloete geliasseer waarin hy sy eie pogings
om die
getikte oorkonde aan te vul uiteensit. Die kruks van sy
eedsverklaring lê in die volgende paragrawe daarvan:
â
3.3
Beide
mnr Phillips en mnr Engelbrecht was nie in staat om aan my notas te
voorsien of enige ander dokumentasie aan my te voorsien
waaruit ek
die notule kon aanvul nie. Voorts was nie een van die here bereid om
uit eie beweging kommentaar te lewer ten opsigte
van die korrektheid
van die notas van mnr HC le Roux (waarna ek hieronder verwys) nie.
Mnre Engelbrecht en Phillips was ook nie
bereid om enige aanvullings
tot die notule van die verrigtinge te maak nie.
3.4 Mnr
HC le Roux het my verwys na sy eedsverklaring en die notas deur hom
getranskribeer, wat betrekking het op die verrigtinge
en aangedui dat
hy nie enige ander inligting beskik waarmee ek die notule van die
verrigtinge kan aanvul, uitbrei of volledig saamstel
nie.
3.5 Ek
kon geen sekondêre getuienis met betrekking tot die inhoud van die
rekord van die saak in die Landdroshof opspoor nie.â
8. Dit
is dus duidelik dat die oorkonde nie aangevul kon word nie en dat
enige verdere pogings ook futiel sal wees.
9. Die
vraag wat nou beantwoord moet word is of ons die appèl op die stukke
wat wel voor ons is kan bereg. In
S
v Zondi
2003(2) SASV 227 (WLD) meld die Hof in hierdie verband die volgende
te 242h-i.
â
an
appeal does not necessarily require consideration of a complete
'record' of the entire proceedings in the court a quo, but merely
such part thereof as may be required to enable the appellate tribunal
to properly consider the particular grounds of appeal in the
context
of the trial proceedings.
The
adequacy of an appeal record therefore depends on the basis and
grounds of the particular appealâ.
10.
In
casu
het die appellant die verweer van noodweer geopper. Ek meen adv.
Barnard is korrek wanneer hy voorhou dat in ân geval soos die
onderhawige, waar die Staat steun op die getuienis van ân
enkelgetuie, dit belangrik is vir die billike beregting van die appel
dat ân volledige oorkonde van die kruisondervraging van die
appellant voor ons dien. Die beregting van die appèl word verder
vertroebel deurdat die uitspraak van die verhoorhof nie voor ons is
nie en die landdros nie in staat is om redes vir die skuldigbevinding
te verskaf nie.
11. Ons is van mening, en
die advokate word in hierdie verband gelyk gegee, dat ons nie in
enige billikheid of regverdigheid teenoor
die appellant die appèl
kan bereg op die oorkonde soos dit tans voor ons dien nie. Die
appellant is in hierdie omstandighede geregtig
daarop dat die
skuldigbevinding en die vonnis opgelê tersyde gestel word.
Bygevolg word die
volgende bevel gemaak.
Die skuldgbevinding en
vonnis opgelê word ter syde gestel.
________________________
C
C WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
________________________
H
J LACOCK
REGTER
Nms.
Appellant: Adv. JG Van Niekerk SC
i.o.v
Duncan & Rothman
Nms.
Respondent: Adv. Cloete
Kantoor van die Direkteur
van Openbare Vervolgings, Noord-Kaap