Bloemdal VervoerBk v Winkof Logistics Bk and Another (1019/06) [2006] ZANCHC 66 (8 December 2006)

45 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Summary judgment — Application for summary judgment for payment of outstanding amounts arising from a transport services agreement — Defendants contesting validity of claim on grounds of alleged payment terms and counterclaims — Court finding that defendants presented a bona fide defense and that the plaintiff's application did not comply with procedural requirements under Rule 32 — Summary judgment application dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 66
|

|

Bloemdal VervoerBk v Winkof Logistics Bk and Another (1019/06) [2006] ZANCHC 66 (8 December 2006)

IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: 1019/06
DATUM
AANGEHOOR: 24-11 -2006
DATUM
GELEWER: 08-12-2006
In
die saak tussen:
BLOEMDAL
VERVOER BK Eiser
teen
WINKOF LOGISTICS BK Eerste
Verweerder
WILLEM HENDRIK JACOBUS
CILLIERS Tweede Verweerder
CORAM:
C C WILLIAMS R:
U
I T S P R A A K
WILLIAMS
R:
1. Hierdie is ‘n
bestrede aansoek om summiere vonnis in die bedrag van R329 536, 59
tesame met rente en koste van die geding op
die skaal soos tussen
prokureur en eie kliënt.
2. Die eis is
voortspruitend uit ‘n skriftelike kontrak aangegaan deur die partye
waarvolgens die eiser vir die eerste verweerder
sekere vervoerdienste
sou lewer en waarvoor eiser vergoed sou word binne 30 dae na lewering
van ‘n staat. Die ooreenkoms maak
ook voorsiening daarvoor dat
indien betaling nie binne 30 dae vanaf die eiser se staat deur die
eerste verweerder betaal word nie,
die totale bedrag uitstaande,
ongeag die datums waarop die dienste gelewer is, opeisbaar en
betaalbaar sal word.
Die tweede verweerder het
hom as borg en mede-hoofskuldenaar met die eerste verweerder verbind
vir die nakoming van die eerste verweerder
se verpligtinge teenoor
die eiser.
3. Die eis het betrekking
op dienste gelewer gedurende Februarie, Maart en April 2006 en
waarvoor fakture en maandstate gelewer is
aan die eerste verweerder
op die 28ste, 31ste en 30ste van die onderskeie maande. Die totale
bedrag van hierdie state beloop R341
314, 91 waarvan die eerste
verweerder slegs ‘n bedrag van R11 778, 32 betaal het gedurende
Maart / April 2006.
4. Die
aanloop tot hierdie aansoek kan as volg opgesom word;
4.1 Op 16 Mei 2006 het
die eiser dagvaarding teen die verweerders uitgereik in die
landdroshof te Kimberley vir die betaling van die
bedrag van R341
314, 91 en gepaardgaande regshulp.
4.2 Op
24 Mei 2006 het die eiser verstekvonnis geneem teen die verweerders
aangesien verdediging nie aangeteken was nie.
4.3 Op
2 Junie 2006 het die verweerders suksesvol aansoek gedoen om tersyde
stelling van die verstekvonnis.
4.4 Eiser
het daarna die aksie in die landdroshof teruggetrek en die
onderhawige aksie in hierdie Hof ingestel.
5. Aangeheg as
aanhangsels tot die dagvaarding in die onderhawige saak is daar
benewens die skriftelike ooreenkoms en die fakture
en state waarop
die eis berus ook aangeheg die funderende en repliserende
eedsverklarings van die verweerders in die aansoek om tersydestelling
van die verstekvonnis in die landdroshof.
6. Die eedsverklarings in
die tersydestelling aansoek bevat onder andere die volgende
bewerings;
6.1 Dat
die skriftelike kontrak deur die tweede verweerder opgestel is.
6.2 Dat dit egter ‘n
reëling was, waarvan die eiser bewus was en tevrede mee was, dat
alle fakture wat die eerste verweerder bereik
voor of op die 15de van
‘n maand aan hom betaal sou word op die laaste dag van die maand
wat daarop volg aangesien die eerste verweerder
eers betaling moes
ontvang vanaf sy kliënte voordat eiser betaal kon word. Eerste
verweerder het as vragbemarker opgetree.
6.3 Dat die dagvaarding
dus prematuur uitgereik is deurdat daar geen skuldoorsaak bestaan het
op die datum van uitreiking daarvan
nie.
6.4 Dat
die eiser nadat vonnis bekom is in die landdroshof die eerste
verweerder se debiteure genader het om alle gelde verskuldig
aan die
eerste verweerder terug te hou op sterkte van die vonnis deur die
eiser bekom.
6.5 Dat
die eerste verweerder as gevolg van die eiser se optrede hierbo
genoem nie die fondse van sy debiteure kon bekom waarmee die
eiser
betaal moes word nie.
6.6 Dat die eerste
verweerder ‘n teeneis het teen die eiser as gevolg van die
eensydige onttrekking van die eiser se vervoerdienste
wat tot gevolg
gehad het dat die eerste verweerder kontrakte verloor het met GWK
Beperk in die bedrag van R180 000, 00 en Katz Roof
& Bricks in
die bedrag van R3 400, 00.
7. In
sy bevestigende eedsverklaring tot die summiere vonnis aansoek
bevestig die verteenwoordiger van die eiser dat die verweerders
die
bedrag van R329 536, 59 tesame met rente verskuldig is aan die eiser
op gronde in die gekombineerde dagvaarding vermeld, asook
dat hy glo
dat die verweerders nie ‘n
bona
fida
verweer teen die aksie het nie.
8. Die verweerders, in
die opponerende eedsverklaring tot hierdie aansoek, herhaal tot ‘n
groot mate die bewerings vervat in hul
eedsverklarings tot die
tersydestellingsaansoek behalwe:
8.1 Dat die bewering tans
gemaak word dat die eiser na dagvaarding in die landdroshof en voor
vonnis daar verkry is, reeds die eerste
verweerder se debiteure by
wyse van skrywes ingelig het dat die eiser ‘n vonnis teen die
verweerders verkry het en dat hulle geen
gelde verskuldig aan die
eerste verweerder moet oorbetaal nie. Hierdie bewering word volgens
tweede deur die eiser in sy opponerende
eedsverklaring tot die
tersydestellingsaansoek bevestig. (Hierdie eedsverklaring is nie
deur enige van die partye tot die stukke
aangeheg nie).
8.2 Dat
daar ontken word dat die eiser enige vervoerdienste vir die eerste
verweerder verrig het na 24 April 2006 – wat tot gevolg
het dat ‘n
bedrag van R11 728, 89 van die eiser se eis ontken word.
8.3 Dat
die teeneis uitgebrei is om in te sluit ‘n bedrag van R240 00,00,
die skade gely as gevolg van debiteure wat vervoerkontrakte
met die
eerste verweerder gekanselleer het nadat eiser hulle (verkeerdelik)
ingelig het dat hy vonnis teen die verweerders verkry
het en ‘n
verdere R3 400, 00 wat Katz Roofs & Bricks verhaal het vanaf die
eerste verweerder vir die koste daaraan verbonde
om alternatiewe
reëlings vir vervoer te tref.
Die verweerders beweer
dus dat die eerste verweerder oor ‘n teeneis teen die eiser in die
bedrag van R426 800, 00 beskik.
9. Die bewering word ook
tereg in die opponerende eedsverklaring te paragraaf 3 gemaak dat:

g
.
. . die bewerings vervat in paragraaf 16 van die Eiser se
Besonderhede van Vordering sowel as die aanhegting van die funderende
en repliserende beëdigde verklarings tot die aansoek om
tersydestelling in die Landdroshof nie bewerings konstateer wat in ‘n
Besonderhede van Vordering vervat behoort te word nie, en derhalwe
deurgehaal moet word. In lig van my verweer hierin sal sodanige
versoek om deurhaling gerig word na afhandeling van hierdie summiere
vonnis aansoek, maar sal die Hof wel versoek word om hierdie
optrede
van die Eiser te oorweeg wanneer hy ‘n kostebevel in hierdie
aangeleentheid moet maak.”
10. Reël
32(4) plaas ‘n verbod op die eiser om getuienis voor die hof te
plaas anders as die beperkte getuienis vervat in die bevestigende
eedsverklaring (Reël 32(2)). Die eedsverklarings wat die eiser tot
sy dagvaarding aangeheg het is niks anders as getuienis wat
hy voor
die hof plaas nie en dit kan in ‘n summiere vonnis aansoek nie
toegelaat word nie. In
Trust
Bank of Africa Ltd v Hansa and Another
1988(4) SA 102 (WLD) te 109 E-H maak Flemming R die volgende
opmerkings

g
It
is quite clear that plaintiff was not entitled to attach Joubert's
certificate to the application for summary judgment in order
to prove
his claims. There is adequate reason to suspect that it is because of
this very difficulty that practitioners seek to attach
the evidential
matter by way of allegations in the summons or annexures to the
summons. The object is that the confirmatory affidavit
is then to be
read as confirming everything that was said in the summons. This
method is objectionable. If the claim is for a liquidated
amount and
also if it is founded upon a liquid document, a simple summons ought
to be used. Employing a combined summons is an unwarranted
increase
of costs. It makes for the unpleasantness that the Court, on so many
occasions when granting summary judgment, has to make
a special order
disallowing the additional costs of the more expensive procedure.
However, in so far as summary judgment is concerned,
it is not only
objectionable but eventually unsuccessful. Even if it is from a
general procedural point of view both not objectionable
to use a
combined summons and furthermore not wrong - though I believe it
wrong to plead what evidential material there is within
the
ammunition store - it cannot be tolerated as a method of
strengthening a plaintiff's position in summary judgment proceedings.
The affidavit must and may verify the cause of action and no more.
Additional evidential material may not be verified. The verifying
affidavit in this case purports to confirm only the cause of action
and nothing more. But to the extent to which it was intended
to be
understood as confirming evidential material, it entails nothing
other than proof of what remains evidential material. That
is not
permissible. The affidavit must be taken to verify only the 'cause of
action”.
11. Die
blote feit dat die verweerders nie op summiere vonnis stadium vra vir
die deurhaling van die “verbode” dele van die dagvaarding
nie
maak dit nie minder afkeurenswaardig nie. Die hof is nie op hierdie
stadium van die verrigtinge daarmee getaak om die verhoor
te beslis
of geloofwaardigheidsbevindinge te maak na aanleiding van getuienis
nie of om te beslis oor die waarskynlikhede nie. Sien
Maharaja
v Barclays National Bank Ltd
1976(1)
SA 418(A) te 426 A-E.
12. Die
probleme vir die eiser eindig egter nie hier nie. Aangesien die
verweerder se eedsverklarings in die tersydestellings aansoek
aangeheg is tot die dagvaarding, is die eiser se bevestiging van die
eisbedrag
“op
gronde in die Gekombineerde Dagvaarding vermeld”
vaag en onduidelik. Die dagvaarding soos dit tans staan bevat ook
ontkennings en verwere tot die eis.
13. Die summiere vonnis
prosedure is ‘n drastiese maatreël wat geskep is tot voordeel van
die eiser en word daar ten minste verwag
van die eiser om hom binne
die raamwerk van die Reël te hou. Ek meen mnr. Reinders, wat vir
die verweerders verskyn, is korrek
in sy betoog dat die wyse waarop
hierdie aansoek voor die Hof geplaas is ‘n misbruik van die
regsprosees is en dat die aansoek
slegs op hierdie basis geweier
behoort te word.
14. Selfs al sou daar
geargumenteer kan word dat ek ‘n te streng houding inneem ten
opsigte van die eiser se verpligtinge in terme
van die bepalings van
Reël 32, is die bogemelde ook nie die enigste redes waarom ek meen
die aansoek behoort te faal nie. Ek is
nie van plan om die
verweerders se verwere van rektifikasie en onmoontlikmaking van
prestasie hierin te behandel nie. Na aanleiding
van die houding wat
ek hierin neem is ek van mening dat hierdie verwere bes op verhoor
beslis word.
15. Wat
die verweerders se teeneis aanbetref is ek van mening dat hier nie
bevind kan word dat dit nie ‘n
bona
fide
verweer daarstel nie. Mnr. Botha wat vir die eiser optree kan gelyk
gegee word dat die verweerders in staat is om in meer besonderhede
meer volledige inligting voor die hof te plaas oor veral die bedrag
van R240 00, 00 wat die verweerders beweer die skade gely is
as
gevolg van debiteure wat vervoerkontrakte met die eerste verweerder
gekanselleer het. Dit is egter so dat ‘n verweer in summiere
vonnis verrigtinge nie met dieselfde presiesheid geformuleer hoef te
word of beoordeel word soos in die geval van ‘n verweerskrif
nie.
Die vraag uiteraard wat beantwoord moet word is of indien die
beweringe bewys word in ‘n verhoor dit ‘n geldige verweer
teen
die eiser sou eis sou daarstel. Daar is na my mening niks in die
verweerders se opponerende eedsverklaring wat die teendeel
aandui
nie.
16. Slegs ‘n enkele
aspek verg verdere aandag. Mnr. Reinders het namens die verweerders
betoog dat vonnis in elk geval nie teen
die verweerders verleen kan
word op die dagvaarding soos dit staan nie aangesien die smeekbedes
daarin slegs vra vir:

g
1. Betaling
van die bedrag van R329 536, 59.
2. . . .
3. .
. .
4. . . .”
17. Die feit dat die
dagvaarding dit nie duidelik stipuleer of die vonnis gevra word teen
een of albei van die verweerders nie en
of dit gesamentlik en
afsonderlik teen die verweerders versoek word nie is na my mening
egter nie ‘n aspek wat selfs in summiere
vonnis verrigtinge, nie
met die gepaste wysiging reggestel kan word nie. Daar kan geen
benadeling wees vir die verweerders nie,
die tweede verweerder het
hom in elk geval as borg en medehoofskuldenaar verbind met die eerste
verweerder soos per aanhangsel “B”
van die dagvaarding. Die
wysiging aangevra deur mnr. Botha word dus toegestaan.
Bygevolg word die
volgende bevele gemaak;
a) Smeekbede 1 in die
dagvaarding word gewysig om te lees;

g
Betaling
van die bedrag van R329 536,59 deur die verweerders gesamentlik en
afsonderlik, die een betaal die ander vrygestel te word.”
b) Summiere vonnis
word geweier.
c) Verlof word aan
die verweerders verleen om die aksie te verdedig.
d) Verdere
pleitstukke in hierdie aangeleentheid moet geliasseer word in terme
van die hofreëls.
e) Koste is koste
in die geding.
______________________
C.C
WILLIAMS
REGTER
Nms.
Eiser
: Adv C Botha
i.o.v
Madaleen Teseling Prokureurs
Nms.
Respondent
: Adv S J
Reinders
i.o.v Haaroffs