S v Van Wyk and Others (CA&R 148/06) [2006] ZANCHC 64 (1 December 2006)

62 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal — Identification evidence — Appellants convicted of robbery with aggravating circumstances based solely on witness testimony — Appellants challenged the reliability of identification due to poor lighting and inconsistencies in witness accounts — Court found that the identification evidence was insufficient to establish guilt beyond reasonable doubt — Convictions of both appellants set aside.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 64
|

|

S v Van Wyk and Others (CA&R 148/06) [2006] ZANCHC 64 (1 December 2006)

Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: / Case
number:
CA&R
148/06
Datum verhoor: / Date
heard:
11/12/2006
Datum
gelewer: / Date delivered:
…/12/2006
In
die appèl:
VAN
WYK, EDWARD
1
ste
Appellant
HOPTIN,
JERRY
2
de
Appellant
teen
DIE
STAAT Respondent
Coram:
Lacock R et Williams R
UITSPRAAK OP APPÈL
LACOCK
R:
Beide appellante is op
20 Oktober 1999 in die streekhof, Kimberley, skuldig bevind aan roof
met verswarende omstandighede, en is
daarna op 13 Januarie 2000
gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf elk.
Verlof is deur ‘n
streekhoflanddros ander dan mnr. Möller, wie intussen oorlede is,
aan die eerste appellant, mnr. Van Wyk, toegestaan
om teen sy
skuldigbevinding en vonnis appèl aan te teken, terwyl aan die tweede
appellant, mnr. Hoptin, slegs verlof verleen is
om teen sy vonnis
appèl aan te teken. Hierdie verlof tot appèl is eers gedurende
Januarie en Junie 2006 onderskeidelik aan die
appellante toegestaan.
Wat die rede vir hierdie totaal onaanvaarbare vertragings was, is nie
aan my bekend nie, en ek kan gevolglik
bloot daarmee volstaan deur
aan te merk dat hierdie omstandighede aanleiding gegee het tot ‘n
wesenlike regskending teenoor die
appellante en soos meer volledig
hieronder sal blyk.
Die feitelike
omstandighede soos deur die Staat voorgehou en wat aanleiding gegee
het tot die skuldigbevinding van die appellante
kan as volg
saamgevat word:
Gedurende die nag van 3
Oktober 1998 het die klaer, mnr. Mampies, en terwyl hy onder die
invloed van alkoholiese drank was, in
Moketistraat in ‘n woonbuurt
van Kimberley gestap. Terwyl hy op pad na sy woning was, het die
appellante by hom aangehardloop
gekom, het die eerste appellant hom
oor sy linker oog met ‘n mes gesteek en gesny, en het die
appellante hom van sy trui, R25.00
kontant en ‘n bos sleutels
beroof. Die totale waarde van die geroofde items het ongeveer
R338.00 beloop. Terwyl die appellante
die klaer beroof het, het hy
om hulp geskree, en het ene mnr. Van Wyk, en wat beweer het dat hy
gesien het hoe die klaer beroof is,
op die aanvallers geskree en het
hulle weggehardloop. Hy het een van die aanvallers ‘n ent
agtervolg en het daarna na die huis
van ‘n suster van die klaer
gegaan waar hy die klaer aangetref het. Hier het hy aan die klaer
gesê hy weet wie die persone is
wat hom aangeval het.
Beide die appellante
het ontken dat hulle die tersaaklike nag die klaer aangerand en
beroof het, en het ontken dat enigeen van hulle
op die toneel was
waar die roof plaasgevind het. Wat in wese dus in geskil was, was
die identiteit van die persone wat die klaer
aangeval en beroof het.
Die Staat se saak was
uitsluitlik gegrond op die getuienis van die voormelde twee getuies
naamlik mnre. Mampies en Van Wyk. Die
landdros het bevind dat beide
hierdie getuies geloofwaardig was en dat hul getuienis sodanig
betroubaar was dat hy bo redelike
twyfel kon bevind dat die
appellante die persone was wat die klaer aangeval het. Ek kan
geensins regverdiging vir hierdie bevinding
vind nie.
Ek is terdeë bewus
daarvan dat ‘n hof van appèl nie ligtelik sal inmeng met die
geloofwaardigheidsbevindinge van ‘n verhoorhof
nie, aangesien
eersgenoemde hof nie in dieselfde posisie as die verhoorhof is om
die getuies waar te neem en te weeg terwyl hulle
getuig nie.
R
v Dhlumayo & Another 1948(2) SA 677 (A) te 705
.
Daarteenoor sal ‘n
hof van appèl ook nie slaafs die bevinding van ‘n verhoorhof
navolg indien dit blyk dat sodanige hof homself
wanvoorgelig het of
sekere getuienis of waarskynlikhede oor die hoof gesien het nie.
“
There
may be a misdirection on fact by the trial Judge where the reasons
are either on their face unsatisfactory or where the record
shows
them to be such; there may be such a misdirection also where, though
the reasons as far as they go are satisfactory, he is
shown to have
overlooked other facts or probabilities.
The appellate court is then at
large to disregard his findings on fact, even though based on
credibility, in whole or in part according
to the nature of the
misdirection and the circumstances of the particular case, and so
come to its own conclusion on the matter.”
(
R
v Dhlumayo
(supra)
te
706
).
Dit is geykte reg dat
getuienis ten aansien van die identifisering van ‘n persoon met
omsigtigheid benader moet word, en dat ‘n
Hof tevrede moet wees
dat die getuies aangaande identifikasie nie alleen geloofwaardig
moet wees nie, maar dat hul getuienis ook
betroubaar moet wees.
S
v Mthetwa 1972(3) SA 766 (A) te 768 A tot C
.
Sien ook
S v
Charzen & Another, 2006(2) SASV 143 (HHA) te 147 i en
verder
:
“
But,
as our courts have emphasised again and again, in matters of
identification, honesty and sincerity and subjective assurance are
simply not enough. There must in addition be certainty beyond
reasonable doubt that the identification is reliable, and it is
generally
recognised in this regard that evidence of identification
based upon a witness's recollection of a person's appearance can be
'dangerously
unreliable', and must be approached with caution.”
Hoewel die klaer
getuig het dat hy die appellante
“van
sien”
geken het, en hulle op die toneel positief kon identifiseer, blyk
dit eerstens dat die voorval in ‘n relatief swak verligte area
plaasgevind het en dat die klaer sy aanvallers slegs vir ‘n kort
oomblik kon waarneem. Tweedens het die klaer getuig dat, kort
na
die voorval die getuie Van Wyk hom meegedeel het dat hy die
aanvallers ken, en het hy die name van die appellante aan hom
vermeld.
Hierteenoor egter verklaar die klaer twee dae daarna as
volg in sy polisie verklaring aan die ondersoekbeampte:
“
Op
Saterdag 98/10/03 ongeveer 02:30 was ek vanaf Jogomh se woning na my
woning te Stonestraat. In die straat van Moeketsi het daar
twee mans
my geagtervolg, terwyl ek nog so op pad was, het die twee mans my
gevang, die een het ‘n mes uitgehaal en my op die linker
oog
gesteek. Die ander een het my jersey uitgetrek, my R25.00 gevat en
my huis sleutels.
Later
was ek by my suster se woning waar ek ‘n getuie gekry het wat die
twee mans uit kan wys. Ambulans was ontbied. Die verdagte
is bekend
aan die getuie.”
In hierdie verklaring
meld hy geensins dat hy die appellante van sien geken het of hulle
kon identifiseer nie, en meld ook nie hul
name of dat
“die
getuie”
(verwysend ooglopend na Van Wyk) hul name ken of aan hom vermeld het
nie. Die afleiding is onafwendbaar dat hy nie geweet het wie
hom
aangeval het nie en bloot berus het op wat Van Wyk hom later
meegedeel het.
Mnr. Van Wyk het
getuig dat hy ‘n ent agter die aanvallers van die klaer gestap
het, en dat hy twee van die – soos hy getuig
het – drie
aanvallers van die klaer as die appellante herken het. In
kruisverhoor egter het hy toegegee dat hy ‘n fout met
die
identifikasie van die eerste appellant kon gemaak het. Die tweede
appellant het hy uitgeken aan ‘n trui wat hy sou gedra
het.
Die tweede appellant
was nie, soos die eerste appellant, regsverteenwoordig nie. Dit sou
my geensins verbaas het indien die getuie
ook dieselfde toegewing sou
gemaak het ten aansien van die tweede appellant onder behoorlike
kruisondervraging nie.
Dit
blyk ook dat hy nie in die onmiddellike nabyheid van die aanvallers
was nie, maar dat hy hulle op ‘n afstand van ongeveer 8
meter
waargeneem het toe die aanval plaasgevind het. Die enigste beligting
op die toneel was die van ‘n maslig wat ongeveer 800
meter vandaar
was. Gesien die swak beligting waar die voorval plaasgevind het, sy
beskonke toestand en die harwar van die toneel,
het ek ‘n ernstige
twyfel of sy uitkenning as betroubaar aangemerk kan word.
Benewens die voorgaande
ontken Van Wyk ook dat hy die name van beide die appellante later die
aand aan die klaer verskaf het, en getuig
hy dat hy slegs die naam
van die tweede appellant aan die klaer vermeld het.
Van Wyk se blote
bevestiging dat hy seker is dat die tweede appellant een van die
aanvallers was – gesien sy toegewing dat hy ‘n
fout met die
eerste appellant se identiteit kon maak – is eenvoudig nie goed
genoeg nie.
“
What
is perhaps more important, though, is that there must be no
reasonable doubt that the witness is not mistaken. In our view that
will generally require something more than the mere assertion by the
witness that he has correctly identified the culprit, if the
inherent
risk of error is to be guarded against. It may be that the person
concerned is well known to the witness. Or it may be that
the person
has some distinctive feature. But once one accepts that there is an
inherent potential for mistaken identification, which
a court is
bound to do, it would seem to us that without something more, the
mere assertion by a witness that he recognises the offender
will
seldom suffice.”
S v Sithole &
Another 1999(1) SASV 585 (W) te 591 f
.
Wat egter ‘n meer
kommerwekkende twyfel werp op die betroubaarheid van hierdie
getuies, is die wesenlike weersprekings in hul
getuienis.
Die
klaer beweer dat hy deur twee persone agtervolg en aangeval is.
Daarteenoor beweer Van Wyk dat die klaer deur drie persone agtervolg
en aangeval was.
Die klaer het in sy
polisie verklaring beweer dat die voorval om ongeveer 02:30 in die
vroeë oggendure plaasgevind het, en in sy
getuienis in die Hof dat
dit na 02:00 was. Daarteenoor getuig Van Wyk dat die voorval
“vroegaand”
om en by 21:00 plaasgevind het.
Die landdros het ook
groot gewag gemaak van die getuienis van die klaer naamlik dat, toe
hy na die voorval die tweede appellant
gekonfronteer het,
laasgenoemde sou gesê het dat die eerste appellant die mes hanteer
het. In die lig egter van die getuienis
van die klaer naamlik dat
die tweede appellant aanvanklik ten sterkste ontken het dat hy hom
beroof het, vind ek hierdie getuienis,
naamlik dat die tweede
appellant onmiddellik daarna as’t ware sou erken het dat die
eerste appellant die klaer gesteek het en
by noodwendige implikasie
erken het dat hy (die tweede appellant) ook deelgeneem het aan die
roof, hoogs onwaarskynlik.
Selfs al sou gesê kan
word dat die landdros die getuienis van die appellante tereg as
ongeloofwaardig verwerp het – wat ek nie
bevind nie – skiet die
getuienis van Staatsweë myns insiens ver tekort om daarop te bevind
dat die identiteit van die appellante
as die persone wat die klaer
aangerand en beroof het, bo redelik twyfel bewys is. Geen verdere
getuienis ter stawing dat een of
beide die appellante die klaer
beroof het, soos byvoorbeeld dat van die gesteelde goedere by hulle
gevind is, is voor die Hof geplaas
nie. Beide appellante moes
vervolgens onskuldig bevind gewees het.
Hoewel die tweede
appellant slegs verlof verleen is om teen sy vonnis appèl aan te
teken, meen ek dat geregtigheid verg dat hierdie
hof kragtens sy
inherente bevoegdheid ook op grond van die voorgaande die
skuldigbevinding van die tweede appellant ter syde behoort
te stel.
Op grond van die
bevinding waartoe hierin gekom is, is dit nie nodig om te handel met
die verdere growwe onreëlmatigheid wat die
verhoorhof begaan het
naamlik om, ten spyte daarvan dat die appellante slegs van roof
aangekla was, hulle skuldig te bevind aan
roof met verswarende
omstandighede en om daarna die voorskrifte van Wet 105 van 1997 toe
te pas sonder dat die appellante vooraf
ingelig was van sodanige
voorskrifte.
Bygevolg word die
volgende bevel hierin verleen:
Die skuldigbevinding
en vonnisse van beide appellante word ter syde gestel.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
CC Williams
REGTER
Namens
appellant:
Adv
PJ Cloete (Regshulpsentrum, Kimberley
Namens
respondent:
Adv
AH Van Heerden (Kantoor van die DOV, Kimberley)