About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 63
|
|
Afrifresh Export (Edms) Bpk v Visser N.O and Others (1539/2006) [2006] ZANCHC 63 (1 December 2006)
Reportable:
YES / NO
Circulate
to Judges: YES / NO
Circulate
to Magistrates: YES / NO
Circulate
to Regional Magistrates: YES / NO
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
1539/2006
Saak
Aangehoor: 12/12/2006
Datum
Gelewer: /12/2006
In
die saak tussen:
Afrifresh
export (Edms) Bpk Applikant
teen
E
Visser No 1st Respondent
H
J Visser No 2de Respondent
C
L Visser No 3de Respondent
Onderstepoort
Boerdery 4de Respondent
Umlimi
Agricultural Serirvices (Edms) Bpk 5de Respondent
Hurst
Parnell & Company Beperk 6de Respondent
Green
Marketing International (Edms) Bpk 7de Respondent
Coram:
Olivier R
UITSPRAAK
OLIVIER R:
Die
applikant, Afrifresh Export (Edms) Bpk, doen aansoek om, in wese,
bevele om die eerste drie respondente, mnre Eugene Visser,
Henrich
Johannes Visser en Christiaan Lindenberg Visser, in hulle
hoedanighede as trustees van die Nuweland Eiendomme Trust (
âdie
trustâ
)
en die vierde respondent, Onderstepoort Boerdery (Å vennootskap wat
onder hierdie naam Å boerdery bedryf en waarna hierin verder
verwys
word as
âdie
vennootskapâ
),
ter verplig om inligting te verstrek met betrekking tot kontrakte
wat hulle gesluit het, of onderhandelinge wat hulle gevoer
het, met
ander instansies (as die applikant) vir die bemarking en uitvoer van
hulle druiwe.
Die
applikant se saak is dat dit ook Å instansie is wat druiwe bemark
en uitvoer en dat daar op 7 Julie 2005 tussen die applikant,
die
trust en die vennootskap twee ooreenkomste gesluit is. Die een was
Å leningsooreenkoms, ingevolge waarvan die applikant onderneem
het
om aan die trust en aan die vennootskap geld te leen en voor te
skiet (onder andere deur hulle skuldverpligtinge teenoor Å
instansie genaamd Agrioranje oor te neem). Tegelykertyd is daar ook
tussen dieselfde partye Å uitvoerooreenkoms gesluit ingevolge
waarvan die applikant sou optree as
âuitvoer
besendingsagentâ
vir die trust en die vennootskap ten aansien van Å ooreengekome
minimum volume druiwe vir die 2005/2006 uitvoer-seisoen.
Klousule 12 van die
uitvoerooreenkoms het soos volg gelei:
â
Die Produsent kom
hiermee ooreen om aan Afrifresh die eerste reg van weiering te gee om
sy produkte in die toekoms te bemark solank
die Produsent enige
skuldverpligtinge teenoor Afrifresh het.â
(Die
âProdusentâ
was dan die trust en die vennootskap).
Die
applikant se saak is dat dit stilswyend hierby inbegrepe was dat die
trust en die vennootskap tydig inligting sou voorsien aan
die
applikant om dit in staat te stel om dié eerste reg van weiering
uit te oefen.
In
wese sal die effek van die regshulp wat die applikant verlang,
neerkom op finale regshulp (sien ) in
die
lig hiervan moet die benadering neergelê in
Plascon
gevolg
word waar dit gaan om feitelike geskille (sien ook
Staatsdiensliga
van Suid-Afrika en Andere v Minister van Waterwese,
1990
(2) sa 440 (NK) op ).
Dit
beteken egter nie dat bewering van die respondente sondermeer
aanvaar moet word nie. Sodanige beweringe moet steeds ondersoek
word om vas te stel of hulle werklik
bona
fide
feitegeskille geskep het (sien)
Die
vereiste elemente wat Å applikant om sodanige interdik moet aantoon
ten einde te slaag, is:
â
(a) a clear
right;
an injury actually
committed or reasonably apprehended or an actual or threatened
invation of that right; and
the absence of
similar protection by any other ordinary or suitable legal remedy.â
(sien
Interdicts
and Related Orders
,
Meyer, bl 59, en ook
Bosman
NO v Tworeck en Andere
2000 (3) SA 590
(C) en
Masuku
v Minister van Justisie en Andere
1990 (1) SA 382
(A) op 840C-J).
DUIDELIKE REG
Dit
was gemenesaak dat die trust en die vennootskap tans besig is om die
2006/2007 seisoen se druiwe te laat uitvoer en bemark deur
Umlimi
Agricultural Services (Edms) Bpk, Hurst Parnell & Company Beperk
en, Green Marketing International (Edms) Bpk, onderskeidelik
die
5de, 6de en 7de respondente. Geen regshulp is deur die applikant
teen die laasgemelde respondente versoek nie.
Die
applikant se saak is dat sodanige druiwe normaalweg vanaf die tweede
laaste week van November geoes en uitgevoer word tot gedurende
Januarie 2007 en dat die trust en die vennootskap
âheel
moontlik nog bemarkingsooreenkomsteâ
sal
âaangaan
vir die seisoenâ
.
Die applikant se saak
is verder dat die trust en die vennootskap wel nog geld aan die
applikant skuld en dat die applikant se eerste
reg van weiering
ingevolge klousule 12 van die uitvoerooreenkoms dus nog bestaan. In
hierdie verband steun die applikant op Å
beëdigde verklaring van
mnr Johan Wilhellem Rickhard, die finansiële bestuurder van die
applikant, waarin uiteengesit word presies
hoe die verskuldigde
bedrag bereken en verskuldig sou wees.
Die trust en die
vennootskap voer aan dat die applikant nie geregtig is om op die
bepalings van klouse 12 te steun nie, en wel in
wese op die volgende
gronde:
Dit word ontken dat
die trust en die vennootskap enige gelde aan die applikant
verskuldig is.
Daar
word voorts aangevoer dat klousule 12
parate
executie
magtig en gevolglik onafdwingbaar is.
Daar word aangevoer
dat die uitvoerooreenkoms as gevolg van Å wanvoorstelling gesluit
is en dat die trust en die vennootskap
dit dus regsgeldiglik
gekanselleer het.
In die alternatief
tot die laasgemelde, word aangevoer dat die trust en die
vennootskap die uitvoerooreenkoms gerepudieer het
en dat die
applikant dit aanvaar het.
Verskuldigheid
Die
basis van die ontkenning van enige verskuldigheid aan die applikant
is tweërlei. In die eerste plek is aangevoer dat die applikant
in
die verlede strydige weergawes verstrek het van die beweerde
verskuldigheid en dat die applikant se bewering in hierdie verband
dus vir doeleindes van Å aansoek soos hierdie verwerp behoort te
word. Tweedens is aangevoer dat die applikant nie die
uitvoerooreenkoms
behoorlik nagekom het nie, deur nie die druiwe te
bemark
âvir
die hoogshaalbare prysâ
(soos
ooreengekom in klousule 3 van die uitvoerooreenkoms) nie en deur
sogenaamde kwaliteitseise en swak pryse te veroorsaak deur
vertragings in die bemarking en uitvoer van die druiwe.
Wat
betref die applikant se weergawes in die verlede rakende die
beweerde verskuldigheid is onder andere namens die trust en die
respondent verwys na twee
âafrekeningsâ
wat die applikant onder dekking van Å skrywe van 21 April 2006 aan
hulle verskaf het.
Word
gekyk na hierdie twee state, blyk dit inderdaad dat daar in die een
gesê word dat die trust en die vennootskap saam Šbedrag
van R338
846,00 aan die applikant geskuld het teen 28 Februarie 2006,
terwyl die ander staat die uitstaande bedrag soos op
28 Februarie
2006 aangedui het as R1 607 540,00 (en R4 107 540,00 soos
op 31 Maart 2006).
In
die dekbrief van 21 April 2006 het mnr Rickhard aangevoer dat die
twee state dieselfde was,
âbehalwe
vir die gemiddelde prysperk karton wat op die een aangepas is na
R38,00 vir julle bank finansiering aansoekâ
.
Hierdie
âverduidelikingâ
moet gesien word teen die agtergrond daarvan dat dit blyk dat die
trust en die vennootskap sedert Maart 2006 in samesprekings betrokke
was met Eerste Nasionale Bank rondom die verkryging van
finansiering. Die applikant het toe op versoek van die trust en die
vennootskap,
hierdie state of
âafrekeningsâ
voorsien. Dit blyk dan ook duidelik uit die betrokke skrywe dat die
applikant ten tye van die rig daarvan bewus was van die
âbank
finansiering aansoekâ
en, wat meer is, dat die staat met die mindere saldo toe juis
verskaf is sodat dit aan die Bank voorgehou kon word as die ware
uitstaande bedrag.
Dit blyk inderdaad dan
ook uit die antwoordende stukke dat die staat met die mindere saldo
toe aan Eerste Nasionale Bank voorgelê
is en dat laasgemelde op
sterkte van daardie voorstelling Å bedrag van ongeveer R5.2 miljoen
aan die trust en die vennootskap
geleen het.
Hierdie situasie hou
na my oordeel potensieel ernstige implikasies in. Op die oog af wil
dit voorkom asof die applikant Å valse
staat verskaf het, juis
sodat die betrokke respondente die Bank kon mislei met betrekking
tot hulle kredietwaardigheid. Dit lyk
verder asof dieselfde
respondente toe, terwyl hulle Cf besef het dat die saldo van R338
548,00 foutief was Cf minstens besef het
dat die applikant ook aan
hulle Å ander â en heelwat minser - gunstige staat voorsien het,
eersgemelde staat aan die Bank voorgehou
het en die ander een
verswyg het.
In
plaas van Å prys van R38,00 per karton is daar in die
âongunstigeâ
staat gewerk op Å prys van R32,20 per karton, wat dan verwarrend
genoeg enersyds beskryf is as
âEstimated
income per cartonâ
en andersyds geplaas is onder die hofie
âActual
for the seasonâ
.
Hierdie
verskillende bedrae per karton het tot gevolg gehad dat die twee
state
âshortfallâ
soos op 28 Februarie 2006 onderskeidelik aangedui het as R338 548,00
en R1 607 540,00; opsigself al Å groot verskil.
Wat
die situasie verder vererger, is dat die applikant skynbaar in die
âgunstigeâ
staat doelbewus verswyg het dat daar ook nog aan Agrioranje Å
bedrag van R2.5 miljoen betaalbaar was, wat volgens die ander staat
nog betaal sou moes word voor 31 Maart 2006 (en gevolglik nog lank
voor die datum waarop die skrywe gerig is onder dekking waarvan
die
twee state aan die trust en die vennootskap verskaf is). Die
laasgemelde bedrag was deel van Å bedrag wat die trust en die
vennootskap voorheen aan Agrioranje geskuld het, welke skuld die
applikant ingevolge die gemelde leningsooreenkoms oorgeneem het
en
verplig was om namens hulle aan Agrioranje te betaal (waarna die
trust en die vennootskap dit weer aan die applikant sou moes
terugbetaal).
Met
hierdie R2.5 miljoen
âstill
owing to Agrioranjeâ
is die totale uitstaande bedrag in die
âongunstigeâ
staat dan aangedui as R4 107 540,00, welke totale bedrag
aangedui is as synde verskuldig te gewees het soos op 31 Maart 2006,
dit wil sê nog voordat die gemelde twee state voorsien is.
Dit kan seker
geargumenteer word dat die trust en die vennootskap deeglik bewus
moes gewees het van watter een van die gemelde twee
state eintlik
bedoel was om die applikant se weergawe van hulle verskuldigheid te
vervat. Verder sou geargumenteer word kon word
dat die trust en die
vennootskap die staat met die mindere saldo aan Eerste Nasionale
Bank gaan voorhou het as weerspielende hulle
skuld aan die applikant
en dat hulle dus nie nou kan ontken dat hulle minstens daardie
bedrag verskuldig was en is nie.
Die feit is egter dat
die twee stelle syfers verstrek is deur Å beampte van die applikant
en dit blyk nie uit die stukke dat die
betrokke respondente enige
manier sou gehad het om self vas te stel wat presies die uitstaande
bedrag was nie.
In
Mei 2006 het die applikant weer aan die trust en die vennootskap
uiteensettings verskaf van hulle verskuldigheid teenoor die
applikant. Dit is vervat in state waarvan afskrifte by die
antwoordende stukke aangeheg is as aanhangsel EV4. Hierdie
dokumente
dui ook die trust en die vennootskap se verskuldigheid aan
soos op 31 Maart 2006 (soos ook die
âongunstigeâ
staat onder dekking van die skrywe van 21 April 2006),
maar hiervolgens sou die totale verskuldigde bedrag op die gemelde
datum inderdaad R4 330 339,20 gewees het. Hierdie syfer is heelwat
meer as die syfer van R4 107 540,00 in die een staat by
die
skrywe van 21 April 2006.
Op 7 September 2006
het die applikant betaling van die bedrag van R4 347 381,02
geëis en te kenne gegee dat dit saamgestel
was soos volg:
â
Die
verskuldigde bedrag aan Afrifresh op julle ooreenkoms aan die einde
van die vorige seisoen, soos voorheen aan u gekommunikeer,
beloop R1
653 609,09 (ingesluit BTW). Die bedrag sluit nie die uitstaande
saldo wat Onderstepoort/ Nuweland aan Kaap Agri verskuldig
is nie
.
Die bedrag uitgesluit rente soos op 31 Julie 2006 beloop R2 403 637,
17. Die opgeloopte rente van die Kaap Agri rekening tot op
31 Julie 2006 is R210 648,26â
.
(dit
blyk uit die stukke dat die verwysing na
âKaap
Agriâ
inderdaad Å verwysing was na
âAgrioranjeâ
).
Word hierdie bedrae
egter bymekaar getel, word uitgekom op Å syfer wat byna R800 000,00
minder is as dit wat geeis is.
Volgens Rickhard se
jongste uiteensetting van die verskuldigheid sou ân bedrag van R2
101 884,91 reeds op 31 Maart 2006 afgesit
gewees het van die
trust en die vennootskap. Nodeloos om te sê, kan geen teken van
sodanige krediet gesien word in enige van
die vroeëre
uiteensettings nie. Indien dit egter afgetrek moes gewees het van
die skuld aangedui in Mei 2006, sou daar op daardie
weergawe heelwat
minder verskuldig moes gewees het reeds op daardie stadium.
Dit
is dus duidelik dat daar groot onsekerheid is, op die stukke, op die
oor die omvang van enige verskuldigheid wat die trust en
die
vennootskap nog teenoor die applikant mag hê. Ek is van oordeel
dat die applikant reeds op hierdie basis nie Å duidelike
reg
aangetoon het om die bepalings van klousule 12 van die
uitvoerooreenkoms af te dwing nie (sien
Director
of Public Prosecutions (Western Cape) v Midi Television (Pty) Ltd
t/a E TV
2006 (3) SA 92
(C) op 102C).
Wat
betref die betrokke respondente se bewering rakende die applikant se
nie-nakoming van die uitvoerooreenkoms, is dit hulle saak
dat dit
vir hulle skade meegebring het in Å bedrag groter as enige
verskuldigheid wat hulle teenoor die applikant mag hê. Ek
meen
egter nie dat, selfs indien dit korrek sou wees dit Å geldige
verweer teen Å beroep deur die applikant op klousule 12 se
bepalings sou gewees het nie. Dit sou vir die betrokke respondente
Å eis of teeneis teen die applikant kon fundeer het, maar
sou nie
nou reeds kon gedien het om die applikant se eis by wyse van
skuldvergelyking uit te wis nie (sien
.
Parate executie
Dit
is in uitdruklike terme die applikant se saak dat dit van plan is,
om indien dit die reg in klousule 12 sou uitoefen en druiwe
vir die
trust en die vennootskap sou bemark en uitvoer, van plan is om uit
die opbrengs daarvan
âdeel
van die skuld van die Applikant (te) verhaalâ
.
Dit verklaar die
deponent vir die applikant, mnr P C Burger nogal teen die
agtergrond daarvan dat deel van sy eie funderende stukke
juis
skrywes van die betrokke respondente se prokureurs is, waarin
duidelik gemaak is dat dit ontken word dat daar enige bedrag
aan die
applikant verskuldig is.
Å
Ooreenkoms wat
parate
executie
magtig sal nie afgedwing word nie, indien dit strydig sou wees met
die openbare belang en sou neerkom op Å ongeregverdige inbreek
making op Å party se grondwetlike regte ingevolge artikel 34 van
die grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 108 van 1996
(sien
SA
Bank of Athens Ltd v Van Zyl
2005
(5) SA 93
(HHHA)). Dit sou byvoorbeeld gemeenregtelik die geval
wees waar so Šbepaling Šskuldeiser sou magtig om beslag te lê
op Å
skuldenaar se goed sonder Å hof se sanksie (sien
SA Bank of Athens Ltd v Van Zyl, supra
,
op 99C).
Indien die applikant
eenvoudig sou kon voortgaan en die gedeelte van die opbrengs van die
2006/2007 oes wat andersins die trust
en die vennootskap sou
toegekom het, terughou ter delging van dit wat die applikant beweer
hulle verskuldig is, en dit sonder die
sanksie van Å hof om so te
doen, sou dit na my mening strydig met die openbare belang wees.
Dit sou ook Å ongeregverdige inbreukmaking
op die trust en
vennootskap se regte ingevolge artikel 34 van die grondwet wees,
naamlik om die reg te hê om enige dispuut te
laat verhoor in Å
billike en openbare verhoor; destemeer nog waar die applikant wel Å
ander remedie het om sy geld te kry, naamlik
om die aksie wat dit
reeds ingestel het daarvoor, voor te sit.
Wat dit nog meer
afkeuringwaardig sou maak, is dat die bedrag wat die applikant op s.
Å wyse eenvoudig wil vat, in dispuut is.
Vir soverre Å
kontraksbepaling dus so-iets sou magtig, sal dit nie afgedwing word
nie.
Word
egter bloot na die bepalings van klousule 12 van die
uitvoerooreenkoms gekyk, magtig nie op enige vertolking
parate
executie
nie. Hierdie bepalings moet egter saamgelees word met dié van die
leningsooreenkoms, wat op dieselfde datum tussen dieselfde
partye
gesluit is, waarvan Å afskrif deel uitmaak van die applikant se
funderende stukke en waarvan klousule 2.1.2 soos volg lees:
â
On
the date that the COMPANY recieves any payment in respect of any
produce/product sold by it on the GROWERâs behalf as is provided
for in the MAIN AGREEMENT, which amounts recieved by the COMPANY
shall be set-off against these amounts due to the COMPANY by the
GROWER in terms of this agreement of loan
â
.
Word
dan gekyk na die inleidende gedeelte van die leningsooreenkoms, blyk
dit dat die terme
âCOMPANYâ
,
â
GROWERâ
en
âMAIN
AGREEMENTâ
verwysings was na, onderskeidelik, die applikant, die trust en die
vennootskap en die uitvoerooreenkoms. Saamgelees sou hierdie
bepalings in effek dan die applikant gemagtig het om eenvoudig enige
verskuldigheid van die trust en die vennootskap ingevolge
die
leningsooreenkoms, en wat nog nie gedelg was teen 31 Maart 2006
nie, te verhaal vanuit gelde wat hulle andersins
ingevolge die
uitvoerooreenkoms sou toegekom.
Daar is dan ook
oorvloedige tekens in die stukke dat dit ook inderdaad in die
praktyk so gedoen is. Inteendeel, dit blyk uit die
applikant se eie
stukke dat die applikant op 31 Maart 2006 nog Å bedrag van R2 101
884,91, wat selfs op die applikant se weergawe
nog die trust en die
vennootskap uit hoofde van die uitvoerooreenkoms vir die 2005/2006
toegekom het, op hierdie wyse verhaal het.
Daar
is geen teken in die betrokke bepalings dat, alvorens die applikant
van hierdie verhaalsreg sou maak, die trust of die vennootskap
enige
insette sou kon lewer in wat die korrekte verskuldigde bedrag sou
wees of Å hof sou moes nader om dit te sanksioneer nie.
Na my
oordeel sou die gesamentlike effek van die bepalings dus wel
neergekom het op die magtiging van
parate
executie
op Å wyse wat strydig met die openbare belang en met die bepalings
van art 34 van die grondwet sou gewees het.
Die
vraag is dan egter of die betrokke bepalings, selfs saamgelees, tans
nog steeds hierdie metode van die verhaling van die skuld
sou
gemagtig het (dit wil sê selfs indien vir die oomblik aanvaar sou
word dat dit nie gesien sou kon word as synde Å ongeoorloofde
parate
executie
nie). Ek meen dat die antwoord op hierdie vraag ontkennend behoort
te wees.
Klousule
2.1.2 van die leningsooreenkoms sou duidelik slegs s. Å verhaling
gemagtig het vanuit betalings wat die applikant ontvang
het vir
druiwe wat dit verkoop het ingevolge die
âMAIN
AGREEMENTâ
(dit wil sê die uitvoerooreenkoms). Daar kan geen betaling uit
hoofde van daardie ooreenkoms ontvang word deur die applikant
nie,
enersyds omdat dit slegs geslaan het op die 2005/2006 oesseisoen
(wat lankal reeds verby is) en andersyds omdat die applikant
in elk
geval reeds op sy eie weergawe die laaste deel van enige betaling
wat dit ingevolge daardie ooreenkoms ontvang het, aangewend
het ter
delging van die betrokke respondente se beweerde verskuldigheid.
Indien
die applikant nou die regte wat volgens die applikant implisiet of
stilswyend inbegrepe is by die bepalings van klousule
12 sou
uitoefen, naamlik om die keuse uit te oefen om in die plek van Å
ander party te tree as uitvoerder vir die trust en die
vennootskap,
en wel
âop
dieselfde terme as wat die Trust en die Vierde Respondent die druiwe
deur enige ander agent wil verkoopâ
,
sal sodanige ooreenkoms heeltemal Å ander ooreenkoms wees as die
destydse
âMAIN
AGREEMENTâ
.
In
die lig van die voorgaande, en in die lig daarvan dat so Å
verhaalsreg nêrens in die bepalings van klousule 12 opsigself
gevind
kan word nie, kan ek geen basis sien waarop enige van die
kontrakte waarop die applikant tans steun, hierdie tipe optrede sou
magtig
nie. Vir soverre die verkryging van die inligting wat die
applikant verlang dus hierop gemik sou wees â en dit is presies
wat
die applikant sê â sou die applikant geen sodanige reg hê
nie.
In repliek is dit by
herhalings namens die applikant gestel dat dit ontersaaklik is of
die applikant, indien dit wel later die keuse
sou uitoefen om weer Å
kontrak met die trust en die vennootskap te sluit, die opbrengs van
die verkope so sou aanwend, aangesien
die applikant nie tans sulke
regshulp aanvra nie, maar bloot regshulp wat sal verseker dat dit
die inligting kry wat nodig is om
te besluit of dit enigsins weer
met die betrokke respondente so Å kontrak wil sluit.
Ek meen dat dit Å
oorvereenvoudiging van die situasie is. Die applikant kan nie
verwag dat sy verklaarde voorneme om die betrokke
respondente se
geld op hierdie wyse te vat, eenvoudig weggedink moet word nie. Die
reg waarvan die applikant beskerming verlang,
is nie net Å eerste
reg van weiering in isolasie beskou nie, maar moet saamgesien word
met die applikant se verklaarde voorneme
te aansien van wat sy
einddoel inderdaad dan sou wees.
Die
uiteindelike
âregâ
wat die applikant in wese maar beskerming wil hê, is om die
geleentheid te kry om sy hande te lê op enige opbrengs wat die
trust
en die vennootskap mag toekom uit die toekomstige bemarking
van druiwe. Dit blyk nou weer uit die deponent Burger se bewering,
in repliek, dat die
âdoelstelling
van klousule 12â
(was)
...
om te verseker dat Applikant sekuriteit geniet vir die terugbetaling
van die massiewe investering in Respondente se oesâ
.
Hoe ander sou die applikant sodanige
âsekuriteitâ
kon bewerkstellig as om, indien dit die reg sou afdwing om die
betrokke respondente se druiwe te bemark, uit hulle gedeelte van
die
opbrengs die geld terug te hou wat die applikant beweer verskuldig
is.
Dit
dien op gelet te word dat, selfs al sou aanvaar word, dat die
bepalings van klousule 12 en die leningsooreenkoms nie
parate
executie
op Å wyse wat strydig met die openbare belang of met die bepalings
van die grondwet sou wees magtig nie, die toepassing van daardie
terme deur die applikant op sodanige wyse steeds nie afgedwing of
goedgekeur sal word nie (sien
Juglal
NO and Another v Shoprite Checkers (Pty) Ltd t/a OK Franchise
Division
2004 (5) SA 248
(HHA) op 258D-G).
Die
enigste ander doel wat Burger voorgehou het as een wat die Applikant
sou wou bereik deur die afdwing van klousule 12 van die
uitvoerooreenkoms, is om te verhoed dat dit
âân
tekort aan inkomsteâ
ly. Geen besonderhede hoegenaamd is egter verstrek ten aansien van
wat die aard en omvang van sodanige inkomste sou kon gewees
het nie
en die blote maak van sò ân ongesubstansieerde stelling sou nooit
gesien kon word as die voldoening aan ân applikant
om finale
regshulp se bewyslas nie.
Eleksie
Die deponent vir die
trust en die vennootskap voer aan dat hy reeds in Augustus 2006 vir
mnr Conradie van die applikant gesê het
dat hulle nie van die
applikant as uitvoeragent gebruik sou maak vir die 2006/3007
oesseisoen nie en dat hulle wel van die 5de,
6de en 7de respondente
gebruik sou maak.
Die deponent Burger
het in fundering na my oordeel die indruk geskep dat die applikant
vir die eerste keer op 6 Desember 2006 bewus
geraak het van die
moontlikheid dat die trust en die vennootskap ander agente sou
gebruik. Op hierdie basis is aangevoer dat die
aansoek dringend was
(en by implikasie dat die applikant nie vroeër gronde gehad het om
so ân aansoek te bring nie) en is dit
aanvanklik vir verhoor ter
rolle geplaas op 12 Desember 2006 met bitter kort kennisgewing aan
die respondente. Ek sal tegelykertyd
weer hiermee handel.
Dieselfde
mnr Burger en ook mnr Conradie van die applikant erken egter nou die
gesprek van Augustus 2006. Alhoewel blykbaar ontken
word dat daar
toe as ân feit gestel is dat ander agente gebruik sou word, word
darem toegegee dat daar wel toe deur die deponent
vir die trust en
die vennootskap
âgedreigâ
(is)
âom
ander bemarkers te gebruikâ
.
Ek
het reeds daarop gewys dat, omdat die applikant finale regshulp
versoek, daar by feitegeskille die benadering gevolg sal word
âom
die feite wat gemene saak is te neem en waar daar werklike dispuut
op die feite bestaan die weergawe van die respondent, vir
doeleindes
van die uitspraak te aanvaarâ
(sien
Staatsdiensliga
van Suid-Afrika en Andere v Minister van Waterwese, supra
,
op 443G). Vir soverre daar dus deur die applikant tog hieroor ân
âwerklike
dispuutâ
geskep is in repliek, sal die deponent vir die trust en die
vennootskap se weergawe in hierdie verband aanvaar word. Daar is
niks daarin wat op die oog af onwaarskynlik of onwaar lyk nie; die
teendeel is eerder waar.
Dit beteken dat die
betrokke respondente alreeds in Augustus 2006 die bepalings van
klousule 12 duidelik gerepudieer het, want dit
is in effek aan die
verteenwoordiger van die applikant duidelik gemaak dat die applikant
nie die keuse in klousule 12 in die vooruitsig
gestel, sou kry nie.
Die
applikant se reaksie daarop was dat die deponent vir die trust en
die vennootskap
âgewaarskuâ
(is)
âdat
indien hy ander uitvoerders gebruik, aksie ingestel sou word teen
die Respondenteâ
,
dat die betrokke deponent
âmeegedeelâ
(is)
âdat
ân konkrete betalings skeduleâ
verlang word en dat, toe daar nie op hierdie waarskuwings gereageer
is nie,
âân
aanmaningsbrief in September afgestuurâ
(is)
âwat
opgevolg is met die uitreiking van dagvaardingâ
.
Dit is duidelik dat
die applikant se waarskuwings en daaropvolgende stappe gerig was op
die verkryging van betaling. Nòg in die
gesprek van Augustus 2006
nòg in die skrywe van September is ân woord gerep daarvan dat die
applikant sy regte ingevolge klousule
12 wou of sou uitoefen.
Vir soverre klousule
12 in dit toekoms nog vir die applikant sou gebied het om die skuld
te verhaal, het die applikant deur die
gemelde waarskuwings en eis
duidelik verkies om in plaas van daardie reg eerder eenvoudig
betaling te eis en, indien nodig, daarvoor
aksie in te stel.
Dit is ook gemenesaak
dat, indien ân instansie sou belanggestel het om as uitvoeragent
vir die trust en die vennootskap op te
tree, dit reeds vanaf
Augustus 2006 sou moes begin het met bepaalde voorbereidende stappe.
Dit het die applikant verkies om nooit
te doen nie; dit terwyl die
applikant teen die agtergrond van die gesprek in Augustus 2006 alle
rede gehad het om te vermoed dat
die trust en die vennootskap
minstens reeds met ander agente onderhandel het.
Die applikant het
nooit in dié tyd, en ten spyte van die wete dat die oesproses, en
dan in wese ook maar die bemarkingsproses,
reeds in November sou
begin het, inligting aangevra wat dit in staat sou gestel het om die
beweerde regte ingevolge klousule 12
af te dwing nie.
Die applikant het op
sy eie weergawe en indien aanvaar sou word dat die trust en die
vennootskap nog geld aan die applikant verskuldig
was, twee wyses
tot die beskikking daarvan gehad om die geld te verhaal. Die
applikant kon op sy weergawe die bepalings van klousule
12 tydiglik
afgedwing het (as die stelling van Burger dat die applikant geregtig
sou wees om geld deur middel van klousule 12 in
die hande te kry
korrek sou wees) of dit kon betaling geeis het.
Hierdie twee metodes
of remedies is na my oordeel totaal verskillend en strydig met
mekaar. In die geval van die een sou die geld
verhaal kon word
sonder die tussenkoms van ân hof en in die geval van die ander
nie.
Na
my oordeel het die applikant deur sy optrede duidelik en
ondubbelsinniglik die keuse uitgeoefen nog lank voor 6 Desember
2006,
om eerder die geld te eis en aksie in te stel as om klousule
12 af te dwing. Die dagvaarding in die applikant se aksie (onder
saaknommer 1476/06 is eers op 29 November 2006 uitgereik
en dus lank nà Augustus 2006 en lank nadat die applikant op
sy eie
weergawe geregtig sou geraak het op die inligting wat nodig sou wees
om dit in staat te stel om die bepalings van klousule
12 uit te
oefen. Dit sou opsigself al gesien kon word as getuienis van ân
keuse-uitoefening deur die applikant om eerder te
dagvaar, in plaas
van en ten koste van die remedie wat klousule 12 volgens die
applikant sou kon bied (sien
Nieuwoudt,
NO and Another v Els
1957 (3) SA 642
(O) op 645E).
Daar
het toe in elk geval na my oordeel al heelwat meer as ân redelike
tyd verloop waarin die applikant se beweerde reg ingevolge
klousule
12 kon uitgeoefen het, of minstens stappe kon geneem het om dit af
te dwing. Alles in ag genome meen ek dat die applikant
die keuse
uitgeoefen het om nie van klousule 12 gebruik te maak nie, maar
eerder by wyse van aksie betaling te eis, en dat die
applikant
daaraan gebonde gehou behoort te word (sien
Segal
v Mazzur
1920 CPD 634
op 644-645 en
Mgoqi
v City of Cape Town and Another; City of Cape Town v Mgoqi and
Another
2006 (4) SA 355
(C) op 394).
Namens die applikant
is aangevoer, in repliek, dat die applikant eers ân keuse sou kon
uitgeoefen het wanneer dit geweet het wat
die terme van die
kontrak/te tussen die trust en die vennootskap en ander agente was.
Daar is geen meriete in hierdie argument
nie.
Die applikant het
gelate toegesien dat die oesseisoen al in November 2006 ân aanvang
neem, en het niks gedoen om dit in staat
te stel om selfs bloot te
kon oorweeg of dit klousule 12 wou afdwing nie. In plaas daarvan
het die applikant gegaan en, op ân
datum toe die oesseisoen
volgens sy eie weergawe alreeds in aanvang geneem het, dagvaarding
uitgereik en betaling geeis.
Ook op hierdie basis
meen ek dus dat die applikant nie daarin geslaag het om ân reg te
bewys ooreenkomstig die vereistes vir ân
finale interdik nie.
SKADE EN
ALTERNATIEWE REMEDIE
In die lig van die
voorgaande meen ek dat die applikant geen saak uitgemaak het ten
aansien van skade wat mag gely word nie.
Wat
betref die kwessie van ân alternatiewe remedie, het die deponent
vir die applikant in fundering bloot beweer dat die trust
en die
vennootskap in ân
ânetelige
finansiële toestandâ
verkeur omdat dit nie die vorige jaar se skuld
âkonâ
betaal
nie. Daar is nie hierop uitgebrei nie. Afgesien daarvan dat die
beweerde skuld in dispuut is, sou die blote feit dat dit
nie betaal
is nie, nie noodwendig aanduidend daarvan wees dat dit nie betaal
kon
word nie.
Die
betrokke respondente het nou geantwoord en beweringe gemaak wat
daarop sou dui dat dit finansieel gesond is. Die applikant
se
reaksie hierop in repliek is bloot dat dit
âte
betwyfelâ
is of hierdie beweringe waar is. Dit is hoegenaamd nie goed genoeg
om eers ân
bona
fide
dispuut hieroor te skep nie en ek meen dus dat die applikant ook nie
aangetoon het dat daar geen alternatief remedie is om sy geld
in die
hande te kry nie.
DISKRESIE
Hierdie
hof sou in elk geval ân diskresie hê om die verlangde regshulp
toe te staan of te weier (sien
Bonnet
and Another v Schofield
1989 (2) SA 156
(D) op 161C-D en
Kemp,
Sacs en Nell Real Estate (Edms) Bpk v Soll en ân Ander
1986 (1) SA 673
(O) op 689J-690A).
Daar
is verskeie faktore op grond waarvan ek my diskresie teen die
applikant sou uitoefen. Die eerste faktor sou wees die praktiese
effek wat die verlening van die gevraagde regshulp sou hê (sien
Bebel
Investments (Pty) Ltd t/a East Londen Furniture Industries v
Paper, Printing, Wood and Allied Workerâs Union and Others
1989 (1) SA 908
(E) op 917D-E).
Op die applikant se
eie weergawe sou die effek heel moontlik wees dat die applikant geld
van die trust en die vennootskap gaan terughou
ten spyte van die
feit dat die verskuldigheid daarvan in geskil is. Die applikant sê
self dat dit is wat beoog word. Die feit
dat die applikant mag
besluit om nie in die plek van ân ander party te tree nie en om
nie so ân kontrak met die betrokke respondente
te sluit nie.
Doen geen afbreuk daaraan dat die risiko wel bestaan nie.
Die
deponent vir die trust en die vennootskap het aangevoer dat die
betrokke respondente in elk geval ondertussen hulle regte ten
aansien van die opbrengs van die 2006/2007 oesseisoen gesedeer het
aan Eerste Nasionale Bank. Volgens die betrokke deponent se
weergawe (wat op die
Plascon-evens
-benadering
aanvaar moet word) het dit met die wete van die applikant gebeur,
wat die applikant in elk geval heel moontlik sou verhoed
om enige
sulke gelde terug te hou en op sy eie weergawe klousule 12, en die
inligting wat hy verlang, vir hom waardeloos sou maak.
Verder kom die
regshulp wat versoek word neer op ân bevel van spesifieke nakoming
en dit is geykte reg dat ân hof dan in elk
geval ân diskresie
sal hê om dit toe te staan al dan nie (
).
Een
faktor wat in hierdie verband relevant sou wees, is die gevolge wat
sodanige bevel vir die respondente en andere mag hê (
).
Indien die applikant
nou sy regte ingevolge klousule 12 sou kon afdwing, sou die trust en
die vennootskap skade ly in die bedrag
van ongeveer R3 miljoen, wat
spandeer is aan verpakkingsmateriaal wat nie gebruik sou kon word as
die applikant die uitvoeragent
sou wees nie.
â
n
Verdere faktor wat ek meen swaar teen die applikant moet weeg by die
uitoefening van ân diskresie, is dat dit nie in elk geval
reeds
baie vroeër al stappe geneem het om die verlangde inligting te
bekom nie. Ek meen dat enige dringendheid wat uiteindelik
mag
bestaan het, deur die applikant self geskep is (vergelyk
Ex
parte Minister of Social Development and Others
[2006] ZACC 3
;
2006 (4) SA 309
(C) op 314-315).
Die punt is verder
namens die trust en die vennootskap geneem dat die applikant vir
Eerste Nasional Bank moes gevoeg het as ân
party. Namens die
applikant is aangevoer dat dit nie nodig was nie, omdat daar nou
niks meer versoek word as die inligting wat
sou nodig wees om die
applikant se regte ingevolge klousule 12 te oorweeg en uit te oefen
nie. Ek meen dat dit egter nie so eenvoudig
is nie. Die applikant
stop nie daarby om die inligting te versoek nie. Dit verklaar dat
die inligting uiteindelik aangewend mag
word om geld uit die
opbrengs van die 2006/2007 oesseisoen te neem welke geld ook die
onderwerp van die sessie en sekuriteit van
Eerste Nasionale Bank sou
wees. Ek meen dat die laasgemelde instansie in sodanige
omstandighede inderdaad ân genoegsame direkte
en wesenlike belang
het by hierdie aansoek om gevoeg te gewees het (
).
Afgesien
daarvan dat hierdie gevolgtrekking opsigself genoegsaam sou gewees
het vir die afwysing van die aansoek, veral in die lig
daarvan dat
die punt reeds in die antwoordende stukke geneem is en dat die
applikant toe steeds geen stappe geneem het om Eerste
Nasionale Bank
eers van die aansoek in te lig nie, meen ek dat dit ook as faktor
kan dien vir die uitoefening van my diskresie
teen die applikant.
UITSTEL
Op
12 Desember 2006 het die applikant om uitstel gevra om te repliseer
op die antwoordende stukke wat op 11 Desember 2006 afgelewer
is.
Ten spyte daarvan dat die aansoek om uitstel teengestaan is, het ek
dit toegestaan en gelas dat die applikant die verspilde
koste moes
betaal. Die volgende is die redes vir daardie bevele.
Mnr
van Niekerk, wat op daardie stadium namens die trust en die
vennootskap verskyn het, het sterk betoog, onder andere, dat die
aansoek om uitstel moes misluk omdat die applikant in elk geval geen
vooruitsigte op die meriete gehad het nie. Hierdie betoog
was tot
ân groot mate gebaseer op die submissie dat die repliek in elk
geval nie, in die lig van die
Plascon-evens
dictum
rakende feitegeskille, enige afbreuk daaraan sou kon doen dat die
hof uiteindelik die betrokke respondente se weergawe sou moes
aanvaar nie.
Ek
meen dat dit nie korrek kan wees nie. Daar kan nie in sulke
omstandighede bespiegel word oor wat in die repliserende stukke
mag
staan nie. Die
Plascon-evens-
benadering
sou eers ter sprake kom waar daar ten aansien van ân bepaalde
aspek ân
âwerklikeâ
dispuut bestaan (sien
Staatsdiensliga
van Suid-Afrika en Andere v Minister van Waterwese, supra
,
op ), en of daar so ân
âwerklikeâ
en
bona
fide
dispuut bestaan, sou eers geoordeel kon word wanneer al die stukke
tot die hof se beskikking was.
Die
feit is dat ân respondent normaalweg ân reg op repliek het en,
in die afwesigheid van nadeel wat nie met ân gepaste kostebevel
reggestel sou kon word nie, meen ek nie dat dit in die belang van
geregtigheid sou wees om daardie reg in effek weg te neem nie
(sien
Myburgh
Transport v Botha t/a SA Truck Bodies
991
(3) SA 310
(Nms)).
Daar was hier na my
oordeel geen nadeel vir die betrokke respondente wat ân gepaste
kostebevel nie uit die weg sou kon ruim nie.
Dat die applikant in
elk geval die verspilde koste moes betaal, kon na my oordeel geen
twyfel oor bestaan nie. Afgesien daarvan
dat die applikant, soos
reeds aangedui, in elk geval onaanvaarbaar lank gesloer het om die
aansoek te bring, is dit toe gebring
op die basis dat die
respondente eers op 8 Desember 2006, ân Vrydag, in besit gestel is
van die funderende stukke. Deur na-ure
te werk, is die antwoordende
stukke toe gedurende die middag van Maandag 11 Desember 2006 aan die
applikant besorg, en daar is
nooit namens die applikant betoog dat
dit vroeër gedoen kon gewees het nie.
Dit was teen hierdie
agtergrond dat die applikant toe op 12 Desember 2006 kom aanvoer het
dat dit nog nie voldoende tyd gehad het
om te repliseer nie. Die
applikant het hierdie probleem self geskep met die kort kennisgewing
aan die respondente en het self
verkies om die saak op daardie
nie-mosiehofdag te plaas vir verhoor, en toe die antwoordende stukke
ontvang is, was die aansoek
ewe skierlik nie meer so dringend dat
dit nie maar op die eersvolgende mosiehofdag, naamlik 15 Desember
2006, aangehoor kon word
nie. Die applikant het inderdaad vir
uitstel na daardie datum gevra.
Daar was geen basis
waarop van enige van die respondente verwag kon word, op die
inligting wat op daardie stadium beskikbaar was,
om enige deel van
die verspilde koste te betaal nie en daar was geen aanduiding dat
enige latere inligting hieraan ân verskil
sou maak nie. Daar was
dus geen rede om, soos namens die applikant versoek is, die
beslissing oor die verspilde koste te laat
oorstaan vir latere
beregting nie.
BEVELE
_______________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
die Applikant: Adv W Coetzee
In
opdrag van: Haarhoffs, Kimberley
Nms die Respondente: Adv
J van Niekerk
In
opdrag van: Duncan & Rothman, Kimberley