About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 62
|
|
Brakrivier Boerdery (Edms) Bpk v JVR's Service & Overhaul Centre bpk (CA&R 208/2004) [2006] ZANCHC 62 (24 November 2006)
Reportable:
YES / NO
Circulate
to Judges: YES / NO
Circulate
to Magistrates: YES / NO
Circulate
to Regional Magistrates: YES / NO
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
CA&R 208/2004
Saak
Aangehoor: 20/11/2006
Datum
Gelewer: 24/11/2006
In
die saak tussen:
BRAKRIVIER BOERDERY (EDMS)
BPK APPèLLANT
teen
JVRâS SERVICE & OVERHAUL
CENTRE BPK RESPONDENT
Coram:
Williams R et Olivier R
UITSPRAAK
OP APPèL
OLIVIER R:
Die
appellant het die respondent in die Landdroshof te Upington
aangespreek vir skade wat na bewering gely is deurdat die respondent
sou versuim het om werk behoorlik en vakkundig te verrig,
alternatiewelik deurdat die respondent versuim het om geskikte
onderdele
vir die werk te gebruik. Die appellant se eis is met
koste afgewys en die appellant kom nou in hoër beroep teen die
geheel van
die uitspraak van die Landdros.
Baie
kortliks was die feite dat die appellant, Brakrivier Boerdery (Edms)
Bpk, ân maatskappy was wat boerdery beoefen het. Mnr
Hanekom was
die enigste direkteur van die appellant en het dit effektiewelik
bestuur. Die respondent, JVRâS Service & Overhaul
Centre CC,
was ân beslote korporasie waarvan mnr J J L van Rooyen
die alleen lid was. Dit is gemenesaak dat die respondent
aan die
appellant ân kwotasie verskaf het vir die
âoverhaulâ
(oordoen) van die masjien van ân vragmotor en dat die appellant
die kwotasie aanvaar het.
Die
respondent het toe die masjien oorgedoen, wat ingesluit het die
installering (in die masjien) van ân ander sogenaamde
âtopâ
.
Die appellant het ân totale bedrag van R31 207,45 aan die
respondent betaal vir die betrokke werk. Alhoewel die woord
âtopâ
deurgaans in die getuienis gebruik is, het dit geblyk dat die
Engelse benaming van die betrokke onderdeel
âcylinder
headâ
is en dus sou die korrekte Afrikaanse terminologie seker
âsilinderkopâ
wees. Dit het verder geblyk dat daar in die betrokke silinderkop
ses sogenaamde
âpushrod
tubesâ
was wat deel daarvan uitgemaak het.
Ongeveer
twee tot drie weke ná die ontvangs van die vragmotor, en op ân
stadium tot die vragmotor ongeveer 1 500 kilometer
met die
âoorgedoendeâ
masjien afgelê het, is dit aan die respondent teruggelewer met ân
klagte dat daar water in die olie was; iets wat blykbaar gebeur
as
daar ân kraak of ân ander vorm van lekkasie in so ân
silinderkop is wat meebring dat die water en die olie vermeng raak.
Daar
is toe vasgestel dat daar ân gat in een van die
âpushrod
tubesâ
was, wat veroorsaak het dat water deurgelek het in die olie in.
Die respondent het toe ân stukkie koperpyp gebruik in ân
poging
om die lekkasie te stop. Volgens die respondent is daar op
dieselfde stadium ân diens gedoen op die masjien (wat blykbaar
veronderstel was om in elk geval gedoen te gewees het wanneer die
masjien ongeveer 1 000 km afgelê het nadat dit oorgedoen
is).
Die
vragmotor is toe weer aan die appellant terugebesorg, maar enkele
dae later het dit weer geblyk dat die water en olie in die
masjien
vermeng het. Die appellant het toe daarop aangedring dat die
respondent die probleem kosteloos moes herstel, en wel deur
al ses
die
âpushrod
tubesâ
te vervang. Toe die respondent weier, is die aksie ingestel. Die
appellant het toe dié werk elders laat doen en dit was nie
in
geskil nie dat die eisbedrag die redelik en billike koste daarvan
weerspieël het.
Mnr
Young, die persoon wat hierdie werk gedoen het en wat ook as
deskundige vir die appellant getuig het, het getuig dat, toe hy
die
klepdeksel (
âtappet
coverâ
)
van die masjien afgehaal het, hy opgemerk het dat daar roes in die
âpushrod
tubesâ
was en dat daar in een van hulle ân stukkie koperpyp ingeplaas was
in ân klaarblyklike poging om te keer dat water in die olie
lek.
Mnr Young se getuienis
was verder dat die inplaas van die stukkie koperpyp nie ân
behoorlike of vakkundige wyse sou wees om die
lekkasie te stop nie
en ook nie daarvoor effektief sou wees nie. Mnr Young se getuienis
was ook dat hy nie self, as hy die roes
waargeneem het (wat volgens
hom maklik waarneembaar was), die silinderkop in die masjien sou
gemonteer het nie.
Die
appellant se eis was kontraktueel van aard en die bewyslas was op
die appellant om die terme van die kontrak en die verbreking
daarvan
te bewys (
D
& H Piping Systems (Pty Ltd v Trans Hex Group Ltd and Another
[2006] ZASCA 29
;
2006
(3) SA 593
(HHA) op 599G,
Intramed
(Pty) Ltd v Standard Bank of South Africa Ltd
2004
(6) SA 252(W)
op 260C-D,
Mobil Oil Southern Africa (Pty) Ltd v Mechin
1965
(2) SA 706
(A) op 711 en
Alfred
McAlpine & Son (Pty) Ltd v Transvaal Provincial Administration
1977
(4) SA 310
(T) op 348).
Die
vraag op appèl is eintlik maar eenvoudig of die landdros verkeerd
was in sy feitebevindinge, ân gevolgtrekking waartoe nie
ligtelik
gekom sal word nie (vergelyk
Ndlovu
v AA Mutual Insurance Association Ltd
1991 (3) SA 655
(E) op 659E-F).
Wat
die terme van die kontrak betref, is dit eerstens van belang om te
oorweeg of die respondent uit die hoofde van ân waarborg
verplig
was om die herstelwerk (rondom die vervang van die ses
âpushrod
tubesâ
)
gratis te doen. Die kwotasie, en dus in effek die skriftelike deel
van die kontrak, het ondermeer die volgende bepalings bevat:
ï
g
Waarborg
betreffende
diens
gelewer ... is van toepassing vir 40 000 km of 1 jaar
behalwe
in die geval waar ... top verwante brekasies sou plaasvind ...
â
(eie beklemtonings).
Dit
blyk gemenesaak te gewees het dat die lek van die water deur een van
die
âpushrod
tubesâ
ân
âtop
verwante brekasieâ
was. Dit is namens die appellant aangevoer dat die uitsluiting van
âtop
verwante brekasiesâ
slegs van toepassing sou gewees het ten aansien van die
oorspronklike silinderkop van die masjien, met ander woorde die een
wat
deel van die masjien was toe dit aanvanklik aan die respondent
oorhandig is om oorgedoen te word, en indien die respondent dan
daaraan sou gewerk het.
Hierdie
argument kan nooit water hou nie. Daar is niks hoegenaamd in die
bewoording van die waarborg, of van die kwotasie as ân
geheel, wat
daarop dui dat die bedoeling was om die uitsluiting slegs te laat
slaan op die silinderkop wat in elk geval deel van
die masjien was
nog voor dat die werk ân aanvang geneem het nie. Dit is geykte
reg dat die vertrekpunt by die interpretasie
van kontrakte is om te
kyk na die bewoording van die kontrak, en dan sal aan die woorde in
die kontrak hulle gewone grammatikale
betekenis verleen word
(
Coopers
& Lybrand v Bryant
[1995] ZASCA 64
;
1995 (3) SA 761
(A) op 767E-768E). Die gewone algemene betekenis
van die betrokke woorde sou wees dat die uitsluiting ook sou geld
waar die silinderkop
vervang is (of waar daaraan gewerk is) en daar
dan
âtop
verwante brekasieâ
sou plaasvind.
Word
gekyk na die res van die kwotasie (en dus van die kontrak) se
bewoording, raak dit nog duideliker dat die waarborg nie vertolk
kan
word soos namens die appellant gepropageer nie. Dit is nie asof
daar by kontraksluiting van die standpunt uitgegaan is dat
die
oorspronklike silinderkop noodwendig in die masjien sou bly nie.
Die kwotasie het dit uitdruklik in die vooruitsig gestel
dat ander
onderdele (as dié uitdruklik daarin vermeld) ook vervang sou kon
word en dit sou sekerlik ook die silinderkop insluit.
Die
vertolking namens die appellant sou ook die vreemde (en na my
oordeel absurde) gevolg hê dat die respondent aanspreeklikheid
vir
sy eie werk sou ontduik, maar wel aanspreeklikheid sou aanvaar waar
die
âtop
verwante brekasieâ
sou volg op die montering van ân tweedehandse onderdeel (die
silinderkop) wat elders verkry is en wat die respondent nie eers
self aan ân behoorlike druktoets sou kon onderwerp nie (dit terwyl
dit mnr Young, die appellant en eie getuie, se weergawe was
dat
sulke tweedehandse silinderkoppe juis nie normaalweg gewaarborg word
nie, maar hierna word weer terugekeer).
Dit
is baie duidelik dat die lekkasie ân
âtop
verwante brekasieâ
was en na my oordeel was dit dus uitgesluit van die waarborg.
ï
e
n
Substantiewe deel van die getuienis het gegaan oor die vraag of die
silinderkop wat uiteindelik in die masjien gemonteer is, deur
die
appellant of deur die respondent aangekoop is. Na my oordeel was
dit ontersaaklik vir soverre dit die waarborg betref het
en dit is
ook in argument namens die appellant toegegee.
Dit bring my by die
vraag of die appellant in elk geval op ân oorwig van
waarskynlikhede bewys het dat die respondent nie geskikte
onderdele
gebruik het nie of dat die respondent die werk onbehoorlik en
onvakkundig verrig het.
Die gewraakte
silinderkop is tweedehands aangekoop van ân instansie genaamd
Boland Spares en dit was gemenesaak dat ân verteenwoordiger
van
dié instansie vir beide mnr Hanekom en mnr van Rooyen die
versekering gegee het dat dit vooraf onderwerp is aan ân druktoets
en dat dit in orde was. Dit was verder gemenesaak dat so ân
druktoets die algemeen aanvaarde en mees betroubare metode was om
vas te stel of ân silinderkop lekkasies het en of dit reg sal
funksioneer.
Daar
is nooit by die verhoor van die kant van die appellant gesuggereer
dat dit onvakkundig van die respondent sou gewees het om
hierdie
versekering te aanvaar nie. Inteendeel, daar is inderdaad in
kruisverhoor namens die appellant gesuggereer dat dit onnodig
sou
gewees het om daarna weer ân druktoets te laat doen. Dit was
nietemin gemenesaak dat mnr van Rooyen, toe die silinderkop
vanaf
Boland Spares ontvang is en terwyl hy en mnr Hanekom altwee daarna
staan en kyk het, met mnr Hanekom ooreengekom het dat
die
silinderkop ook na ân instansie genaamd Magkon Ingenieurswerke in
Upington gestuur sou word, nie alleen vir die montering
van sekere
komponente daarop nie, maar ook sodat daar veiligheidshalwe nog ân
verdere druktoets daarop uitgevoer kon word.
Alhoewel daar in
kruisverhoor namens die appellant ernstig in dispuut getree is met
getuies wat voorheen by Magkon Ingenieurswerke
werksaam was oor of
ân druktoets toe wel daar uitgevoer is, is dit nie in dispuut
geplaas dat die respondent die silinderkop
van die betrokke
instansie terugontvang het op die basis dat dit wel getoets was en
in orde was nie.
Dit was verder Mnr van
Rooyen se getuienis dat die respondent toe nog boonop self, toe die
silinderkop op die masjien gemonteer
is en die res van die werk
afgehandel is, ân ander tipe druktoets uitgevoer het, wat weereens
geen lekkasie getoon het nie.
Hierdie getuienis is nooit betwis
nie en, alhoewel die silinderkop tydens hierdie tipe toets aan
heelwat minder druk onderwerp
is (as wat die geval sou gewees het
tydens die normale druktoets), is dit belangrik dat die respondent
hierdie laaste toets ook
gedoen het (voordat die vragmotor aan die
appellant gelewer is) en dat dit geen lekkasie gewys het nie.
Dit
bring my terug by die getuienis van mnr Young (namens die appellant)
dat die roes wat hy gesien het maklik waarneembaar was,
dat dit
waarskynlik die rede was vir die gat wat in die een
âpushrod
tubeâ
ontstaan het en dat hy nie self ân silinderkop met sulke roes sou
gebruik het in die oordoen van ân masjien nie (met ander
woorde in
effek dat dit onvakkundig sou gewees het om so te doen). Mnr Young
se getuienis was verder dat, toe hy die silinderkop
op daardie
stadium weer aan ân behoorlike druktoets onderwerp het, dit
âonmiddellikâ
die gat en die lekkasie uitgewys het.
Dit
is gemenesaak dat beide mnr van Rooyen en mnr Hanekom die
silinderkop gesien het toe dit te Upington aangekom het en voordat
dit na Magkon Ingenieurswerke gestuur is. Nie een van hulle het
enige roes opgemerk nie. Dit is so dat mnr Hanekom se getuienis
was
dat hy nie op daardie stadium noukeurig ondersoek ingestel het na
die toestand van die silinderkop nie, maar as dit toe reeds
sulke
opvallende roes gehad het soos deur mnr Young beskryf, wonder ân
mens hoe beide mnr Hanekom en mnr van Rooyen dit sou misgekyk
het.
Die vraag wat
ontstaan, is of die roes inderdaad al so waarneembaar was op die
stadium toe die silinderkop ontvang is. Na my oordeel
dui die
waarskynlikhede daarop dat dit nie die geval kon gewees het nie.
Afgesien van die voorgaande was die getuienis in elk
geval dat die
roesmerke juis veroorsaak is deur die lekkasie van water en in die
lig daarvan dat daar wel so ân lekkasie was
nadat die vragmotor
deur die appellant ontvang is, is die waarskynlikheid dat die
opvallende roesmerke in daardie tyd ontstaan
het, nie uitgesluit
nie.
Die
meer wesenlike vraag is of die appellant op ân oorwig van
waarskynlikhede bewys het dat, toe die silinderkop in die masjien
gemonteer is, daar reeds ân gat in die een
âpushrod
tubeâ
was, of daar reeds toe ân teken was dat ân lekkasie bestaan het
of sou kon ontstaan. Ek meen dat die antwoord hierop noodwendig
ontkennend moet wees.
Daar
is nie ân greintjie direkte getuienis dat die gat in die een
âpushrod
tubeâ
reeds op daardie stadium bestaan het nie. Wat betref tekens (op
daardie stadium) van ân bestaande lekkasie of van ân moontlike
toekomstige lekkasie is dit verder so dat, alhoewel mnr Young
aanvanklik getuig het dat die roes wat hy waargeneem het oor ân
lang periode moes ontstaan het en reeds teenwoordig moes gewees het
by die ontvangs van die silinderkop vanaf Boland Spares, hy
later
toegegee het dat hy glad nie geweet het hoe lank dit in ân masjien
sou geneem het vir roes om so te vorm nie en dat sy
vroeëre
getuienis in hierdie verband bloot spekulasie was.
Waar
mnr Young aanvanklik getuig het dat die water bloot deur die opening
sou gelek het, sonder om onder enige druk te verkeer en
dus baie
stadig (en so gepoog het om te motiveer waarom die roes oor so ân
lang periode sou moes opgebou het), het hy later toegegee
dat die
water wel onder druk (en dus vinniger as aanvanklik deur hom
voorgehou) sou deurgelek het.
Mnr
Young het ook toegegee, in kruisverhoor, dat dit vir ân persoon in
mnr van Rooyen se posisie onmoontlik sou gewees het om
te bepaal hoe
dik die wand van so ân
âpushrod
tubeâ
was en in hoe ân mate dit dalk al
âgeskaafâ
(geslyt) was. Afgesien daarvan dat hierdie getuienis ân verdere
vraagteken geplaas het oor die vraag of die opening in die betrokke
âpushrod
tubeâ
deur roes veroorsaak is, is dit ook van belang dat mnr Young weens
hierdie toegewing genoodsaak was om ook ân verdere en ân
baie
belangrike toegewing te maak, naamlik dat dit juis om hierdie rede
was dat ân persoon
ânie
(kan)
waarborg
dat daardie âpush rod tubeâ hier binne twee weke of twee maande
of twee jaar gaan deurgaan of nie gaan deurgaan nieâ
(wat
ook weer aansluit by mnr van Rooyen se getuienis namens die
respondent dat hy nooit ân waarborg ten aansien van so ân
tweedehandse silinderkop sou gegee het nie).
Namens
die appellant is aangevoer dat die getuienis tot die effek was dat
sulke waarborge in die
âpraktykâ
gegee word, en is ook van die standpunt uitgegaan dat die
verteenwoordiger van Boland Spares so ân waarborg aan die
respondent
gegee het. Die passasie in die getuienis waarop in
hierdie verband namens die appellant gesteun is, was egter glad nie
tot hierdie
effek nie. Wat mnr van Rooyen inderwaarheid getuig het,
is dat daar in die praktyk dikwels gewaarborg word dat ân
druktoets
uitgevoer is (wat ooglopend iets totaal anders is as om
die gehalte van die onderdeel te waarborg vir ân periode). Dit
was dan
ook inderdaad al wat die verteenwoordiger van Boland Spares
âgewaarborgâ
het.
Na
my oordeel het die appellant nie op ân oorwig van waarskynlikhede
bewys dat dit vakkundig onaanvaarbaar sou gewees het (van
die
respondent) om te aanvaar dat die druktoets gedoen is te Boland
Spares (en moontlik ook nog te Magkon Ingenieurswerke) nie.
Dit was
onbetwis dat die respondent nie oor die toerusting beskik het om ân
toets van daardie aard uit te voer nie.
Mnr
Young se eie getuienis was dat, as so ân druktoets gedoen is en
nie ân lekkasie getoon het nie, dit vakkundig heeltemal
aanvaarbaar sou wees om te aanvaar dat die silinderkop in orde is,
selfs al sou dit roesmerke ophê. Hy het ook toegegee dat dit
dan
onnodig sou wees om enige verdere inspeksie van die betrokke
silinderkop uit te voer. In die lig daarvan dat mnr Young juis
die
appellant se getuie was, val die argument in paragraaf 21 van die
appellant se betoogshoofde vreemd op, waar aan die hand gedoen
is
dat dit onduidelik is
âwaarom
die feit dat ân âtopâ ân druktoets sou slaag, dit die
respondent sou onthef van sy sorgsaamheidspligâ
.
In die lig van die
voorgaande sou dit dus ook by die vraag na of die werk onvakkundig
gedoen is en of die silinderkop (en die komponente
daarvan) van swak
gehalte was, onnodig wees om te besin oor wie van die appellant of
die respondent die silinderkop aangekoop het.
Daar is namens die
appellant groot gewag gemaak van die feit dat mnr J J van Rooyen
(blykbaar die broer van die getuie mnr van Rooyen
en die persoon wat
daadwerklik betrokke was by die montering van die silinderkop op de
masjien) nie as ân getuie geroep is nie
en daar is aangevoer dat
ân nadelige afleiding hiervan gemaak moes gewees het. Na my
oordeel is daar egter nie van die kant
van die appellant getuienis
aangevoer wat ân antwoord van dié persoon geverg het nie.
Daar
was ook heelwat getuienis rondom die vraag of die appellant
toegestem het daartoe dat die stukkie koperpyp ingeplaas word in
ân
poging om die lekkasie te stop en of so ân werkswyse vakkundig
aanvaarbaar sou gewees het. Namens die appellant is aangevoer
dat
daar nie hiertoe toegestem is nie, terwyl dit die respondent se saak
was dat dit met die appellant se goedkeuring gedoen is
as ân blote
tydelike maatreël (totdat die
âpushrod
tubesâ
wat bestel is, ontvang is).
Ek is egter van
oordeel dat hierdie kwessie totaal ontersaaklik was tot die
geskilpunte in die aksie. Die inplaas van die koperpypie
het nie
deel uitgemaak van die werk wat die respondent moes uitvoer
ingevolge die ooreenkoms wat gedien het as die appellant se
skuldoorsaak nie en dit het ook het ook geen oorsaaklike verband
gehad met die skade wat die appellant gevorder het nie.
Namens
die appellant is ook gewag gemaak daarvan dat die landdros die woord
ânalatigheidâ
gebruik het, terwyl die eis kontraktueel was. Na my mening doen dit
egter geen afbreuk daaraan nie dat dit duidelik is uit die
oorkonde
dat daar maar in effek oorweging verleen is aan die vraag of die
werk vakkundig en behoorlik verrig is.
In
die omstandighede meen ek dus dat die appèl nie kan slaag nie.
Daar bestaan geen rede waarom die koste van die appél nie die
uitslag daarvan behoort te volg nie. Ek sou dus die volgende bevel
hierin maak:
Die appél word met
koste afgewys.
_______________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek
stem saam en dit word so gelas.
_______________________
C C WILLIAMS
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Appellant: Adv N Snellenburg
In
opdrag van: Engelsman Magabane Ing, KIMBERLEY
Nms Respondent: Adv J Y
Claasen
In
opdrag van: Duncan & Rothman, KIMBERLEY