About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 61
|
|
S vOliphant (CA&R 122/2006) [2006] ZANCHC 61 (24 November 2006)
VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R 122/2006
DATUM
AANGEHOOR:30-10--2006
DATUM
GELEWER:24-11-2006
In
die Appél van:
POPPY
OLIFANT APPELLANT
teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM:
S A MAJIEDT R et C C WILLIAMS R:
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
1. Die appellant is op 26
Oktober 2005 in die Streekhof te Kimberley skuldig bevind aan moord
en gevonnis tot 10 (tien) jaar gevangenisstraf.
Sy kom nou in hoër
beroep teen die vonnis haar opgelê.
2. Die feite aanvaar deur
die verhoorhof en waarop die skuldigbevinding berus kan kortliks as
volg opgesom word:
2.1 Die appellant tesame
met die oorledene en ân groep ander mense het die betrokke dag
onder ân boom by die appellant se huis
gesit en drink. Toe die
gaste later gereed maak om te vertrek het die appellant die oorledene
teruggeroep. By die deur van haar
huis het die appellant ân mes te
voorskyn gebring en die oorledene twee keer daarmee gesteek. Een van
hierdie steekhoue het die
regterlong deurboor wat dan ook die dood
van die oorledene veroorsaak het.
3. Die enigste grond van
appél deur die appellant geopper is dat die vonnis haar opgelê
skokkend swaar is gesien in die lig van
haar persoonlike
omstandighede.
4. Die
appellant se persoonlike omstandighede is as volg:
4.1 Sy is 43 jaar oud en
ongetroud maar het ân saamleefverhouding met ân man gehandhaaf
ten tye van die voorval.
4.2 Sy
het vier kinders waarvan twee minderjarig is, onderskeidelik 17 en 10
jaar oud.
4.3 Sy het geen
skolastiese opleiding gehad nie.
4.4 Sy
is ân eerste oortreder.
4.5 Sy
ly aan hoë bloeddruk en ontvang medikasie daarvoor.
5. Die
misdryf waaraan die appellant skuldig bevind is resorteer onder Deel
ÎÎ
van Bylae 2 van Wet 105 van 1997, waarvoor ân minimum vonnis van 15
(vyftien) jaar gevangenisstraf voorgeskryf word vir ân eerste
oortreder.
In
casu
het die verhoorlanddros juis die gunstige persoonlike omstandighede
van die appellant inaggeneem en bevind dat dit wesenlike en dwingende
omstandighede daarstel wat die oplegging van ân mindere vonnis as
die voorgeskrewe regverdig. Vandaar die 10 (tien) jaar
gevangenisstraf
opgelê.
6. Dit
is geykte reg dat ân Hof van Appél nie ligtelik met vonnis inmeng
nie tensy daar ân mistasting begaan is deur die verhoorhof
en hy
nie sy diskresie ten opsigte van vonnis redelikerwys uitgeoefen het
nie, of waar die vonnis skokkend onvanpas of swaar is.
Sien
S
v Pieters
1987(3) SA 717(A).
7. Geeneen van die
bogenoemde faktore, wat inmenging op appél regverdig, het
betrekkinig op die vonnis die appellant opgelê nie
en maak mnr.
Cloete wat namens die appellant optree tereg hierdie toegewing.
8. Die appellant het geen
verduideliking verskaf vir haar optrede nie. Inteendeel, sy het
deurgaans gepoog om die verloop van geregtigheid
te uitoorlê deur
eers vir Inspekteur Fourie, wat die toneel na die voorval besoek het,
te vertel dat die oorledene in haar eie mes
geval het en later in die
verhoorhof te getuig dat sy, in ân stoeiery met die oorledene (deur
die oorledene begin), per ongeluk
die oorledene raakgesteek het met
ân mes waarmee sy besig was om aartappels te skil. Na my mening is
hierdie optrede van die appellant
sprekend daarvan dat sy geen berou
het vir haar dade nie.
9. Alles
in ag genome is ek van mening dat die verhoorhof die appellant met
besonderse genade gevonnis het en is daar geen meriete
in die appél
nie.
Die appél word van
die hand gewys.
________________________
C
C WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
________________________
S
A MAJIEDT
REGTER
Nms.
Appellant: Adv. J Cloete, Kimberley Regshulpraad
Nms.
Respondent: Adv. C Stamper
Kantoor van die Direkteur
van Openbare Vervolgings, Noord-Kaap