About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 60
|
|
S v Jantjies (CA&R 141/06) [2006] ZANCHC 60 (17 November 2006)
Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: / Case
number:
CA&R
141/06
Datum verhoor: / Date
heard:
13/11/2006
Datum
gelewer: / Date delivered:
17/11/2006
In
die appèl:
JANTJIES,
DESMOND
Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
Coram:
Majiedt R et Lacock R
UITSPRAAK OP APPÃL
LACOCK
R:
Die appellant is op 29
Junie 2004 in die Streekhof, Kimberley, skuldig bevind eerstens aan
roof met verswarende omstandighede, en
tweedens aan die onwettige
besit van ân vuurwapen sonder ân geldige lisensie. Op die
eerste aanklag is hy gevonnis tot 8 jaar
gevangenisstraf en op die
tweede aanklag tot 2 jaar gevangenisstraf. Daar is gelas dat die
vonnis op die tweede aanklag samelopend
met dié op die eerste
aanklag uitgedien word.
Die appellant kom nou
in hoër beroep teen sy skuldigbevindings en die vonnisse hom opgelê.
Die appellant het
aanvanklik in die verhoorhof tesame met ene John Smith tereg gestaan
op twee aanklagtes van roof en van die onwettige
besit van ân
vuurwapen, maar is hy op die eerste aanklag van roof (aanklag 1)
onskuldig bevind en so ook op die eerste aanklag
van die onwettige
besit van ân vuurwapen (aanklag 2). Vir doeleindes van hierdie
appèl is hierdie aanklagtes en ook die getuienis
daaraangaande
geensins verder ter sake nie.
Die getuienis deur die
Staat aangebied ten aansien van die klagtes waaraan die appellant
skuldig bevind is, kan kortliks as volg
saamgevat word:
Op 17 Januarie 2002 is
mnr. Petrus Ramorosi en wat paraffien as werknemer van BK
Distributors uit ân vragmotor aan persone in
woonbuurte in
Kimberley verkoop, deur die appellant en mnr. Smith (beskuldigde 1
in die hof
a
quo
)
gestop in die omgewing van Lerato Park, Kimberley, en het Smith, wat
ân 20 liter houer by hom gehad het, aangedui dat hy paraffien
wou
koop. Mnr. Ramorosi en die twee persone het na die agterkant van
die vragmotor beweeg. Terwyl hy gereed gemaak het om paraffien
vir
Smith te tap, het laasgenoemde ân vuurwapen op hom gerig en het
die appellant hom beroof van ongeveer R1 000.00 kontant wat
in sy
sakke was.
Mnr. Ramorosi het ân
voertuig hoor aankom, in daardie rigting gekyk en gesien dat dit ân
polisie voertuig was. Hy het met sy
arms die voertuig gewink, en
het Smith en die appellant weggehardloop.
Die polisie beamptes in
hierdie voertuig het hulle agtervolg en is Smith aangekeer waar hy in
ân sinkhuis onder ân bed weggekruip
het. ân Vuurwapen is ook
onder die bed gevind.
Op pad terug na die
vragmotor van Mnr Ramorosi, is appellant aangekeer waar hy langs die
pad gedrafstap het. Geen geld is aan hom
gevind nie.
Die appellant het
getuig dat hy wel die tersaaklike dag saam met Smith by mnr.
Ramorosi se paraffien trok was, maar ontken hy dat
hy saam met Smith
mnr. Ramorosi beroof het of geweet het dat Smith ân vuurwapen
gehad het. Hy beweer dat hy ân entjie weg
van Smith en Ramorosi
gestaan en rook het, en dat hy van die vragmotor weggehardloop het
nadat skote geklap het en hy skuiling
wou gaan soek het.
Die streekhoflanddros
het bevind dat al die staatsgetuies, ten spyte van geringe
weersprekings in hul getuienis, hom as geloofwaardige
getuies
beïndruk het. Daarteenoor het hy die getuienis van die appellant
as nie redelik moontlik waar nie verwerp. Na my mening
was die
landdros heeltemal korrek.
Mnr. Ramorosi was ân
enkel getuie ten aansien van die gebeure waartydens hy geroof was,
en was dit vir die landdros nodig om â
soos hy ook gedoen het â
homself tevrede te stel dat hierdie getuie nie alleen geloofwaardig
was nie, maar ook dat sy getuienis
betroubaar was. Sien
S
v Sauls & Others 1981(3) SA 172 (A) te 180 C
en
verder.
Hierdie getuie het sy
getuienis op ân selfversekerde wyse gelewer, het homself in geen
wesenlike opsig weerspreek nie, en het, soos
deur die landdros
bevind, ân gunstige indruk op die verhoorhof gemaak. Geen sweem
van enige motief waarom hierdie getuie die appellant
valslik by die
misdryf sou betrek het, is aan die hof voorgehou of gesuggereer nie.
Die getuienis van
hierdie getuie word grootliks gestaaf deur konstabel Jardine en
kaptein Smit, synde twee van die polisie lede
wat by die toneel
opgedaag het. Beide van hulle het, soos getuig deur mnr. Ramorosi,
slegs vir hom, die appellant en Smith agter
die vragmotor opgemerk;
ân skoot het afgegaan nadat die beskuldigdes weggehardloop het; en
dat Smith beseer was nadat die polisie
met hom na die toneel
teruggekeer het.
Dit was gemeensaak dat
die appellant saam met Smith by die vragmotor van mnr. Ramorosi
opgedaag het, en dat hy van die toneel weggehardloop
het toe die
polisie daar opdaag. Sy weergawe dat hy eers weggehardloop het
nadat skote geklap het en hy skuiling wou gaan soek,
is nie alleen
botsend met die getuienis van die staatsgetuies nie, maar is ook
onwaarskynlik. Niks het hom verhoed om, soos mnr.
Ramorosi net daar
op die toneel te bly of om agter die vragmotor skuiling te soek as
hy dan skuiling wou soek nie. Wat sy getuienis
uiters verdag maak,
is dat hy eers op ân laat stadium in die verhoor en nadat mnr.
Ramorosi getuig het, gepoog het om ân jong
seun met ân fiets op
die toneel te plaas.
Die feit dat die
polisie beamptes nie gesien het dat Smith ân vuurwapen op mnr.
Ramorosi rig of dat die appellant die kontant
uit sy sakke verwyder
het nie, strook met die getuienis van mnr. Ramorosi. Hy het immers
eers die polisie voertuig waargeneem
en hulle nader gewink nadat hy
klaar beroof was.
Die geringe
weersprekings in die getuienis van die polisie beamptes en mnr.
Hendriks, die persoon wat teenwoordig was toe Smith
onder die bed in
die sinkhuis uitgehaal is en wat die vuurwapen onder daardie bed
ontdek het, is van geen wesenlike aard nie en
verg nie verdere
behandeling nie.
Vervolgens kan die
appèl teen die skuldigbevinding op die aanklag van roof met
verswarende omstandighede nie slaag nie.
Wat die tweede aanklag
waaraan die appellant skuldig bevind is, betref, skiet die getuienis
van staatsweë heeltemal tekort om ân
skuldigbevinding te
regverdig.
Dit is gemeensaak dat
die appellant op geen stadium in die fisiese besit van die vuurwapen
was nie, en dat Smith deurgaans in besit
daarvan was. Vervolgens
ontstaan die vraag of daar getuienis is waaruit die enigste redelike
afleiding gemaak kan word dat die
appellant die bedoeling gehad het
dat Smith as detentor die vuurwapen namens hom sou hou, en
terselfdertyd dat Smith die bedoeling
gehad het om die vuurwapen
namens die appellant te hou. Sien
S
v Nkosi, 1998(1) SASV 284 (W) te 286 h
en
S
v Mbuli, 2003(1) SASV 97 (A) te 114 h tot 115 g
.
Die volgende
dictum
uit laasgenoemde saak is kennelik toepaslik in hierdie saak:
â
I do not agree that the only
reasonable inference from the evidence is that the accused possessed
the hand grenade jointly. It is
equally possible that, like the
pistols, the hand grenade was possessed by only one of the accused.
Mere knowledge by the others
that he was in possession of a hand
grenade, and even acquiescence by them in its use for fulfilling
their common purpose to commit
robbery, is not sufficient to make
them joint possessors for purposes of the Act.â
(
115
f
)
Die skuldigbevinding
aan hierdie aanklag moet gevolglik ter syde gestel word en so ook
die vonnis die appellant ten aansien daarvan
opgelê.
Wat die vonnis
aanbetref is dit geykte reg dat inmenging met die diskresie van die
verhoorhof beperk is tot daardie gevalle waar
gesê kan word dat die
hof
a
quo
versuim het om sy diskresie behoorlik of redelikerwys uit te oefen.
S v
Pieters, 1987(3) SA 717 (A) te 727 G
en verder. So ân versuim sou daarin kan bestaan dat die hof
versuim het om getuienis of faktore in ag te neem wat hy regtens
in
ag moes neem, of dat hy op feite of die reg misgetas het, en ook
indien die vonnis ân beskuldigde opgelê so drasties verskil
van
ân vonnis wat die Hof van Appèl sou oplê dat dit ân gevoel van
skok sou ontlok.
Mnr. Cloete betoog dat
die landdros ân mistasting begaan het deurdat hy die persoonlike
omstandighede van die appellant onderbeklemtoon
het en die
gemeenskapsbelang oorbeklemtoon het. In hierdie verband steun hy
onder andere op die volgende aanhaling van
Jansen
AR
(soos
hy toe was) uit
S
v Matoma, 1981(3) SA 838 (A) te 842 H tot 843 A
:
â
Die
geleidelike en geregverdigde verswaring van strawwe om die
vermeerderende voorkoms van ân bepaalde misdaad met afskrikking,
retribusie en verwydering van die oortreder uit die gemeenskap in die
belang van die gemeenskap te bekamp, moet by straftoemeting
nie lei
tot ân noodwendige negering van ân besondere beskuldigde se eie
persoonlike omstandighede wat moontlik tot strafvermindering
kan lei
nie.â
Ek kan ongelukkig nie
met hierdie betoog saamstem nie.
Die vraag wat
beantwoording geverg het, was â soos deur die landdros gestel â
of daar wesenlike en dwingende omstandighede aanwesig
was wat die
hof sou regverdig om die appellant ân mindere vonnis dan dié van
15 jaar gevangenisstraf, en soos voorgeskryf kragtens
art. 51(2)(a)
van Wet 105 van 1997 saamgelees met Deel II van die tweede Bylae
daartoe, op te lê. Ter beantwoording van hierdie
vraag het die
landdros die persoonlike omstandighede van die appellant, die erns
van die misdryf en die gemeenskapsbelang deeglik
en gebalanseerd
oorweeg. Daarbenewens het die landdros ook in ag geneem die tydperk
wat die appellant reeds verhoorafwagtend was,
dat geen fisiese
geweld die klaer toegedien was nie, en dat, soos die landdros dit
gestel het, daar
â
ân mate van vergewensgesindheid in ân gemeenskap isâ
wat met genade teenoor die appellant besoek moes word.
Ten spyte van ân
vorige veroordeling aan aanranding met die opset om ernstig te beseer
asook aan verkragting, het die landdros bevind
dat daar wesenlike en
dwingende omstandighede aanwesig was. Dit blyk dat hierdie
omstandighede primêr bevind is op grond van die
gunstige persoonlike
omstandighede van die appellant.
Na my mening kan die
appellant homself gelukkig ag dat hy slegs 8 jaar gevangenisstraf
opgelê is vir hierdie misdryf. Ek is van
mening dat die landdros
die appellant uiters redelik behandel het, en kan daar nie gesê
word dat hy sy diskresie onbehoorlik of
onredelik uitgeoefen het
nie.
Daar is een verdere
ontstellende aangeleentheid in hierdie saak wat vermelding verdien.
Uitspraak op vonnis
is, weens ân lang reeks uitstelle en wat ek aanvaar geregverdig
was, eers gelewer ongeveer vier en ân half
jaar nadat die
appellant en sy mede beskuldigde in hegtenis geneem is. Die
appellant was vir hierdie volle tydperk in hegtenis
en, ten spyte
van herhaalde versoeke daartoe, is geen borg aan hom verleen nie.
Onmiddellik nadat hy gevonnis is egter, en nadat
verlof tot appèl
verleen is, is borg hangende die appèl aan hom toegestaan in ân
bedrag van R500.00!
Die vraag wat
onmiddellik opkom is naamlik waarom borg nie op ân baie vroeër
stadium behoorlik oorweeg en aan die appellant toegestaan
was nie.
Die indruk word onwillekeurig gevorm dat daar ân traagheid aan die
kant van die voorsittende beampte sowel as die aanklaer
en
ondersoekbeampte was om behoorlike aandag te skenk aan die oorweging
van borg vir die appellant terwyl hy verhoorafwagtend was
en sy saak
by vele geleenthede uitgestel was.
Die verlening van borg
aan ân verhoorafwagtende persoon is ân element van sy
fundamentele reg op vryheid en ân billike verhoor,
en hy behoort
slegs op geregverdigde gronde daarvan ontneem te word.
Art. 12(1)(a) en (b) van die Grondwet lees immers as
volg:
â
(1)
Everyone has the right to freedom and security of the person, which
includes the right-
(a) not to be deprived of
freedom arbitrarily or without just cause;
(b) not to be detained without
trial.â
Art. 35(1)(f) van die
Grondwet lees as volg:
â
(1)
Everyone who is arrested for allegedly committing an offence has the
right-
(f) to
be released from detention if the interests of justice permit,
subject to reasonable conditions.â
In
S
v Dlamini; S v Dladla & Others; S v Joubert; S v Schietekat,
1999(2) SASV 51 (CC)
is
hierdie regte as volg toegelig:
â
Section
35(1)(f), in its context, makes three things plain. The first is that
the Constitution expressly acknowledges and sanctions
that people may
be arrested for allegedly having committed offences, and may for that
reason be detained in custody. The Constitution
itself therefore
places a limitation on the liberty interest protected by s 12. The
second is that notwithstanding lawful arrest,
the person concerned
has a right, but a circumscribed one, to be released from custody
subject to reasonable conditions. The third
basic proposition flows
from the second, and really sets the normative pattern for the law of
bail. It is that the criterion for
release is whether the interests
of justice permit it. What that term means, both in the Constitution
and in s 60 of the CPA, is
central to much of this judgment, and will
be thrashed out later. All that need be said at this stage is that s
35(1)(f) postulates
a judicial evaluation of different factors that
make up the criterion of the interests of justice, and that the basic
objective traditionally
ascribed to the institution of bail, namely
to maximise personal liberty, fits snugly into the normative system
of the Bill of Rights.â
(te
58
d tot f
)
Uiteraard
is hierdie regte beperk deur die voorskrifte van art. 60 van die
Strafproseswet, nr. 51 van 1977.
â
It
should of course never be forgotten that the Constitution does not
create an unqualified right to personal freedom and that it
is
inherent in the wording of s 35(1)(f) that the Bill of Rights
contemplates - and sanctions - the temporary deprivation of liberty
required to bring a person suspected of an offence before a court of
law. The hypothesis, indeed the very reason for the existence
of s
35(1)(f), is that persons may legitimately and constitutionally be
deprived of their liberty in given circumstances. This clearly
establishes that unless the equilibrium is displaced, an arrestee is
not to be released. Section 60(11)(a) therefore does not create
an
onus where nothing of the kind existed before. It describes how it is
to be discharged, and adds to its weight. As in the case
of reliance
on any other right in the Bill of Rights, if accused persons wish to
rely on the provisions of s 35(1)(f), they must
bring themselves
within its ambit. The words 'interests of justice permit' form part
of the definition of this right; they delineate
its ambit. The court
must be satisfied that 'the interests of justice permit' the release
from detention.â
(
S
v Dlamini
(supra)
te
90
e tot g
)
Ons gevangenisse gaan
gebuk onder ân akute oorbelading van gevangenes. ân Belangrike
bydraende faktor tot die oorbelading van
gevangenisse is die groot
aantal ongevonnisde gevangenes of, anders gestel,
verhoorafwagtendes, wat tans by gebreke aan ander akkommodasie
in
die gevangenisse aangehou word. Hierdie persone neem nie alleen
akkommodasie kapasiteit in die gevangenisse op nie, maar skep
logistieke probleme in gevangenisse daar hulle nie as gevonnisde
persone ingeskakel kan word by normale programme soos onder andere
rehabilitasie programme nie.
Ten einde die
voorgaande probleme aan te spreek, en terselfdertyd erkenning te
verleen aan die voormelde fundamentele regte van
verhoorafwagtende
persone, behoort voorsittende beamptes selfs
mero
motu
waar nodig behoorlike oorweging aan die verlening van borg aan
aangehoue verhoorafwagtendes te verleen. Hoe langer so ân persoon
verhoorafwagtend in hegtenis aangehou word, hoe meer noodsaaklik
word die verpligting tot behoorlike oorweging van borg.
Indien die
voorsittende beampte in hierdie saak regverdiging kon vind daarvoor
om die appellant na skuldigbevinding en die oplegging
van 8 jaar
effektiewe gevangenisstraf op borg vry te laat hangende appèl, vind
ek dit uiters vreemd dat hy nie ook vroeër en
terwyl die appellant
verhoorafwagtend was, ook regverdiging kon vind vir die vrylating
van die appellant op borg nie.
Bygevolg sou ek die
volgende bevele hierin verleen:
Die appèl teen die
skuldigbevinding aan roof met verswarende omstandighede word van die
hand gewys.
Die appèl teen die
skuldigbevinding aan die onwettige besit van ân vuurwapen slaag,
en word daardie skuldigbevinding en die vonnis
die appellant ten
aansien daarvan opgelê, ter syde gestel.
Die appèl teen die
vonnis die appellant opgelê ten aansien van die skuldigbevinding
aan roof met verswarende omstandighede word
van die hand gewys.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam en dit word so gelas.
_______________
SA Majiedt
REGTER
Namens
appellant:
Adv
PJ Cloete (Regshulpsentrum, Kimberley
Namens
respondent:
Adv
PM Tshweu (Kantoor van die DOV, Kimberley)