Coetzee v Du Toit (635/06) [2006] ZANCHC 59 (17 November 2006)

55 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Summary judgment — Causa debiti — Defendant opposing summary judgment on grounds of exceptio non adimpleti contractus and a counterclaim — Plaintiff seeking payment based on a signed acknowledgment of debt for construction services — Defendant alleging defective performance and asserting that payment was contingent on proper completion of work — Court finding that the defendant disclosed a bona fide defence and that the issues should be fully ventilated at trial — Summary judgment refused, allowing the defendant to defend the action.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 59
|

|

Coetzee v Du Toit (635/06) [2006] ZANCHC 59 (17 November 2006)

IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: 635/06
DATUM
AANGEHOOR:10-11-2006
DATUM
GELWER:17-11-2006
In
die saak tussen:
ANDREAS
JOHANNES JAKOBUS BAARD COETZEE
EISER
teen
ABRAHAM HENDRIK PETRUS DU
TOIT
VERWEERDER
CORAM:
C.C WILLIAMS R:
U
I T S P R A A K
WILLIAMS
R:
1. Hierdie is ‘n
bestrede aansoek om summiere vonnis in die bedrag van R163 057, 62
tesame met rente en kostes gebasseer op ‘n
ondertekende Erkenning
van Skuld.
2. Die
causa
debiti
word in die Erkenning van Skuld uiteengesit as:
“
Die
bedrag van R163 057,62 (eenhonderd drie en sestigduisend sewe en
vyftig rand en twee en sestig sent) soos op 17 September 2004
uit
hoofde van boumateriaal gelewer en boudienste gelewer deur die
gemelde AJJB Coetzee aan myself in verband met die bou van
Kleinplasie
te Springbok waarvoor ek verantwoordelik is.”
3. Die
verwere deur die verweerder geopper is die volgende:
3.1 Dat
die skulderkenning nie die werklike posisie weergee nie weens ‘n
bona
fide
of
opsetlike fout aan die kant van die eiser en word die verweer van
rektifikasie voorgehou.
3.2 Dat
die skulderkenning tersyde gestel behoort te word as gevolg van dwang
wat op die verweerder toegepas is om dit te onderteken.
3.3 Dat
die skulderkenning
a
causa debiti
openbaar wat die weg ooplaat vir die verweerder om verwere te opper –
spesifiek die
exceptio
non adimpleti contractus.
3.4 Dat
die verweerder ‘n teeneis teen die eiser het wat groter as die
eiser se eisbedrag is.
4. Ek
beoog nie om die eerste twee verwere hierbo gestipuleer te behandel
nie. Mnr. Claassen wat namens die verweerder optree het
in elk geval
nie veel staatgemaak op hierdie verwere nie maar het in sy betoog
gekonsentreer op die twee laaste verwere (
causa
debiti
en
die teeneis), wat hy bestempel het as die hoofverwere.
5. Dit
is so dat die Erkenning van Skuld ‘n
causa
debiti
uiteensit (boumateriaal gelewer en boudienste gelewer) wat die
verweerder geregtig maak om verwere ten opsigte van die spesifieke
causa
debiti
op te werp. Sien
Wustrow
v Wustrow
1980 (2) SA 308(WLD)
te 312 g waar Coetzee R die volgende sê;
“
Hence
it is my view that, once a causa debiti is clearly stated in a liquid
document (which is not a prerequisite in terms of Barclays
Bank V
McCall (supra) the defendant is entitled to defend provisional
sentence proceedings in respect of that particular causa debiti.”
6. Mnr.
Claasen gaan verder deur te betoog dat die ooreenkoms tussen die
partye (die boukontrak) ‘n wederkerige ooreenkoms is en
aangesien
daar gebrekkige prestasie aan die kant van die eiser was, hy die
verweer van e
xceptio
non adimpleti contractus
kan opwerp.
7. Hierdie verweer van
die verweerder is nie spesifiek of in soveel woorde openbaar in sy
opponerende eedsverklaring nie. Wat wel
in redelike detail daarin
vervat is, is ‘n uiteensetting van die gebrekkige prestasie aan die
kant van die eiser en die gevolglike
verliese en uitgawes wat hy
beweer vanaf sy kant ‘n teeneis daarstel.
8. Daar
moet egter nie uit die oog verloor word dat ‘n verweer geopper in
summiere vonnis verrigtinge nie met dieselfde presiesheid
geformuleer
hoef te word soos wat verwag word in ‘n verweerskrif nie. In
Maharaj
v Barclays National Bank Ltd
1976
(1) SA 418
(AD) te 426 stel Corbett AR die posisie as volg:
“
Accordingly,
one of the ways in which a defendant may successfully oppose a claim
for summary judgment is by satisfying the Court
by affidavit that he
has a bona fide defence to the claim. Where the defence is based
upon facts, in the sense that material facts
alleged by the
plaintifft in his summons, or combined summons, are disputed or new
facts are alleged constituting a defence, the
Court does not attempt
to decide these issues or to determine whether or not there is a
balance of probabilities in favour of the
one party or the other.
All that the Court enquires into is: (a)whether the defendant has ‘
‘fully’ ’ disclosed the nature
and grounds of his defence and
the material facts upon which it is founded, and (b) whether on the
facts so disclosed the defendant
appears to have, as to either the
whole or part of the claim, a defence which is both bona fide and
good in law. If satisfied on
these matters the Court must refuse
summary judgment, either wholly or in part, as the case may be. The
word ‘ ‘fully’ ’
, as used in the context of the Rule (and
its predecessors), has been the cause of some judicial controversy in
the past. It connotes,
in my view, that, while the defendant need
not deal exhaustively with the facts and the evidence relied upon to
substantiate them,
he must at least disclose his defence and the
material facts upon which it is based with sufficient particularity
and completeness
to enable the Court to decide whether the affidavit
discloses a bona fide defence. (See generally, Herb Dyers (Pty) Ltd.
v. Mohamed
and Another,
1965 (1) S.A. 31
(T); Caltex Oil (S.A.) Ltd.
v. Webb and Another,
1965 (2) S.A. 914
(N); Arend and Another v.
Astra Furnishers (Pty.) Ltd., Supra at pp. 303-4; Shepstone v.
Shepstone, 1974(2) S.A. 462(N) ). At the
same time the defendant is
not expected to formulate his opposition to the claim with the
precision that would be required of a plea;
nor does the Court
examine it by the standards of pleading. (See Estate Potgieter v.
Elliott,
1984 (1) S.A. 1084
(c) at p. 1087; Herb Dyers case, supra at
p. 32.”
9. Die
feite wat die verweerder in sy opponerende eedsverklaring uiteensit
is na my mening, na aanleiding van die gewysdes, genoegsaam
om ‘n
bona
fide
verweer van
exceptio
non adimpleti contractus
daar
te stel deurdat:
9.1 Wat
die wederkerigheid van die boukontrak aangaan maak die verweerder die
bewering dat hy ooreengekom het met die eiser dat betaling
vir die
bouwerk eers sou geskied het na die registrasie van ‘n verband by
Absa en ook op die veronderstelling dat die werk behoorlik
voltooi
is. Die beginsel van wederkerigheid geld in elk geval, as daar geen
ander bedoeling blyk nie, by kontrakte soos die onderhawige
vir
locatio
conductio operis
.
Sien
BK
Tooling v Scope Precision Engineering
1979 (1) SA 391
(AA).
9.2 Die
verweerder maak verder die bewering dat nadat hy ‘n rekening gekry
het vanaf die eiser vir die bouwerk in die bedrag soos
geëis, hy
samesprekings gehad het met die eiser oor die tekortkominge aan die
bouwerk en ook ‘n lys daarvan opgestel het. Die
lys van
tekortkoming is aangeheg tot die verweerder se eedsverklaring. So
het verweerder ook kwotasies bekom vir die herstel van
die
tekortkominge in die bouwerk, een waarvan ‘n bedrag van R50 740, 00
beloop.
10. Wat
die verweerder se teeneis (wat nou verbind is met die
exceptio
)
aanbetref, het die eiser reeds in sy betoogshoofde by monde van mnr.
Van Niekerk toegegee dat die verweerder moontlik ‘n
bona
fide
verweer openbaar het ten opsigte van R84 340,00 van die eiser se eis
en is daar versoek dat die hof summiere vonnis toestaan slegs
in die
oorblywende bedrag van R78, 717, 62 tesame met kostes.
11. Ek is egter nie van
plan om hierdie uitspraak te belas met ‘n uiteensetting of
oorweging van watter gedeeltes en ten bedrae
waarvan die verweerder
‘n behoorlike saak uitgemaak het vir ‘n teeneis nie. Hierdie is
na my mening by uitstek ‘n geval waar
die geskille tussen die
partye in die geheel met ‘n verhoor geventileer behoort te word.
Bygevolg word die
volgende bevele gemaak;
a) Summiere vonnis
word geweier.
b) Verlof word aan die
verweerder verleen om die aksie te verdedig.
c) Verdere
pleitstukke in hierdie aangeleentheid moet geliasseer word in terme
van die Hofreëls.
d) Koste is koste in
die geding.
________________________
C.C
WILLIAMS
REGTER
Nms.
Eiser
: Adv. J.G Van Niekerk SC
i.o.v.
Van der Wall & Vennote
Nms.
Verweerderes
: Adv. J.Y
Claasen
i.o.v
Duncan & Rothman