S v Mganu (CA&R 69/2006) [2006] ZANCHC 58 (17 November 2006)

62 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Self-defence — Appellant convicted of murder, claiming self-defence during altercation with deceased — Appellant's version of events inconsistent with evidence presented — Court finding insufficient evidence to establish intent to kill — Conviction reduced to culpable homicide. The appellant was convicted of murder and sentenced to seven years' imprisonment after fatally stabbing the deceased during a confrontation. The appellant claimed he acted in self-defence, asserting that the deceased attacked him with a panga. However, inconsistencies arose between the appellant's testimony and that of his witness, leading the court to question the credibility of the self-defence claim. The legal issue was whether the appellant acted in self-defence and if the state proved the necessary intent for murder beyond a reasonable doubt. The court held that the evidence did not support a finding of intent to kill, concluding that the appellant's actions constituted culpable homicide rather than murder, and thus substituted the conviction accordingly.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 58
|

|

S v Mganu (CA&R 69/2006) [2006] ZANCHC 58 (17 November 2006)

VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R 69/2006
DATUM
AANGEHOOR: --2006
DATUM
GELEWER:17-11-2006
In
die Appél van:
MICHAEL
MGANU APPELLANT
teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM:
C C WILLIAMS R et MOKGOHLOA WnR:
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
1. Die appellant is op 13
Augustus 2004 in die Streekhof te Kimberley skuldig bevind op ‘n
aanklag van moord en is op 19 Augustus
2004 gevonnis tot sewe jaar
gevangenisstraf. Hy kom nou in hoër beroep teen die
skuldigbevinding.
2. Die
appellant wat regsverteenwoordig was met die verhoor, het onskuldig
gepleit en is daar namens hom ‘n verweer van noodweer
geopper in
die volgende terme:
“My
instructions are that the accused will enter a plea of not guilty and
as a explanation he would submit that he acted in self
defence. That
the deceased was the aggressor and that the accused attacked him.”
Sekere
ander erkennings is ook namens die appellant gemaak, onder andere dat
hy die oorledene een keer met ‘n mes gesteek het.
3. Die Staat het twee
getuies geroep, waarvan slegs een ‘n ooggetuie tot die voorval was
– die jonger broer van die oorledene,
Johannes Williams. Hierdie
getuie is die betrokke middag deur sy moeder gestuur om die oorledene
by ‘n taverne oorkant hul huis
te gaan roep om te eet. Johannes
het by die taverne agtergebly terwyl die oorledene huis toe is, na ‘n
ruk het die oorledene van
die huis teruggekeer met ‘n sambok en
ysterpyp. Die appellant het in die deur van die taverne gestaan en
het die oorledene blykbaar
aan hom gestoot en gesê om pad te gee.
Die appellant het ‘n mes uitgehaal waarmee hy die oorledene een hou
bokant die linkersleutelbeen
toegedien het.
4. Mnr. Jim Williams, die
oorledene se vader, het ook getuig. Sy getuienis is dat die
oorledene die betrokke namiddag tuisgekom het
om ‘n sambok en ‘n
stuk yster te kry wat hy gebruik het as wapens in sy werk as
sekuriteitsbeampte by dieselfde taverne waar
die voorval plaasgevind
het. Kort na die oorledene die huis verlaat het om te gaan werk,
aldus mnr Williams, het hy gesien dat die
oorledene gesteek is. Die
getuie het egter nie die voorval waargeneem nie.
5. Aan
hierdie Staatgetuies is daar namens die appellant gestel dat die
oorledene voor die betrokke voorval ‘n onderonsie gehad
het binne
die taverne met ene Ou Hen en dat die appellant tussenbeide getree
het om te keer dat die oorledene vir Ou Hen aanrand.
Die oorledene
is toe daar weg nadat hy gedreig het om terug te keer en af te reken
met die ander mans. Na ‘n kort ruk het die
oorledene teruggekeer,
gewapen en nog steeds in ‘n veglustige bui.
Die detail omringende die
gewraakte noodweerhandeling is egter eers deur die appellant self in
sy getuienis voor die verhoorhof geplaas.
6. Hiervolgens het die
appellant en sy vriende gesellig verkeer in die taverne toe daar ‘n
argument tussen die oorledene en Ou Hen,
wat nie deel was van hul
groep nie, uitbreek. Die argument wat gegaan het oor Ou Hen wat
gestuur is om ‘n sigaret vir die oorledene
te koop en toe nooit met
die sigaret vorendag gekom het nie, het ontaard in geweld deurdat die
oorledene vir Ou Hen met sy hande
geslaan het en hom gegooi het met
‘n stoel. Die appellant het tussenbeide getree en die oorledene
het die taverne verlaat met
dreigemente om terug te keer.
7. Appellant se weergawe
is voorts dat die oorledene wel teruggekeer het, gewapen met ‘n
panga en twee ysterpype. Hy het wild en
wakker teen die mure van die
taverne geslaan met die panga. Die appellant het sy vriende
aangeraai dat hulle almal eerder die perseel
moet verlaat. Die
oorledene het egter die deur van die taverne bereik voordat hulle die
perseel kon verlaat en het die appellant
en oorledene mekaar by die
deur ontmoet. Die appellant het die oorledene gevra om die plek te
verlaat. Die oorledene het die appellant
toe gestoot met die
ysterpyp waarna hy die panga omhoog gehou het in ‘n steekaksie.
Die appellant het sy eie mes uit sy sak gehaal
en die oorledene een
steekhou toegedien. Hy getuig dat selfs nadat hy die oorledene
gesteek het het die oorledene nog steeds voortgegaan
om hom te
probeer steek met die panga, maar dat hy betyds kon wegbeweeg. Die
appellant het daarna die taverne verlaat.
8. Die verdediging het
een getuie geroep, ‘n vriend van die appellant wat ook teenwoordig
was by die taverne, mnr Anthony Molefe.
Hierdie getuie se getuienis
bied steun vir die appellant se weergawe oor die gebeure tussen die
oorledene en Ou Hen wat die noodlottige
insident voorafgegaan het.
9. Wat betref die gebeure
rakende die aanval op die appellant is daar egter etlike verskille in
die weergawes van Molefe en die appellant.
Die appellant se
getuienis is byvoorbeeld dat Molefe binne die taverne was toe die
voorval plaasvind. Molefe getuig weer dat hy buite
die taverne met
‘n dame gesels het ten tye van die voorval. Molefe se weergawe is
dat die voorval met die oorledene buite die
taverne, in die straat
plaasgevind het teenoor appellant se getuienis dat dit in die deur
van die taverne gebeur het.
Appellant
getuig dat hy sy mes uit sy sak gehaal het om die oorledene te steek
terwyl Molefe getuig dat die appellant die mes by ene
Fanie gekry
het.
10. Die teenstrydighede
in die weergawes van die appellant en sy getuie, waarvan slegs die
meer wesenlikes hierbo uitgelig is, is
egter nie die enigste problem
wat die appellant het in hierdie appél nie. Wat veral van belang is
is die feit dat dit nooit gedurende
die Staatsaak openbaar is, of
deur middel van ‘n pleitverduideliking, of deur stellings aan die
Staatgetuies, veral Johannes Williams,
dat die oorledene gepoog het
om die appellant met ‘n panga te steek nie. Tewens, die indruk is
geskep, totdat die appellant self
getuienis afgelê het, dat die
verdediging die weergawe deur die Staat aangebied, dat die oorledene
die appellant slegs gestoot het
met ‘n yster, aanvaar het.
11. Die appellant is in
die verhoorhof verteenwoordig deur ‘n ervare prokureur wat kwalik
sou nalaat om so ‘n belangrike aspek
van die appellant se weergawe
aan staatsgetuies te stel indien hy sulke instruksies gehad het. Die
onafwendbare afleiding wat gemaak
moet word uit hierdie nalate en die
botsende weergawes van die appellant en sy getuie, is dat die
appellant se weergawe dat hy met
‘n panga aangeval is ‘n
versinsel is. Die verhoorlanddros kan in sy bevinding hiervan nie
fouteer word nie.
12. In die appellant se
betoogshoofde voor ons word daar gewag
gemaak
daarvan dat die appellant opgetree het ter verdediging van Ou Hen
aangesien dit duidelik was dat die oorledene teruggekeer
het na die
taverne om Ou Hen aan te rand. Nêrens in sy getuienis maak die
appellant egter melding van hierdie verweer nie. Sy
getuienis was
dat hy opgetree het om
homself
te beskerm teen ‘n aanval van die oorledene. Die voorafgebeure met
Ou Hen het dus na my mening glad nie betrekking op die voorval
of die
vraag of die appellant in noodweer opgetree het nie, behalwe dat dit
lig werp op die oorledene se gedrag.
13. Daar kan maar min
twyfel wees dat die oorledene moeilikheid wou gaan maak by die
taverne. Hy was onder die invloed van drank
en kwaad na sy
onderonsie met Ou Hen. Aanduidend hiervan is Johannes se getuienis
dat hy, toe hy sy broer sien terugkeer na die
taverne met wapens, nie
geweet het wie hy daarmee wou beseer nie en ook nie wou inmeng deur
hom daaroor uit te vra nie, ingeval hy
self beseer word. Die
getuienis van mnr Williams senior, dat die oorledene die wapens
geneem het om sy werk as sekuriteitsbeampte
te verrig, kan na my
mening maar toegeskryf word aan ‘n poging om sy seun (die
oorledene) in ‘n verontskuldigende lig te plaas.
14. Op die bewese feite
kan daar egter nie regverdiging vir die appellant se optrede gevind
word nie en het hy na my mening die perke
van noodweer oorskry toe hy
die oorledene steek nadat daar slegs aan hom gestoot is. Die enigste
vraag wat oorbly is of die appellant
skuldig is aan moord of
strafbare manslag.
15. Die
skeidslyn tussen
dolus
eventualis
(waar ‘n persoon die moontlike gevolge van sy dade voorsien en hom
daarmee vereenselwig) en nalatigheid (waar ‘n persoon die
moontlike
gevolge van sy dade moes voorsien maar anders as die redelike persoon
hom nie daarvan weerhou het nie) kan baiekeer eng
wees, veral in
gevalle soos die onderhawige, waar daar by ‘n gebrek aan
aanvaarbare getuienis oor opset, afleidings gemaak moet
word uit die
bewese feite en die omstandighede rondom die aanval. Daar kan
byvoorbeeld maklik tot die slotsom gekom word dat opset
in die vorm
van
dolus
eventualis
teenwoordig was aangesien enige volwasse en regdenkende persoon wat
‘n ander met ‘n mes bo die sleutelbeen steek die moontlikheid
van
die ander se dood kan voorsien. In
S
v Lungile and Another
1999(2) SACR 597(SCA) te 602h maan Olivier AR egter as volg:
“
But
this Court has cautioned , on several occasions, that one should not
too readily proceed from ‘ought to have foreseen’ to
‘must have
foreseen’ and hence to ‘by necessary inference in fact did
foresee’ the possible consequences of the conduct inquired
into.
Dolus being a subjective state of mind, the several thought processes
attributed to an accused must be established beyond
any reasonable
doubt, having due regard to the particular circumstances of the
case.”
Sien
ook
S v
Sephuti
1985(1) 9 (AA) te 12
Ι
-13C.
16. Daar is na my mening
geen twyfel dat die appellant moes of behoort voorsien het dat hy die
oorledene noodlottig kon wond. Die
vraag is egter, het hy die
moontlikhied voorsien en bewustelik die risiko aanvaar? Na
aanleiding van die getuienis dat daar kort
voor die voorval ‘n
onderonsie plaasgevind het tussen Ou Hen en die appellant aan die
eenkant en die oorledene aan die ander kant,
die feit dat al die
betrokkenes tot ‘n mate onder die invloed van drank was, dat daar
‘n mate van provokasie was vanaf die oorledene
deur te stoot aan
die appellant en die feit dat die oorledene slegs een steekhou
toegedien is, is ek nie tevrede dat die Staat bo
redelike twyfel
bewys het dat die appellant die nodige opset gehad het om die oorlede
te dood nie.
17. Na my mening moet die
skuldigbevinding aan moord tersyde gestel word en vervang word met ‘n
skuldigbevinding aan strafbare manslag.
18. Alhoewel daar nie
teen die opgelegde vonnis geappelleer is nie moet die vonnis egter by
noodwendige implikasie dienooreenkostig
heroorweeg en aangepas word.
19. Mnr Nel wat namens
die appellant optree, betoog dat hierdie Hof oorweging moet skenk
daaraan om die appellant ‘n ten volle opgeskorte
vonnis op te lê,
of een waarvan ‘n groot gedeelte opgeskort is. Ek is egter nie van
mening dat hierdie misdryf een is waar die
appellant ‘n vonnis
opgelê behoort te word wat mag voorkom as slegs ‘n raps oor die
vingers nie. Die appellant se goeie persoonlike
omstandighede ten
spyt (hy is ‘n 26 jarige eerste oortreder, hy het vaste werk en een
kind wat hy onderhou) is hierdie ‘n ernstige
misdryf. ‘n Persoon
se lewe is nodeloos geneem. Die “gewoonte” wat ontstaan het om
na ‘n mes te gryp vir die geringste
provokasie moet tot ‘n einde
kom en die gemeenskap verwag dat die Howe met die vonnisse wat opgelê
word uiting moet gee aan die
algemene misnoeë wat daar bestaan oor
die vlaag van onnodige geweld wat ons land teister.
Die volgende bevele
word gemaak;
a) Die
skuldigbevinding word tersyde gestel en vervang met “skuldig aan
strafbare manslag”
b) Die
vonnis opgelê word tersyde gestel en vervang met die volgende
“
4
(vier)) jaar gevangenisstraf.”
________________________
C
C WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
________________________
F
E MOKGOHLOA
WAARNEMENDE
REGTER
Nms.
Appellant: Adv. I.J Nel
Nms.
Respondent: Adv. M.G.W Baganeneng
Kantoor van die Direkteur
van Openbare Vervolgings, Noord-Kaap