S v Van Rooyen (65/2006) [2006] ZANCHC 56 (10 November 2006)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Condition of suspended sentence — Court's authority to impose compensation order — Accused pleaded guilty to assault with intent to cause grievous bodily harm and was sentenced to twelve months' imprisonment, wholly suspended for five years, with an order to pay R900 in compensation to the complainant — Court found that the compensation order was improperly issued as it constituted a separate sanction rather than a condition of the suspended sentence, necessitating the setting aside of the sentence and referral back to the magistrate for reconsideration.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 56
|

|

S v Van Rooyen (65/2006) [2006] ZANCHC 56 (10 November 2006)

IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: 65/2006
DATUM
GELEWER: 10 November 2006
In
die Hersieningsuitspraak van:
DIE
STAAT
teen
JAN
VAN ROOYEN
CORAM:
WILLIAMS
R et OLIVIER R
U
I T S P R A A K
WILLIAMS
R:
1. Die beskuldigde in
hierdie saak het skuldig gepleit op ‘n aanklag van aanranding met
die opset om ernstig te beseer en is soos
volg gevonnis.
“
1. 12
(twaalf) maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort is vir 5
(vyf) jaar op voorwaarde dat beskuldigde nie weer skuldig bevind
word
aan aanranding met die opset om ernstig te beseer gepleeg gedurende
die tydperk van opskorting nie.
2. Dat beskuldigde
R900,00 aan die klaer Isak Maroo betaal. Alle betalings moet by die
Klerk van die Hof Carnarvon in die bedrag
van R160 per maand gedoen
word.
Uitstelboete verleen:
R160, 00 vanaf
30-04-2006
R160,
00 op 30-05-2006
R160,
00 op 30-06-2006
R160,
00 op 31-07-2006
R160,
00 op 31-08-2006
R100,00
op 30-09-2006”
2. Hierdie R900,00 ter
sprake in die tweede gedeelte van die vonnis is die bedrag wat die
klaer getuig het, gedurende die vonnisverrigtinge,
hy verloor het in
inkomste aangesien hy na die aanranding op hom vir 5 dae in die
hospitaal opgeneem is en vir ‘n maand lank nie
kon werk nie. Die
beskuldigde het ingestem om hierdie bedrag aan hom te betaal in
paaiemente. So ‘n versoek is ook deur die aanklaer
aan die
verhoorhof gerig.
3. Die aangewese manier
vir die verhoorhof om hierdie versoek vanaf die aanklaer in die
vonnis in te lyf sou wees om die skadevergoeding
betaalbaar ’n
voorwaarde van die opgeskorte vonnis te maak (artikel 297 van die
Strafproseswet).
4. Die
uiteensetting en bewoording van die vonnis is egter van so ‘n aard
dat dit ‘n aparte en losstaande sanksie van die opgeskorte
vonnis
daarstel. So ‘n vergoedingsbevel kan slegs onder artikel 300 van
die Strafproseswet gemaak word en slegs ten opsigte van
‘n misdryf
wat
“skade
aan of verlies van goed (met inbegrip geld) behorende aan ‘n ander
persoon veroorsaak het.”
In
S
v Liberty Shipping and Forwarding (Pty) Ltd and Others 1982(4) SA 281
(D & CLE)
het Didcott R beide die Engelse en Afrikaanse tekste van artikel
300(1), soos in paragraaf 4 hierbo aangehaal, ontleed en tot die
slotsom gekom dat die enigste skade wat gedek word deur ‘n
vergoedingsbevel in terme van artikel 300(1) die van skade tot goed
is en geen ander skade gely nie.
Hierbenewens word ‘n
bevel in terme van artikel 300 uitgevoer soos ‘n siviele vonnis
{artikel 300(3)} en kon die hof dus nie ‘n
datum bepaal wanneer die
vergoeding betaal moet word nie, soos in die onderhawige geval gedoen
is.
6. Die vergoedingsbevel
is na my mening dus ongeoorloof en die landdros het op navraag ook
toegegee dat die bevel ter syde gestel
behoort te word. Ek is egter
van mening dat die vonnis in sy totaliteit tersyde gestel behoort te
word en terug verwys word na die
landdros om vonnis opnuut te oorweeg
na aanleiding van die bevel hieronder gamaak.
Die volgende bevele
word dus gemaak:
a) Die
skuldigbevinding word bekragtig.
b) (i) Die vonnis word
tersyde gestel.
(ii) Die
aangeleentheid word terugverwys na die landdros om opnuut vonnis op
te lê na daar oorweging geskenk is of dit gepas sou
wees, na gelang
van die beskuldigde se huidige omstandighede, om ‘n bevel tot
skadeloosstelling ‘n opskortingsvoorwaarde tot
gevangenisstraf te
maak
______________________
C.C
WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
_______________________
C. J OLIVIER
REGTER