S v Smit (202/2006) [2006] ZANCHC 53 (3 November 2006)

55 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Wrongful conviction — Arrest warrant issued for another individual — Accused, Christo Smit, mistakenly pays fine under duress — Accused's identity confirmed as distinct from that of the individual named in the warrant, who is deceased — Special review requested by magistrate to set aside conviction and order refund of fine. Court held that the conviction and sentence were to be set aside, and the fine of R400,00 ordered to be refunded to the accused.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 53
|

|

S v Smit (202/2006) [2006] ZANCHC 53 (3 November 2006)

IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: 202/2006
DATUM
GELEWER: 3 November 2006
In
die Hersieningsuitspraak van:
DIE
STAAT
teen
CHRISTO
SMIT
CORAM:
LACOCK
R et WILLIAMS R
U
I T S P R A A K
WILLIAMS
R:
1. Die beskuldigde, mnr.
Christo Smit, is op 17 Augustus 2006 van die pad afgetrek deur lede
van die Suid-Afrikaanse Polisiediens
en gekonfronteer met ‘n
lasbrief vir die arrestasie van ene Johannes Christiaan Smit vir die
versuim om ‘n boete te betaal vir
‘n verkeersoortreding gepleeg
gedurende Maart 2005. Johannes Christiaan Smit is ‘n famielid van
die beskuldigde en staan toevallig
ook bekend as Christo Smit.
2. Die beskuldigde,
alhoewel hy ten volle bewus was dat die lasbrief nie op hom van
toepassing was nie, het uit vrees dat hy gearresteer
sou word,
onmiddellik ‘n skulderkenningsboete van R400, 00 by die Keimoes
Landdroskantoor gaan betaal.
3. Nadat hy egter
regsadvies ingewin het, het die beskuldigde ‘n beëdigde verklaring
ter verduideliking van sy verkeerdelike skulderkenning
afgelê.
Aangeheg tot die beëdigde verklaring is afskrifte van die
identiteitsdokumente van beide Johannes Christiaan Smit en Christo
Smit sowel as die doodsertifikaat van Johannes Christiaan Smit
waaruit dit blyk dat laasgenoemde reeds op 6 Mei 2005 oorlede is.
Dit blyk duidelik vannuit
hierdie bogenoemde dokumente dat die beskulidgde nie die persoon is
ten opsigte waarvan die lasbrief uitgereik
is nie.
4. Die landdros wat die
skuldigbevinding en vonnis bekragtig het het derhalwe die
aangeleentheid op spesiale hersiening gestuur met
‘n versoek dat
die skuldigbevinding en vonnis ter syde gestel word en dat daar gelas
word dat die bedrag van R400, 00 aan mnr Chriso
Smit terugbetaal
word. Ek is van mening dat hierdie onder die omstandighede die
aangewese prosedure is om die situasie reg te stel.
Die
volgende bevele word gemaak:
a) Die
skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.
b) Dit word gelas dat
die bedrag van R400,00 aan mnr Christo Smit terugbetaal word.
______________________
C.C
WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
_______________________
H.J
LACOCK
REGTER