About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 51
|
|
S v Hermanus (197/2006) [2006] ZANCHC 51 (9 October 2006)
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.:197/2006
DATUM:9-10-2006
In die
Hersieningsuitspraak van:
DIE
STAAT
teen
LIONEL
HERMANUS
CORAM:
WILLIAMS
R
U
I T S P R A A K
WILLIAMS R:
1. Die beskuldigde in
hierdie saak is skuldig bevind aan ân oortreding van artikel 4(b)
van Wet 140 van 1992 deurdat hy in besit
was van 7.7 gram dagga en is
soos volg gevonnis.
â
Beboet
met R100, 00 of twintig (20) dae gevangenisstraf wat die hof in die
geheel opskort vir twaalf maande op voorwaarde dat u nie
weer skuldig
bevind word aan die oortreding van artikel 4(a) of (b) van Wet
140/1992.â
2. Die
betrokke landdros het die saak op spesiale hersiening gestuur na hy
agtergekom het dat die vonnis deur hom opgelê onvolledig
is in die
sin dat hy die woorde
âgepleeg
gedurende die periode van opskortingâ
aan die einde van die vonnis uitgelaat het.
3. Tot
sy guns moet ek egter onmiddelik meld dat die tekortkoming in die
vonnis heel duidelik slegs ân oorsig is aan die kant van
die
landdros aangesien hy die voorwaarde verbonde aan die opgeskorte
vonnis in sy korrekte vorm breedvoeriglik verduidelik het aan
die
beskuldigde.
4. Daar kan geen twyfel
wees dat die volle implikasie van die vonnis aan die beskuldigde
duidelik is nie en is die hieropvolgende
wysiging slegs vir redes van
doelmatigheid.
Die volgende bevel
word gemaak;
(a) Die
skuldigbevinding word bekragtig.
(b) Die vonnis opgelê
word tersyde gestel en vervang met die volgende:
â â
n
Boete van eenhonderd rand (R100, 00) of twintig (20) dae
gevangenisstraf wat in geheel opgeskort word vir twaalf (12) maande
op
voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan ân
oortreding van artikel 4(a) of (b) van Wet 140 van 1992 gepleeg
gedurende
die periode van opskorting nie.â
______________________
C.C
WILLIAMS
REGTER