About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 50
|
|
S v Minnies (CA&R 41/2005) [2006] ZANCHC 50 (29 September 2006)
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R 41/2005
DATUM
AANGEHOOR: 28-08 -2006
DATUM
GELEWER: 29-09-06
In
die
Appèl
van:
RONALD
MINNIES APPELLANT
Teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM:
WILLIAMS R et MOKGOHLOA WNR:
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
1. Die
appellant is op 27 September 2002 in die Streekhof te Kimberley
skuldig bevind
op ân aanklag van moord en op 11 November 2002 gevonnis tot 15 jaar
gevangenisstraf. Hy kom nou in hoër beroep teen die vonnis
hom
opgelê.
2. Die lotgevalle van die
appellant spruit voort uit ân insident waar hy, ân reservis in
die Suid Afrikaanse Polisiediens, met
sy kollegas in ân
polisievoertuig deur ân woonbuurt gery het en ân groep seuns sien
dobbel het in die straat. Hulle besluit
om daar stil te hou en
hardhandig op te tree met die seuns het ân kettingreaksie ontlok.
Die onderonsie wat in die straat begin
het is deur sekere van die
appellant se kollegas voortgesit in ân naburige huis terwyl
toeskouers tot die drama in die straat begin
saamdrom het. Met die
polisiebeamptes se vertrek vanaf die toneel is daar klaarblyklik ân
klip teen hul voertuig gegooi deur een
of ander van die toeskouers en
het die polisievoertuig onmiddelik teruggedraai, dwars in die straat
gaan stilhou en het die appellant
sy dienspistool in die skare
afgevuur wat die oorledene, ân onskuldige toeskouer noodlottig
gewond het.
3. Die verhoorhof het met
vonnisoplegging bevind dat daar geen wesenlike en dwingende
omstandighede bestaan wat ân afwyking van
die minimum vonnis
voorgeskryf onder artikel 51(2)a)i) van Wet 105 van 1997 regverdig
nie.
4. In die betoogshoofde
namens die appellant geliaseer word die punt geneem dat:
â
.
. .die Landdros nie genoegsaam ag geslaan het op die persoonlike
omstandighede van die appellant nie, asook die algemene voorkoms
van
die misdaad en die afskrikkingselement oorbeklemtoon het en dat dit
tot ân skokkende onvanpaste vonnis aanleiding gegee het.â
5. Die persoonlike
omstandighede van die appellant kan as volg opgesom word:
5.1 Hy was 26 jaar oud
tydens die voorval;
5.2 Hy is ongetroud, maar
het twee kinders wat hy onderhou het;
5.3 Hy
het standard 9 op skool geslaag en het vir ongeveer 10 jaar diens
verrig as polisiereservis waarvan hy ook 7 jaar as klerk
in die
Polisiediens werk verrig het;
5.4 Hy
het twee vorige veroordelings â aanranding gewoon, gepleeg in 1993
en kwaadwillige beskadiging van eiendom gepleeg in 1996.
6. Dit
is geykte reg dat ân hof van appél nie sonder meer met vonnis
inmeng nie slegs indien die verhoorhof ân mistasting began
het en
nie sy diskresie redelikerwys uitgeoefen het nie of waar die vonnis
opgelê skokkend onvanpas is. Sien
S
v Pieters
1987(3) SA 717(AA).
7. Wat
die minimum vonnisse aanbetref maak die Hoogste Hof van Appél dit
duidelik in
S
v Malgas
2001(1) SASV 469 (HHA) dat daar nie ligtelik afgewyk moet word van
die voorgeskrewe vonnisse nie en tensy daar ware oortuigende redes
bestaan vir ân mindere vonnis moet die voorgeskrewe vonnis opgelê
word.
8.
In
casu
is
daar behalwe die appellant se persoonlike omstandighede, wat volledig
vervat is in ân voorvonnisverslag en deur my opgesom te
para 5
hierbo, geen ander inligting voor die verhoorhof geplaas wat insig
kon bied in die optrede van die appellant nie. Die appellant
het nie
getuig gedurende die vonnisverrigtinge nie en is sy getuienis op die
meriete van die saak so deurspek met teenstrydighede
en duidelike
aanpassings dat sy weergawe van ân noodweer situasie tereg as
leuenagtig verwerp is.
9. Dit
is nie die Hof se taak om te bespiegel oor, of antwoorde te probeer
vind vir die optrede van ân beskuldigde met die oog daarop
om hom
meer gunstig te behandel nie. Die verhoorlanddros was na my mening
heeltemaal korrek toe hy in sy uitspraak op vonnis die
stelling maak
ten opsigte van die appellant dat
ââ¦
hy speel glad nie oop kaarte met die Hof nie. Hy sê nie vir die Hof
jammer, ek het ân probleem gehad nie, ek is onstabiel
of wat die
geval mag wees nie, en verwag hy nou daaruit moet die Hof gunstige
afleidings vir hom maak.â
Sien ook in die verband
S
v Roslee
2006(1) SACR 537(SCA) waar Navsa AR te 545e die volgende sê:
â
Although
there is no onus on an accused to prove the presence of substantial
and compelling circumstances, it must be so that an accused
who
intends to persuade a court to impose a sentence less that that
prescribed should pertinently raise such circumstances for
consideration.
In a given case it may not be enough for an accused
to argue that such circumstances should be inferred from or found in
the evidence
adduced by the State.â
Op
die aanvaarde getuienis voor die hof was die optrede van die
appellant, as polisiebeampte wat veronderstel is om ân
beveiligende
en beskermende rol te speel in die gemeenskap, uiters
afkeurenswaardig en laakbaar. ân Onskuldige persoon is gedood as
gevolg
van wat blyk niks ander as blote skietlustigheid aan die kant
van die appellant te wees nie. Sy gunstige persoonlike
omstandighede
word na my mening totaal oorskadu deur die erns van
die misdryf en die belange van die gemeenskap en het die verhoorhof
na my mening
tereg bevind dat daar geen dwingende en wesenlike
omstandighede hier teenwoordig was om ân mindere vonnis as die
voorgeskrewe
te regverdig nie.
In die omstandighede word
die volgende bevel gemaak:
Die appél word van
die hand gewys.
________________________
C.C.
WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
_______________________
F
E MOKGOHLOA
WAARNEMENDE REGTER
Nms.
Appellant: Adv. Segone i.o.v Die Regshulpraad
Nms. Respondent: Adv.
Mashalane