About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 49
|
|
Visser v Streeklanddros vir die Streekafdeling Noord-Kaap and Others (CA&R 37/05) [2006] ZANCHC 49 (22 September 2006)
Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
/ Case number:
CA&R
37/05
Datum
verhoor: / Date heard:
18/09/2006
Datum
gelewer: / Date delivered:
22/09/2006
In
die saak:
VISSER,
HAG
Applikant
en
DIE
STREEKLANDDROS VIR DIE
STREEKAFDELING
NOORD-KAAP 1
ste
Respondent
DIE
DIREKTEUR VAN
OPENBARE
VERVOLGING
2
de
Respondent
Coram:
Lacock R
et
Williams R
UITSPRAAK OP
HERSIENING
LACOCK
R:
Die applikant, me.
Hester A.G. Visser, is op 2 Julie 1996 skuldig bevind aan drie
aanklagtes van diefstal en is op dieselfde dag
as volg gevonnis:
â
Counts
32, 33 and 34 taken together for sentence: 4 years imp suspended for
5 years on condition that the accused is not convicted
of an offence
of which dishonesty is an element committed during the period of
suspension where direct imp is imposed without the
option of a fine
And
R5084.47 compensation.â
(Aldus die bewoording
op haar sogenaamde SAP69 lys van vorige veroordelings).
Dit is gemeensaak dat
die applikant destyds in diens was van Teljoy, dat haar
skuldigbevindings verband hou met gelde wat sy van haar
werkgewer
gesteel het, en dat die diefstalle oor ân tydperk plaasgevind het.
Die verdere besonderhede van daardie saak is egter
onbekend daar dit
geblyk het dat die hofleêr daarvan vernietig was.
Vanaf 27 Maart 2001,
dit wil sê voordat die opskortingsperiode van 5 (vyf) jaar waarna
verwys is in die voorafgaande paragraaf,
uitgeloop het, het die
applikant weer begin om by verskeie geleenthede wat gestrek het oor
ân tydperk van ongeveer ân jaar,
gelde van haar werkgewer, toe
Griekwaland Wes Koöperasie Bpk, te steel. Sy is op 9 Desember
2004 in die streekhof, Kimberley,
skuldig bevind aan 7 aanklagtes
van bedrog en waarby ân bedrag van R166 496.36 ter sake was,
en ook op 5 aanklagtes van
diefstal van ân totale bedrag van R30
279.77. Hierdie aanklagtes is saam geneem vir doeleindes van
vonnis, en is die applikant
gevonnis tot 6 (ses) jaar
gevangenisstraf waarvan 2 (twee) jaar voorwaardelik opgeskort is vir
ân periode van 5 (vyf) jaar.
Voorts is gelas dat, indien die
opgeskorte vonnis van 1996 in werking gestel sou word, twee jaar
gevangenisstraf nou opgelê gesamentlik
met daardie (opgeskorte)
gevangenisstraf uitgedien moes word.
Die Staat het
inderdaad kragtens die toepaslike voorskrifte van art. 297 van die
Strafproseswet, nr. 51 van 1977, aansoek gedoen
vir die
inwerkingtreding van die 1996 opgeskorte vonnis. Op 8 Februarie
2006 is hierdie vonnis deur dieselfde streekhoflanddros
wat die
applikante op die tweede geleentheid skuldig bevind en gevonnis het,
in werking gestel. Na aanleiding hiervan doen die
applikante nou
aansoek vir die volgende regshulp:
â
Dat
die bevel gemaak deur die eerste Respondent op 8/2/2006 dat die
opgeskorte vonnis opgelê aan die applikant in saaknommer RCO
232/95
op 2 Julie 1996 in werking gestel word, hersien en tersyde gestel
moet word en vervang moet word met ân bevel dat die opgeskorte
vonnis verder opgeskort word vir ân termyn op gepaste voorwaardes.â
en koste indien die
aansoek opponeer sou word. Die streeklanddros is siteer as die
eerste respondent en die Direkteur van Openbare
Vervolgings,
Noord-Kaap, as die tweede respondent. Laasgenoemde respondent staan
die regshulp soos versoek, teen.
Die aansoek is geskoei
op die voorskrifte van art. 24(1)(c) van die Wet op die
Hooggeregshof, nr. 59 van 1959, en wat as volg lees:
â
(1)
Die gronde waarop die verrigtings van 'n laerhof voor 'n provinsiale
afdeling, of voor 'n plaaslike afdeling wat hersieningsbevoegdheid
besit, in hersiening gebring kan word, is-
(a) â¦
(b) â¦
(c) growwe onreëlmatigheid in
verband met die verrigtings; en
(d) ⦠â
Dat ân hersiening van
hierdie aard ingevolge die voorskrifte van hierdie wetsartikel gedoen
kan word, blyk onder andere uit die
volgende beslissings van hierdie
Afdeling van die Hooggeregshof, naamlik
S
v Payachee, 1973(4) SA 534 (NK)
en
Pheiffer
v Landdros, Warrenton, 1977(4) SA 127 (NK)
.
Sien ook
S
v Peskin, 1997(2) SASV 460 (K) te 464 b tot d
.
Hoewel Mnr. Nel namens die applikant ons uitgenooi het om die vraag
te beslis naamlik of so ân aansoek ook gedoen kan word kragtens
die
voorskrifte van art. 304(4) van die Strafproseswet van 1977 (sien
S
v S, 1999(1) SASV 608 (W)
), vind ek dit nie nodig om daardie vraag te beslis nie. Vir
doeleindes van hierdie saak sal so ân oefening bloot van akademiese
belang wees.
Die voorskrifte van
art. 297(7) van die Strafproseswet van 1977, lees as volg:
â
(7)
'n Hof wat-
(a) â¦
(b) die tenuitvoerlegging van 'n
vonnis ingevolge subartikel (1) (b) of (4) opgeskort het; of
(c) â¦
hetsy
anders saamgestel al dan nie, of 'n hof met gelyke of hoër
regsbevoegdheid, kan, indien oortuig dat die betrokke persoon vanweë
omstandighede buite sy beheer nie in staat was om 'n betrokke
voorwaarde na te kom nie, of weens 'n ander gegronde en voldoende
rede,
die oplegging van vonnis verder uitstel of die
tenuitvoerlegging van 'n vonnis of, na gelang van die geval, die
betaling van 'n boete
verder opskort, onderhewig aan enige bestaande
voorwaarde of sodanige verdere voorwaardes as wat ten tyde van
bedoelde uitstel of
opskorting opgelê kon gewees het.â
Die applikant se
aansoek is uitsluitlik daarop gegrond dat die streeklanddros ân
growwe onreëlmatigheid begaan het deurdat hy versuim
het om te
bevind dat daar
â
ân ander gegronde en voldoende redeâ
bestaan het om die opgeskorte vonnis vir ân verdere periode op te
skort kragtens hierdie artikel. Hierdie is dan ook â benewens
die
koste van die aansoek â die enigste vraag wat ter beslissing voor
ons dien.
Ten tye van die
aansoek vir die inwerkingstelling van die opgeskorte vonnis het die
applikant asook haar verloofde, Mnr. John Eckenberg
getuig. Hul
getuienis word betroubaar as volg saamgevat in die voormelde
ondersteunende eedsverklaring van die applikant:
Ek het self in die aansoek
getuig en het ek die verhoorhof verseker van my opregte berou en
dat ek werklik ân les geleer het
en reeds gerehabiliteer is
sedert ek op 29/11/05 my vonnis uitgedien het.
Ek het ook aan die Verhoorhof
voorgehou dat my drie kinders wie tans by hulle vader woon en wie
tans nie ân vaste betrekking
beklee nie, baie swaar kry.
Ek het verder aan die
Verhoorhof voorgehou dat my omstandighede sedert die pleeg van die
laaste misdrywe drasties verander het.
Ek het saam met my
verloofde, wie my as sy gelyke behandel, ân winsgewende
besigheid begin waardeur miljoene rande se buitelandse
geld
jaarliks in die land belê word.
Ek het ook aan die Verhoorhof
voorgehou dat, alhoewel ek nie die blaam van my wil afskuif nie,
my vorige eggenoot ân groot
invloed gehad het tydens die pleeg
van daardie misdrywe soos duidelik aangetoon was in die deskundige
verslae.
My situasie het tans so
ingrypend verander dat daar feitlik geen risiko is dat ek weer by
soortgelyke of enige misdrywe betrokke
sal raak nie.
My verloofde, John Ekkenberg,
het bogenoemde bevestig. Hy het reeds ongeveer agt miljoen rand
in Suid-Afrika belê. Hy is
afkomstig van Denemarke. Die
besigheid wat ons saam begin het, is besig om agteruit te gaan
omdat hy nie Afrikaans magtig is
nie en glad nie Engels kan lees
of skryf nie en ek ân baie groot aandeel het in die organisering
en bedryf van die besigheid
veral wat die organisering in
Suid-Afrika betref. Hy is meer betrokke by die werwing van
oorsese kliënte.
Die Tweede Respondent het geen
getuienis aangevoer ter weerlegging van die getuienis wat deur my
aangevoer was nie.â
Die onderneming waarna
hierin verwys word, is ân jag- en foto safari onderneming bekend as
Amakulu Safaris.
In haar ondersteunende
eedsverklaring tot die kennisgewing van mosie grond die applikant
haar aansoek op die volgende beweringe:
Ek word geadviseer dat die
verhoorhof se bevel nie onderhewig is aan appèl nie, maar slegs
op hersiening geneem kan word op
sekere gronde waaronder die
begaan van ân growwe onreëlmatigheid in verband met die
verrigtinge resorteer.
Ek word geadviseer en is dit
my bewering dat die Verhoorhof ân growwe onreëlmatigheid begaan
het deur nie sy diskresie om
die opgeskorte vonnis in werking te
stel of verder op te skort juridies uit te oefen nie, maar dit
bloot te sien dat dit outomaties
inwerking gestel moet word omdat
dit verbreek is.
Ek word verder adviseer dat
die Verhoorhof die ondervermelde aspekte hoegenaamd nie in ag
geneem het nie of weinig gewig daaraan
geheg het.
Die eerste oortreding,
waarvoor die inwerkinggestelde opgeskorte vonnis opgelê was, is
gepleeg op 20/10/1993. ân Termyn
van ongeveer twaalf jaar en 4
maande het verstryk sedert die pleging van die misdrywe tot en met
die vonnis inwerking gestel
is. Ek word dus nou effektief
gevonnis vir misdrywe wat reeds meer as twaalf jaar gelede
plaasgevind het.
Verder, soos reeds aangedui,
is die opskortingstermyn vir die maksimum van vyf jaar. Ek is
gevonnis op 2/7/1996 en het toe
weer die nuwe misdrywe gepleeg
vanaf 27/3/2001. ân Termyn van vier jaar en agt maande en vyf
en twintig dae het verstryk
tussen die oplegging van die vonnis en
die pleging van die verdere misdrywe. Dit was dus heel aan die
einde van my opskortingstermyn.
Ek is reeds, soos deur die
Verhoorhof aanvaar, gerehabiliteer en moet nog steeds my vonnis
van vier jaar gevangenisstraf uitdien.
Die uitdien van ân
verdere termyn gevangenisstraf sal dus nie verder bydra tot my
rehabilitasie nie, maar sal slegs bydra
tot onnodige kostes vir
die Staat en die Gevangenisse.
Die omstandighede waaronder ek
die laaste misdrywe gepleeg het en die omstandighede wat sal heers
na my vrylating verskil so
drasties dat daar weinig risiko is dat
ek verdere misdrywe sal pleeg. Deur die vonnis verder op te skort
sal dit verder dien
as afskrikmiddel vir my om weer betrokke te
raak by die pleeg van misdrywe.
Die Verhoorhof se versuim om
sy diskresie juridies uit te oefen en alle faktore behoorlik in ag
te neem kom neer op ân growwe
onredelike uitoefening van sy
diskresie en word ek adviseer dat die Verhoorhof daardeur ân
growwe onreëlmatigheid begaan
het.â
Die begrip,
âgrowwe
onreëlmatigheid in die verrigtingeâ
,
slaan nie slegs op tegniese onreëlmatighede nie, maar omvat ook
(growwe) onreëlmatighede in die voer van die saak wat tot ân
regskending gely het, of, anders gestel, tot gevolg gehad het dat
reg en geregtigheid nie geskied het nie.
â
An incorrect judgment is not
an irregularity: an irregularity refers to the method of conducting
the trial and to be gross it must
be of such a serious nature that
the case was not fully and fairly determined.â
(Harms,
âCivil Procedure in the Supreme Courtâ Vol I te B-373).
â
As a rule, where the complaint
is against the âresultâ of the proceedings, the appropriate
remedy is by way of appeal; where
the âmethodâ of the
proceedings is attacked, the remedy is to bring the matter in
reviewâ.
(Erasmus,
âSuperior Court Practiceâ te A1-70)
ââ¦
where
a decision is so grossly unreasonable as to warrant the inference
that the decision-maker had failed to apply his mind to the
matter in
accordance with the behests of the statute and the tenets of natural
justice, can this be brought home under para (c) of
s 24(1) - 'gross
irregularity in the proceedings'? That expression is not confined to
defects in the procedure as such. It covers
the case where the
decision-maker through an error of law misconceives the nature of his
functions and thus fails to apply his mind
to the true issues in the
manner required by the statute, with the result that the aggrieved
party is in that respect denied a fair
hearing (see, for example,
Goldfields Investment Ltd and Another v City Council of Johannesburg
and Another
1938 TPD 551
; Visser v Estate Collins
1952 (2) SA 546
(C)
). That being a reviewable irregularity under s 24(1)(c), it may be
argued (I put it no higher) that a failure properly to apply
the mind
to the issues, due to a reason other than an error of law, but found
to have occurred by way of inference from the gross
unreasonableness
of the decision, could also be brought home under the section.â
Paper, Printing,
Wood & Allied Workers Union v Pienaar NO & Others, 1993(4) SA
621 (A) te 638G â 639A.
Sien ook
De
Condeicao de Jesus v Magistrate Du Toit NO, [2003]2 All SA 376 (K) te
par. 12.
Wat die applikant in
wese aanvoer, is eerstens dat die eerste respondent hom gebonde
ge-ag het om die opgeskorte vonnis in werking
te stel sonder om
oorweging te gee aan sy statutêre diskresie verleen in art. 297(7)
van die Strafproseswet; alternatiewelik dat
hy sy diskresie so
willekeurig uitgeoefen het dat dit regtens geensins aangemerk kan
word as ân uitoefening van sy diskresie
nie. Sou die applikant
korrek wees in enigeen van hierdie submissies, sal hierdie Hof
geregtig wees om op hersiening in te meng
met die beslissing van die
eerste respondent daar ân versuim om ân statutêr verleende
diskresie uit te oefen, ân onreëlmatigheid
in die wyse waartoe
tot ân beslissing geraak is, daarstel, en nie neerkom op bloot ân
verkeerde uitoefening van ân diskresie
nie. Sou sodanige versuim
om sy diskresie uit te oefen deur die eerste respondent ân
wesenlike regskending tot gevolg hê, het
ân growwe
onreëlmatigheid geskied.
Union
Government (Minister of Mines & Industries) v Union Steel
Corporation (S.A) Ltd,
1928 AD 220
te 234 â 235
;
Computer
Investors Group v Minister of Finance,
1979 (1) SA 879
(T) te 894 H
tot 895 B
;
Kabuika
& Another v Minister of Home Affairs & Others
1997 (4) SA
341
(K) te 344 A â D
;
Oosthuizen
v Landdros, Senekal, en Andere, 2003(4) SA 450 (O) te 454 I â 455
D
.
Sien ook
Paper
Printing, Wood & Allied Workers Union v Pienaar NO & Others
(supra
aangehaal).
Vervolgens ontleed ek
die hersieningsgronde waarop die applikant steun en soos hierbo
aangehaal.
Eerstens. Het die
eerste respondent geoordeel dat hy verplig was om die opgeskorte
vonnis in werking te stel en sodoende versuim
om sy diskresie
ontleen aan art. 297(7) van die Strafproseswet van 1977 hoegenaamd
uit te oefen?
Na my mening is daar
geen meriete in hierdie argument nie.
Uit die uitspraak
blyk dit ondubbelsinnig duidelik dat die eerste respondent terdeë
bewus was daarvan dat hy ân diskresie het
ten aansien van die
inwerkingstelling van die opgeskorte vonnis. Die volgende
aanhalings uit die uitspraak bevestig dit:
â
Mnr Nel het die hof
toegespreek en ook verwys na gesag en ân hele aantal ander aspekte
en hy is dan van mening dat die Hof sy diskresie
so moet uitoefen,
dat die opgeskorte vonnis nie vandag in werking gestel word nie, maar
net vir ân tydperk verder opgeskort sal
word.â
(p.
57)
â
Die
vraag is nou of die Hof sy diskresie so moet uitoefen om u vonnis
vandag verder op te skort.â
(p.
59)
â
Ek
kan nie vir een oomblik glo dat u nie besef het, dat daar ân
opgeskorte vonnis is wat moontlik inwerking gestel kan word nie,
want
per slot van sake is u ân baie intelligente persoon.â
(p.
60)
â
Ek
is steeds van mening, ondanks Mnr Nel se betoog hier, dat dit ân
verkeerde besluit van die Hof sou wees indien die Hof vandag
besluit
om sy diskresie uit te oefen tot die mate dat die Hof net u
opgeskorte vonnis opgelê, gedurende 1996, indien dit net verder
opgeskort sal word.â
(p.
61)
Voorts spreek die
geheel van die uitspraak daarvan dat die eerste respondent alle
argumente aangevoer namens die applikant oorweeg
het en daarna tot
die gevolgtrekking geraak het dat dit verkeerd sou wees om sy
diskresie ten gunste van die applikant uit te oefen.
Tweedens. Het die
eerste respondent versuim om behoorlike oorweging te gee aan alle
tersaaklike faktore, of oorweging gegee aan
ontersaaklike faktore
wat ân afleiding regverdig dat hy versuim het om sy diskresie
regtens uit te oefen?
Die applikant beweer
eerstens dat die eerste respondent versuim het om in ag te neem dat
haar eerste oortreding gepleeg was op 20
Oktober 1993, dit wil sê
ongeveer 12 jaar en 4 maande voordat die opgeskorte vonnis in
werking gestel is. Die oorkonde toon aan
dat die lys van vorige
veroordelings van die applikant voor die eerste respondent was
tydens hierdie verrigtinge. Trouens, die
eerste respondent het in
sy bevel daaruit aangehaal. Op hierdie SAP69 vorm kom die datum
waarop die vorige oortredings gepleeg
is, duidelik voor. Tydens
getuienislewering en in argument is ook verwys na hierdie datum. In
sy uitspraak maak die eerste respondent
pertinent melding daarvan
dat die tweede reeks misdrywe begin pleeg is
âbykans
op die stadium toe die opgeskorte vonnis al uitgeloop het.â
Die eerste respondent was dus ooglopend bewus en het oorweging
verleen aan die lang tydsverloop tussen die pleeg van die eerste
oortredings en die inwerkingstelling van die opgeskorte vonnis.
In iedere geval is die
meer tersake tydsverloop â en soos deur die eerste respondent
oorweeg â die tydperk wat verloop het tussen
die datum waarop die
aanvanklike vonnis opgeskort is (in
casu
2 Julie 1996) en die datum waarop die applikant weer soortgelyke
misdrywe gepleeg het. Die eerste respondent het ooglopend â anders
as aangevoer deur die applikant in par. 4.3.2 van haar funderende
eedsverklaring, deeglik oorweging gegee aan die feit dat die
applikant
die latere misdrywe begin pleeg het enkele maande voordat
die opskortingstydperk van die opgeskorte vonnis sou verstryk.
Dat hierdie faktor
oorweging moes geniet het, blyk onder andere uit
S
v Olyn, 1982(3) SA 31(B) te 32
.
Die applikant beweer
ook dat sy reeds gerehabiliteer was ten tye van die
inwerkingstelling van die opgeskorte vonnis, dat die eerste
respondent dit so aanvaar het, en dat ân verdere termyn van
gevangenisstraf geen doel sou dien nie.
Hierdie stelling is nie
heeltemal korrek nie. Wat die eerste respondent hieraangaande gesê
het, is die volgende:
â
Derhalwe moet die vraag nou
gaan rakende die moontlikheid van rehabilitasie. U het hier
aangevoer dat u nou wel gerehabiliteer is,
u besef u moet boet vir
dit wat u verkeerd gedoen het. En dat u nou nie weer by sulke
misdaad betrokke sal raak nie. Wel ek vertrou
dit is die posisie,
maar die feit van die saak is die verlede het ons natuurlik nou die
teendeel geleer.â
Hierdie benadering van
die eerste respondent kom my uiters redelik voor. Dit is so dat die
applikant getuig het dat sy nou volkome
sogenaamd haar les geleer
het. Feit is egter dat, ten spyte daarvan dat sy met haar eerste
oortredings ân geleentheid tot rehabilitasie
gebied is, die
realiteite getoon het dat sy nie gerehabiliteer het nie, maar
inteendeel heengegaan het en nog binne die opskortingstyd
weer enorme
bedrae geld van haar werkgewer gaan steel het â en dit oor ân
tydperk van ongeveer ân jaar.
Die applikant voer
voorts aan dat haar omstandighede waaronder die laaste misdrywe
gepleeg is en haar huidige omstandighede (dit
wil sê voordat sy
haar vonnis begin uitdien het) sodanig verskil dat dit die risiko op
herhaling van soortgelyke misdrywe negeerbaar
maak, en dat die
eerste respondent versuim het om oorweging hieraan te gee.
Die eerste respondent
het egter deeglik oorweging gegee aan die omstandighede van die
applikant soos dit was voordat sy begin het
met die uitdien van haar
vonnis. Hy sê die volgende hieraangaande:
â
Me Visser, die feit van die
saak is, dit is nie dat ek nie simpatie vir u het nie, ek het
inderdaad simpatie vir u.
Ek het simpatie vir u kinders
ook. Miskien die meeste vir hulle, want hulle het niks verkeerd
gedoen nie, en as gevolg van u optrede
word hulle gestraf, en dit
gaan nog vir baie jare ân invloed op hulle hê. So ek aanvaar, sou
dit gebeur dat ek u opgeskorte vonnis
vandag inwerking stel, dat
hierdie kinders nadelig daardeur getref gaan word. U natuurlik ook.
Ek het ook gehoor die getuienis
van Mnr Eckenberg
,
rakende die probleme wat hy ervaar noudat u gevangenisstraf uitdien.
Dit is praktiese probleme wat hy het.
Dit
is inderdaad so dat van hierdie probleme natuurlik vervang kan word
indien ander maatreëls getref word, maar die feit van die
saak is,
en dit is wat ek nou wil sê, is dat dit bring praktiese komplikasies
mee, die feit dat u in die gevangenis is. Nie net
vir wat julle
persoonlike verhouding betref nie, maar dan ook wat die besigheid
spesifiek aangaan.â
(p.
57-58)
Dit is ook aan ons
voorgehou deur Mnr Nel dat die eerste respondent versuim het om in
ag te neem dat die vonnis wat die applikant
opgelê is in 1996 ân
buitengewoon swaar vonnis was. Dat ook hierdie faktor oorweging
geverg het, blyk onder andere uit die
uitspraak in
S
v Peskin, 1997(2) SASV 460 (K) te 464
.
Eerstens moet daarop
gewys word dat die eerste respondent inderdaad oorweging aan hierdie
faktor verleen het. Hy sê die volgende
hieraangaande in sy
uitspraak:
â
Dit
is inderdaad natuurlik so, dat om my nou uit te laat oor die misdrywe
wat u nou gepleeg het gedurende 1993, baie moeilik sal wees
as gevolg
van die feit dat die inligting nou nie voor ons is nie. En ek wil
nie daaroor spekuleer nie. Op die oog af dink ek Mnr
Nel is reg dat,
kan dalk gesien word as ân swaar vonnis. En ek dink hy verwys
spesifiek daarna as gevolg van die bedrag wat u
aan Teljoy moes terug
betaal. Wat die inhoud van die res van die aanklagte betref, dit is
nie duidelik voor die Hof nie. Maar ek
stem saam, so op die oog af
kom dit swaar voor.
Ek
kan nou nie sê dat dit enigsins buitensporig is nie as gevolg van
die feit, soos ek reeds gesê het, dat die feite nou nie voor
ons is
nie.â
(p.
58-59)
Tweedens is dit soos
die eerste respondent opgemerk het dat die feitelike omstandighede
van die eerste saak nie voor hom geplaas was
nie. ân Vonnis van 4
jaar gevangenisstraf (selfs in die geheel opgeskort) kom swaar voor
vir ân eerste oortreder vir diefstal
wat gepaardgaan met ân
vergoedingsbevel van R5 084.47. Wat egter totaal onseker is, is of
die applikant slegs skuldig bevind was
van die drie klagtes van
diefstal waarvan die totale slegs R5 000.00 beloop het, en of sy
skuldig bevind was aan diefstalle van veel
hoër bedrae, maar toe nog
slegs R5 000.00 aan Teljoy verskuldig was. Ook is dit onseker of sy
skuldig of onskuldig gepleit het,
en of sy byvoorbeeld enige berou
getoon het. Ook is die aard van die pleeg van die misdrywe onbekend
en of dit byvoorbeeld gepaard
gegaan het met enige mate van
geslepenheid. Ook is die tydperk waaroor dit gepleeg is, onbekend.
Laastens,
moet ook in gedagte gehou word dat geen appèl teen daardie vonnis
aangeteken is nie.
Die applikant het ook
nie tydens getuienislewering in die onderhawige aangeleentheid, enige
verdere lig gewerp op die omstandighede
van die eerste saak op grond
waarvan ân oorwoë mening aangaande die onvanpastheid al dan nie
van daardie vonnis gevorm kon word
nie. Enige afleiding deur die
eerste respondent sou alleen spekulatief van aard wees.
Ten slotte wys ek
daarop dat die vonnis deur die eerste respondent die applikant
opgelê op die tweede saak, en waarkragtens hy
onder andere gelas
het dat 2 jaar van daardie vonnis saam uitgedien moes word met die
tydperk van die opgeskorte vonnis indien
dit in werking gestel sou
word, op appèl voor twee regters van hierdie Afdeling gedien het.
Die geheel van daardie vonnis is
op appèl oorweeg en is die appèl
van die hand gewys.
Uit hoofde van die
voorgaande is ek geensins oortuig dat die eerste respondent ân
growwe onreëlmatigheid soos bedoel in art.
24(1)(c) van die Wet op
die Hooggeregshof, nr. 59 van 1959, hierin gepleeg het nie.
Trouens, ek is tevrede dat hy sy diskresie
ontleen aan art. 297(7)
van die Strafproseswet van 1977 behoorlik verstaan en uitgeoefen
het. Selfs al sou gesê kan word dat
hy sy diskresie verkeerdelik
uitgeoefen het of dat hierdie Hof moontlik die diskresie anders sou
uitgeoefen het, regverdig dit
nie inmenging op hersiening nie.
Hierdie is nie ân Hof van appèl nie.
â
It
is important, when considering a matter such as this, to bear in mind
the main distinction between an appeal and a review, and
that is that
the Court will on appeal set aside a decision when it is satisfied
that it was wrong on the facts or the law, whilst
judicial review is
in essence concerned not with the decision but with the
decision-making process.â
Anchor Publishing
Co. Ltd. v Publications Appeal Board, 1987(4) SA 708 (T) te 728 D
.
Die aansoek kan dus nie
slaag nie.
Mnr Nel het ons
versoek om geen bevel ten aansien van koste hierin te maak nie en
wat ook al die resultaat van die aansoek. Mnr
Schreuder namens die
tweede respondent het daarteenoor aangevoer dat daar geen rede is om
nie die normale bevel ten aansien van
koste te verleen nie, naamlik
dat koste die resultaat van die aansoek sal volg nie.
Ek meen dat Mnr
Schreuder gelyk gegee behoort te word. Selfs al sou die aard van die
aansoek soos deur Mnr Nel betoog,
âân
strafregtelike karakterâ
bevat, bly dit in wese ân siviele aangeleentheid. Die normale reëls
toepaslik op herieningsaansoeke is steeds geldend en is ook
deur die
partye toegepas en nagevolg. Die kennisgewing van mosie bevat dan ook
ân bede vir koste ingeval die aansoek teengestaan
sou word.
Bygevolg is daar myns
insiens geen rede waarom die applikant nie gelas behoort te word om
die koste van die aansoek te betaal nie.
Sien
Pheiffer
v Landdros, Warrenton, 1977(4) SA 127 (NKA) te 135 A
.
Vervolgens word die
volgende bevel hierin verleen:
DIE AANSOEK WORD VAN
DIE HAND GEWYS MET KOSTE.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
CC Williams
REGTER
Namens
appellant:
Adv
IJ Nel (i.o.v. André Potgieter & Vennote, Kimberley)
Namens
respondent:
Adv
JJ Schreuder (i.o.v. Elliott, Maris, Wilmans & Hay, Kimberley)