S v Theys (K/S 59/97) [2006] ZANCHC 106 (18 September 2006)

62 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Application for leave to appeal — Delay in application — Applicant convicted of multiple serious offenses and sentenced to 25 years imprisonment — Application submitted over 8 years late with insufficient explanation — Court finds merit in the case due to uncertainty regarding the imposed sentence and grants leave to appeal.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 106
|

|

S v Theys (K/S 59/97) [2006] ZANCHC 106 (18 September 2006)

Verslagwaardig:
JA / NEE
Sirkuleer
Aan Regters: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Streeklanddroste: JA / NEE
Sirkuleer
Aan Landdroste: JA / NEE
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno::
K/S
59/97
Datum
verhoor:
15/09/2006
Datum
ingehandig:
18\09\2006
In
die saak van
:
THEYS,
LAZARUS APPLIKANT
en
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram: Majiedt R
UITSPRAAK op AANSOEK
om VERLOF om te APPELLEER
MAJIEDT
R:
Hierdie is die volledige
redes vir die bevel wat ek
ex
tempore
op
15/09/2006 verleen het. Die applikant doen aansoek vir verlof om te
appelleer teen die vonnis hom opgelê in hierdie Hof. Hy
is alreeds
so lank gelede as 12 Februarie 1998 gevonnis deur Steenkamp R (soos
hy toe was).
Die applikant is meer as
8 (agt) jaar laat met hierdie aansoek. Sy verduideliking vir
hierdie geweldige versuim het maar bitter
min om die lyf, naamlik
die teen nou welbekende refrein wat so dikwels in sulke aansoeke
voorkom, dat hy nie hofprosedure ken nie
en nie geweet het wanneer
hy appèl moes aanteken nie.
Gewoonlik sou ‘n
aansoek met so ‘n onoortuigende verduideliking beswaarlik die mas
opkom. Gegewe egter die uniekheid van hierdie
saak, meen ek dat na
die meriete gekyk moet word ten einde die aansoek behoorlik te bereg.
Die applikant is
(behoorlik, só gee hy tereg toe in sy aansoekstukke) skuldig bevind
aan die volgende misdrywe:
Aanklag 1 – moord;
Aanklag 2 – poging tot
moord;
Aanklag 3 – poging tot
moord;
Aanklag 4 – bestuur
van ‘n motorvoertuig terwyl sy bloedalkoholvlak die statutêr
voorgeskrewe perk oorskry (as alternatief
op die hoofklag van
dronkbestuur waarop hy onskuldig bevind is);
Aanklag 5 – roekelose
bestuur;
Aanklag 6 - aanranding
met die opset om ernstig te beseer;
Aanklag 7 – aanranding
gewoon.
Op die bovermelde
aanklagte is die applikant as volg gevonnis:
g
Klag
1 15 (vyftien) jaar gevangenisstraf
Klag
2 10 (tien) jaar gevangenisstraf
Klag
3 2 (twee) gevangenisstraf
Klag
4 6 (ses) maande gevangenisstraf (alternatiewelik)
Klag
5 6 (ses) maande gevangenisstraf
Klag
6 3 (drie) jaar gevangenisstraf
Klag
7 2 (twee) maande gevangenisstraf
Die vonnisse van klagtes, 3, 4, 5, 6,
en 7 moet saam uitgedien word met klagtes 1 en 2. Dus moet die
beskuldigde ‘n effektiewe
gevangenisstraf van 25 jaar uitdien. Die
Departement van Korrektiewe Dienste word versoek om nie die
beskuldigde op parool vry te
laat voordat hy nie
2
/
3
van sy gevangenisstraf uitgedien het nie.”
Die bovermelde aanhaling
is geneem vanaf bylae B tot die lasbrief tot aanhouding wat deur
Steenkamp R en sy griffier onderteken is.
Steenkamp R het toe as
volg gelas in sy uitspraak (ek gee dit verbatim en volledig weer
soos wat dit op die oorkonde verskyn):
g
Die
Hof gelas dat die
VONNISSE
OP AANKLAGTE 1 EN 2 SAAM MOET LOOP EN UITGEDIEN MOET WORD, ASOOK
AANKLAGTE 3, 4, 5, 6, EN 7
Dit beteken dat u
VYF EN
TWINTIG (25) JAAR EFFEKTIEWE GEVANGENISSTRAF
gekry het en die Hof beveel aan dat die Departement van Korrektiewe
Dienste u nie sal vrylaat voor u nie minstens twee-derdes van
u
vonnisse uitgedien het nie.
(eie beklemtoning)
e
n
Nalees van die bovermelde passasie skep by my die indruk dat,
alhoewel Steenkamp R moontlik bedoel het met dié bevel dat die
applikant effektiewelik vyf en twintig (25) jaar gevangenisstraf
moet uitdien, die opgelegde vonnis self eerder vatbaar is vir
‘n
ander uitleg.
Na my oordeel beteken die
woorde
“die
vonnisse op aanklagte 1 en 2 saam moet loop en uitgedien moet word,
asook aanklagte 3, 4, 5, 6, en 7”
in sy normale betekenis ‘n vonnis van 15 jaar effektiewe
gevangenisstraf. Dit kan moontlik ook, soos wat Mnr. Barnard namens
die
Staat betoog het, vatbaar wees vir ‘n uitleg van 18 jaar
effektiewe gevangenisstraf.
Art. 280(1) en (2) van
die Strafproseswet, 51 van 1977, bepaal as volg:
g
(1)
Wanneer iemand by 'n verhoor aan twee of meer misdrywe skuldig bevind
word of wanneer iemand wat gevonnis staan te word of wat
straf
ondergaan aan 'n ander misdryf skuldig bevind word, kan die hof hom
veroordeel tot die verskillende strawwe vir daardie misdrywe
of, na
gelang van die geval, tot die straf vir so 'n ander misdryf, wat die
hof bevoeg is om op te lê.
(2) Bedoelde strawwe, wanneer hulle
uit gevangenisstraf bestaan, neem 'n aanvang die een na die
verstryking, tersydestelling of kwytskelding
van die ander in die
volgorde wat die hof gelas, tensy die hof gelas dat sodanige
gevangenisstrawwe saamloop.”
Art. 39(2) van die Wet
op Korrektiewe Dienste, 111 van 1998 bepaal as volg ten aansien van
die sameloping van vonnisse:
“
(2)(a) Behoudens die bepalings van
paragraaf (b), sal 'n persoon wat meer as een vonnis van
gevangenisstraf opgelê word of bykomende
vonnisse ontvang terwyl hy
of sy 'n termyn van gevangenisstraf uitdien, elke sodanige vonnis na
die verstryking, tersydestelling
of kwytskelding van die ander
uitdien in die volgorde wat die Kommissaris bepaal, tensy die hof
spesifiek andersins beveel, of tensy
die hof beveel dat sodanige
vonnisse gelyktydig uitgedien moet word maar moet-
(i) enige
bepaalde vonnis van gevangenisstraf wat deur enige persoon uitgedien
word gelyktydig met 'n lewenslange vonnis uitgedien
word of met 'n
vonnis van gevangenisstraf wat deur sodanige persoon uitgedien word
as gevolg daarvan dat hy of sy as 'n gewoontemisdadiger
of 'n
gevaarlike misdadiger verklaar is;
(ii) een
of meer lewenslange vonnisse en een of meer vonnisse wat uitgedien
word as gevolg daarvan dat 'n persoon as gewoontemisdadiger
of 'n
gevaarlike misdadiger verklaar is, ook gelyktydig uitgedien word; en
(iii) geen
plasing of vrylating van 'n gevaarlike misdadiger plaasvind behalwe
ingevolge artikel 286B van die Strafproseswet nie.
(b)
In die geval van die oplegging van meer as een tydperk van
gevangenisstraf, moet die nie-parool tydperk of tydperke, soos
vasgestel
deur die hof, agtereenvolgend uitgedien word voordat 'n
gevangene vir parool in aanmerking mag kom.”
Dat die geleerde Regter
bedoel het om effektiewe gevangenisstraf van vyf en twintig (25)
jaar op te lê, blyk nie net uit die hierbo
aangehaalde passasie
self nie (sien par. 5), maar ook uit bylae B tot die lasbrief,
wat hy sowel as sy griffier onderteken
het en wat in par. 4
aangehaal is. Ek haas my egter om uit te wys dat die
samelopings-bevel in bylae B anders lees as die
samelopingsbevel in
die vonnisuitspraak hierbo aangehaal, deurdat die samelopingsbevel
in bylae B lees:
“
Die vonnisse van klagtes 3, 4, 5, 6
en 7 moet saam uitgedien word met klagtes 1 en 2.”
Gevolglik dus is daar
aansienlike onsekerheid by my aangaande die bevel van sameloping van
vonnisse wat gemaak is. Indien die vonnisuitspraak
korrek
getranskribeer is, beteken dit in my oordeel vyftien (15) jaar
effektiewe gevangenisstraf of moontlik 18 jaar effektiewe
gevangenisstraf.
Hetsy dit 15 jaar of 18 jaar
gevangenisstraf
is, is dit uiteraard ingrypend minder as vyf en twintig (25) jaar
gevangenisstraf wat klaarblyklik bedoel was om opgelê te gewees
het.
Ek moet volledigheidshalwe daarop wys dat die gevangenisowerhede
blykens hulle skrywes in die hofleêr ook die aangeleentheid
benader
op die basis dat die applikant vyf en twintig (25) jaar
gevangenisstraf moet uitdien.
In die belang van reg en
geregtigheid moet daar na my mening ‘n geleentheid gebied word aan
die applikant om in hoër beroep te
gaan, gegewe die voormelde
onsekerheid oor die opgelegde vonnis. Bowendien en in elk geval is
ek van oordeel dat daar redelike
vooruitsigte op sukses in ‘n
appèl teen die vonnis van vyf en twintig (25) jaar effektiewe
gevangenisstraf is, gegewe die kumulatiewe
effek daarvan.
Verder moet daar na my
mening ook weer na die tersaaklike bandopname geluister word ten
einde die korrektheid van die transkripsie
te verifieer. Wat
deurslaggewend sal wees is natuurlik die geleerde Regter se
ipsissima
verba
op die bandopname en nie bylae B tot die lasbrief tot aanhouding nie.
Die volgende bevel word
uitgereik:
Die applikant se
aansoek vir kondonasie word toegestaan.
Die applikant word
verlof verleen om na ‘n Volbank van hierdie Hof te appelleer teen
sy opgelegde vonnis.
Die Griffier van
hierdie Hof word gelas om na die bandopname van die verrigtinge ten
aansien van Steenkamp R se vonnisuitspraak,
meer bepaald die bevel
ten opsigte van die sameloping van die vonnisse van gevangenisstraf,
te luister en by wyse van ‘n eedsverklaring
te boekstaaf, sover
moontlik, wat Steenkamp R se verbatim bevel was.
Die voormelde
eedsverklaring moet so gou doenlik en in elk geval voordat die
applikant se appèl terrolle geplaas word, op die hofleêr
geplaas
word.
_______________
SA Majiedt
REGTER
Namens die
applikant:
Adv
J Cloete
Namens
die respondent:
Adv
T Barnard