S v Speak (CA&R 48/06) [2006] ZANCHC 45 (15 September 2006)

62 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft — Appeal against sentence — Appellant convicted of theft amounting to R150,475.84 while employed as a debt clerk — Appellant pleaded guilty and expressed remorse — Original sentence of five years' imprisonment, half suspended, deemed excessively harsh for a first offender — Court found mitigating personal circumstances, including age, dependents, and cooperation with authorities — Sentence altered to one of correctional supervision in line with the interests of justice and rehabilitation.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 45
|

|

S v Speak (CA&R 48/06) [2006] ZANCHC 45 (15 September 2006)

Verslagwaardig:
Sirkuleer
Aan Regters:
Sirkuleer
aan Streeklandroste
Sirkuleer
Aan Landdroste:
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
JA
/ NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: / Case
number:
CA&R
48/06
Datum verhoor: / Date
heard:
11/09/2006
Datum
gelewer: / Date delivered:
15/09/2006
In
die appèl:
SPEAK,
EMOREEN
Appellant
en
DIE
STAAT Respondent
Coram:
Majiedt R et Lacock R
UITSPRAAK OP APPÈL
LACOCK
R:
Die appellant is op 27
Januarie 2006 in die Streekhof, Kimberley, skuldig bevind aan
diefstal en gevonnis tot 5 (vyf) jaar gevangenisstraf
waarvan die
helfte voorwaardelik opgeskort is vir ‘n periode van 5 (vyf) jaar.
Sy kom nou met verlof van die verhoorhof in hoër
beroep teen die
vonnis haar opgelê.
Met die aanvang van
die verhoor in die Hof
a
quo
het die appellant skuldig gepleit op die aanklag haar ten laste
gelê, en is die tersaaklike feite waarop haar pleit van skuldig
gegrond is en soos deur die Staat aanvaar, vervat in ‘n verklaring
kragtens art. 112(2) van die Strafproseswet, nr. 51 van 1977,
wat
voor die Hof geplaas is. Die inhoud van hierdie verklaring lees as
volg:
“
EK,
die ondergetekende,
EMOREEN SPEAK,
‘
n
volwasse vroulike persoon woonagtig te Greenstraat 96, Kimberley,
verklaar hiermee as volg:
EK
is die beskuldigde in hierdie aangeleentheid.
Ek verklaar hiermee vrywilliglik
en sonder dat ek deur enige persoon enige voordeel beloof is as volg:
Ek is nugter en by my volle
positiewe en wens skuldig te pleit op die aanklag my ten laste
gelê.
Ek erken dat ek gedurende
2004 en te Kimberley in die Streekafdeling, Noord-Kaap,
wederregtelik, valslik en met die opset
om te bedrieg van Sasko,
Kimberley gesteel het die bedrag van R150 475.84 (eenhonderdend
en vyftig duisend vierhonderd
vyf en sewentig rand en vier en
tagtig sent).
Ek wens skuldig te pleit op
die klagte van diefstal, algemene tekort ten bedrae van R150
475.84.
Ek erken verder dat ek
toerekeningsvatbaar was toe ek die misdryf aangegaan het.
Ek weet dat dit wat ek
gedoen het, verkeerd is en dat ek daarvoor gestraf kan word.
Ek
het gewerk as ‘n debiteure-klerk by Sasko, te Longstraat,
Kimberley. My pos het ondermeer behels dat ek verantwoordelik was
vir die hantering van die besigheid se debiteure wat ondermeer behels
het die invordering van debiteure en ook die hantering van
kontantgelde. Ek het toegang gehad tot kontantgelde aangesien die
drywers wat aflewerings gedoen het vir Sasko, aan my die
kontantbedrae
oorhandig het nadat hulle teruggekom het van hulle
afleweringsroetes
Ek
het gedurende die begin van 2004 en sonder dat ek enige toestemming
daartoe gehad het, begin om van die kontantgeld wat ek ontvang
het en
hanteer het, vir myself toe te eien en om dit nie te reflekteer in
die besigheid se boeke nie.
Ek
het foutiewe inskrywings gemaak om die depositos wat ek ontvang het
te reflekteer. Die foutiewe transaksies wat ek gedoen het
om die
boeke te laat balanseer het later op die grootboekrekening te
voorskyn gekom en het die nie met die totale wat in die bank
moes
wees gebalanseer nie.
Ek
het oor ‘n tydperk van ongeveer ‘n jaar ongeveer R150 475.84
vir my self onregmatig toegeëien, welke fondse die eiendom
van
Sasko, Kimberley was en ek het geen toestemming en of magtiging gehad
om my die aldus voormelde bedrae toe te eien nie.
Ek
is algehele eerste oortreder.
Ek
het opregte berou oor my optrede en versoek ek die Agbare Hof om my
vandag te begenadig.
Mnr Van Heerden namens
die appellant het eerstens voor ons aangevoer dat die vonnis die
appellant opgelê, skokkend swaar en onvanpas
was, en tweedens dat
die verhoorhof onvoldoende gewig geheg het aan die gunstige
persoonlike omstandighede van die appellant en
die mate van berou
wat sy getoon het vir haar wandade. Voorts doen Mnr Van Heerden aan
die hand dat ‘n gepaste vonnis vir die
appellant sou wees een van
korrektiewe toesig kragtens art. 276(1)(h) van die Strafproseswet
van 1977.
Vir die redes wat
hieronder volg, stem ek saam met die eerste voormelde submissie van
Mnr Van Heerden. Die persoonlike omstandighede
van die appellant en
soos meer volledig blyk uit haar getuienis ter versagting van
vonnis, kan as volg saamgeneem word:
Ten tye van
vonnisoplegging was sy 27 jaar oud. Sy sou dus ongeveer 25 jaar oud
gewees het ten tye van die pleeg van die tersaaklike
wandade
gedurende 2004.
Hoewel ongetroud, is
die appellant die moeder van ‘n 6 jarige kind wat uitsluitlik van
haar afhanklik is.
Sy het matriek voltooi
en daarna ‘n rekenaarkursus suksesvol voltooi.
In November 1997 het
sy by Sasko, die werkgewer van wie sy gesteel het, begin werk waar
sy met verloop van tyd van winkelassistent
na ontvangsdame en later
na debiteure klerk gevorder het. Nadat sy bedank het by Sasko, is
sy Engeland toe en nadat sy teruggekeer
het van Engeland, het sy vir
‘n tydperk by De Beers gewerk, maar het sy daardie werk verloor as
gevolg van haar skuldigbevinding.
Beide haar ouers leef
nog, is beide werksaam en is in staat om steun te verleen met die
opvoeding van haar kind.
Die appellant is ‘n
algehele eerste oortreder.
Benewens
haar voormelde persoonlike omstandighede, is daar omstandighede wat
myns insiens aanduidend daarvan is dat die appellant
opreg berou
getoon het vir haar wandade, en terselfdertyd ook aanduidend is
daarvan dat die appellant haar les geleer het, waarskynlik
nie
ligtelik ‘n soortgelyke misdryf in die toekoms sal pleeg nie, en
gevolglik nie ‘n kandidaat vir rehabilitasie oor ‘n
lang periode
binne gevangenisverband is nie. Daardie faktore is die volgende:
Soos blyk uit haar eie
onbetwiste getuienis en dié van Mnr Oosthuizen, ‘n interne
rekenmeester van die Pioneer Foods-Groep en
waaronder Sasko, het
laasgenoemde die appellant geskakel terwyl sy in Engeland was, en
navraag by haar gedoen aangaande tekorte
wat hy in die boeke van die
Kimberley-tak van Sasko waargeneem het vir die tydperk waartydens
die appellant die debiteure klerk
van die tak was. Nadat Mnr
Oosthuizen besonderhede van die vermoedelike ongerymdhede aan haar
gestuur het, het die appellant hom
gekontak, erken dat sy die geld
gesteel het, en het daarna na Suid-Afrika teruggekeer. Hier het sy
oor ‘n tydperk van twee dae
haar volle samewerking verleen en
gehelp met die teboekstawing van die gelde wat sy oor die
tersaaklike tydperk gesteel het.
Dit is gemeensaak dat
die volle bedrag van R150 475.84 deur die appellant aan Sasko
terugbetaal is. Volledigheidshalwe moet
ek egter meld dat haar
ouers gehelp het met die betaling van die grootste gedeelte van die
bedrag.
Die appellant het,
nadat sy haar skuld teenoor Mnr Oosthuizen beken het, haar
samewerking in die afhandeling van die strafsaak verleen,
en het sy
dan ook skuldig gepleit soos hierbo vermeld.
Met die voorgaande in
gedagte kom ‘n vonnis van 5 (vyf) jaar gevangenisstraf waarvan die
helfte voorwaardelik opgeskort is, vir
‘n eerste oortreder my
buitensporig swaar en onvanpas voor. Hierdie vonnis verskil sodanig
van ‘n vonnis wat ek, indien ek
die appellant in die eerste
instansie moes vonnis, sou opgelê het, dat dit myns insiens
inmenging deur hierdie Hof noodsaak.
Die vonnis die appellant
opgelê moet dus ter syde gestel word.
Vervolgens is die vraag
wat is ‘n gepaste vonnis wat die appellant opgelê behoort te word.
Teenoor die voormelde
versagtende omstandighede van die appellant is daar die volgende
verswarende omstandighede wat noodwendig
in ag geneem moet word:
Die wandade wat die
appellant gepleeg het, is deeglik beplan. Wat sy gedoen het was om
van die kontantgeld wat aan haar oorhandig
is deur
afleweringspersoneel, en veral op Saterdae, vir haar haarself toe te
eien. Op een of ander wyse het sy dan die tekorte
op die
bankdepositos sodanig verdoesel dat selfs ‘n vorige rekenmeester
van Sasko dit nie opgetel het nie.
Die gelde is oor ‘n
tydperk van ongeveer ‘n jaar gesteel. Die appellant het dus nie
‘n eenmalige diefstal gepleeg nie, en
het dus ook ruim geleentheid
gehad om te besin oor haar dieftige handelinge en dit te staak. Dit
het sy oor ‘n tydperk van ‘n
jaar versuim om te doen.
Daar is niks wat
daarop dui dat die appellant in die tydperk waartydens die gelde
gesteel is, in finansiële nood verkeer het nie.
Sy het ‘n vaste
betrekking met ‘n relatief goeie salaris verdien. In haar eie
woorde het sy hierdie gelde vir persoonlike
skuld (die bedrag of
bedrae is onbekend), alledaagse gebruik, plesier en vir
“mooi
goed”
aangewend.
Boonop het sy ook nog
met haar kind by haar ouers gewoon. Ek meen dat Mnr Bagananeng
korrek is in sy submissie dat die appellant
uit gierigheid gesteel
het.
Die bedrag wat die
appellant oor die tydperk gesteel het, is beslis nie gering nie.
Dit het in totaal meer as R150 000.00 beloop.
Ten tye van die pleeg
van hierdie wandade was die appellant in ‘n vertrouensposisie in
die diens van die slagoffer, Sasko. Aan
haar was die
verantwoordelikheid toevertrou om gelde vanaf kliënte in ontvangs
te neem en toe te sien dat dit in die bankrekening
van haar
werkgewer beland. Van hierdie vertrouensposisie het sy misbruik
gemaak ten koste van haar werkgewer en wat ook verantwoordelik
was
daarvoor dat sy ‘n vaste betrekking gehad het en ‘n maandelikse
inkomste verdien het.
Benewens die
voorgaande kan hierdie Hof ook nie sy oë sluit vir die tendens wat
in hierdie Provinsie ondervind word naamlik dat
vroue, en meer
bepaald jong vroue, hulself toenemend skuldig maak aan hierdie tipe
sogenaamde witboordjie misdade waar feitlik
sonder uitsondering geld
van hul werkgewers gesteel word nie. Dit is bekend dat dit nie
maklik is om hierdie tipe diefstal aan
die kaak te stel nie, daar
die vindingrykheid waarmee dit verdoesel word, toenemend meer
geslepe raak. In hierdie verband het
hierdie Hof, anders as wat Mnr
Van Heerden betoog het, ‘n openbare verpligting teenoor die
publiek om te poog om hulle teen hierdie
tipe misdade te beskerm.
Die publiek bestaan nie slegs uit die man in die straat nie, maar
ook uit die sakesektor waaronder banke,
besighede, die verskillende
vertakkinge van die owerhede, ensovoorts. Daarbenewens word ook die
gewone man minstens indirek nadelig
geraak deur hierdie tipe
misdrywe gepleeg teenoor onder andere die sakesektor. Dit sal ‘n
kwade dag wees en ‘n ernstige versuim
aan die kant van die howe
indien vonnisse wat aan sogenaamde witbroodjie misdadigers opgelê
word, gesien sou word as dat die kool
die sous werd is.
Ons is deur beide
advokate verwys na vonnisse wat in die verlede deur howe vir
soortgelyke oortredings aan beskuldigdes opgelê
is. Daardie
vonnisse wissel van direkte gevangenisstraf wat gedeeltelik of in
die geheel opgeskort was na boetes met gevangenisstraf
as
alternatief asook vonnisse van korrektiewe toesig. Ek is nie
voornemens om daardie sake in hierdie uitspraak te behandel nie
omdat die omstandighede van die sake so uiteenlopend is en ook
grootliks verskil van die omstandighede in hierdie saak.
Na my mening sal die
mees gepaste vorm van straf vir die appellant een wees soos vervat in
art. 276(1)(i) van die Strafproseswet van
1977. Sodanige vonnis sal
gebalanseerd gestalte verleen aan alle faktore tersaaklik by
vonnisoplegging naamlik die erns van die
misdryf, die openbare
belang, die persoonlike omstandighede van die appellant, en die
gevolge wat die misdryf vir die slagoffer teweeggebring
het.
Daarbenewens sal die oogmerke wat ‘n vonnis oplegger met sy vonnis
behoort na te streef eweneens daarin weerspieël word
naamlik die
mate waartoe die appellant rehabilitasie benodig, ‘n element van
vergelding, dat andere daardeur afgeskrik sal word
om soortgelyke
misdrywe te pleeg, en laastens om te voorkom dat die appellant self
haar weer tot ‘n misdryf van hierdie aard wend.
S
v Rabie, 1975(4) SA 855 (AA) te 861
en
verder.
Die misdryf waaraan
die appellant skuldig bevind is, is ‘n ernstige misdryf. Dit op
sigself verg dat die erns daarvan in die
vonnis vergestalt behoort
te word. Terselfdertyd verg die erns daarvan dat daadwerklike en
ernstige oorweging gegee word aan die
element van afskrikking waarna
hierbo verwys is. Ook die toename in hierdie tipe misdryf onder
veral vroue verg dat aan hierdie
element van afskrikking voldoende
oorweging verleen word. Sien
S
v Flanagan 1995(1) SASV 13 (A)
.
Daar ek van oordeel is
dat die oogmerke van rehabilitasie en voorkoming van ‘n herhaling
van die misdaad ‘n geringer rol
in
casu
speel, is ‘n vonnis waardeur die appellant vir ’n lang tyd uit
die gemeenskap verwyder word, nie geregverdig nie. Sien
S
v Seegers, 1970(2) SA 506 (AA) te 511 G
;
en
S
v Popo, 1978(1) SA 476 (AA) te 481 F
.
‘
n
Vonnis kragtens art 276(1)(i) van die Strafproseswet van 1977 is
beslis nie ‘n geringe vonnis nie. Benewens ‘n minimum tydperk
van gevangenisstraf sal die appellant daarna onder streng
voorwaardes as’t ware tuis gevangenisstraf uitdien vir ‘n baie
lang
tydperk. Minstens sal sy dan in staat gestel word om weer ‘n
nuttige bestaan te voer, haar kind te versorg en om buite die
gevangenis
te rehabiliteer en haar boete te doen.
Na my mening is ‘n
vonnis van 3 (drie) jaar kragtens die voorskrifte van art 276(1)(i)
die mees gepaste vonnis wat die appellant
opgelê behoort te word.
Bygevolg sou ek die
volgende bevele hierin verleen:
Die
skuldigbevinding word bekragtig.
Die vonnis die
appellant opgelê word ter syde gestel en vervang met die volgende:
“
Gevangenisstraf
vir ‘n periode van 3 (drie) jaar kragtens die voorskrifte van art
276(1)(i) van die Strafproseswet, nr 51 van 1977”.
_______________
HJ Lacock
REGTER
Ek
stem saam en dit word so gelas.
_______________
SA Majiedt
REGTER
Namens
appellant:
Adv
CF Van Heerden
Namens
respondent:
Adv
MGW Bagananeng (Kantoor van die DOV, Kimberley)