About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 105
|
|
S v Whitehead and Others (CA&R 2/2005) [2006] ZANCHC 105 (12 September 2006)
Reportable:
YES / NO
Circulate
to Judges: YES / NO
Circulate
to Magistrates: YES / NO
Circulate
to Regional Magistrates: YES / NO
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
CA&R /2005
Saak
Aangehoor: 08/09/2006
Datum
Gelewer: 12/09/2006
In
die saak:
Alexander Geoge
Whitehead 1ste Applikant
Arend Christiaan
de Waal 2de Applikant
Gerhardus Johannes
Taljaart 3de Applikant
Louis George
Rademeyer 4de Applikant
Willem Jacobus
Petrus Jacobs 5de Applikant
Hans Jacob
Wessels 6de Applikant
Reyno Adriaan
Rossouw 7de Applikant
Ryan Albutt 8ste
Applikant
versus
Die
Staat Respondent
Coram:
Majiedt R et Olivier R
UITSPRAAK
OP APPéL
OLIVIER R:
Die
Applikante doen aa
nsoek
om verlof om te appelleer teen ân bevel van hierdie Hof ingevolge
waarvan die verlenging van borgtog geweier is.
Die applikante, wat
mede-beskuldigdes was in die Streekhof, is skuldig bevind op
aanklagte van strafbare manslag, openbare geweld
en aanranding met
die opset om ernstig te beseer en gevonnis tot gevangenisstraf vir
verskillende termyne wat wissel tussen agt
en tien jaar
effektiewelik.
Die Streeklanddros het
aan hulle verlof verleen om te appelleer teen hulle
skuldigbevindings en vonnisse, en het ook aan hulle borg
verleen
hangende die beregting van hulle appèl na hierdie Hof.
Alhoewel die
applikante tot op daardie stadium almal gebruik gemaak het van die
dienste van net een prokureur en advokaat het drie
van hulle,
naamlik die eerste, vierde en agtste applikante, daarna die dienste
van hulle regsverteenwoordigers beëindig en as
ân groep verder
gebruik gemaak van ân nuwe stel regsverteenwoordigers. Dié drie
applikante het dan ook, anders as die res,
nie alleen appèl
aangeteken teen hulle skuldigbevindings en vonnisse nie, maar ook ân
aansoek geloods om verlof om verdere getuienis
aan te bied.
Op
2 Junie 2006 is al die applikante se appèlle (sowel as die gemelde
aansoek om verdere getuienis voor te lê) egter afgewys deur
my
ampsbroers
Majiedt
R
en
Kgomo
RP
.
Aansoeke is toe op 8 en 9 Junie 2006 namens al die applikante
afgelewer om verlof om te appelleer teen die afwysing van hulle
appèlle (en van die aansoek om verdere getuienis aan te bied) en
daardie aansoeke is ter rolle geplaas vir verhoor op 16 November
2006.
Beide die groepe
applikante het toe ook aansoek gedoen om die verlening,
alternatiewelik verlenging, van borg hangende hulle aansoeke
om
verlof tot appèl. Op 7 Julie 2006 is ook hierdie aansoeke van die
applikante egter deur my ampsbroers afgewys.
Altwee die groepe
applikante het toe stappe geneem om te appelleer teen die weiering
van borg. Die tweede, derde, vyfde, sesde
en sewende applikante het
die Hoogste Hof van Appèl genader en ân kennisgewing van appél
teen die weiering van borg afgelewer,
sowel as ân praktyksnota
waarin duidelik gemaak is dat dit die voorneme van die betrokke
applikante was om in daardie Hof te
appelleer teen die weiering van
borg.
Die eerste, vierde en
agtste applikante het ân ietwat verskillende werkswyse gevolg.
Daar is op 11 Julie 2006 namens hulle ân
kennisgewing van mosie
afgelewer, eweneens in die Hoogste Hof van Appél, waarin hulle
basies versoek het dat ân appèl teen
die weiering van borgtog op
ân dringende basis aangehoor moes word.
Alhoewel
hierdie applikante in die gemelde kennisgewing van mosie ook versoek
het
âDat
in soverre nodig, op dringende basis aan Applikante verlof verleen
word om na hierdie Hof te appelleerâ
,
is daar in hulle funderende beëdigde verklarings duidelik gemaak
dat hulle geadviseer is dat hulle op sterkte van die beslissings
van
S
v Botha en ân Ander
2002 (1) SASV 222 (HHA) en
S
v Bruintjies
2003 (2) SASV 575 (HHA) eintlik geregtig was om direk, en sonder die
verlof van hierdie Hof, by daardie Hof appèl aan te teken
teen die
weiering van borg.
In
S
v Botha en ân Ander
is in effek beslis dat, waar ân Hooggeregshof as Hof van eerste
instansie borg geweier het, daar ân direkte reg van appèl
na die
Hoogste Hof van Appél is, sonder dat daar eers vooraf verlof
hiertoe bekom hoef te word in die betrokke afdeling van die
Hooggeregshof (sien
S
v Botha en ân Ander, supra,
op 228f-g, en ook
S
v Bruintjies, supra,
en
S
v van Wyk
2005 (1) SASV 36 (HHA) op 43f).
Met
die uitsondering van die vierde applikant, wat versuim het om aan te
meld vir die uitdiening van sy gevangenisstraf en dus tans
ân
voortvlugtige is, het al die ander applikante intussen begin om
hulle onderskeie vonnisse van gevangenisstraf uit te dien.
Die
vierde applikant het gevolglik geen
locus
standi
in hierdie aangeleentheid nie en die aansoek sal dus bereg word
slegs vir soverre dit die ander applikante aangaan.
Op
13 Julie 2006 het die Hoogste Hof van Appél ân bevel
uitgevaardig, onder ân kopstuk waarin verwys is na al agt die
applikante,
dat
âThe
application for leave to appeal is dismissedâ
.
Op 11 Augustus 2006 is
ân skrywe van die Bloemfontein prokureurs Symington & De Kok
afgelewer op die Griffier van die Hoogste
Hof van Appél (ten spyte
daarvan dat die betrokke skrywe eintlik gerig is aan die Griffier
van die Hooggeregshof in Bloemfontein).
Alhoewel daar nie in die
skrywe in duidelike terme gestel is namens watter applikante die
betrokke skrywe gerig is nie, moet daar
waarskynlik, uit die
verwysing in die skrywe na die kennisgewing van mosie van 11 Julie
2006, afgelei word dat die skrywe
bedoel was om gerig te word namens
die eerste, vierde en agtste applikante.
Hoe
dit ookal sy, in die skrywe is die standpunt o
ënskynlik
ingeneem
dat die betrokke applikante aanvanklik verkeerdelik geadviseer was
dat hulle geregtig was om appél aan te teken teen die weiering
van
borgtog, sonder die vooraf verlof van hierdie Hof. Die Griffier van
die Hoogste Hof van Appél is versoek om die Regters wat
betrokke
was by die bevel van 13 Julie 2006 te nader om die opklaring van
daardie bevel, en daar is aan die hand gedoen dat die
bevel gewysig
behoort te word
âso
as to make it clear that what was in fact refused is the application
for leave to appeal against the order made by the Northern
Cape
Division dismissing the applicantsâ application to be granted bail
pending their application to the Northern Cape Division
for leave to
appeal against their conviction and sentenceâ
.
Dit is nie duidelik
wat die voorgestelde wysiging sou bereik nie, aangesien dit juis was
hoe die bevel van 13 Julie 2006 in effek
gelees het. Wat die
betrokke skrywe waarskynlik beoog het, was dat die bevel gewysig
moes word om te lees dat die regshulp uiteengesit
in die
kennisgewing van mosie (wat ingesluit het die verlening van
kondonasie) nie oorweeg is nie, en wel op die basis dat die
betrokke
applikante (volgens die nuwe advies) nie geregtig sou gewees het om
die Hoogste Hof van Appél te nader sonder om vooraf
verlof daartoe
te verkry van hierdie Hof nie.
Hoe
dit ookal sy, die Griffier van die Hoogste Hof van Appél het toe op
14 Augustus 2006 (en in antwoord op die gemelde skrywe
van Symington
& De Kok) berig dat:
âDie
aansoek wat afgewys is, is die aansoek vervat in die kennisgewing
van mosie gedateer 10 Julie 2006 in saak no 378/06â
.
Die tweede, derde, vyfde, sesde en sewende applikante, wie se name
ook in die bevel vermeld is, was egter nie partye tot die
kennisgewing van mosie nie en het nooit aansoek gedoen om verlof tot
appél nie.
Hierdie
skrywe het, met respek, glad nie enigsins bygedra tot die opklaring
van die onduidelikheid nie; waarskynlik onder andere
as gevolg
daarvan dat daar nie in die gemelde skrywe van Symington & De
Kok duidelik gemaak is presies wat die bron van verwarring
is en wat
die standpunt is wat namens die eerste, vierde en agtste applikante
gehandhaaf is nie.
Dit
bring ongelukkig mee dat daar nou aansienlike verwarring heers oor
wat presies deur die Hoogste Hof van Appél oorweeg en bereg
is en
of die betrokke bevel inderdaad slaan op al agt die applikante. Die
een moontlike uitleg van die betrokke bevel, minstens
vir soverre
dit die eerste, vierde en agste applikante aanbetref, sou wees dat
die meriete van hulle aansoek om verlof tot appél
inderdaad oorweeg
en bereg is, wat sou beteken dat die aangeleentheid eintlik,
minstens soverre dit hulle betref,
res
iudicata
sou wees. Die tweede, derde, vyfde, sesde en sewende applikante het
nou wel nie in daardie Hof aansoek gedoen om verlof tot appél
teen
die weiering van hulle borgtog nie, maar die vermelding van hulle
name as applikante in die kopstuk tot die betrokke bevel
sou kon
suggereer dat daar ook ten aansien van hulle ân aansoek om verlof
tot appél oorweeg en geweier is. So ân benadering
sou ook
impliseer dat, alhoewel verlof tot appél ook hier nodig is, dit
sommer direk by daardie Hof versoek kan word, sonder om
eers hierdie
Hof om verlof te nader. Dit sou ook nie op die oog af sin maak nie.
Hierdie
uitleg sou egter na my oordeel strydig wees met die beslissing van
S
v Botha en Andere, supra,
maar ek sal aanstons weer hiermee handel.
Mnr
Bredenkamp, wat nou namens al die applikante (met die uitsondering
van die vierde applikant) in hierdie Hof verskyn het, het
aan die
hand gedoen dat die feit dat die Hoogste Hof van Appél geen redes
verstrek het vir die bevel van 13 Julie 2006 nie, aanduidend
daarvan
sou wees dat dit inderdaad nie die meriete van die aansoek om verlof
tot appél was wat oorweeg is nie, maar dat die aansoek
in daardie
Hof op ân
âtegnieseâ
basis afgewys is, sonder die oorweging van die meriete daarvan. Dit
mag seker ân moontlike afleiding wees, maar aan die ander
kant
moet dit in gedagte gehou word dat die Hoogste Hof van Appél ook
nooit redes verstrek vir bevele wat gemaak word op petisie
nie.
In
elk geval sou ân mens verwag het dat, indien die betrokke aansoek
van die eerste, vierde en agste applikante, en meer spesifiek
ân
aansoek in daardie Hof om verlof tot appél, glad nie ontvanklik was
nie (byvoorbeeld weens die feit dat die applikante eers
in hierdie
Hof aansoek moes gedoen het om verlof tot appél, soos deur mnr
Bredenkamp aan die hand gedoen), die Hoogste Hof van
Appél die
skrapping of verwydering van die aangeleentheid van die rol sou
gelas het, en nie ân bevel sou gemaak het wat die
indruk sou kon
skep dat die meriete van die aansoek oorweeg is en dat die aansoek
op daardie basis afgewys is nie.
Dit sou seker ook
moontlik wees dat die aansoek in die kennisgewing van mosie eintlik
afgewys is op die basis daarvan dat daar nie
ân saak uitgemaak is
vir dringendheid nie en dat die applikante dus nie by die regshulp
versoek in paragrawe 1 en 2 van die kennisgewing
van mosie (die
bedes vir kondonasie) verbygekom het nie. Weereens sou die bevel
van 13 Julie 2006 egter ook vir ander moontlike
uitlegte vatbaar
wees. Die ongelukkige gevolg is dat dit op hierdie stadium
eenvoudig totaal onduidelik is wat presies dit is
wat die Hoogste
Hof van Appél reeds oorweeg en beslis het en wat presies die
standpunt van die Hoogste Hof van Appél was met
betrekking tot die
vraag of enige van die applikante geregtig was om daarheen te
appélleer sonder die vooraf verlof van hierdie
Hof.
Al sewe die
oorblywende applikante het nou hierdie Hof genader om verlof tot
appél teen die weiering van borg. My ampsbroer Kgomo
RP is
intussen met langverlof, maar daar is namens die applikante aangedui
dat daar geen beswaar sou wees daarteen dat hierdie
Hof vir
doeleindes van die onderhawige aansoek anders saamgestel sal wees
nie.
Soos
reeds gemeld, het mnr Bredenkamp hier namens al sewe die oorblywende
applikante verskyn en hy het namens hulle aan die hand
gedoen dat
hulle aanvanklik verkeerdelik geadviseer is dat hulle geregtig was
om sonder die verlof van hierdie Hof na die Hoogste
Hof van Appél
te appelleer teen die weiering van borgtog. Mnr Bredenkamp het die
beslissing van
S
v Botha en Andere
probeer onderskei deur aan die hand te doen dat, anders as wat die
posisie was met die Hof
a
quo
in daardie geval, hierdie Hof ook by die weiering van borgtog
inderdaad gesit het as ân Hof van tweede instansie, en nie as ân
Hof van eerste instansie nie. Mnr Bredenkamp het in hierdie verband
onder andere daarop gesteun dat dit uit die betrokke bevel
(van 7
Julie 2006) van hierdie Hof duidelik blyk dat wat geweier is
inderdaad die verlenging van die bestaande borgtog was, en
nie die
toestaan van ân nuwe bevel van borg nie.
Na
my oordeel kan hierdie argument nie water hou nie. Ek is, in die
eerste plek, van oordeel dat daar slegs sprake daarvan sou
kon wees
dat hierdie Hof as ân Hof van tweede instansie ân bevel maak,
waar daardie bevel sou volg op die oorweging van ân
dispuut wat
reeds in ân laer Hof gedien of ontstaan het, met ander woorde
waar hierdie Hof dan genader sou word om verligting
ten aansien van
ân bevel wat reeds in hierdie verband gemaak is (sien
Buchanan
v Marais NO and Others
[1991] ZASCA 19
;
1991 (2) SA 679
(A) op 684A,
Sita
and Another v Olivier, NO, and Another
1967 (2) SA 442
(A) op 449D en
R
v Bhana
1954 (1) SA 45
(A) op 50B-H).
Dat
daar in hierdie Hof aansoek gedoen mag gewees het om die verlenging
van die borgtog wat reeds deur die Streeklanddros verleen
was en dat
dit inderdaad mag wees wat geweier is, beteken nog lank nie dat
hierdie Hof dan, in die weiering van sodanige aansoek,
gesit het as
Hof van tweede instansie nie. Die feit is dat hierdie Hof nie, in
die oorweging van die betrokke aansoek, gemoeid
was met ân hoër
beroep teen ân bevel wat reeds in hierdie verband gemaak is nie.
Inteendeel, daar was nie eers in hierdie
verband enige dispuut
hoegenaamd in die Streekhof nie en die bevel wat daar gemaak is ten
aansien van borgtog was presies dit wat
die applikante verlang het.
Hulle het nie ten aansien daarvan in hoër beroep gekom nie. Die
bewoording van hierdie bepalings
impliseer veel eerder dat die
kwessie van borg hangende appél (hetsy by wyse van verlenging of
andersins) ân nuwe aspek sal
wees wat vir die eerste keer geopper
kan word in die Hof wat die aanvanklike appél oorweeg. Dat daardie
Hof dan saamgestel mag
wees soos ân Hof van appél, beteken nie
dat dit vir doeleindes van die aansoek om borg hangende appél ân
Hof van tweede instansie
sal wees nie.
In
die tweede plek is dit so dat die bepalings van artikel 309(5),
gelees met artikel 307, van die Strafproseswet, 51 van 1977,
wat
immers juis vir hierdie Hof die bevoegdheid geskep het om ân
aansoek om borgtog hangende appél te oorweeg, net eenvoudig
op geen
wyse so vertolk kan word as om te beteken dat so ân bevel in effek
dan gegee sou word in hoër beroep en dus deur ân
Hof van tweede
instansie nie. Dit het mnr Bredenkamp dan ook geredelik toegegee.
Laastens
bestaan daar ook in elk geval nie na my oordeel enige statutêre
magtiging vir hierdie Hof om onder omstandighede soos
hierdie ân
aansoek om verlof om te appelleer te bereg nie. Sodanige
bevoegdheid kan beslis nie ontleen word aan die bepalings
van
hoofstuk 31 van die Strafproseswet nie, aangesien daardie bepalings
van daardie hoofstuk baie duidelik slaan op
âapplications
for leave to appeal in the context of criminal trials before the
Supreme Court as a Court of first instanceâ
(vergelyk
S
v Mtimkulu
1975 (1) SA 209
(T) op 211E-F). In die onderhawige geval het
hierdie Hof by daardie geleentheid nie gesit as ân Hof van eerste
instansie in
ân strafverhoor nie.
Ook
die bepalings van artikel 20 van die Hooggeregshofwet, 59 van 1959,
sou na my oordeel nie in die onderhawige geval aan hierdie
Hof die
bevoegdheid verleen het om ân aansoek om verlof tot appél teen
die weiering van borgtog te oorweeg nie. Die oorweging
en weiering
van borgtog deur hierdie Hof was nie ân
âsiviele
gedingâ
nie (sien
S
v Botha en Andere, supra,
op 225b-c) en kan ook nie na my mening beskou word as ân
uitspraak of bevel van hierdie Hof
âop
appél na hom gegeeâ
nie. Die bevel wat hier
âop
appélâ
gegee is, was eenvoudig dat die appél teen die skuldigbevindings en
vonnisse afgewys is. Dit was slegs vir daardie doeleindes
dat
hierdie Hof as ân Hof van appél, en gevolglik as ân Hof van
tweede instansie, gesit het (alhoewel dit onnodig is om daaroor
te
beslis het hierdie Hof waarskynlik ook vir doeleindes van die
aansoek om verdere getuienis aan te bied, gesit as ân Hof van
eerste instansie).
Toe
hierdie Hof later die aansoek oorweeg het om die verlenging van die
borgtog, het dit na my oordeel duidelik gesit as ân Hof
van eerste
instansie. Gevolglik is die beslissing van
S
v Botha en Andere, supra,
in hierdie geval van toepassing en was (en is) die applikante
geregtig om teen die weiering van borgtog te appelleer na die
Hoogste
Hof van Appél sonder die verlof van hierdie Hof.
Heeltemal
afgesien hiervan, bestaan daar in elk geval tans totale verwarring
oor wat presies die
status
quo
is van die prosesse wat die verskillende applikante in die Hoogste
Hof van Appél aanhangig gemaak het, en na my oordeel sou dit
dus in
elk geval totaal onhoudbaar wees vir hierdie Hof om onder sodanige
omstandighede oorweging te verleen aan die meriete van
ân aansoek
om verlof om te appelleer teen die weiering van borgtog. Die
tweede, derde, vyfde, sesde en sewende applikante se
kennisgewing
van appél is tot op datum nog nie teruggetrek nie en veral in hulle
geval is daar dus nog duidelik ân hangende
appél in die Hoogste
Hof van Appél.
Ek is van oordeel dat
die enigste praktiese en werkbare uitweg in hierdie geval sou wees
dat al die applikante die Hoogste Hof van
Appél behoort te nader
met ân appél teen hierdie Hof se weiering van borgtog. Vir
soverre daar nie ook in elk geval reeds
in effek sodanige appél
aanhangig gemaak is namens die eerste en agtste applikante nie, kan
dit op ân dringende basis gedoen
word.
Indien
die bevel van die Hoogste Hof van Appél (van 13 Julie 2006) dan
bedoel was om te beteken dat nie een van die applikante
in effek
nodig gehad het om aansoek te doen om verlof tot appél nie, kan
hulle appél (en waarskynlik aansoek om kondonasie) dan
sondermeer
bereg word. Indien dit nie die bedoeling was nie, kan die Hoogste
Hof van Appél op daardie stadium meer duidelikheid
in hierdie
verband verskaf. ân Mens besef dat die applikante intussen van
hulle vryheid ontneem is en dat die aangeleentheid
uiteraard om
hierdie rede redelik dringend is, maar daar is na my oordeel werklik
geen ander praktiese uitweg in die omstandighede
nie.
In
die omstandighede sou dit onvanpas wees om die meriete van die
onderhawige aansoek te oorweeg en sou ek die volgende bevel in
hierdie aangeleentheid maak:
Die
aansoek om verlof om te appelleer teen die weiering van borgtog word
van die rol geskrap.
_______________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
EK
STEM SAAM EN DIT WORD SO GELAS:
_______________________
S A MAJIEDT
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
die Applikante: Adv B Bredenkamp, SC
In
opdrag van: Symington & de Kock, Bloemfontein
Nms
die Staat: Adv H Cloete
Namens: Direkteur
van Openbare Vervolgings, Kimberley