About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 104
|
|
S v Louw (CA&R 66\06) [2006] ZANCHC 104 (8 September 2006)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: CA&R
66\06
Datum
verhoor: 04\09\2006
Datum
gelewer: 08\09\2006
In
die appél van
:
KOOS
LOUW APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R et LACOCK R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Die
appellant is skuldig bevind in die streekhof op ân aanklag van
poging tot moord en is gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf,
waarvan
2 jaar voorwaardelik opgeskort is vir ân tydperk van 5 jaar. Die
voormelde skuldigbevinding het gevolg op die appellant
se pleit van
skuldig.
Dit blyk uit die
appellant se skriftelike pleitverduideliking ingevolge die bepalings
van artikel 112(2) van die Strafproseswet,
51 van 1977, dat hy
wederregtelik en opsetlik ân 8-jarige dogter verskeie houe met ân
dik wingerdloot toegedien het op haar
liggaam met die opset om haar
te dood. Hy het die dogtertjie só aangerand omdat sy geweier het
om wyn te gaan haal by ân huis
soos wat hy haar versoek het om te
doen.
Dat
hierdie ân uiters ernstige aanranding was (vandaar die aanklag van
poging tot moord waarop die appellant skuldig gepleit het)
blyk
duidelik uit die geneesheer se mediese verslag wat as ân bewysstuk
by die verhoor ingedien is. Daarvolgens het Dr. Meyer
veelvuldige
sagteweefsel kneusings oor die klaagster se bolyf aangetref. Sy is
dermate aangerand dat sy ân fraktuur van die
regterarm opgedoen
het. Ter afsluiting beskryf Dr. Meyer dit as ân â
brutale,
gewelddadige en onnodige aanranding van ân 8-jarige dogtertjie!!
Barbaars!â
By
oorweging van vonnis het die streeklanddros verkeerdelik onder die
indruk verkeer dat die ten laste gelegde misdryf ressorteer
onder
die bepalings vervat in artikels 51 en 52 van Wet 105 van 1997,
saamgelees met Deel III van Bylae 2 daarvan. Die misdryf
poging tot
moord verskyn nie in dié bepaalde bylae nie. Aanranding met die
opset om ernstig te beseer gepleeg op ân kind onder
die ouderdom
van 16 jaar is wel ân misdryf wat gelys word onder Deel III. Vir
sodanige misdryf wat gelys is onder Deel III is
die voorgeskrewe
minimumvonnis ingevolge artikel 51(2)(b)(i) vir ân eerste
oortreder gevangenisstraf vir ân tydperk van minstens
10 jaar.
Die streeklanddros was die mening toegedaan dat daar wel wesenlike
en dwingende omstandighede bestaan en het toe afgewyk
van wat hy
onder die indruk verkeer het die minimumvonnis van 10 jaar
gevangenisstraf was. Soos alreeds aangedui hierbo, het hy
toe die
appellant gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf waarvan 2 jaar
voorwaardelik opgeskort is vir ân tydperk van 5 jaar.
Dit
is by my ân ope vraag of die feit dat die misdryf poging tot moord
op ân kind onder die ouderdom van 16 jaar nie verskyn
in Deel III
nie enigsins daaraan afbreuk doen dat dit eintlik ân ernstiger
misdryf is as die een wat wel in Deel III
verskyn, te wete
aanranding met die opset om ernstig te beseer gepleeg op ân kind
onder die ouderdom van 16 jaar. Dit is egter
nie nodig om daaroor
ân beslissing te maak nie, gegewe die gevolgtrekking waartoe ek
gekom het hierin.
Nadat
die appellant skuldig bevind is op sy aangebode pleit van skuldig,
het die aanklaer die getuienis van die ondersoekbeampte
in die saak,
inspekteur Majere, gelei. Inspekteur Majere het getuig dat hy bewus
was daarvan dat die appellant wel ân misdaadrekord
het. Hy het
verduidelik dat die appellant se amptelike rekord van vorige
veroordelings nog nie bekom kon word nie, omdat dit later
geblyk het
dat die appellant van twee name gebruik maak, te wete Koos Tieties
sowel as Koos Louw. Die appellant het ook verder
twee verskillende
geboortedatums opgegee. Die gevolg van voormelde was dat die
plaaslike kriminele rekordsentrum die misdaadrekord
moes bekom van
hul nasionale kantoor te Pretoria. ân Belangrike deel van die
ondersoekbeampte se getuienis is dat hy getuig
het dat hy persoonlik
kennis daarvan dra dat die appellant al in die verlede tot ân
gewoontemisdadiger verklaar was, maar kon
hy nie die gegewens vanaf
die rekenaar trek nie aangesien hulle drukker buite werking was.
Die saak is daarna op versoek van die
staatsaanklaer uitgestel vanaf
17 November 2004 tot 2 Desember 2004, d.w.s. vir net meer as 2 weke.
Die doel van die uitstel was
om die Staat die geleentheid te bied
om die appellant se SAP 69-rekord te bekom.
By
die hervatting van die verrigtinge op 2 Desember 2004, het die Staat
op rekord geplaas dat die appellant se rekord van vorige
veroordelings nog steeds nie bekom is nie en het die Staatsaanklaer
weer vir inspekteur Majere geroep om te getuig. Laasgenoemde
het
getuig dat hy persoonlik die plaaslike kriminele rekordsentrum te
Upington besoek het en dat dit geblyk het dat die SAP 69
nog
nie ontvang is nie. Die hoofkantoor te Pretoria is gekontak en dit
het geblyk dat as gevolg van probleme met die stelsel daar
die
misdaadrekord se gegewens nog nie bekom kon word nie. Die appellant
se prokureur het beswaar gemaak teen ân verdere uitstel
van die
saak en die streeklanddros het toe op die basis dat die Staat
alreeds genoeg tyd gegun was, verdere uitstel geweier. Die
vonnisverrigtinge is toe gevolglik afgehandel op die basis dat die
appellant as ân eerste oortreder beskou is.
Dit
is weliswaar korrek dat die appellant alreeds gearresteer is op
2 Mei 2004 en dat tot 2 Desember 2004 (d.w.s. ân periode
van
7 maande) die rekord van vorige veroordelings nie bekom kon word
nie. Wat vir my besonder onrusbarend is, is die feit dat
inspekteur
Majere onder eed getuig het dat hy persoonlik kennis daarvan dra dat
die appellant ân lang misdaadrekord het en dat
hy al vantevore by
geleentheid as gewoontemisdadiger verklaar is. Ek is die mening
toegedaan dat die streeklanddros gefouteer
het deur nie die Staat ân
finale geleentheid te bied om opnuut pogings aan te wend om die
rekord van vorige veroordelings te
bekom nie. ân Beskuldigde se
grondwetlike reg op ân spoedige verhoor behoort per slot van sake
tog gebalanseer te word met
die belange van die regspleging, naamlik
dat ân beskuldigde se volledige misdaadrekord, veral waar dit ân
lang misdaadrekord
is, voor die vonnisoplegger geplaas word ten
einde oor ân behoorlike vonnis te kan besin. Dit ly geen twyfel
nie dat, indien
die appellant wel ân lang misdaadrekord het, soos
wat inspekteur Majere getuig het, die streeklanddros hom anders sou
behandel
het by vonnisoplegging. ân Aansienlik swaarder vonnis
sou dan na my mening nie uitgesluit kan word as ân moontlikheid
nie.
Ek is
die mening toegedaan dat reg en geregtigheid vereis dat hierdie
aangeleentheid terugverwys moet word na die streekhof voor
dieselfde
streeklanddros, sodat die Staat ruim geleentheid gegun kan word om
die appellant se SAP 69-rekord te bekom en voor
die
streeklanddros te plaas sodat daar opnuut oor vonnis besin kan word.
In die omstandighede dus sal die opgelegde vonnis tersyde
gestel
moet word.
Ek reik die volgende
bevel uit:
a) Die vonnis die
appellant opgelê van 10 jaar gevangenis-straf waarvan 2 jaar
voorwaardelik opgeskort is vir ân tydperk van 5
jaar word tersyde
gestel.
b) Die aangeleentheid
word terugverwys na die streekhof voor dieselfde streeklanddros om
opnuut oor vonnis te besin nadat die Staat
ân redelike geleentheid
gebied is om die appellant se SAP 69-rekord te bekom.
c) Die appellant sal,
hangende die verrigtinge soos voormeld, in hegtenis bly.
_____________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
HJ LACOCK
REGTER
VERSKYNING
NAMENS APPELLANT
:
VERSKYNING
NAMENS RESPONDENT
: