Olivier v Olivier (CA&R 171/04) [2006] ZANCHC 103 (8 September 2006)

45 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Civil Procedure — Appeal — Condonation for late filing of appeal — Appellant failed to comply with procedural rules regarding the filing of security for costs and notice of appeal — Appellant unaware of court orders due to lack of proper notification — Court held that condonation requires a demonstration of good cause for the failure to comply with rules — Condonation granted in exceptional circumstances where no prejudice to the respondent is evident.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 103
|

|

Olivier v Olivier (CA&R 171/04) [2006] ZANCHC 103 (8 September 2006)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Streekanddroste: Ja / Nee
Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno:
/ Case number:
CA&R
171/04
Datum
verhoor: / Date heard:
21/08/2006
Datum
gelewer: / Date delivered:
08/09/2006
In
die appél van
:
OLIVIER,
SUSANNA
Appellante/Applikante
en
OLIVIER,
JOHANNES PAULUS Respondent
Coram: Majiedt R et
Molwantwa WnR
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
appellante/applikante (na wie ek verder hierin sal verwys as die
“appellante”
) kom
in hoër beroep teen twee kostebevele wat teen haar toegestaan is in
die landdroshof te Victoria-Wes.
Daarmee saam doen sy
aansoek vir die kondonasie van die nie nakoming van die
bepalings vervat in Eenvormige Hofreël 50(1) saamgelees
met Reëls
50(4)(a) en 50(7)(a). Sy doen ook aansoek vir die herinstelling van
die appèlle onder saaknommers 9/2003 en 17/2003,
Victoria-Wes
Landdroshof.
Die respondent opponeer
die appèl sowel as die regshulp wat in die voormelde aansoek
aangevra word.
Die partye is met mekaar
getroud, maar die appellante het ‘n egskeidingsgeding ingestel
teen die respondent gedurende Maart 2003
(ons moes tot ons verbasing
tydens aanhoor van betoë verneem dat hierdie geding steeds nog nie
afgehandel is nie).
Op 24 Februarie 2003 is
‘n voorlopige beskermingsbevel ingevolge die bepalings vervat in
die Wet op Gesinsgeweld, 16 van 1998
(hierna genoem “die Wet”)
teen die respondent uitgereik op aansoek van die appellante in die
Landdroshof te Victoria-Wes onder
saaknommer 9/2003. Die appellante
het in persoon opgetree tydens die voormelde aansoek. Die voorlopige
bevel is blykens die oorkonde
van daardie verrigtinge finaal gemaak
op 18 Maart 2003.
Die appellante het
daarna skriftelik kennis gekry van respondent se prokureur, Mnr Rich
van De Aar, dat aansoek gedoen sou word
op 15 Mei 2003 vir die
tersydestelling van die beskermingsbevel. Die aangeleentheid is
egter nie op daardie datum gefinaliseer
nie en die appellante is toe
weer per aangetekende pos in kennis gestel van die terrolleplasing
van die tersydestellingsaansoek
op 23 Junie 2003. Op daardie datum
is die aansoek uitgestel na 4 Julie 2003. Die appellante was nie by
laasvermelde datum se
verrigtinge aanwesig nie. Mnr Rich, wat die
respondent verteenwoordig het, het aansoek gedoen vir die
tersydestelling van die
beskermingsbevel. Hy het aan die hand
gedoen dat kennis behoorlik per aangetekende pos aan die appellante
gegee is – dié submissie
was onjuis, want daardie kennisgewing
het inderwaarheid verwys na die terrolleplasing van 23 Junie 2003
(nóg die appellante nóg
die respondent was teenwoordig in die Hof
op laasvermelde datum).
Op 4 Julie 2003 is die
beskermingsbevel onder saaknommer 9/2003 tersydegestel en is die
gewraakte kostebevel ook toegestaan teen
die appellante soos
aangevra. Die kostebevel is toegestaan op prokureur/kliënt skaal
en het voorbereiding en reiskoste vanaf
De Aar na Victoria-Wes
ingesluit.
Op 3 Junie 2003 het die
appellante opnuut ‘n beskermingsbevel teen die respondent bekom
onder Victoria-Wes landdroshof saaknommer
17/2003. Op die keerdag
daarvan, wat toevallig ook 4 Julie 2003 was, het slegs die
respondent en sy prokureur, mnr Rich, verskyn.
Die appellante voer
aan in haar funderende eedsverklaring dat sy nie bewus daarvan was
dat sy ook op die keerdag moes verskyn
nie. Die tussentydse bevel
is toe verleng tot 11 Julie 2003 sodat die appellante behoorlike
kennis kon kry en die kostebevel het
oorgestaan tot dan. Die
landdros het egter ook
mero
motu,
voordat die saak uitgestel is, die getuienis van inspekteur Scholtz
aangehoor aangaande die meriete.
Op 11 Julie 2003 was die
appellante weer afwesig. Daar is na haar gesoek by die hofgebou en
aangesien die landdros tevrede was
dat sy behoorlik kennis gekry het
van die verrigtinge (’n sogenaamde
“getuiedagvaarding
in ‘n strafsaak”
is op 8 Julie 2003 deur ‘n polisiebeampte op die appellante
beteken), is die aansoek vir tersydestelling toegestaan.
Daarbenewens
is ‘n kostebevel ook toegestaan wat
“insluit
reis, voorbereiding en verskyning”
.
Volgens die appellante
het sy eers bewus geword van die voormelde twee
tersydestellingsbevele gedurende Augustus 2003 toe twee

kennisgewings van taksasie op haar beteken is. Sy beweer dat sy
daarna dadelik vir prokureur Van Niekerk van Beaufort-Wes (wat
vir
haar in die egskeidingsgeding optree) beopdrag het om appèl aan te
teken teen die twee kostebevele. Sodanige appèl is dan
ook
aangeteken op 10 September 2003.
Die appellante se saak
vir kondonasie van haar versuim en vir die herinstelling van die
appèlle is grootliks daarop gebaseer dat:
Sy, soos bovermeld,
onbewus was van die bevele wat in haar afwesigheid teen haar
toegestaan is; en
die klerk van die
landdroshof, Victoria-Wes, versuim het om die oorkonde tydig
beskikbaar te maak. Dié versuim het inteendeel
die appellante
genoodsaak om ‘n
mandamus
in
hierdie Hof te bekom onder saaknommer 610/2004. Daarvolgens het
hierdie Hof gelas dat die klerk van die landdroshof Victoria-Wes,
uitvoering gee aan die bepalings van landdroshofreël 51(8)(a) ten
aansien van die voormelde twee sake.
Die appellante moes die
volgende stappe neem om appèl aan te teken (ingevolge die
landdroshofreëls) en om die appèl voort te
sit (ingevolge die
Hooggeregshofreëls):
Binne 10 (tien) dae
nadat die onderskeie bevele uitgereik is moes ‘n skriftelike
versoek vir ‘n geskrewe uitspraak van die klerk
van die hof
aangevra gewees het – só ‘n versoek moes vergesel word van ‘n
R70.00 inkomsteseël (Landdroshofreël 51(1) ).
Appèl moes aangeteken
gewees het binne 20 (twintig) dae vanaf datum van die bevel waarteen
geappelleer word of binne 20 (twintig)
dae nadat die klerk van die
hof ‘n afskrif van die aangevraagde geskrewe uitspraak verskaf
het, welke tydperk ookal langer is
(Landdroshofreël 51(3) ).
Die appèl moes
aangeteken gewees het deur aflewering van ‘n kennisgewing van
appèl sowel as sekuriteit vir die respondent se
koste van appèl in
die bedrag van R1 000.00 (Landdroshofreël 51(4) ).
Die appèl moes
voortgesit word binne 60 (sestig) dae na die aflewering van ‘n
kennisgewing van appèl, by versuim waarvan die
appèl geag word te
verval het (Hooggeregshofreël 50(1) ). Voortsetting van ‘n appèl
geskied deur die aflewering van ‘n
skriftelike aansoek vir ‘n
verhoordatum aan die Griffier van die Hooggeregshof, met
kennisgewing aan ander partye, binne 40 (veertig)
dae vanaf die
datum van aflewering van die kennisgewing van appèl in die
Landdroshof (Hooggeregshofreël 50(4)(a) ).
Gelyktydig met die
aflewering van ‘n aansoek vir ‘n verhoordatum soos voormeld,
moes die appellante twee (of meer, indien nodig)
afskrifte van die
oorkonde van die verrigtinge indien by die Griffier
(Hooggeregshofreël 50(7)(a) ).
By ontvangs van ‘n
verhoordatum moes die appellante ‘n kennisgewing van
terrolleplasing aflewer
en
skriftelik daarvan kennis gee aan die klerk van die Landdroshof
(Hooggeregshofreël 50(5)(b) ).
e
n
Nuttige samevatting van die volledige appèlprosedure verskyn in
De
Rebus,
Februarie 2001 te 22-23. Praktisyns kan gerus by dié bron kers
opsteek in dié verband.
Volledigheidshalwe dien
vermeld te word dat wat die klerk van die Landdroshof aanbetref die
volgende moes plaasvind:
Binne 15 dae na ‘n
skriftelike versoek vir ’n geskrewe uitspraak moes die landdros ‘n
geskrewe uitspraak aan die klerk oorhandig
en laasgenoemde moes dit
aan die appellante beskikbaar stel (Landdroshofreëls 51(1) en (2)
).
Binne 15 (vyftien) dae
ná ontvangs van ‘n kennisgewing van ‘n verhoordatum, moes die
klerk van die Landdroshof die behoorlik
gesertifiseerde oorkonde van
die Landdroshofverrigtinge versend aan die Griffier
(Landdroshofreeël 51(10) ).
Dit dien vermeld te word
dat die appellante in haar funderende eedsverklaring in die
kondonasie-aansoek glad geen melding daarvan
maak of skriftelike
redes eers aangevra is ingevolge landdroshofreël 51(1) nie.
Dit is natuurlik
prosedureel nie nodig om eers sodanige redes aan te vra nie, indien
die appellante van mening sou wees dat kennisgewing
van appèl
aangeteken kon word daarsonder.
In
casu
het
die verhoorlanddros in elk geval ná ontvangs van die kennisgewings
van appèl, skriftelike redes verskaf ingevolge Landdroshofreël
51(8) (ek sal later na dié redes verwys).
Sien
hieraangaande:
Regering van die
Republiek van Bophuthatswana v Van Zyl
1981(1) SA 484 (NK) te 487 E tot H.
e
n
Aspek van aansienlik groter belang is die verskaffing van sekuriteit
vir die respondent se koste soos vereis in Landdroshofreël
51(4).
‘n Kennisgewing van appèl is nie volledig nie, tensy die akte van
sekuriteit ook ingehandig is, soos voorgeskryf. Gevolglik
moet
sekuriteit gelewer word en die kennisgewing van appèl ingedien word
binne die tydperk voorgeskryf vir die aantekening van
‘n appèl.
Sien
Kuruman
Cape Blue Asbestos (Edms) Bpk v Boshoff
1973(2) SA 663 (NK) te 669 D.
By ‘n versuim om aan
die voorskrifte te voldoen, moet kondonasie by die Hof van appèl
aangevra word – slegs dié Hof
(en
nie die verhoorhof/landdroshof nie) het die regsbevoegdheid
uit hoofde van art 84 van die Wet op Landdroshowe, 32 van 1944, om
sodanige versuim te kondoneer op goeie gronde.
Sien:
Jones
& Buckle, The Civil Practice of the Magistrates’ Courts in
South Africa
,
Vol II, te 51-6 en sake daar aangehaal.
Die kondonasie van die
nie-nakoming van die Reëls is nie ‘n blote formaliteit nie en ‘n
applikant wat kondonasie vir sy versuim
aanvra, moet ‘n Hof
oortuig dat daar goeie gronde is om aan hom regshulp te verleen.
Vergelyk:
Salojee NO v Minister
of Community Development
1965(2) SA 135 (A) te 138 D tot G;
Uitenhage
Transitional Local Council v South African Revenue Service
,
2004(1) SA 292 (SCA) te 297 H tot J.
Gewoonlik moet
kondonasie en verlenging van tyd by wyse van ‘n substantiewe
aansoek aangevra word, dit wil sê kennisgewing van
mosie gerugsteun
deur ‘n volledige eedsverklaring/s wat al die tersaaklike feite
uiteensit.
Vergelyk:
Boland Konstruksie
Maatskappy v Petlen Properties
1974(4)
SA 291 (K) te 293 C tot H.
Daar
word soms wel egter, in hoogs uitsonderlike gevalle, kondonasie
toegestaan sonder dat ‘n substantiewe aansoek daarvoor gedoen
is.
Ek sal aanstons in meer besonderhede met hierdie aspek handel.
In die onderhawige geval
het die appellante glad nie ‘n substantiewe aansoek voor hierdie
Hof geplaas om ‘n verlenging van die
tydperk waarbinne sekuriteit
vir respondent se koste van appèl gestel moes word, aan te vra nie.
Soos alreeds hierin aangedui,
het die appellante se prokureur twee
kennisgewings van appèl ingedien by die Victoria-Wes landdroshof op
10 September 2003.
Die borgakte ter sekerheidstelling is egter
eers op 2 Oktober 2003 by daardie Hof geliasseer – dus buitentyds.
Ek het tydens
sy betoog aan mnr Botha (wat vir die appellante
verskyn) uitgewys dat hierdie aspek alreeds in die respondent se
betoogshoofde
van 10 November 2005 pertinent te berde gebring is.
Mnr Botha kon nie verduidelik waarom daar desnieteenstaande steeds
nie ‘n
aansoek vir kondonasie van dié versuim gebring is tot op
daardie stadium nie. Hy het toe wel vanaf die Balie aansoek gedoen
vir
kondonasie. Ek oorweeg vervolgens of hierdie ‘n aangewese
saak is om só ‘n uitsonderlike prosedure te volg.
Mnr Botha het aan die
hand gedoen dat daar geen nadeel vir die respondent kan wees indien
kondonasie wel toegestaan word nie, omrede
die akte ter
sekerheidstelling wel geliasseer is in die voorgeskrewe bedrag,
alhoewel dit laat gedoen is. Mnr Van Niekerk, wat
vir die
respondent verskyn, het daarop geantwoord dat dit vir die appellante
is om ‘n saak uit te maak waarom haar versuim tegemoet
gekom moet
word. Enige moontlike nadeel kan eers bepaal word aan die hand van
die redes wat appellante sou voorhou vir haar versuim.
Mnr Botha het aanvanklik
op die saak van
Pilane
v Northern Cape Tractors (Pty) Ltd
1971(3) SA 619 (NK) gesteun vir ‘n alternatiewe submissie, naamlik
dat dit nie nodig is om aansoek te doen vir kondonasie nie
waar die
teenparty nie formeel by wyse van ‘n substantiewe aansoek beswaar
teen die appellante se versuim om betyds sekuriteit
te stel gemaak
het nie. In repliek het mnr Botha heeltemal tereg toegegee dat die
Pilane
-saak,
supra, glad nie steun bied vir hierdie submissie nie.
In daardie saak is die
Hof se
ratio
decidendi
te vinde in die volgende dictum van Van den Heever R (soos sy toe
was) te 622 E tot G:
g
Although
the furnishing of security forms part of the act of noting an appeal
… the fact that security has been given, and when,
need not appear
on the record of the appeal Court
and
does not so appear in the present instance
… An objection that, although prima facie in order, the noting of
the appeal was in fact invalid, could
in
the present case
therefore be taken only on notice of motion, with supporting
affidavits”.
(eie beklemtoning)
Die beweegrede vir só ’n
vereiste is dus duidelik: ‘n beswaarmaker moet in sy/haar
eedsverklaring/s op rekord plaas dat sekuriteit
buitenstyds gestel
is, waar sodanige feit nie uit die oorkonde self blyk nie.
In die onderhawige geval
verskyn die borgakte ter sekerheidstelling in beide oorkondes voor
die Hof, te wete in appèlsaaknommer CA&R
170/2004
(landdroshofsaaknommer 9/2003) en appèlsaak-nommer CA&R 171/2004
(landdroshofsaaknommer 17/2003).
Die
Pilane
-saak
(supra) is dus duidelik onderskeidbaar van die onderhawige.
Bestaan daar enige ander
basis waarop aan die appellante kondonasie verleen kan word in die
afwesigheid van ‘n behoorlike substantiewe
aansoek?
Ek meen nie so nie.
In
Boland
Konstruksie Maatskappy v Petlen Properties
(supra) het die appellant versuim om hoegenaamd sekuriteit te stel.
Die respondent het ‘n substantiewe aansoek gebring vir skrapping
van die appèl van die rol, vanweë die appellant se voormelde
versuim. Die appellant het, soos hier, wel aansoek gedoen vir die
kondonasie van sy versuim in twee ander opsigte, maar geen sodanige
aansoek is gebring ten aansien van die nie-nakoming van die Reël
betreffende sekuriteit vir die respondent se koste van appèl nie.
Die appellant se advokaat
het, tydens die betoogstadium, aansoek gedoen vir ‘n uitstel ten
einde ‘n eedsverklaring voor die Hof
te plaas wat sou aantoon
waarom sekerheid nie gestel is nie. Dié aansoek vir uitstel is
geweier, vir die volgende redes:
“
In hoofsaak is ons beweegrede
dat appellant 'n aansoek vir kondonasie ook in hierdie opsig, dit wil
sê 'n aansoek waarkragtens die
nie-nakoming van die bepalings van
Reël 49 (12) gekondoneer sou word, by wyse van 'n behoorlike aansoek
behoort te doen. Ek sê
behoorlike aansoek en daarmee bedoel ek 'n
aansoek gestaaf deur 'n beëdigde verklaring waarin redes aangevoer
word waarom die bepalings
van die Hofreël nie nagekom is nie. Op
hierdie tydstip is hierdie Hof geheel-en-al onbewus van welke redes
daar mag wees vir hierdie
nie-nakoming. Daarbenewens is respondent in
die appèl, applikant in hierdie aansoek, ook geregtig om op beëdigde
verklaring te
verneem welke redes bestaan vir die nie-nakoming van
die bepalings van die Reël en moet hy 'n geleentheid gegun word om
daarop te
antwoord. Daar is egter ook ander oorwegings. Dit is dat
daar in verskeie opsigte 'n nie-nakoming was van die Reëls van die
Hof.
Weliswaar prima facie lyk dit asof daar verduidelikings gegee
word vir hierdie nie-nakoming, maar die wyse waarop hierdie appèl
aan die Hof voorgedra is, dui op 'n ongelukkige toestand van sake en
'n verontagsaming van die Reëls van die Hof wat na ons mening
dit
ongewens maak dat ons 'n informele prosedure sou volg en op informele
wyse kondonasie sou toestaan van die bepalings van die
Hofreëls. Na
ons mening moet mnr. Hodes se betoog gehandhaaf word; naamlik, dat
ons nie hierdie aansoek om kondonasie van die nie-nakoming
van die
Reëls kan toestaan nie. Appellant het nie die bepalings van Reël 49
(12) nagekom nie. Hy het aan hierdie Hof geen verduideliking
verskaf
waarom hy die bepalings van die Reël nie nagekom het nie. Bygevolg
is dit onvanpas vir hierdie Hof om 'n aansoek vir kondonasie
van
nie-nakoming van ander bepalings van die Reëls tans te oorweeg. Geen
verduideliking is aan die Hof verskaf nie waarom sekuriteit
nie gegee
is nie en in hierdie omstandighede meen ons dat die appèl van die
rol geskraap moet word.”
(te 293 D tot H)
Na my mening kan presies
dieselfde gesê word van die geval voor ons. Die appellante en haar
prokureur was reeds op 10 November
2005 daarop attent gemaak in
respondent se betoogshoofde dat daar ‘n beswaar teen hierdie
versuim is en dat, by gebrek aan ’n
kondonasie-aansoek, daar gevra
sal word dat die aansoek vir herinstelling van die appèlle afgewys
word. Desnieteenstaande is geen
substantiewe aansoek gebring nie.
‘
n Bondige oorsig van
daardie gewysdes waar wel kondonasie verleen is sonder dat ‘n
substantiewe aansoek daarvoor gebring is, ondersteun
ook my slotsom
dat daar nie in hierdie saak só ‘n uitsondering gemaak behoort te
word nie.
In
Ntobe
v Dwanya
1921 EDL 305
was die Hof tevrede dat daar geen nadeel is vir die
respondent waar ‘n afskrif van die kennisgewing van appèl nie op
hom beteken
is nie en waar daar geen spesiale kondonasie-aansoek was
nie. Die Hof kom tot dié bevinding omdat die respondent wel
skriftelik
in kennis gestel was dat appèl aangeteken is.
In
Nafte
v Dembo and Lipson
1920 TPD 52
het die Hof regshulp toegestaan vir kondonasie sonder
dat daar ‘n substantiewe aansoek daarvoor was, omrede daar namens
die respondent
toegegee is dat hy
geen
nadeel sal ly nie
en omdat die redes vir die appèl wel by die klerk van die Hof
geliasseer is.
In
Bloemfontein
Town Council v Jacksons Ltd (1)
1928 OPD 115
het die appellant versuim om, soos statutêr vereis, in
sy kennisgewing van appèl aan te dui of die appèl teen slegs ‘n
gedeelte
van of teen die hele uitspraak is. Die Hof het gelas dat
die appèl van die rol geskrap word, maar het terselfdertyd verlof
aan
die appellant verleen om sy kennisgewing van appèl te wysig en
‘n nuwe verhoordatum vir die appèl is ook vasgestel.
In
JRN
Swain & Co. v Davies & Barrow (Pty) Ltd
1972(3) SA 921 (N) was die oorkonde onvolledig en is daar ook nie
tydig kennisgewing van terrolleplasing gegee nie. Kondonasie
is
verleen nadat só ‘n aansoek van die Balie gedoen is.
Die Hof se motivering
daarvoor was primêr die feit dat respondent toegegee het dat daar
geen nadeel sal voortspruit nie.
In hierdie saak voor ons
het mnr Van Niekerk pertinent beswaar gemaak teen hierdie versuim.
Hy het ook betoog dat enige moontlike
nadeel eers oorweeg sal moet
word aan die hand van die appellante se eedsverklaring in ’n
kondonasie-aansoek.
In dié sin dus verskil
die onderhawige geval radikaal van die gewysdes hierbo aangehaal waar
kondonasie wel toegestaan is sonder
dat daar ‘n substantiewe
aansoek was.
‘
n Geregshof moet per
slot van sake tog reg en geregtigheid laat geskied teenoor albei
gedingspartye.
Vergelyk in dié verband
weer die dictum in
Boland
Konstruksie Maatskappy v Petlen Properties
,
hierbo aangehaal in par. 19.
Verder
is dit natuurlik so dat hierdie Hof later mag beslis dat, selfs op
die appellante se eie verduideliking in ‘n kondonasie-aansoek,
daar
geen goeie rede bestaan om haar versuim te kondoneer nie, óf omrede
daar ‘n growwe miskenning van die Reëls was óf dat
‘n
moedswillige nalate die oorsaak van die versuim was.
Sien:
Pick
v Mtyali
1930
TPD 712.
Die onafwendbare gevolg
is dat die appèlle van die rol geskrap moet word met koste.
Hierdie is ‘n uiters ongelukkige slotsom.
Ek is die prima facie
mening toegedaan dat die appellante baie goeie vooruitsigte op sukses
op die meriete het.
Art
15 van die Wet magtig ‘n Hof om ‘n kostebevel teen ‘n party in
hierdie tipe verrigtinge te maak slegs indien hy tevrede
is dat só
‘n party op ‘n beuselagtige, kwelsugtige of onredelike wyse
opgetree het.
In
hierdie saak is daar na my prima facie mening geen aanduiding van
voormelde oorweginge nie, inteendeel in beide gevalle was die
verhoorlanddros dusdanig oortuig dat hy ‘n voorlopige bevel
uitgereik het.
Verder
is daar hoegenaamd geen basis op die oorkonde te vinde waarom van ‘n
prokureur buite Victoria-Wes gebruik moes word nie en
waarom
reiskoste en voorbereidingskoste ook toegestaan is nie. Ook die
verlening van ‘n prokureur-kliënt kostebevel is na my
mening nie
geregverdig nie.
Die landdros se redes
wat hy verskaf het vir die toestaan van hierdie kostebevele grens
aan die onsinnige:
In saaknommer 9/2003,
lui die landdros se redes as volg:
Bevel om opheffing van die
beskermingsbevel is toegestaan, met die (verlangde) kostebevel
bloot omdat
Respondent nie opgedaag het by verrigtinge nie
”.
(Die beklemtoning is my eie).
In saaknommer 17/2003
word die volgende redes voorgehou:
e
n
Kostebevel is weereens aangevra en só toegestaan deur die hof.
Ek wens nie verdere redes aan te
voer nie en laat dit oor aan die partye se onderskeie
regsverteenwoordigers om die aangeleentheid
op appèl te
argumenteer.”
Die voormelde redes is
tipies van hoe die verrigtinge hierin hanteer is deur die
verhoorlanddros. Sonder om te probeer veralgemeen,
kom dit my
ongelukkig voor asof baie landdroste min aandag bestee aan die
behoorlike hantering van gesinsgeweld sake. Dit is ‘n
absolute
jammerte en strek die regspleging glad nie tot eer nie.
e
n
Laaste aspek wat ongelukkig vermeld moet word is die slordige wyse
waarop die appellante se regsverteenwoordigers haar appèl
hanteer
het. Dit verg uiteraard erkenning dat die vernaamste oorsaak van
die lang vertraging en die gevolglike nie-nakoming van
die
voorskrifte vervat in die Reëls voor die deur van die klerk van die
Hof te Victoria-Wes gelê moet word.
Daarom was die appellante
dan ook genoodsaak om hierdie Hof te nader vir regsverligting ten
einde die oorkonde te bekom. Desnieteenstaande
laat die volgende
nalates van die appellante se regsverteenwoordigers veel te wense
oor:
Prokureur Van Niekerk
het soos alreeds vermeld, versuim om betyds die akte van
sekerheidstelling af te lewer – die rede/s vir
die versuim is
steeds duister.
Die appellante se
eedsverklaring ter ondersteuning van haar kondonasie-aansoek is
onvolledig ten opsigte van wesenlike aspekte
en is feitelik onjuis
in meer as een opsig. ‘n Treffende tekortkoming is haar stilswye
aangaande die redes vir haar nie-bywoning
van die
tersydestellingsverrigtinge, veral op 11 Julie 2003, nadat ‘n
sogenaamde
“getuiedagvaarding”
ten aansien van daardie verrigtinge alreeds op 8 Julie 2003 op haar
persoonlik beteken is deur ‘n polisiebeampte.
Selfs al het die klerk
van die Hof erg voete gesleep met die oorkonde, gaan die appellante
se eedsverklaring mank aan ‘n uiteensetting
van belangrike
datums, ondermeer presies wanneer sy haar prokureur beopdrag het om
appèl aan te teken, wanneer die oorkonde
uiteindelik ontvang is en
by die Griffier geliasseer is en wanneer aansoek gedoen is vir
verhoordatums.
e
n
Kennisgewing van Mosie wat min of meer ook lui soos die
oorspronklike een, is opnuut geliasseer op 14 Augustus 2006
(dus
‘n week voor die verhoordatum). Dit is vergesel van ‘n
ondersteunende eedsverklaring van prokureur Haddad. Daarin word

verduidelik waarom die oorkondes, wat alreeds gedurende Julie 2004
ontvang is, eers op 8 November 2004 ingedien is, op welke datum
daar toe ook by die Griffier aansoek gedoen is vir ‘n
verhoordatum. Hierdie aspekte moes eerder in ‘n repliserende
eedsverklaring/s
vervat gewees het (die respondent se opponerende
eedsverklaring is alreeds op 21 Oktober 2004 geliasseer). Verder
is daar natuurlik
steeds nie in hierdie (nuwe) Kennisgewing van
Mosie kondonasie aangevra vir die versuim ten aansien van tydige
sekerheidstelling
nie – dít nadat dié punt spesifiek geopper is
in respondent se advokaat se betoogshoofde van 10 November 2005.
Toe by mnr
Botha verneem is tydens sy betoog wat die status van
hierdie nuwe aansoek is, moes ons met verbasing verneem dat dit net
dien
om die aanvullende verklaring van prokureur Haddad voor die
Hof te plaas. Daar was hoegenaamd geen aansoek vir sodanige
vergunning
nie.
In
Salojee
NO v Minister of Community Development
,
supra te 141 C het Steyn HR uitgewys dat:
“…
there is a limit beyond
which a litigant cannot escape the results of his attorney’s lack
of diligence or the insuffienciency of
the explanation tendered”.
In hierdie saak is dit
beslis die geval. Aan die ander kant weer het, soos ek alreeds
hierin aangetoon het, die appellante se appèl
teen die kostebevele
aansienlike meriete. Die appellante se posisie wek by my aansienlike
empatie:
Eerstens het, soos ek
vermeld het, die verhoorlanddros nagelaat om behoorlik die twee
aansoeke te bereg, meer bepaald ten aansien
van die twee
kostebevele.
Tweedens het die klerk
van die Landdroshof die appèlproses erg vertraag deur die versuim
ten aansien van
die
oorkonde.
Laastens
het haar eie regsverteenwoordigers
nie met die nodige sorg en toewyding haar appèl hanteer nie.
Die aangewese bevel
hierin sal na my mening wees om die appèl van die rol te skrap met
koste. Hierdeur word die appellante nie
finaal ontneem van ‘n
geleentheid om die nodige aansoekstukke voor te berei ten einde op
behoorlike wyse kondonasie aan te vra
vir die laat liassering van
die akte ter sekerheidstelling nie. ‘n Aansoek vir kondonasie van
die nie-nakoming van ander voorskrifte
kan dan weer gebring en
opnuut oorweeg word. Hierdie aangeleentheid is, op die feite en op
die reg, feitlik presies dieselfde
as dié in die saak van
Boland
Konstruksie Maatskappy v Petlen Properties
,
supra.
e
n
Bevel soortgelyk as die een uitgereik in daardie saak sal na my
mening ook hierin vanpas wees. Ek benadruk egter die feit dat die
kondonasie-aansoek en aansoek vir herinstelling van die appèlle tans
voor ons, nie op die meriete afgewys word nie, maar slegs omrede
“dit
onvanpas (is) vir hierdie Hof om ‘n aansoek vir kondonasie van
nie-nakoming van ander bepalings van die Reël
tans
te oorweeg”
.
(Sien
Boland
Konstruksie Maatskappy v Petlen Properties
,
supra te 293 H – eie beklemtoning).
Ek reik die volgende
bevel uit:
Die appèl word van
die rol geskrap met koste.
Die appellante se
aansoek vir kondonasasie van die nie-nakoming van Hooggeregshofreël
50(1) gelees met 50(4) en 50(7)(a) en vir
herinstelling van die
appèlle onder saaknommers 9/2003 en 17/2003 word afgewys met koste.
Die kostebevel hierbo
vermeld sal insluit die koste aangegaan deur die respondent ten
aansien van die meriete van die appèl.
_______________
SA Majiedt
REGTER
Ek
stem saam.
_______________
BC
Molwantwa
WAARNEMENDE
REGTER
Namens
die appellante/applikante:
Adv
CH Botha (i.o.v. Elliot, Maris, Wilmans & Hay Prokureurs,
Kimberley
Namens
die respondent:
Adv
JG van Niekerk SC (i.o.v. L Coetzee Prokureur, Kimberley)