About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 39
|
|
Van Niekerk Bester v NRB Risk Solutions Beperk (701/05) [2006] ZANCHC 39 (8 September 2006)
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: 701/05
DATUM
AANGEHOOR: 19-06-2006
DATUM GELEWER:
08-09-2006
In die saak tussen:
MICHIEL
HENDRIK VAN NIEKERK BESTER Applikant
teen
NRB RISK
SOLUTIONS BEPERK Respondent
CORAM:
C C WILLIAMS R:
U
I T S P R A A K
WILLIAMS R:
1. Die
applikant nader die Hof om ter sydestelling van ân verstekvonnis
wat op 23 November 2004 deur hierdie Hof teen hom verleen
is. Die
aansoek vind nie sy basis in enige van die gronde soos uiteengesit in
Hofreëls 42(1) of 31(2)b) nie maar steun op die uitgangspunt
dat die
vonnis ten volle nagekom is en die vonnisskuldeiser skriftelik
daartoe toegestem het.
2. Die applikant het
homself gedurende 2001 verbind as borg en medehoofskuldenaar van ân
beslote korporasie waarvan hy en sy vader
die lede was. Die beslote
korporasie is finaal gelikwideer op 18 Februarie 2004. Daarna het
die respondent dagvaarding uitgereik
teen die applikant in sy
hoedanigheid as borg en medehoofskuldenaar ten opsigte van drie
huurooreenkomste aangegaan gedurende Maart,
Mei en Oktober van 2001
wat ân totale verskuldigheid daargestel het van R153 864,21.
3. Die dagvaarding is
persoonlik op die applikant beteken maar na hy regsadvies ingewin het
het hy besluit om nie verdediging aan
te teken nie. Die applikant
beweer dat die likwidasie van die beslote korporasie nie aan sy
toedoen te wyte was nie, maar as gevolg
daarvan dat sy vader, die
ander lid, medies ongeskik verklaar is. Hy het egter besef dat hy as
borg aanspreeklik was vir die skuld
van die beslote korporasie en het
gevolglik nie die aksie deur respondent ingestel verdedig nie.
4. Die applikant het,
nadat ân lasbrief tot uitwinning vir die verhaling van die
vonnisbedrag deur die Balju op hom beteken is,
met die respondent
ooreengekom dat hy ân bedrag van R145 000,00 in volle en finale
vereffening van die vonnisskuld betaal. Hierdie
bedrag is gedurende
Augustus 2005 aan die respondent betaal.
5. Die probleem wat die
applikant egter nou in die gesig staar is dat sy kredietwaardigheid,
met die velening van die verstekvonnis
teen hom, tot niet is. Sy
bankiers weier om kredietfasiliteite aan hom te verleen aangesien sy
naam na die verstekvonnis op ân
swartlys van kredietburos verskyn.
As sakeman het die gebrek aan kredietfasiliteite ân negatiewe effek
op sy besigheid en is die
applikant dus begerig om, by wyse van
spreke, sy naam skoon te kry. Dit blyk dan ook dat die enigste
manier waarop ân persoon
in die applikant se posisie sy naam in ere
herstel kan kry met die kredietburos is om die vonnis ter syde gestel
te kry.
6. Mnr.
Wessels wat namens die applikant in hierdie onbestrede aansoek optree
hou twee redes voor waarom hierdie Hof ân aansoek
om
tersydestelling op hierdie basis kan oorweeg. In die eerste plek
voer hy aan dat die Hooggeregshof die bevoegdheid hom om die
Hofreëls
te verslap of aan te pas indien dit geregverdig is en tweedens, aan
die hand van Landdroshofreël 49(5), dat dit haas ondenkbaar
is dat
die Landdroshof oor wyer bevoegdhede dan hierdie Hof beskik.
7. Voordat daar egter na
die betoë geopper deur mnr. Wessels gekyk word moet daar eers ag
geslaan word op die onderliggende doel
met die ter sydestelling van
ân verstekvonnis â dit is om die applikant/verweerder die
geleentheid te gun om die aksie teen hom
te verdedig. In terme van
Hofreël 42(1) geld dit in gevalle waar vonnis foutiewelik verleen is
soos in omstandighede uiteengesit
in die Reël. Gemeenregtelik word
vereis dat die applikant vir tersydestelling goeie of voldoende
gronde daarvoor kan aantoon.
In terme van Reël 31(2)b) moet die
aansoek om ter sydestelling binne ân bepaalde tydperk gebring word
(20 dae na die applikant
van die vonnis kennis geneem het) en dan
moet hy boonop goeie gronde vir ter sydestelling kan voorlê
8. Hier
is natuurlik geen sprake daarvan dat hierdie aansoek in terme van die
Hooggeregshofreëls gebring is nie â die applikant
het inderdaad ân
ingeligte besluit geneem om nie die aksie te verdedig nie aangesien
hy nie ân verweer het nie. Die aansoek
kan ook nie onder die
gemene reg gebring word nie. Die gemeenregtelik vereiste
âgoeie
grondeâ
word deur Jones Wnr AR in Colyn v Tiger Food Industries LTD t/a
Meadow Feed Mills (Cape) 2003(6) SA (SCA) te bl. 9C-F soos volg
uiteengesit.
ï
g
(11)
I
turn now to the relief under the common law. In order to succeed an
applicant for rescission of a judgment taken against him by
default
must show good cause (De Wet and Others v Western Bank Ltd (supra)).
The authorities emphasise that it is unwise to give
a precise meaning
to the term âgood causeâ. As Smalberger J put it in HDS
Construction (Pty) Ltd v Wait:
ï
e
When
dealing with words such as âgood causeâ and âsufficient causeâ
in other Rules and enactments the Appellate Division has refrained
from attempting an exhaustive definition of their meaning in order
not to abridge or fetter in any way the wide discretion implied by
these words (Cairnsâ Executors v Gaarn
1912 AD 181
at 186; Silber v
Ozen Wholesalers (Pty) Ltd 1954(2) SA 345 (A) at 352-3). The Courtâs
discretion must be exercised after a proper
consideration of all the
relevant circumstances.â
With
that as the underlying approach
the
Courts generally expect an applicant to show good cause (a) by
giving a reasonable explanation of his default; (b) by showing
that
his application is made bona fide; and (c) by showing that he has a
bone fide defence to the plaintiffâs claim which prima
facie has
some prospect of success
(Grant v Plumbers (Pty) Ltd, HDS Construction (Pty) Ltd v Wait supra,
Chetty v Law Society, Transvaal.)â
(eie onderstreping)
9. Om
terug te keer na die onderhawige saak en die betoë namens die
applikant geopper. Wat hier gevra word is nie net bloot dat
die Hof
die applikant toegeeflik behandel en vergunnings verleen ten opsigte
van die nie-nakoming van die Hofreëls in die normale
gang nie, maar
dat die Hof ân heel nuwe basis en prosedure skep vir die ter
sydestelling van vonnisse wat nie eers in die gemenereg
ân
grondslag vind nie. Sien
De
Wet and Others v Western Bank Ltd
1977(4) SA 770(T) te 780H.
10. Ek
is gedagtig daaraan dat die applikant sy skuld vereffen het en
simpatiseer met die feit dat hy begerig is om sy
besigheidsaktiwiteite
normaal voort te sit sonder dat hy gekniehalter
word deur die rekords van kredietburos en oënskynlik ook in staat
daartoe is. Ook
dat daar na aanleiding van die toestemming verleen
geen benadeling sal wees vir die respondent nie. Die probleem wat
die applikant
nou ondervind is egter nie as gevolg van ân foutiewe
of onbillike hofproses nie maar moet by die deur van die finansiële
instansies
gelê word waar die oplossing hieroor gevind moet word.
Ek vereenselwig my met die menings gehuldig in
Saphula
v Nedcor Bank Ltd
1999(2)
SA 76 (WLD) en
Lazarus
v Nedcor Bank Ltd: Lazaras v Absa Bank Ltd
1992(2)
SA 782 (WLD), waar soortgelyke aansoeke onder die soeklig gekom het,
dat die Hof nie aandadig daartoe kan wees om ân vonnis
wat bo
verdenking staan ter syde te stel en sodoende die indruk skep dat die
vonnis verkeerdelik verkry is en die applikant ân
verweer het teen
die aksie nie.
11. Ek stem saam dat die
feit dat Landdroshofreël 49(5) daarvoor voorsiening maak dat ân
applikant met die skriftelike toestemming
van die vonnisskuldeiser ân
vonnis ter syde gestel kan kry ân ongerymdheid skep in die sin dat
die Landdroshof ân wyer bevoegdheid
het ten opsigte van die
tersydestelling van vonnisse. In die afwesigheid van ân
soortgelyke bepaling in die Hooggeregshofreëls
is ek egter nie van
mening dat ân aansoek om ter sydestelling van ân vonnis slegs op
die basis van die toestemming daartoe deur
die vonnisskuldeiser in
hierdie Hof oorweeg kan word nie.
Die aansoek word van
die hand gewys.
______________________
C.C
WILLIAMS
REGTER
Nms.
Applikant
: Adv M H Wessels SC
i.o.v Duncan & Rothman