About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 102
|
|
S v Oor (CA&R 280\03) [2006] ZANCHC 102 (18 August 2006)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno: CA&R
280\03
Datum
verhoor: 2006-08-14
Datum
gelewer: 2006-08-18
In
die appél van
:
JACOB
OOR APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
OLIVIER
R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Die
appellant was beskuldigde 2 tydens sy verhoor waartydens hy en drie
mede-beskuldigdes tereg gestaan het in die Streekhof op
ân aanklag
van huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Hulle is
alvier skuldig bevind soos aangekla en is termyne van
direkte
gevangenisstraf opgelê â die appellant se termyn van
gevangenis-straf was 8 jaar. Die appellant kom nou met verlof
van
die verhoorhof in hoër beroep teen sy opgelegde vonnis. Alhoewel
verlof om te appelleer teen vonnis ook aan die destydse
beskuldigde
4, Connie Beukes, verleen is, is stukke hierin slegs geliasseer deur
die appellant. Ek sal egter aan die einde hiervan
volledigheidshalwe kortliks verwys na beskuldigde 4 se posisie.
Die appellant en sy
makkers is daaraan skuldig bevind dat hulle die klaer se woonhuis
oopgebreek, binnegegaan en gestroop het van
goedere ter waarde van
meer as R13 000.00, waarvan goedere ter waarde van ongeveer
R8 000.00 teruggevind is. Die terugvind
van hierdie goedere
was glad nie deur die toedoen van die appellant en sy makkers nie.
Namens die appellant het
Mnr. Cloete tereg toegegee dat die opgelegde vonnis nie op enige van
die erkende gronde van inmenging op
appél aanvegbaar is nie.
Benewens die erns en omvang van die huisbraak en diefstal gepleeg
deur die appellant en sy meelopers
in die onderhawige geval, het die
appellant boonop nog ân baie slegte misdaadrekord ook. Die
appellant het onder andere ses
vorige veroordelings vir presies
dieselfde misdryf gepleeg in die huidige saak. Vir die laaste
sodanige vorige veroordeling is
hy op 19 Mei 1999 gevonnis tot 3
jaar gevangenisstraf en die oortreding was gepleeg op 1 September
1998. Die onderhawige oortreding
is gepleeg op 6 September 1998 en
die vonnisoplegging is afgehandel op 17 Augustus 1999.
Vanweë
ân klaarblyklike tydsgebrek het die streeklanddros nie ân
volledige uitspraak oor vonnis gelewer nie. Die appellant
se
persoonlike omstandighede soos voorgehou
ex
parte
deur
sy prokureur, is nie behandel in die vonnisuitspraak nie. Die
streeklanddros het wel egter aangedui dat hy alles wat die appellant
se prokureur namens hom gesê het, insluitende sy persoonlike
omstandighede, in ag neem by vonnisoplegging. Nieteenstaande
hierdie
tekortkoming is ek heeltemal tevrede dat die appellant se
treurige misdaadrekord enige moontlike strafversagtende
omstandig-hede
wat daar mag bestaan, oorskadu.
Dit ly geen twyfel nie
dat die appellant ân gesoute inbreker is. In die onderhawige
geval is ân groot aantal goedere van aansienlike
waarde
buitgemaak. Die klaer het aan die einde van die dag goedere ter
waarde van ongeveer R5 000.00 nooit terugontvang nie.
Daar-benewens is daar natuurlik die ongerief en skending van sy reg
op sekuriteit en privaatheid wat in ag geneem moet word.
Die
streeklanddros het tereg in sy uitspraak gewys op die groeiende
woede en ongeduld van die publiek met die vloedgolf inbrake.
Die
streeklanddros het verder heeltemal tereg die appellant gewaarsku
dat hy by ân volgende geleentheid dalk tot gewoontemisdadiger
verklaar kan word. Ek is dus heeltemal tevrede dat die opgelegde
vonnis hoegenaamd nie skokkend onvanpas is nie.
Vir soverre die vierde
beskuldigde, Connie Beukes, ook verlof tot appél teen vonnis
verleen is, wat hy nie voortgesit het nie,
volstaan ek bloot daarmee
dat sy posisie nog swakker is as dié van die appellant, omrede hy
nie minder as nege vorige oortredings
vir oneerlikheids-misdrywe
het. Hy is dan ook eweneens gewaarsku van die bepalings ten aansien
van die verklaring as gewoontemisdadiger.
Ek reik derhalwe die
volgende bevel uit:
Die appellant se appél
teen vonnis word afgewys.
_____________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
CJ OLIVIER
REGTER
NAMENS
APPELLANT : ADV J CLOETE (REGSHULP)
NAMENS
RESPONDENT : ADV C JANSEN
DATUM VAN
VERHOOR : 2006-08-14
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2006-08-18