S v Mckenzie (142/06) [2006] ZANCHC 101 (18 August 2006)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Contempt of Court — Failure to pay fine — Accused convicted of public drunkenness and fined R100, with an extension for payment — Accused failed to pay and was subsequently convicted of contempt for non-payment — Court held that the second conviction was erroneous as it treated non-payment as a separate offense rather than assessing the explanation for non-payment — Original conviction for public drunkenness upheld, with opportunity given to pay the fine before a specified date.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 101
|

|

S v Mckenzie (142/06) [2006] ZANCHC 101 (18 August 2006)

Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Hooggeregshof Hersieningsnr: 142\06
Landdros
Saaknr: Q6500\2005
Datum
gelewer: 2006-08-18
In
die hersieningsaak van
:
DIE STAAT
versus
JONATHAN
MCKENZIE BESKULDIGDE
Coram
:
MAJIEDT R et WILLIAMS R
UITSPRAAK
OP SPESIALE HERSIENING
MAJIEDT R:
Hierdie aangeleentheid
is voorgelê op spesiale hersiening deur die waarnemende
hooflanddros van Kimberley.
Die
beskuldigde is op 10 November 2005 skuldig bevind aan ‘n
oortreding van die bepalings vervat in artikel 154(c)(1) van Wet
27
van 1989, die misdryf algemeen bekend as “
dronk
in die publiek”
.
Die beskuldigde is toe gevonnis tot ‘n boete van R100 of by
wanbetaling daarvan 10 dae gevangenisstraf. Daar is verder

geleentheid gebied aan hom om die voormelde boete op of voor
30 November 2005 te vereffen.
Die beskuldigde het
egter versuim om die voormelde uitstelboete te betaal en is vanweë
sy versuim gearresteer. Hy het op 5 Julie
2006 voor ‘n
waarnemende landdros verskyn om ‘n verduideliking voor te lê
waarom die boete nie betaal is nie. By daardie
verskyning het die
waarnemende landdros klaarblyklik die beskuldigde se versuim om
die uitstelboete te betaal as ‘n afsonderlike
aanklag beskou (dit
wil voorkom asof die waarnemende landdros die mening toegedaan
was dat die beskuldigde se versuim minagting
van die hof daarstel)
en is hy daaraan skuldig bevind. Vir hierdie voormelde
skuldigbevinding is die beskuldigde toe gevonnis
tot ‘n boete van
R200 of by wanbetaling daarvan 20 dae gevangenisstraf.
Die verrigtinge by
hierdie tweede verskyning op 5 Julie 2006 het ondermeer as volg
verloop:
“
HOF
:
Mnr Mackenzie, op 10 November 2005 was u skuldig bevind en u was
beboet tot op R100.00 of 10 dae gevangenisstraf en u boete was
uitgestel tot op 30 van November 2005 waar u die hele bedrag moet
betaal het en u het versuim om dit te doen.
BESKULDIGDE
:
Ek was nie vir daardie tydjie hierso nie.
HOF
:
Luister eers Meneer. Van daar het u verskyn op ‘n lasbrief. Die
Hof gaan nou by u navrae doen omdat u nie betaal het nie en
indien
die Hof uitvind dat dit nie u fout was nie, om nie te betaal nie, dan
gaan die Hof u onskuldig vind. As die Hof nie oortuig
is van u
verduideliking vir die Hof waarom u nie die R100.00 betaal het nie,
dan gaan u skuldig bevind word en gevonnis word. En
u het nou die
plig om die Hof te oortuig dat dit nie u fout was nie, dat u nie
betaal het nie. Verstaan u? U kan getuies roep wat
namens u sal
getuig of u kan hier onder eed kom getuig.”
Later tydens die
verrigtinge het die waarnemende landdros die volgende aan die
beskuldigde gesê:
“
HOF
:
Sal u saamstem met die Hof dat u was in minagting van die Hof om nie
die hofbevel uit te voer soos wat die Hof u meegedeel het
nie?
BESKULDIGDE
:
Ja u Edele.”
Die waarnemende
landdros was duidelik verkeerd om die beskuldigde se versuim om die
uitstelboete te betaal as ‘n afsonderlike
aanklag te beskou. Die
waarnemende landdros moes slegs besluit aan die hand van die
beskuldigde se verduideliking of daar verdere
uitstel vir betaling
van die boete verleen moes word of om andersins die
tenuitvoerlegging van die opgelegde vonnis van R100
of 10 dae
gevangenisstraf te gelas. Die tweede skuldigbevinding en vonnis
opgelê op 5 Julie 2006 is gevolglik verkeerd en moet
tersyde
gestel word.
Alvorens
ek ‘n bevel hierin uitreik word die waarnemende hooflanddros, wat
hierdie aangeleentheid op spesiale hersiening deurgestuur
het, se
aandag gevestig op die uitspraak van ‘n Volbank van hierdie Hof
in
S
v Jim Lasha, CA&R 40\05
gelewer op 9 Junie 2006 waarin beslis is dat die misdryf “
dronk
in die publiek
”
nie meer ‘n misdryf daarstel ingevolge die huidige wetgewing nie.
Ek reik die volgende
bevel uit hierin:
a) Die
beskuldigde se skuldigbevinding en vonnis opgelê op 5 Julie 2006
word beide tersyde gestel.
b) Die
beskuldigde se skuldigbevinding en vonnis van 10 November 2005
word hiermee bekragtig.
c) Die beskuldigde
word hiermee die geleentheid gebied om die boete van R100 wat hy
opgelê is op 10 November 2005 te betaal vóór
of op 31 Augustus
2006.
d) Die
klerk van die hof word versoek om die inhoud van hierdie bevel aan
die beskuldigde bekend te maak vóór 31 Augustus 2006.
________________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
________________
CC WILLIAMS
REGTER