S v Koopman (343/1986) [1987] ZASCA 28 (27 March 1987)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Sentencing — Absence of mitigating circumstances — Appellant convicted of murder and sentenced to death — Appellant and co-accused attacked deceased with intent to kill during gang-related violence — Appellant's claim of being influenced by co-accused rejected — Court finds no mitigating factors present to warrant a lesser sentence — Appeal against conviction and sentence dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 28
|

|

S v Koopman (343/1986) [1987] ZASCA 28 (27 March 1987)

LL
Saak No 343/1986
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen:
PETER KOOPMAN
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM: BOTHA, SMALBERGER ARR et BOSHOFF
WN AR
VERHOOR
DATUM
: 2 MAART 1987
LEWERINGSDATUM
: 27 MAART 1987
UITSPRAAK
/
BOTHA AR
...
2.
BOTHA AR
:-
Die appellant is in die Provinsiale Afdeling Kaap die Goeie Hoop deur
ROSE-INNES R en assessore skuldig bevind aan moord. Die Verhoorhof
het bevind
dat daar geen versagtende omstandighede aanwesig was nie. Gevolg= lik is die
appellant die doodvonnis opgelê. Met
verlof van die Verhoorregter kom hy
in hoër beroep teen die be= vinding dat daar geen versagtende omstandighede
aanwesig, was
nie en die doodvonnis wat hom opgelê is.
Die omstandighede van die moord, soos dit blyk uit die appellant se eie
getuienis, kan kortliks saamgevat word soos volg. Die appellant
en die oorledene
was lede van twee verskillende bendes wat vyandiggesind was teenoor mekaar. Die
lede van die twee bendes het dikwels
oor en weer mekaar aangeval en aangerand.
'n Mede-bendelid van die appellant was beskuldigde 1 by die verhoor, en ek sal
na hom verwys
as sodanig. Gedurende die aand van 24 Julie
/1985 ...
3.
1985 het beskuldigde 1 se broer by die appellant gekom en aan
hom vertel dat hy 'n boodskap gekry het dat daar mense was by 'n dansplek
wat
beskuldigde 1 wou steek met 'n mes. Die appellant en beskuldigde 1 se broer het
toe gegaan na die betrokke plek en buitekant
die danslokaal gestaan en wag.
Beskuldigde 1 het uit die lokaal te voorskyn gekom en die appellant meegedeel
dat die oor= ledene
hom binne die "disko" wou steek met 'n mes. Be= skuldigde 1
is toe weer terug in die danslokaal in. Kort na middernag het die oorledene
uit
die lokaal gekom, al= leen, en met die straat langs weggeloop. Beskuldigde 1 het
ook uitgekom en by die appellant gaan staan.
Beskul= digde 1 het aan die
appellant gesê, met verwysing na die oorledene: "Gaan ons daardie man so
los? Daardie man, hy moet
doodgaan". Die appellant het gevra: "Wat kan ek maak,
ou boet?", waarop beskuldigde 1 geantwoord het: "Kom, ons gaan, ons gaan steek
vir hom met die mes". Beskuldigde 1 en die appellant, elk met 'n oop knipmes
in
/die ...
4.
die hand, het toe agter die oorledene aan gehardloop en hom
"gevang". Beskuldigde 1 het die oorledene in die nek gesteek en die appellant
het hom in die rug gesteek. Daarna het beskuldigde 1 en die appellant
weggehardloop.
'n Nadoodse ondersoek van die lyk van die oor= ledene het aangetoon dat die
oorledene drie steekwonde opgedoen het, een in die nek
en twee in die rug. Die
nekwond en een van die rugwonde was dodelike wonde. Die appellant het volgehou
dat hy die oorledene net een
keer gesteek het, en die Verhoorhof het dit
blykbaar ten gunste van hom so aanvaar, alhoewel dit glad nie blyk waar die
ander rugwond
vandaan kon gekom het nie. Dit is egter nie nodig om daarop in te
gaan nie, want dit is duidelik dat beskuldigde 1 en die appellant
gesamentlik
die oorledene aangeval het met die gemeenskaplike, direkte opset om hom te dood.
Die appellant het in die loop van sy
getuienis erken dat beskuldigde 1, voordat
die aanval op die oorledene plaasgevind het, die woorde
/teenoor ...
5.
teenoor hom (die appellant) gebesig het: "Ons moet daar= die
man gaan doodmaak". In die lig daarvan het die Verhoorhof heeltemal tereg
die
appellant se getuienis verwerp dat hy nie die bedoeling gehad het om die oor=
ledene te vermoor nie.
Die omstandighede wat as versagtend aangevoer is in die betoog namens die
appellant voor hierdie Hof is dieselfde as wat in die Hof
a quo
geopper
is en deur daardie Hof oorweeg en verwerp is. In sy betoog voor hierdie Hof het
die appellant se advokaat hom hoofsaaklik
toegespits op die volgende twee stelle
oorwegings: (1) dit is beskuldigde 1 wat die appellant aangespoor het om deel te
neem aan
die aanval op die oorledene; beskuldigde 1 was die leidende figuur in
die hele optrede; die appel= lant het slegs 'n ondergeskikte
rol gespeel in die
gebeure; en (2) die aanval op die oorledene het neergekom op wraakneming op die
oorledene vir die feit dat hy
gedreig het om beskuldigde 1 te steek met 'n mes;
en dit het
/geskied ...
6.
geskied binne die verband van bendebedrywighede en
-vyandelikhede.
Die appellant se advokaat het eerstens aange= voer dat hierdie Hof geregtig
is om in te gryp en die Verhoorhof se bevinding aangaande
die afwesigheid van
versagtende omstandighede tersyde te stel, vanwee n be= weerde mistasting wat
begaan is deur die Verhoorhof.
Die beweerde mistasting was dat die Verhoorhof
nie die kumulatiewe uitwerking van die bogenoemde omstandighede in oorweging
geneem
het nie. Die betoog is na my mening sonder enige verdienste. Die
Verhoorregter het welis= waar nie in sy uitspraak aangaande versagtende
omstandig= hede uitdruklik gesê dat die kumulatiewe effek van die betrokke
faktore in oorweging geneem is nie, maar na my oordeel
regverdig dit hoegenaamd
nie die afleiding dat die Verhoorhof slegs na elke faktor in isolasie gekyk het
sonder om die geheelbeeld
van die omstandighede in
/aanmerking ...
7.
aanmerking te neem nie. Die deeglike en versigtige wyse waarop die
Verhooregter in sy uitspraak aandag gegee het aan elke argument
wat namens die
appellant geopper is, laat geen ruimte vir die suggestie dat die Verhoorhof nie
die totale uitwerking van al die omstan=
dighede gesamentlik in oënskou
geneem het nie.
Die appellant se advokaat het in die tweede plek aangevoer dat die Verhoorhof
nie redelikerwyse tot die bevinding kon gekom het dat
daar nie versagtende om=
standighede aanwesig was nie. Na my mening is hierdie betoog geheel en al
ongegrond. Dit is nodeloos om
hier die Verhoorregter se deurtastende bespreking
van die be= trokke omstandighede weer te gee. Ek stip slegs enkele aspekte aan
van die strekking van sy uitspraak. Beskuldig= de 1 was ten tyde van die moord
maar 16½ jaar oud; die appellant was toe 'n man
van 27 jaar. Daar is geen
sprake daarvan dat beskuldigde 1 in 'n gesagsposisie teen= oor die appellant
gestaan het, of dat dit die
appellant
/nie ...
8.
nie volkome vrygestaan het om beskuldigde 1 se uitnodig= ing
om deel te neem aan die aanval op die oorledene een= voudig te verontagsaam
nie.
Alhoewel wraakneming in besondere omstandighede 'n versagtende uitwerking kan
hê, is dit nie hier die geval nie: dit kon
die motief vir die moord gewees
het, maar dit maak nie die appellant se optrede minder verwytbaar nie. Die
bendeverband in die huidige
saak het nie meegebring dat daar enige beinvloed=
ing of dwang was wat die appellant genoop het om die oorledene te vermoor nie.
'n Blote gevoel van same= horigheid of lojaliteit tussen bendelede teenoor
opposisie-bendelede is nie iets wat die moord minder laakbaar
maak of die
appellant se optrede moreel minder verwytbaar nie. Die bende-milieu in die
huidige geval kan nie as 'n ver= sagtende
omstandigheid aangemerk word nie.
Na my oordeel bestaan daar geen gronde waarop hierdie Hof kan bevind dat die
Verhoorhof nie redeliker= wyse tot die gevolgtrekking
kon gekom het waartoe hy
wel
/gekom ...
9. gekom het nie.
Die appèl word van die hand gewys.
A.S. BOTHA AR
SMALBERGER AR
STEM SAAM
BOSHOFF WN AR