S v Zono (CA&R 94/2002) [2006] ZANCHC 100 (18 August 2006)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Identity of perpetrator — Appellant convicted of two counts of murder — Appellant pleaded not guilty, disputing identity in first count and claiming self-defense in second count — Evidence of three witnesses accepted by trial court, but discrepancies in their testimonies raised doubts about reliability of identification — Appellate court found trial court failed to adequately consider contradictions and inconsistencies in witness accounts — Conviction on first count set aside due to insufficient evidence linking appellant to the crime, while conviction on second count upheld based on appellant's admission of involvement.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 100
|

|

S v Zono (CA&R 94/2002) [2006] ZANCHC 100 (18 August 2006)

Reportable:
YES / NO
Circulate
to Judges: YES / NO
Circulate
to Magistrates: YES / NO
Circulate
to Regional Magistrates: YES / NO
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
CA&R 94/2002
Saak
Aangehoor: 14/08/2006
Datum
Gelewer: 18/08/2006
In
die saak:
K ZONO APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram:
Majiedt R
et
Olivier R
UITSPRAAK OP APPéL
OLIVIER
R:
[1]
Die
appellant het in die Streekhof tereggestaan op twee aanklagte van
moord. Die eerste aanklag was dat hy op of omtrent 25 Desember
1999
vir mnr Christo Boesak vermoor het, terwyl die tweede aanklag was dat
hy op 29 November 2000 vir mnr Deslin Nyl vermoor het.
Die gebeure
wat gelei het tot hierdie aanklagte het plaasgevind binne die
regsgebied van die verhoorhof en van hierdie Hof.
[2]
Die
appellant is op beide aanklagte skuldig bevind en op elke aanklag
gevonnis tot twintig jaar gevangenisstraf. Dit is gelas dat
tien
jaar van die vonnis op aanklag twee samelopend uitgedien moes word
met die vonnis op aanklag een. Appél is aangeteken teen
die
skuldigbevindings sowel as die vonnisse.
[3]
Die
appellant het op beide aanklagte onskuldig gepleit. Wat aanklag een
betref, het hy die kwessie van identiteit in geskil geplaas
en ontken
dat dit hy was wat die oorledene die twee steekwonde toegedien het
wat tot sy dood gelei het. In die geval van aanklag
twee het die
appellant erken dat dit hy was wat die oorledene die noodlottige
steekwond toegedien het, maar het hy aangevoer dat
hy in noodweer
opgetree het.
[4]
Dit
is geykte reg dat getuienis rakende identiteit versigtig oorweeg moet
word. Getuienis in hierdie verband moet nie slegs geloofwaardig
in
die normale sin van die woord wees nie, maar moet ook objektief
betroubaar wees. Selfs die eerlikste en geloofwaardigste persoon
kan
menslike foute in waarneming maak (sien
S
v Sithole and Others
1999 (1) SASV 585 (W),
S
v Jochems
1991 (1) SASV
208 (A) en
S v Nango
1990 (2) SASV 450 (A)).
[5]
Alhoewel
‘n Hof van appél normaalweg nie ligtelik sal inmeng met ‘n
verhoorhof se feitebevindinge nie, sal dit wel gedoen word
waar
sodanige bevindinge duidelik verkeerd was (sien
S
v Jackson
1998 (1) SASV
470 (HHA) op 473h-i).
[6]
Die
Staat het ten aansien van aanklag een die getuienis van drie getuies
aangebied, naamlik mnr S M Maroko, me Angelina April en mnr
J Bosman.
Die streeklanddros het al drie van hulle se getuienis aanvaar. Daar
is verder bevind dat, alhoewel Maroko onseker was
en homself
weerspreek het, hy “
in
sy eie gemoed absoluut oortuig
(was)
dat dit die
beskuldigde was wat die oorledene die aand gesteek het”
en dat sy getuienis in elk geval gestaaf word deur dié van April en
Bosman. Verder is klem daarop gelê dat aldrie hierdie getuies
die
appellant geken het.
[7]
Dat
‘n getuie in sy/haar eie gemoed seker is van ‘n identifikasie, is
natuurlik nie deurslaggewend nie. Mense maak foute en getuienis
oor
identiteit moet dus ook nog altyd objektief betroubaar wees (sien
Charzen and another v S
[2006] 2 All SA 371
(HHA) op 374a-b). Dat ‘n verdagte aan so ‘n
getuie voorheen bekend was, is natuurlik belangrik en dra by tot die
betroubaarheid
van die identifikasie. Dit moet egter nog steeds saam
met alle ander getuienis en faktore oorweeg word.
[8]
Dit
was, wat aanklag een betref, gemenesaak dat die oorledene die twee
fatale steekwonde opgedoen het in die omgewing van ‘n drinkplek
(by
die Sunrise winkel) waar hy en die gemelde drie getuies die betrokke
nag was. Volgens die appellant was hy ook dié aand op
‘n stadium
daar, maar het hy nie die oorledene gesteek nie en was hy inteendeel
al weg toe die oorledene in die vroeë oggendure
noodlottig verwond
is.
[9]
Ek
is van oordeel dat die streeklanddros onvoldoende oorweging verleen
het aan verskeie wesenlike weersprekings tussen die gemelde
drie
getuies; meer spesifiek ook weersprekings wat relevant was rakende
die identiteit van die aanvaller.
[10]
Wanneer
verby die klomp weersprekings in Maroko se eie getuienis gekyk word,
kan sy weergawe kortliks opgesom word as dat die appellant
die
oorledene reg by ‘n straatlig (wat geskyn het) ‘n enkele steekhou
toegedien het en toe die toneel verlaat het.
[11]
April
en Bosman se weergawes was, eerstens, in skrille kontras hiermee.
Volgens beide van hulle was die oorledene nie naby enige
straatlig
toe hy deur die appellant genader is nie, maar wel by ‘n hek waar
die enigste beligting afkomstig was van ‘n lig in
die gebou wat
dowwerig by die hek sou geskyn het. Volgens beide van hulle sou die
appellant nie dadelik die toneel verlaat het ná
sy aanval op die
oorledene by die hek nie, maar sou hy die oorledene toe eers gejaag
het met sy hand omhoog.
[12]
Reeds
bloot met hierdie weersprekings in gedagte, is dit moeilik om te
begryp hoe die streeklanddros kon bevind het dat April en Bosman
die
getuienis van Maroko gestaaf het.
[13]
Dit
is egter ook sommer net hier waar die ooreenkomste tussen April en
Bosman se weergawes eindig; dit ten spyte van die feit dat
hulle
volgens hulle eie weergawes ‘n paartjie was wat heeltyd bymekaar
was ten tyde van hierdie gebeure.
[14]
Volgens
April het die appellant eers by haar en Bosman verbybeweeg en iewers
heen verdwyn voordat hy na die oorledene is en hom gesteek
het.
Volgens Bosman egter het die appellant, nadat hy by hulle verbybeweeg
het, eers gaan staan op ‘n plek (waar Bosman hom dan
tog volgens
hom gesien het) voordat die appellant na die oorledene is.
[15]
Volgens
April was daar ‘n klomp mense buite die drinkplek en in die
omgewing van die oorledene (en van die hek) toe die oorledene
aangeval is; dit wil sê bo en behalwe sy en Bosman, die oorledene
en die appellant. Volgens Bosman was daar egter niemand anders
as
hulle nie. Alhoewel hy op ‘n stadium, toe hy gehoor het wat April
se weergawe hieroor was, probeer het om sy weergawe te verander
deur
te sê daar was niemand wat hy geken het nie, het hy later daarby
volstaan dat daar eenvoudig niemand anders teenwoordig was
nie.
[16]
Volgens
April het die appellant die oorledene een hou gesteek en het die
appellant toe die oorledene gejaag en hom nog ‘n steekhou
toegedien
nadat die oorledene geval het. Bosman se getuienis was egter dat,
alhoewel die appellant ook volgens hom die oorledene
gejaag het met
sy hand omhoog, hy nooit gesien het dat die appellant die oorledene
op daardie stadium ‘n steekhou toedien nie.
[17]
April
se getuienis was dat die appellant, nadat hy die oorledene die tweede
steekhou toegedien het, teruggekom het in die rigting
van die
drinkplek en van haar en Bosman. Bosman het dit ontken en gesê hy
sou gesien het as die appellant daarheen teruggekeer
het.
[18]
Die
streeklanddros het baie gewig geheg aan die feit dat beide April en
Bosman getuig het dat die appellant aanvanklik naby hulle
verbybeweeg
het en hulle hom dus toe goed sou gesien het.
[19]
Hierdie
argument verloor uit die oog dat die appellant egter op beide van
hulle se weergawes nie toe direk na die oorledene is nie.
Op April
se weergawe het hy eers uit hulle sig gegaan en heeltemal vanuit ‘n
ander posisie na die oorledene beweeg. Op daardie
stadium het die
aanvaller volgens haar heelwat verder van hulle af beweeg, en dit nog
boonop in ‘n area wat sy toegegee het maar
donker was.
[20]
Toe
Bosman gekonfronteer is met April se getuienis dat die appellant eers
iewers heen verdwyn het, was sy insiggewende antwoord: “
Ek
sal nou nie meer kan so sê nie, want ek het mos nou nie heeltyd voor
my gekyk nie. Ek het binne ook gekyk.
”
[21]
Bosman
het later toegegee dat hy inderwaarheid ook glad nie gesien het wat
tussen die oorledene en die appellant gebeur het by die
hek nie en
dat hy nie kon sê dat die appellant die oorledene daar met ‘n mes
gesteek het nie. Hy het toe ook aangevoer dat sy
sig eintlik maar
swak was. Kortom, dit lyk nie vir my asof daar eintlik veel waarde
aan Bosman se getuienis geheg kon gewees het
nie.
[22]
Toe
April in kruisverhoor gekonfronteer is met haar eie getuienis dat dit
donker was by die hek, dat daar ‘n klomp ander mense ook
in die
omgewing van die hek was en dat die appellant tussen daardie mense
sou moes inbeweeg het om by die oorledene te kom, en sy
gevra is hoe
sy onder daardie omstandighede haar met sekerheid kon uitlaat oor die
appellant se bewegings, was haar antwoord: “
Omdat
ons gesien het hy het vir Chris agterna gesit en toe hy terugkom, toe
sien ons hom weer
”.
[23]
Hiermee
het April na my oordeel eintlik maar toegegee dat sy ook nie kon sien
wie die die oorledene gesteek het nie, maar dat sy dit
aflei uit twee
faktore, naamlik dat die appellant die oorledene toe gejaag het en
dat die appellant toe teruggekom het ten aanskoue
van haar en Bosman.
Soos reeds gemeld was die eerste van hierdie twee faktore egter
strydig met Maroko se getuienis en die tweede
strydig met die
getuienis van Bosman.
[24]
Die
streeklanddros het oënskynlik ook uit die oog verloor dat Maroko se
getuienis dat die appellant die oorledene beslis slegs een
steekhou
toegedien het, strydig was met die objektiewe feit dat die oorledene
nie een nie, maar twee, fatale steekwonde toegedien
is. Maroko se
getuienis dat die oorledene besig was om weg van die appellant te
loop toe hy gesteek is, het gebots met April en
Bosman se weergawes
dat die oorledene op daardie stadium gestaan het. Die posisie van
die wonde was ook nie werklik versoenbaar
met ‘n aanval van agter
af nie en Bosman kon dit nie verklaar nie.
[25]
Bowendien
kan die vraag tereg gevra word waaroor April en Bosman nou eintlik
vir Maroko gestaaf het; bo en behalwe natuurlik die blote
stelling
dat die appellant die aanvaller was. Dit is opvallend dat nie een
van hulle byvoorbeeld sy kleredrag, of enige deel daarvan,
beskryf
het nie. Maroko en Bosman kon ook geen spesifieke eienskappe of
gelaatstrekke meld waaraan hulle die appellant sou herken
het nie,
terwyl April beweer het dat sy hom aan sy gesig, sy
“korte”
en sy
“loop”
herken het, sonder om te wys op ‘n bepaalde kenmerk daarvan.
[26]
April
moes inderdaad toegee dat sy nie in staat was om die aanvaller se
kleredrag te beskryf nie. Hoekom sou sy dit nie kon doen
as sy hom
duidelik kon waargeneem het nie; en veral as die appellant, soos wat
sy onbetwiste getuienis was, ligte klere aangehad
het?
[27]
Dit
was die appellant se saak (ten aansien van aanklag een) dat hy al
teen 21:00 uur die vorige aand by die huis was (terwyl die oorledene,
soos reeds gemeld, iewers in die vroeë oggendure van die volgende
dag aangeval is) en dat hy die res van die nag saam met sy meisie,
me
Sara du Preez, geslaap het. Hy het Du Preez as ‘n getuie geroep en
sy het hierdie weergawe van hom in wese gestaaf.
[28]
Die
streeklanddros se kritiek teen die getuienis van die appellant en Du
Preez hieroor was in die eerste plek dat dit
“uiters
geforseerd”
was, omdat
dit vreemd was dat hulle die datum en tye nog so goed sou onthou.
Alhoewel dit so is dat ‘n lang tyd verloop het tussen
die voorval
en die verhoor, moet in gedagte gehou word dat die appellant kort ná
die voorval deur die polisie gekonfronteer is,
wat sekerlik sou
bygedra het daartoe dat beide van hulle sou gesorg het dat hulle
hierdie tipe detail onthou.
[29]
Dat
die appellant op ‘n
“intense
of onemosionele wyse na die staatsgetuies gestaar”
het, neem na my oordeel ook nog nie die aangeleentheid verder nie.
Daar moet gewaak word teen die maak van afleidings uit iets soos
‘n
beskuldigde se gesigsuitdrukkings (veral sonder dat die beskuldigde
die geleentheid gehad het om daarop te reageer - vergelyk
S
v Mohase
1998 (1) SASV
185 (O)); en in elk geval het die appellant immers die reg gehad om
sy beskuldigers in die oë te kyk.
[30]
Die
streeklanddros het verder bevind dat Du Preez se toegewing dat sy nie
weer wakker geword het nadat die appellant ingekom het en
kom slaap
het nie, nie die moontlikheid uitgesluit het dat hy in die nag
opgestaan het en toe die oorledene kon aangeval het nie.
Dit mag
sekerlik ‘n moontlikheid wees, maar daar is geen getuienis
hoegenaamd op grond waarvan bevind sou kon word dat dit ‘n
redelike
afleiding of moontlikheid sou wees nie.
[31]
Waarom
sou die appellant, indien hy immers huis toe is om te gaan slaap, in
die nag opgestaan het om weer verder te gaan kuier? Moontlik
was die
streeklanddros se bevindinge in hierdie verband gegrond op ‘n ander
foutiewe bevinding, naamlik dat dit die appellant se
getuienis sou
gewees het dat hy vroeër die oorledene wou gekonfronteer het oor ‘n
voorval wat tussen die oorledene en ene Tauto
Tontana sou plaasgevind
het, maar nie daarby uitgekom het nie.
[32]
Dit
was inderdaad nie die appellant se getuienis nie. Sy getuienis was
juis dat hy die voorval waarin Tontana betrokke sou gewees
het nie as
sy besigheid beskou het nie en hy het dit baie duidelik gemaak dat hy
nooit van plan was om met die oorledene daaroor
te praat nie.
[33]
Opsommenderwys,
en wat aanklag een betref, meen ek dat daar tog ‘n redelike twyfel
moes bestaan het oor die appellant se skuld.
[34]
Wat
aanklag twee betref, is ek egter van mening dat daar geen basis
hoegenaamd bestaan waarop daar met die streeklanddros se
geloofwaardigheids-
en feitebevindinge fout gevind kan word nie.
Daar was, ten spyte van die feit dat daar wel kritiek kon wees teen
veral sekere van
die staatsgetuies se getuienis, meer as genoeg
stawing wat alle wesenlike aspekte betref en die appellant se
weergawe, daarenteen,
was deurspek met onwaarskynlikhede en duidelik
nie redelik moontlik waar nie.
[35]
Daar
steek duidelik ook geen waarheid in die appellant se bewering, in sy
kennisgewing van appél, dat hy ná die afsterwe van sy
aanvanklike
regsverteenwoordiger nie die geleentheid gegun is om iemand anders
aan te stel nie. Inteendeel, die streeklanddros het
uit sy pad
gegaan om die appellant se regte hieraangaande aan hom te verduidelik
op daardie stadium en, inderdaad, om hom te probeer
oortuig om tog
maar weer regsverteenwoordiging te bekom.
[36]
Dit
bring my dan by die vonnis op aanklag twee. Die streeklanddros het
bevind dat daar geen wesenlike en dwingende omstandighede
was wat ‘n
mindere vonnis as die voorgeskrewe vonnis van vyftien jaar
gevangenisstraf geregverdig het nie en het, inteendeel, gebruik
gemaak van die verhoogde jurisdiksie wat die Strafregwysigingswet,
105 van 1997, aan hom verleen het en die appellant op hierdie
aanklag
(soos ook op aanklag een) gevonnis tot twintig jaar gevangenisstraf.
[37]
Dit
is geykte reg dat vonnis hoofsaaklik ‘n saak vir die diskresie van
die verhoorhof is en dat ‘n Hof van appél slegs op beperkte
gronde
daarmee sal inmeng. Na my oordeel bestaan daar nie gronde waarop
ingemeng behoort te word met die streeklanddros se bevinding
dat daar
nie wesenlike en dwingende omstandighede was wat ‘n mindere vonnis
as die voorgeskrewe vonnis regverdig het nie.
[38]
Waarmee
ek egter wel ‘n probleem het, is die bykomende vyf jaar
gevangenisstraf. Die streeklanddros het in hierdie verband eerstens
opgemerk dat die appellant se vrylating ‘n risiko vir die
gemeenskap sou inhou. Ek meen dat daar nie werklik gronde is vir sò
‘n bevinding nie; veral nie as die skuldigbevinding op aanklag een
sou wegval nie. Alhoewel die appellant al etlike vorige
veroordelings
het, was nie een van hulle vir ‘n misdaad wat geweld
teenoor die persoon van ‘n ander behels het nie. Die blote feit
dat die
appellant dié misdaad gepleeg het kort nadat hy op borg
vrygelaat is op aanklag 1, sou nie opsigself so ‘n afleiding
regverdig
nie.
[39]
Die
streeklanddros het verder opgemerk dat die doodslag van die oorledene
nie voorafgegaan is deur enige stryery of provokasie nie.
Dit was
egter nie heeltemal korrek nie, want daar was wel eers ‘n stryery
tussen die appellant en die oorledene. Die feit dat
dit wil voorkom
asof die appellant die oorsaak daarvan was, is wel van belang, maar
dit beteken nie dat die plaasvind van die argument
geïgnoreer kan
word nie.
[40]
Verder
was daar tog getuienis, ook van staatsweë, dat die appellant ten tye
van die gebeure onder die invloed van drank was. Nie
alleen het hy
en andere juis vanaf ‘n drinkplek gekom toe die voorval plaasgevind
het nie (hy ook nog met ‘n bottel brandewyn
by hom), maar dit was
ook die getuienis van die getuie me Jasmin Jooste.
[41]
Laastens
was dit so dat die appellant ten tye van vonnisoplegging alreeds
ongeveer twee jaar verhoorafwagtend in die gevangenis deurgebring
het.
[42]
Ek
is dus van oordeel dat die voorgeskrewe vonnis van vyftien jaar
gevangenisstraf die gepaste vonnis op aanklag twee sou gewees het
(op
die basis dat die skuldigbevinding op aanklag een wegval) en dat ‘n
effektiewe vonnis van twintig jaar gevangenisstraf onder
die
omstandighede inderdaad ‘n onreg teenoor die appellant sou wees.
[43]
Bygevolg
word die volgende bevele hierin verleen:
1. Die
skuldigbevinding en vonnis op aanklag een word tersyde gestel.
2. Die
skuldigbevinding op aanklag twee word bekragtig maar die vonnis op
hierdie aanklag word tersyde gestel en vervang met een van
vyftien
jaar gevangenisstraf, wat teruggedateer word na 14 Maart 2002.
_______________________
C
J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek
stem saam en dit word so gelas.
_______________________
S
A MAJIEDT
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
Appellant: Adv P J Cloete
In
opdrag van: Regshulpraad, KIMBERLEY
Nms
Respondent: Adv C G Jansen
Namens:
Direkteur van Openbare Vervolgings, KIMBERLEY