About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 99
|
|
S v Klaaste (CA&R 109\05) [2006] ZANCHC 99 (14 August 2006)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: CA&R
109\05
Datum
gelewer: 2006-08-14
In
die kamer appél van
:
DAWID
KLAASTE APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
LACOCK
R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Die
appellant is in die streekhof skuldig bevind aan twee aanklagte van
aanranding met die opset om ernstig te beseer en een aanklag
van
verkragting. Die twee aanklagte van aanranding met die opset om
ernstig te beseer is saamgeneem vir doeleindes van vonnis
en die
appellant is daarvoor gevonnis tot 3 jaar gevangenisstraf. Op die
verkragtingsaanklag is die appellant tot 20 jaar gevangenisstraf
gevonnis. Die verhoorhof het gelas dat die vonnis van 3 jaar
gevangenisstraf soos voormeld, samelopend uitgedien moet word met
dié van 20 jaar gevangenisstraf vir verkragting. Die appellant kom
nou met verlof van die verhoorhof in hoër beroep teen sy
opgelegde
vonnis.
Me
Segone, wat namens die appellant betoogshoofde hierin voorgelê het,
het heeltemal te verstane glad nie die vonnis op die twee
klagtes
van aanranding met die opset om ernstig te beseer enigsins aangeval
nie. Sy het egter wel breedvoerige submissies gemaak
aangaande die
vonnis van 20 jaar gevangenisstraf op die aanklag van verkragting.
Ek behandel vervolgens slegs die laasvermelde
vonnis van 20 jaar
gevangenisstraf verder hierin.
â
n
Nuttige vertrekpunt
ten
aansien van die voormelde vonnis vir die verkragting, is die feit
dat beide Me Segone vir die appellant en Mnr. Barnard vir
die Staat,
hierin dit eens is dat die landdros misgetas het aangaande die reg
en meer bepaald ten aansien van die minimum termyn
van
gevangenisstraf wat statutêr voorgeskryf word vir die onderhawige
misdryf en wel in artikel 51(2) van Wet 105 van 1997. Hierdie
is
die appellant se tweede skuldigbevinding aan verkragting â die
vorige een was gedurende 1992. Beide advokate is korrek in
hul
submissie dat die streeklanddros verkeerdelik onder die indruk
verkeer het dat hierdie misdryf ressorteer onder artikel
51(2)(a)(ii)
van die voormelde Wet. Daardie subartikel skryf ân
minimum vonnis van 20 jaar gevangenisstraf voor vir ân geval waar
ân
persoon skuldig bevind is aan ân misdryf na verwys in Deel II
van Skedule 2 en waar só ân persoon ân tweede oortreder is
ten
aansien van sodanige misdryf. Verkragting, wat gepleeg is in ander
omstandighede as bedoel in Deel I van Skedule 2 en
waarvoor
lewenslange gevangenisstraf statutêr voorgeskryf word, val egter
nie onder Deel II van Skedule 2 nie, maar wel onder
Deel III van
daardie bepaalde skedule. Gevolglik moes die streeklanddros
gehandel het ingevolge die bepalings vervat in artikel
51(2)(b)(ii)
van die voormelde Wet, waarvolgens ân minimum termyn van 15 jaar
gevangenisstraf voorgeskryf word in die geval van
ân tweede
oortreder van sodanige misdryf.
Gegewe
die feit dat die streeklanddros kennelik misgetas het op die reg,
soos voormeld, staan dit hierdie Hof vry om opnuut op appél
te
besin aangaande ân gepaste vonnis hierin. Só ân oorweging verg
ân noukeurige ontleding van die drie kernfaktore, te
wete die aard
en erns van die misdryf, die gemeenskap se belange en die appellant
se persoonlike omstandighede. Wat laasvermelde
aanbetref, is die
appellant se persoonlike omstandighede as volg:
a) Hy was 32 jaar oud ten
tyde van vonnisoplegging, ongetroud en die vader van 3 minderjarige
kinders wat op daardie stadium 7 jaar,
7 jaar (by ân ander vrou) en
1 maand oud was. Hy het dié drie kinders almal onderhou, aangesien
die kinders se moeders werkloos
was.
b) Die
appellant het sy vader bygestaan met ân varkboerdery. Die
appellant se ouers, by wie hy ingewoon het, was albei sieklik
en
bejaard. Die appellant het origens ook ân vaste werk gehad as
boukontrakteur en verwer waar hy ongeveer R1200 per maand verdien
het.
c) ân
Ander belangrike aspek van die appellant se persoonlike omstandighede
is dat hy twee vorige veroordelings het, wat albei tersaaklik
tot die
onderhawige geval is. Die appellant is naamlik op 18 September 1992
skuldig bevind aan verkragting (dus ongeveer 10 jaar
voordat hy
skuldig bevind is aan verkragting in die onderhawige geval) en is
daarvoor gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf. Hy is
op die 11de
Julie 1995 vrygelaat op parool tot 17 September 1996. Daarna en wel
op 5 Julie 1996, d.w.s. tydens die voormelde parooltydperk,
is die
appellant skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te
beseer en is hy gevonnis tot 4 jaar gevangenisstraf.
Hy is op 31
Oktober 1996 hertoegelaat om 329 dae gevangenisstraf uit te dien vir
die paroolbreuk. Die appellant is toe op 14 Januarie
2000 vrygelaat
op parooltoesig tot 29 November 2000 ten aansien van sy vonnis van 4
jaar gevangenisstraf soos voormeld. Hy het die
onderhawige misdrywe
derhalwe gepleeg min of meer twee jaar nadat sy laaste parool tydperk
verstryk het.
Wat die aard en erns van
die misdryf aanbetref, som ek bondig die tersaaklike gebeure as volg
op:
a) Die
appellant is skuldig bevind dat hy die klaagster op die
verkragtingsaanklag, Catherina Rooi (â
Catherina
â),
sowel as haar moeder, Maria Rooi (â
Maria
â),
aangerand het deur hulle met ân bottelkop te steek â vir
Catherina onder haar arm en vir Maria in die kop. Laasvermelde
wond
is deur die streek-landdros beskryf as ân baie slegte wond wat ân
duidelike letsel gelaat het en blyk dit dat Maria se hare
nie meer
groei op haar kop waar die letsel voorkom nie. Die appellant was
klaarblyklik bekend aan die twee klaagsters en het soms
by hulle
oorgeslaap. Hy het dié aand, terwyl hulle geslaap het, vir
Catherina begin molesteer en met ân bottelkop onder die arm
gesteek. Toe Maria tussenbeide probeer tree, het die appellant haar
met dieselfde bottelkop op die kop gesteek. Hy het vir Catherina
teen haar sin daar weggeneem vanuit die huis ten aanskoue van haar
moeder en andere, en het haar toe, terwyl die bottelkop nog in
sy
besit was, verkrag. Dit is dus duidelik dat die appellant hom
skuldig gemaak het aan baie ernstige misdrywe.
Die
gemeenskap se belange in sake soos hierdie spreek vanself. Die
Noord-Kaap en veral die streekafdeling Gordonia, waar hierdie
saak
vandaan kom, gaan gebuk onder ân onrusbarende vloedgolf van
verkragtings. DÃt is ons ervaring as Regters, nie net by die
sake
wat onsself aanhoor nie, veral op rondgang in die Gordonia-streek,
maar ook in die talryke appélle wat ons hanteer. Dit
is dus
vanselfsprekend dat die howe daartoe geroepe is om gepaste vonnisse
met die nodige afskrifwaarde op te lê in sodanige sake.
Die
streeklanddros het ân baie volledige en deeglike uitspraak
gelewer. Behalwe vir sy mistasting oor die reg aangaande die
minimum termyn van gevangenisstraf wat voorgeskryf is, soos
voormeld, kan daar glad geen fout gevind word met sy benadering ten
aansien van vonnisoplegging nie. Hy het die appellant se
persoonlike omstandighede volledig bespreek en aan oorweging
verleen.
Dit blyk ook uit sy uitspraak dat die streeklanddros
volledig in ag geneem het wat die gemeenskap se belange behels, te
wete die
drieledige benadering dat die samelewing eerstens beskerm
moet word teen die gedrag van ân bepaalde oortreder, tweedens dat
andere
moet afgeskrik word teen soortgelyke misdadige optrede en
derdens dat uitdrukking gegee moet word deur die opgelegde vonnis
aan
die samelewing se erkende verontwaardiging ten aansien van die
misdryf wat gepleeg is en om vrede en orde in die samelewing te
herstel. Laastens het die landdros ook deeglik in ag geneem die
aard en erns van die misdrywe, veral die feit dat verkragting so
akuut voorkom in die Noord-Kaap en veral in Gordonia en ook die feit
dat Catherina oop en bloot ten aanskoue van haar moeder en
andere
weggeneem is uit die huis om elders verkrag te word.
Daar
was voor die streeklanddros en ook deur Me Segone in haar
betoogshoofde ân submissie gemaak dat die appellant se vorige
veroordeling van verkragting baie oud was. Ek is die mening
toegedaan dat die streeklanddros heeltemal korrek was in sy
benadering
dat, alhoewel hierdie aspek in ag geneem kan word, dit
nie uit die oog verloor moet word nie dat die appellant vir ân
groot gedeelte
van die tydperk van 10 jaar wat die huidige misdrywe
voorafgegaan het, in die gevangenis verkeer het. Dit is dus ân
aspek wat
nie veel gewig kan dra nie, soos wat Mnr. Barnard tereg
aangevoer het in sy betoogshoofde.
Me.
Segone het aan die hand gedoen dat die streeklanddros ook gefouteer
het deur te bevind dat daar nie wesenlike en dwingende omstandighede
bestaan om af te wyk van die statutêr voorgeskrewe termyn van
gevangenisstraf nie. Ek stem nie saam nie. Die appellant se
optrede
is hoogs afkeurenswaardig, aangesien hy die twee klaagsters
gaan aanrand het in die veiligheid van hulle huis en toe vir
Catherina
weggeneem het, ten aanskoue van andere, om haar te gaan
verkrag, terwyl hy nog in besit was van die bottelkop. Daar is
verder niks
in die appellant se persoonlike omstandighede wat
hoegenaamd as wesenlike en dwingende omstandighede kan kwalifiseer
nie. Wanneer
die toets soos voorgehou in
S
v Malgas 2001(1) SASV 69 (HHA)
voor
oë gehou word, is ek van mening dat daar geen basis is om in te
meng met die streeklanddros se bevinding dat daar geen wesenlike
en
dwingende omstandighede bestaan in die onderhawige saak ten aansien
van die verkragtingsaanklag nie.
Dit is duidelik dat die
streeklanddros, gegewe sy bevinding soos voormeld dat daar geen
wesenlike en dwingende omstandighede bestaan
nie, se bedoeling was
om die minimumvonnis soos voorgeskryf in artikel 51(2) van Wet 105
van 1997 op te lê en nie meer as dit
nie. Ek is ook die mening
toegedaan dat in die omstandighede van hierdie saak die voorgeskrewe
minimum vonnis gepas sal wees.
Vanweë die streeklanddros se
voormelde mistasting wat alreeds volledig behandel is, is daardie
minimum termyn egter nie 20 jaar
nie, maar wel 15 jaar
gevangenisstraf.
Gevolglik reik ek die
volgende bevel uit:
11.1 Die appellant se
appél teen vonnis slaag gedeeltelik.
11.2 Die
appellant se vonnis van 3 jaar gevangenisstraf op aanklagte 1 en 3
vir aanranding met die opset om ernstig te beseer word
bekragtig.
11.3 Die appellant se
vonnis van 20 jaar gevangenisstraf op aanklag 2 (verkragting) word
tersyde gestel en vervang met ân vonnis
van 15 (vyftien) jaar
gevangenisstraf.
11.4 Die vonnis op
aanklagte 1 en 3 hierbo sal samelopend uitgedien word met die vonnis
op aanklag 2.
11.5 Die
vonnisse word teruggedateer tot 27 Augustus 2003.
_____________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
HJ LACOCK
REGTER
NAMENS
APPELLANT : ADV BB SEGONE (REGSHULP)
NAMENS
RESPONDENT : ADV T BARNARD