About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 37
|
|
S v Esau and Another (CA&R 3/2004) [2006] ZANCHC 37 (30 June 2006)
VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R 3/2004
DATUM
AANGEHOOR: 24-11-2005
DATUM
GELEWER: 30-06-2006
In
die Appél van:
RAYMOND
ESAU EERSTE APPELLANT
ANTHONY
VYWERS TWEEDE APPELLANT
teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM:
MAJIEDT R et C C WILLIAMS R:
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
1. Die appellante is op
28 November 2000 in die Streekhof te Upington skuldig bevind aan roof
met verswarende omstandighede soos omskryf
in artikel 1 van Wet 51
van 1977 en is elkeen gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf.
2. Appél teen die
skuldigbevindings is reeds gedurende 2001 aangeteken maar op die
aanhoordag, 22 Oktober 2001, was daar geen verskyning
vir die
appellante nie en ook geen betoogshoofde namens hulle geliasseer nie.
Buys R, voor wie die aangeleentheid gedien het, het
die appél
uitgestel tot 28 Januarie 2002 en het gelas dat die appellante se
prokureur, mnr. Johan Vorster, voor daardie datum skriftelike
verduideliking vir sy versuim aan die Griffier van die Hof verskaf.
3. Op 28 Januarie 2002 is
die appél egter van die rol geskrap na ân aansoek om uitstel van
die hand gewys is en is ons seker geregtig
om te aanvaar dat daar
weereens een of ander versuim aan die kant van die appellante was.
4. Hoe dit ookal sy, na
die saak van die rol geskrap is, is ân appellant nie geregtig om
net bloot weer die appél ter rolle te
plaas sonder ân substantiewe
aansoek om kondonasie nie. Huidiglik dien daar geen so ân aansoek
voor ons nie, maar beoog ons,
in ân poging om finaliteit aan
hierdie saak te bring, dit te hanteer asof hier in die geval van
beide appellante aansoeke om kondonasie
voor ons dien wat ons sal
oorweeg aan die hand van die meriete van die appél.
5. Die twee appellante,
tesame met ân derde beskuldigde, is in die verhoorhof daarvan
aangekla dat hulle by die Ceasars Palace Casino
te Keimoes hulle
skuldig gemaak het aan die roof van onder andere kontant, ân CD
speler en CDâs, selfone en selfoonlaaiers ter
waarde van R33 491,00
en waarby ân vuurwapen gebruik is.
6. Die
twee appellante en beskuldigde 3 in die verhoor was almal
regsverteenwoordig en het onskuldig gepleit tot die aanklag en
verkies
om hul swygreg uit te oefen.
7. Vanaf
Staatsweë is die getuienis dat die twee appellante op 17 Augustus
1999, voor sluitingstyd, ongeveer 22:00, terwyl daar slegs
drie
personeellede (die drie ooggetuies) en twee gereelde besoekers by die
casino was, daar aangekom het en
âpoolâ
gespeel het. Na die twee gereelde besoekers die casino verlaat het
om ongeveer 23:00, het die twee appellante ook geloop en is die
casino gesluit. Kort daarna was daar ân klop aan die deur en het
die casinobestuurder, Frans Beukes en die ander manlike personeellid,
Raymond Coetzee, die deur gaan oopmaak. Dit was die twee appellante
wat teruggekom het en gevra het of hulle water mag drink.
8. Die twee is weer in
die casino toegelaat en Beukes is na die stoorkamer wat geleë is af
van die hoofsaal van die perseel. Terwyl
hy in die stoorkamer was
het hy gehoor hoe sy kollega Coetzee skreeu asook hul vroulike
kollega Loretta Basson, wat vroeër in ân
woonstel aangrensend aan
die casino besig was om kos vir hulle voor te berei. Toe Beukes gaan
ondersoek instel na die lawaai, het
hy gesien dat Coetzee besig was
om te stoei met die eerste appellant wat gewapen was met ân
pistool.
9. Die eerste appellant
het dit reggekry om vir Coetzee weg te stamp en het hom en Basson
beveel om agter die toonbank te lê terwyl
Beukes aangesê is om die
geld op die perseel te oorhandig. Tweede appellant het aanvanklik
vir Coetzee en Basson agter die toonbank
opgepas maar het later ook
vir Beukes gehelp om die dobbelmasjiene leeg te maak. Van die
muntstukke het in die proses op die vloer
geval en het die eerste
appellant ook vir Coetzee beveel om te help om dit in sakke te sit.
Coetzee is op hierdie stadium oor die
kop geslaan met die pistool
deur die eerste appellant. Die eerste appellant het ook op ân
stadium tydens die roof die vuurwapen
in Beukes se mond gedruk en hom
gedreig.
10.
Tweede appellant, wat deur die eerste appellant aangespreek is as
âTaksâ
het toe begin om die geldsakke uit te dra waarna hy die res van die
gesteelde goedere soos die selfone, CD speler ens. bymekaar gemaak
het en uitgedra het. Na al die goedere uit is, is die drie
personeellede vasgebind met banksakke en verlengingskoord en het die
appellante die casino verlaat.
11. Dat die roof
plaasgevind het soos beskryf deur die drie ooggetuies is nie in
geskil geplaas nie. Deur stellings gemaak aan getuies
het dit egter
geblyk dat die appellante ân alibiverweer voorhou en is die
belangrikste aspek wat dus in geskil geplaas is, die
identiteit van
die rowers.
12. Ek beoog nie om in
enige groot detail die getuienis oor die identiteit van die rowers te
behandel nie aangesien die verhoorhof
hierdie aspek deeglik en
beredeneerd behandel het. Die volgende faktore word egter uitgelig:
12.1 Die beligting in die
casino ten tye van die voorval was baie goed.
12.2 Die
drie ooggetuies het genoegsame geleentheid gehad om die rowers waar
te neem: die eerste geleentheid toe die twee persone
âpoolâ
gespeel het, het al drie die ooggetuies hulle gesien en toe hulle
terugkeer om die roof te pleeg het die drie getuies weer ân
geleentheid
gehad om hulle waar te neem.
12.3 Die
drie ooggetuies het die polisie kort na die voorval ân mondelinge
beskrywing gegee van die twee rowers wat in breë trekke
ooreenstem
met die twee appellante.
12.4 Hulle
was aldrie behulpsaam in die opstel van ân identikit van een van
die rowers (tweede appellant) wat in ân plaaslike
koerant
gepubliseer is.
12.5 Na
hierdie identikit in die koerant verskyn het, het die polisie op 2
September 1999 inligting ontvang wat hulle gelei het tot
ân woning
in Morningside, Upington. Coetzee, wat saam met die polisie na
hierdie woning is, het sonder huiwering vir eerste en
tweede
appellant uitgesonder en uitgewys waar hulle in die geselskap van
drie ander manspersone was.
12.6 Die
twee appellante is na hul arrestasie ook op ân identiteitsparade
uitgeken deur Beukes en Basson.
13. Die drie ooggetuies
het ân baie goeie indruk op die verhoorhof gemaak en selfs die
blote deurlees van die oorkonde is bevestiging
hiervan. Die
verskille wat bestaan ten opsigte van hul beskrywing van die rowers
op die toneel is gering en te verwagte gesien in
die lig van die
traumatiese ondervinding wat hulle beleef het.
14. Die uitwysing van die
twee apellante as die rowers deur die drie ooggetuies is egter nie
die enigste getuienis wat hulle met die
misdryf verbind nie.
15. Binne die huis waar
die twee appellante gearresteer is, is een van die geroofde selfone
gekry.
16. Drie vuurwapens is
ook deur die polisie in hierdie huis gevind, een daarvan ân pistool
wat volgens die getuie Beukes soortgelyk
is aan die een gebruik in
die roof. Insiggewend is dat hierdie pistool as gesteel aangemeld is
in die Bloemfonteindistrik waarvan
die twee appellante afkomstig is.
17. Me.
Siebrits die huiseienaar sowel as Rodger Ntlapane, ân persoon wat
saam met die appellante gereis het vanaf Bloemfontein
en ook in die
huis gevind is, sowel as beskuldigde 3 het getuig dat hulle die
tweede appellant by die naam van
âTaksâ
ken.
18. Me. Siebrits het ook
getuig dat die twee appellante en hul vriende die aand van die
voorval ook in Upington was en haar huis verlaat
het tussen 21:00 en
21:30 om terug te keer na Bloemfontein ná hulle ân paar dae by
haar aan huis was. Daar was dus genoeg tyd
om by die casino in
Keimoes aan te doen op die tyd soos voorgehou deur die ooggetuies.
19. Die
Staat het in die geheel gesien, na my mening ân sterk
prima
facie
saak teen die twee appellante uitgemaak. Ten spyte hiervan het die
twee appellante gekies om nie te getuig nie.
20. Beskuldigde 3 in die
verhoor, die eienaar en bestuurder van die voertuig waarmee die
appellante tussen Bloemfontein en Upington
gereis het en wat ook
teenwoordig was met die appellante in me. Siebrits se huis toe hulle
arresteer is, het wel getuig. Sy weergawe
is dat hy, die twee
appellante en nog twee ander passasiers alreeds, teen die tyd wat die
Staat beweer die appellante die casino
besoek het, tussen
Grobblershoop en Griekwastad was op pad na Bloemfontein. Hierdie
weergawe van Beskuldigde 3 is as onwaarskynlik
en leuenagtig deur die
verhoorhof geag, aangesien dit onder andere sou behels dat hy teen ân
spoed van 170km/h moes ry oor ân
baie slegte pad inaggenome die tyd
wat die mans me. Siebrits se huis verlaat het. Hierdie beskuldigde
is egter onskuldig bevind
en ontslaan aangesien daar geen direkte
getuienis was wat hom met die misdryf verbind het nie. Sy getuienis
neem die appellante
se saak geensins verder nie en kan nie dien as
bevestiging van hul alibiverweer nie.
21. Die
appellante is uitgewys as die rowers deur die ooggetuies. Daar is
ook omstandigheidsgetuienis wat hulle verbind met die misdryf.
Hulle
keuse om nie te getuig nie het sekere gevolge. In
S
v Boesak
2001(1) SA 912 (CC) te 923 E het Langa AHR, soos hy toe was die
volgende in die verband te sê
:
â
The
fact that an accused person is under no obligation to testify does
not mean that there are no consequences attaching to a decision
to
remain silent during the trial. If there is evidence calling for an
answer, and an accused person chooses to remain silent in
the face of
such evidence, a court may well be entitled to conclude that the
evidence is sufficient in the absence of an explanation.
Whether
such a conclusion is justified will depend on the weight of the
evidence. . .ââ
22. Die
Staat het ân sterk
prima
facie
saak bewys wat onweerspreek gelaat is deur die appellante se versuim
om getuienis te lewer. In die omstandighede het dit na my mening
afdoende getuienis geword en is die appellante tereg skuldig bevind.
23. Dit volg dus dat daar
na my mening geen meriete in die appél is nie en kan kondonasie nie
toegestaan word nie.
Die volgende bevel
word gemaak:
Die
aansoek om kondonasie ten opsigte van beide appellante word van die
hand gewys
________________________
C
C WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
________________________
S
A MAJIEDT
REGTER
Nms.
Appellant: Adv. Fourie, Regshulpraad
Nms.
Respondent: Adv. Mashalane
Kantoor van die Direkteur
van Openbare Vervolgings, Noord-Kaap