S v Mulke and Others (CA&R /200) [2006] ZANCHC 36 (23 June 2006)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Assault — Conviction and sentencing — Appellants convicted of assault with intent to cause grievous bodily harm and robbery — Appellants claimed actions were a civil arrest regarding alleged sheep theft — Evidence presented by complainants and witnesses indicated severe assault and unlawful detention — Appellants' claims of civil arrest rejected as no legal basis established — Court upheld convictions, finding sufficient evidence of assault and robbery, and dismissed appeal against sentence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 36
|

|

S v Mulke and Others (CA&R /200) [2006] ZANCHC 36 (23 June 2006)

VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R /200
DATUM
AANGEHOOR: 31-10-2005
DATUM
GELEWER: 23-06-2006
In
die Appél van:
KOLWER
MULKE 1ste APPELLANT
GERT
CLOETE 2de APPELLANT
OCKERT
BURGER 3deAPPELLANT
teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM:
C C WILLIAMS R et MOLWANTWA WnR:
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
1. Die appellante is op 6
Mei 2002 in die streekhof te Douglas skuldig bevind op twee aanklagte
van aanranding met die opset om ernstig
te beseer (aanklagte 1 en 2)
en twee aanklagte van menseroof (aanklagte 3 en 4). Op 23 September
2002 is die appellante soos volg
gevonnis:
Aanklag 1 – 12 maande
gevangenisstraf;
Aanklag
2 – 12 maande gevangenisstraf,
Aanklag 3 – 12 maande
gevangenistraf ingevolge artikel
276(1)(i) van Wet 51 van
1977;
Aanklag 4 – 12 maande
gevangenisstraf ingevolge artikel
276(1)(i) van Wet 51 van
1977.
2. Die appellante kom nou
in hoër beroep teen die skuldigbevindings en vonnisse hulle opgelê.
3. Al drie die appellante
was regsverteenwoordig met die verhoor en het onskuldig gepleit ten
opsigte van al die aanklagte.
3.1 Namens die eerste en
tweede appellante het hul regsverteenwoordiger die volgende
pleitverduideliking op rekord geplaas:
“
Wat
dan betref Artikel 115-verrrigtinge, sal beide beskuldigdes 1 en 2 op
aanklagte 1 en 2 ontken dat hulle hulle skuldig gemaak het
aan die
misdryf soos uiteengesit in die klagstaat, maar sal aanvoer dat hulle
‘n siviele arres uitgevoer het op die plaas op aanklagtes
1, 2, 3
en 4 ten aansien van ‘n skaap wat gesteel sou gewees het by
beskuldigde 1. Tydens die arrestasie van die klaers, is geweld
gebruik vanweë die feit dat beide die klaers hulle teen die arres
verset het en die geweld nodig was om hom onder bedwang te bring.
Na
die arrestasie, siviele arrestasie van die twee klaers is hulle na
die woonhuis van beskuldigde 1 geneem ten einde die veediefstal
aangeleentheid te ondersoek. By gebrek aan fasiliteite het vereis
dat die persone vasgemaak moes word ten einde ‘n ontsnapping
te
voorkom. Na verloop van tyd is die twee persone vrygelaat nadat
hulle versoek het dat hulle nie aangekla moes word op ‘n klagte
van
veediefstal nie en is hulle toe vrygelaat.
U
Edele, dit sal tydens die Staatsaak en tydens die verdedingsaak
aangevoer word dat klaer op aanklagte 1 en 3 by ‘n sekere woonhuis
waar daar navraag gedoen is oor die besit van ‘n vuurwapen deur die
bewoner van daardie huis aangerand was, vanweë beweringe dat
die
persoon ‘n vuurwapen. . . ”
3.2 Namens die derde
appellant het sy regsverteenwoordiger slegs gemeld dat:
“
Die beskuldigde 3
se pleit op al vier die klagtes is ooreenkomstig my instruksies.
Beskuldigde 3 ontken al die elemente van die misdryf
en plaas ieder
en elke bewering wat daar gemaak is, in geskil.”
4. Die aanklagte teen die
drie appellante spruit voort uit ‘n voorval wat plaasgevind het op
Maandag, 24 November 1997. Die twee
klaers, mnre. Dirk Visser en
Mannetjies Alwyn se getuienis in die verband is dat hulle die oggend
op die buurplaas van die eerste
appellant vis gevang het toe die
eerste en tweede appellante daar aangekom het, hulle aangerand het
deur te slaan en skop en weggeneem
het na die eerste appellant se
plaas. Volgens die klaers het die eerste appellant hulle daarvan
beskuldig dat hulle sy skaap gesteel
het.
5. By die eerste
appellant se plaas is die twee klaers met toue aan ‘n boom
vasgemaak en weereens deur die eerste en tweede appellante
met die
vuis geslaan, geskop en ook met ‘n yster soldeerpyp en elektriese
kabel oor die kop en liggaam geslaan. Hulle is ook met
een of ander
toestel elektriese skokke toegedien en gemaak rou en vuil derms sowel
as waatlemoenskille eet. Op ‘n stadium, terwyl
die twee klaers nog
aan die boom vasgemaak is het die derde appellant, wat ‘n
polisiebeampte was en ook die neef van die eerste
appellant is, daar
aangekom. Visser, wat geweet het dat die derde appellant ‘n
polisiebeampte was, het hom om hulp gevra maar
het die derde
appellant hom ook aangerand deur te slaan en trap. Die derde
appellant is van hierdie toneel weg terwyl die twee klaers
nog aan
die boom vasgemaak was.
6. Op ‘n stadium
gedurende die dag is die twee klaers deur die eerste en tweede
appellante geneem na die huis van ene mnr. Roger
Rooibult,
klaarblyklik om ‘n vuurwapen te gaan haal wat Visser besit het.
Visser is hier ook aangerand deur die tweede appellant.
Die derde
appellant het ook op hierdie toneel sy opwagting gemaak en in sy
bakkie gesit. Die klaers is na hierdie besoek aan Rooibult
se huis
deur eerste en tweede appellant teruggeneem na die plaas, waar hulle
weer vasgemaak is en verder aangerand is totdat hulle
later die dag
vrygelaat is.
7. Mnr. Sam Segodi wat op
daardie stadium op die eerste appellant se plaas gewerk het het ook
vir die Staat getuig. Sy getuienis
in ‘n neutedop is dat hy die
twee klaers al omtrent 08:00 op die plaas gesien het waar hulle
vasgemaak was aan ‘n boom. Hy het
ook getuig dat hy gesien het hoe
die eerste en tweede appellant die klaer aanrand en dat die derde
appellant op ‘n stadium daar
aangekom het terwyl die klaers nog
vasgemaak was en omtrent ‘n halfuur daar vertoef het. Sy getuienis
is dat die klaers eers ongeveer
17:00 vrygelaat is.
8. Mnr. Johannes Modise,
een van eerste appellant se plaaswerkers, het ook getuig. Hy het ook
gesien dat die klaers al omtrent 08:00
aan die boom vasgemaak is en
dat hulle geslaan is deur die eerste en tweede appellante. Hy het
ook getuig dat hy gesien het dat
die klaers skille en vleis moes eet.
9. Mnr. Rooibult en sy
vrou me. Martha Louw het ook getuig. Beide getuig dat Visser daar by
hulle huis deur tweede appellant geslaan
is en dat derde appellant
gedurende hierdie tyd voor hulle huis in sy bakkie gesit het.
10. Die klaers was na die
voorval medies ondersoek deur dr. J.C Bosman wat mediese verslae in
hierdie verband opgestel het en ook
getuig het.
10.1 Ten opsigte van
Visser is die mediese getuienis dat hy die volgende beserings
opgedoen het:
“
Multiple bruises
and abrasions over head, face, back, chest and arms and hands. No
lacerations, but blood stained oedema fluid drains
from abrasions on
left ear and left cheek because of the severe swelling of his head,
face arms and back. Skull x-rays show no skull
or rib fractures.
Both eyelids grossly swollen. Eyes themselves appear normal.
Eardrums intact. No less that twelve very visible
abrasions and
grazes on head alone. At least fifty abrasions (skin grazed &
blue & swollen) on the chest, back and arms.
Almost not a spot
in these areas that is not bruised or grazed. Serious assault –
admitted to hospital for observation. If kidneys
not damaged, no
permanent lesions or damage foreseen.”
Visser het vyf dae in die
hospital deurgebring voor hy ontslaan is.
10.2 Wat Alwyn betref is
die beserings soos volg gelys:
“
veelvuldige
(minstens vyftig houe altesaam) kneusings en nerf-af plekke (soos
slaanmerke met sambok rottang oor hele bolyf kop, nek,
arms en romp.
Vel nerf-af op talle plekke soos bogenoemde. Linker elmboog en
voorarm erg geswel en seer – erge kneusings.
Regteroog
bloedbelope met subkonjunktivale bloeding – tydelik en behoort
volledig te herstel”.
Alwyn het twee dae in die
hospitaal deurgebring”.
11. Die appellante het
gekeis om nie te getuig nie. Eerste en tweede appellante is deur die
verhoorhof skuldig bevind aan die klagtes
op die basis van hul
direkte betrokkenheid daarby en die derde appellant is skuldig bevind
op die basis dat hy as polisiebeampte
versuim het om aktief op te
tree in omstandighede waar daar ‘n regsplig bestaan het om aktief
op te tree.
12. Mnr. Nel, wat namens
die appellante optree, betoog dat die verhoorhof fouteer het deur ten
spyte van al die weersprekings en teenstrydighede
in die getuienis
deur die Staat aangebied, te bevind dat die Staat sy saak bo redelike
twyfel teen die appellante bewys het.
13. Wat die
skuldigbevinding van derde appellant betref is die betoog dat daar
geen betroubare en aanvaarbare getuienis voor die verhoorhof
geplaas
is waarop die verhoorhof regtens kon bevind dat die derde appellant
teenwoordig was toe die twee klaers aangerand is of dat
hy self die
klaers aangerand het nie. Dat hy nie teenwoordig was toe die
menseroof ten opsigte van die klaers gepleeg is nie, en
dus dat die
verhoorhof ‘n mistasting begaan het om in hierdie omstandighede te
bevind dat die derde appellant ‘n regsplig gehad
het om op te tree.
14. Wat die
skuldigbevinding ten opsigte van die eerste en tweede appellante
betref is dit so dat die getuienis van die klaers spesifiek
wemel met
weersprekings en teenstrydighede ten opsigte van onder ander die wyse
waarop die aanrandings plaasgevind het, die volgorde
van gebeure,
watter appellant wat sou gedoen het, watter voorwerpe gebruik is in
die aanrandings ensomeer.
15. Daar moet egter in
gedagte gehou word dat die gebeure baie traumaties was vir die klaers
en daar nie redelikerwys verwag kan word
van hulle om die presiese
detail van die marteling wat hulle ervaar het te onthou nie. Ook
moet daar nie uit die oog verloor word
dat die voorval meer as drie
jaar voor die verhoor plaasgevind het nie. In hierdie omstandighede
sou meer eenvormige weergawes eerder
die rooiligte van sameswering
laat flikker. Die verhoorlanddros was terdeë bewus van hierdie
omstandighede en het die getuienis
ook in hierdie lig behandel.
16. Die getuienis van die
klaers ten opsigte van die aanrandings en hul aanhouding deur die
twee appellante staan boonop nie alleen
nie. Die getuies Segodi en
Modise sowel as Rooibult en Louw bied stawing vir die weergawe van
die klaers. Meer belangrik egter
is die mediese getuienis wat spreek
van erge aanrandings ten opsigte van albei klaers maar meer spesifiek
Visser. Die feit dat die
klaers se weergawe dat hulle ook met
ysterpype oor die kop geslaan is en elektriese skokke toegedien is,
nie heeltemal strook met
die beserings deur die geneesheer opgemerk
nie, doen geen afbreuk aan die feit dat hulle wel ernstig aangerand
is nie.
17. Die nougesette en
presiese uiteensettings van al die weersprekings en teenstrydighede
in die getuienis van die staatsgetuies,
in hierdie Hof sowel as in
die verhoorhof, is na my mening niks anders as ‘n poging om die
bewese feite waarop die skuldigbevindings
geskoei is in ‘n waas van
onsekerheid te hul nie.
18. Die
Staat het ‘n
prima
facie
saak uitgemaak wat gegrond is op die volgende feite.
Ad die menseroof
aanklagte
Die twee appellante het
die klaerss aangehou op eerste appellant se plaas en hulle van hul
vryheid ontneem deur hulle met toue aan
‘n boom vas te maak.
Hierdie aspek word erken deur die twee appellante in hul
pleitverduideliking, alhoewel hulle voorhou dit
‘n siviele
arrestasie was. Die klaers is die hele dag aangehou (die getuienis
van Segodi en Modise) sonder dat daar enigsins ‘n
poging aangewend
is om hulle aan die polisie te oorhandig, ten spyte daarvan dat die
derde appellant, ‘n polisiebeampte, op twee
geleenthede by hulle
aangesluit het (dit word nie ontken dat die derde appellant aanwesig
was op die plaas en by Rooibult se huis
nie). Die klaers is
vrygelaat later die dag sonder dat enige regstappe daarna teen hulle
geneem is deur die eerste twee appellante
in verband met die beweerde
veediefstal nie.
Ad die
aanrandingsklagte
Die twee appellante
erken dat hulle die klaer aangerand het maar hou voor dat hulle slegs
die nodige geweld gebruik het om die klaers
te bedwing. Die mediese
getuienis is egter sprekend van ‘n volgehoue en gewelddadige
aanranding wat nie strook met die appellante
se pleitverduideliking
nie.
19. In
hierdie omstandighede het die appellante gekies om nie te getuig nie
en is die
prima
facie
getuienis aangebied deur die Staat onweerspreek gelaat. In
S
v Boesak
2001(1) SACR 1 (CC) te 11e-f sê Langa AHR (soos hy toe was) die
volgende:
“
The
fact that an accused person is under no obligation to testify does
not mean that there are no consequences attaching to a decision
to
remain silent during the trial. If there is evidence calling for an
answer, and an accused person chooses to remain silent in
the face of
such evidence, a court may well be entitled to conclude that the
evidence is sufficient in the absence of an explanation
to prove the
guilt of the accused
.”
20. Die
prima
facie
getuienis deur die Staat aangebied, selfs met al die weersprekings
van die klaers, is na my mening van so ‘n aard, dat dit in die
afwesigheid van enige weerlegging deur die eerste twee appellante
afdoende getuienis teen hulle daarstel. In hierdie omstandighede
het
die skuldigbevindings teen die eerste en tweede appellante na my
mening regtens geskied. Sien ook
S
v Brown en ‘n ander
1996(2) SASV 49(NK) te 61g.
21. Wat die derde
appellant betref geld dieselfde beginsels. Die staat het geslaag
daarin om te bewys dat hy op beide tonele was
en dus ten minste bewus
moes wees van die sutuasie wat daar afgespeel het. Die vraag wat
staan geantwoord word is of die verhoorhof
regtens bevind het dat die
derde appellant ‘n regsplig gehad het om op te tree.
22. Daar
is geen twyfel nie, en dit is ook nie so betoog nie, dat ‘n late in
sekere gevalle tot aanspreeklikheid kan lei in gevalle
waar daar ‘n
regsplig is om te handel. Sien
Minister
van Polisie v Ewels
1975(3) SA 590(A).
23. Die submissies gemaak
deur mnr. Nel is egter dat daar geen betroubare getuienis is dat die
derde appellant teenwoordig was terwyl
die klaers aangerand is nie,
of dat hy meegedoen het aan die aanrandings nie of ten opsigte van
die menseroofklagte dat hy enigiets
gedoen het om die klaers van
hulle vryheid te ontneem nie.
24. Die posisie is egter
dat al sou die submissies van die derde appellant se betrokkenheid of
onbetrokkenheid soos hierbo gestel
in para (23) aanvaar word, is die
derde appellant nog steeds geplaas op die toneel waar:
- die twee klaers met
toue vasgebind is aan ‘n boom;
- hulle alreeds fisies
aangerand is deur die eerste twee appellante en gemaak is om skille
en rou vleis te eet;
- hy hulle daar
agtergelaat het, nog steeds vasgebind,
- dat
hy nie ‘n vinger veroer het om op te tree nie;
- dat hy weer later op
die toneel was toe die klaers, nog steeds onder aanhouding van die
eerste twee appellante, na Rooibult se huis
geneem was.
25. Daar kan kwalik
twyfel bestaan dat die derde appellant terdeë bewus moes wees van
wat daar aangegaan het, nie net van wat hy
met die blote oog kon
waarneem nie, maar ook van wat hy van die eerste appellant sou
verneem het. Dit is heeltemal onwaarskynlik
dat hy op die plaas sou
aankom, die klaers vasgebind en beseer daar aantref, sonder dat hy
enigsins die eerste appellant, wat sy
oom is, daaroor sou uitvra nie.
Visser se getuienis dat hy die derde appellant om hulp gevra het
omdat hy geweet het hy is ‘n
polisiebeampte, val ook glad nie op as
‘n versinsel nie - dit is die mees natuurlike ding wat iemand in
daardie omstandigehde sou
doen indien ‘n polisiebeamte op die
toneel verskyn. Rumpff HR sê in die Ewels saak hierbo aangehaal te
597A;
“
Dit
skyn of dié stadium van ontwikkeling bereik is waarin ‘n late as
onregmatige gedrag beskou word ook wanneer die omstandighede
van die
geval van so ‘n aard is dat die late nie alleen morele
verontwaardiging ontlok nie maar ook dat die regsoortuiging van
die
gemeenskap verlang dat die late as onregmatig beskou behoort te word.
. .”
en te 597G:
“
Wat
misdaad betref, is die polisieman nie net afskrikker of opspoorder
nie, maar ook beskermer.”
27. Al sou daar nie
bevind kon word dat die derde appellant fisies deelgehad het in die
misdrywe nie, het hy daar aangekom terwyl
die misdryf van menseroof
gepleeg word en die klaers ook reeds aangerand was en dit nie
onvoorsienbaar was dat die klaers verder
aangerand kon word nie
gesien dat hulle nog vasgebind was toe hy die plaas verlaat het, en
hy het niks gedoen nie.
28. In hierdie
omstandighede het daar na my mening duidelik ‘n regsplig gerus op
die derde appellant om op te tree en het sy versuim
hom net so
aanspreeklik gemaak soos die eerste en tweede appellante.
29. Wat
die appél teen die vonnisse aanbetref is dit natuurlik so dat ‘n
hof van appél se bevoegdheid om in te meng daarmee beperk
is tot
omstandighede waar die verhoorhof ‘n mistasting begaan het, die
vonnis skokkend onvanpas of swaar is en waar die verhoorhof
nie sy
diskresie ten opsigte van vonnis behoorlik of redelikerwys uitgeoefen
het nie. Sien
S
v Pieters
1987(3) (SA) 717 (AA).
30. Hier
kan geen mistastings deur die verhoorhof aangaande die vonnise aan
ons voorgehou word nie. Die betoog is egter dat direkte
gevangenisstraf vir die drie appellante onvanpas is, veral gesien in
die lig van hul persoonlike omstandighede. Mnr. Nel voer aan
dat
korrektiewe toesig en/of ‘n vergoedingsbevel, of ‘n boetevonnis
meer gepaste vonnisopsies sou daarstel eerder as direkte
gevangenisstraf. Dit is egter nie die maatstaf waarteen ‘n appél
teen vonnis opgeweeg moet word nie. Die vraag is eenvoudig
– is
die vonnisse opgelê onvanpas?
31. Die verhoorlanddros
het die voordeel gehad dat die persoonlike omstandighede van die
appellante volledig voor hom geplaas is deur
middel van verskeie
voorvonnisverslae. Hy was dus in die posisie om, en het ook, die
verskeie vonnisopsies aan hom voorgehou, deeglik
oorweeg. Die
persoonlike omstandighede van al drie die appellante is baie gunstig
en word vervolgens opgesom.
31.1 Die eerste appellant
was 33 jaar oud ten tye van die voorval en 38 jaar oud met
vonnisoplegging. Hy is getroud en het 3 minderjarie
kinders. Hy
moes blykbaar sy plaas verkoop om sy regskostes te betaal en bedryf
tans ‘n drankwinkel.
31.2 Die tweede appellant
was 22 jaar oud met die pleeg van die misdrywe en 27 jaar oud met
vonnisoplegging. Hy is ongetroud maar
het twee minderjarige kinders
met sy saamleefmaat. Hy is ‘n plaasarbeider en het in diens van
die eerste appellant gewerk ten
tye van die voorval.
31.3 Die derde appellant
was 27 jaar oud ten tye van die pleging van die misdrywe en 32 jaar
oud met vonnisoplegging. Hy is ‘n
geskeide man en het sy werk as
polisiebeampte verloor as gevolg van die misdrywe.
Die
appellante is almal eerste oortreders.
32. Die persoonlike
omstandighede van die appellante is egter nie die enigste oorweging
met vonnisoplegging nie. Die aard en erns
van die misdrywe sowel as
die gemeenskapsbelang speel ook ‘n belangrike rol.
33. Die appellante het
hulle skuldig gemaak aan baie ernstige en laakbare vergrype. Die
twee klaers is ernstig aangerand en vir ure
aaneen gemartel. Hulle
is verneder in hul menswees en waardigheid en is erger as diere
behandel. Die appellante het duidelik geen
respek getoon vir die
liggaamlike of emosionele integriteit van die klaers nie.
34. Daar kan geen
verskoning wees vir hul optrede nie. Daar kan selfs nie eens ten
opsigte van die tweede appellant gesê word dat
hy onder instruksies
van eerste appellant, wat sy werkgewer was, opgetree het nie, en dus
minder verwytbaar is nie. Vanuit die getuienis
van Rooibult en Louw
is dit duidelik dat hy onafhanklik opgetree het. Die derde appellant
se posisie is na my mening ook nie gunstiger
as die ander appellante
nie slegs omdat hy nie so ‘n groot rol gespeel het in die misdrywe
nie. As polisiebeampte het daar ‘n
plig op hom gerus om wet en
orde te handhaaf. ‘n Polisiebeampte is juis ‘n persoon na wie
gewone landsburgers hulle wend wanneer
hulle in gevaar verkeer en is
hulle geregtig daarop om beskerm te word teen onregmatige dade - ‘n
plig wat die derde appellant
versuim het. Sy optrede is niks minder
verwytbaar as dit van die eerste twee appellante nie.
35. Die misdrywe wat
gepleeg is is van so ‘n aard dat dit by vêrre die gunstige
persoonlike omstandighede van die appellante oorskadu
en is die
vonnisse na my mening nie onvanpas nie.
Die volgende bevel
word gemaak.
Die appél teen
skuldigbevindings en vonnisse ten opsigte van al drie appellante word
van die hand gewys.
_______________________
C
C WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
_______________________
B
C MOLWANTWA
WAARNEMENDE
REGTER
Nms.
Appellant: Adv Nel
i.o.v
Van de Wall & Vennote
Nms.
Respondent: Adv. J J Cloete
Kantoor van die Direkteur
van Openbare Vervolgings, Noord-Kaap