S v Thebe (CA&R /200) [2006] ZANCHC 34 (23 June 2006)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Robbery — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of robbery with aggravating circumstances and sentenced to 7 years' imprisonment — Appellant and accomplices robbed complainant of cash and cellphone while threatened with a firearm — Appellant's defense inconsistent and unconvincing, with evidence supporting complainant's version — State proved its case beyond reasonable doubt — Appeal against conviction and sentence dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 34
|

|

S v Thebe (CA&R /200) [2006] ZANCHC 34 (23 June 2006)

VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R /200
DATUM
GELEWER:23-06-2006
In
die Appél van:
PROMISE
THEBE APPELLANT
teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM:
C C WILLIAMS R et J G VAN NIEKERK WnR:
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
1. Die appellant is op 25
Maart 2003 in die Streekhof te Kimberley skuldig bevind op ‘n
aanklag van roof met verswarende omstandighede
en is gevonnis tot 7
jaar gevangenisstraf. Hy kom nou in hoër beroep teen die
skuldigbevinding en vonnis hom opgelê.
2. Die appellant,
beskuldigde 1 in die verhoor, het met drie ander mans tereg gestaan
op hierdie aanklag. Die saak vanaf Staatsweë
is dat die appellant
en sy medebeskuldigdes vir die klaer, mnr. James Piet beroof het van
R17, 00 kontant, ‘n selfoon en piesangs
terwyl hy gedreig is met ‘n
vuurwapen.
3. Die appellant was
regsverteenwoordig met die verhoor en het onskuldig gepleit tot die
aanklag en sy swygreg uitgeoefen.
4. Die klaer se getuienis
is dat hy die betrokke dag van die werk af geloop het toe die
appellant, wat in ‘n rystoel was, hom nader
geroep het en R2,00
gevra het. Hy het die geld uit sy broeksak gehaal en toe hy sy kop
oplig het hy gesien hoe beskuldigde 4 ‘n
vuurwapen tussen die
appellant se bene uithaal en dit op hom rig. Die appellant het toe
die klaer se sakke deursoek en ‘n beursie
bevattende R17,00 sowel
as ‘n selfoon vanaf die klaer geneem. Beskuldigde 3 wat intussen
op die toneel aangekom het, het die klaer
se piesangs afgevat. Toe
die klaer teëstribbel het beskuldigde 3 vir beskuldigde 4 aangesê
om hom te skiet. Die appellant het
egter tussenbeide getreë en die
klaer beveel om te loop en nie terug te kyk nie.
5. Die appellant en
beskuldigdes 2 en 3 is nog op dieselfde dag deur die klaer aan die
polisie uitgewys waar hulle by ‘n taverne
verkeer het en is
gearresteer. Beskuldigdde 4 is ongeveer ses dae later arresteer.
6. Die appellant ontken
nie dat hy op die toneel teenwoordig was of dat hy geld gevra het by
die klaer nie. In stellings gemaak gedurende
kruisondervraging van
die klaer deur die appellant se regsverteenwoordiger, is die
appellant se weergawe voorgehou as sou hy voor
die voorval die
vuurwapen vanaf beskuldigde 4 geneem het aangesien beskuldigde 4
onder die invloed van drank was en onverskillig
daarmee opgetree het.
Sy prokurureur gaan voort en maak die volgende stellings aan die
klaer:
“
Ek
gaan nou vir u vertel wat gebeur het en u moet nou mooi luister.
Beskuldigde 4 het die wapen by beskuldigde 1 onder hom uitgehaal
met
sy hand. U het op hierdie stadium u beursie in u hand gehad waaruit
u die R2.00 gehaal het vir Beskuldigde 1 en op daardie stadium
toe
rig Beskuldigde 4 die wapen op , u beursie is oop, hy vat die beursie
by u en hy gee die beursie vir nommer 1. U kan later vir
my sê as
ek verkeerd is. - - - Dit is nie so nie.
Beskuldigde 1 kyk na
die beursie. Hy maak die opmerking dat u baie bankkaarte in hierdie
beursie het en hy sien dat daar R3.00 in
die beursie is - - - Dit
is nie die waarhied nie.
Hy
maak hierdie beursie toe en hy handig die beursie aan u terug. - - -
Dit is nie die waarheid nie.
Beskuldigde 1 het geen
bedoeling gehad om die beursie by u te steel nie. Verder het
Beskuldigde 4 u sakke toe visenteer – deurgekyk
en in u sak het hy
die selfoon gevind. - - - Nee dit is nie so nie.
En
Beskuldigde 4 het die selfoon toe by hom gehou. Wat is u kommentaar
daarop? - - - Dit is nie die waarheid nie. Nommer 1 het
sy hande
in my broeksakke gedruk, toe het hy vir my visenteer.
Nommer 4 het net met
die vuurwapen gewys.
En dit is toe op
daardie stadium wat Beskuldigde 3 die piesangs by u wil hê? - - -
Ja, dit is reg”
7. Toe
die appellant egter self getuienis aflê ontken hy dat beskuldigde 4
ooit op die toneel was en dig die handelinge van beskuldigde
4, soos
gestel deur sy regsverteenwoordiger, aan iemand met die naam van
“Jomo”
toe. Ter verduideliking van hierdie ongerymdheid stel die appellant
gedurende kruisondervraging voor dat sy regsverteenwoordiger
beskuldigde 4 voorgehou het as die persoon met die vuurwapen
aangesien hy op die klaer se weergawe reageer het en nie omdat dit sy
instruksies was nie.
8. Dit is egter
insiggewend dat beskuldigde 3 in sy getuienis ook verwys na
beskuldigde 4 wat deel van die groep op die toneel was
en verdermeer
dat die klaer se selfoon ‘n paar dae na die insident deur
beskuldigde 4 aan een van die staatgetueis me. Mildred
Moloko,
oorhandig is vir bewaring.
9. Die appellant se
weergawe van beskuldigde 4 se betrokkenheid al dan nie by die toneel
is egter nie die enigste ongerymdheid in
sy weergawe nie.
10. Ook
strydig met stellings gemaak deur sy prokureur aan die klaer, getuig
die appellant dat
“Jomo”
die klaer se beursie gevat het, vir die appellant gegee het en hom
beveel het om al die geld daaruit te neem wat in die omgewing
van
R15, 00 tot R17, 00 was. Die appellant se getuienis is dat hy gehoor
gegee het aan
“Jomo”
se bevele uit vrees vir hom aangesien hy die vuurwapen in sy hande
gehad het. Tog het hierdie
“Jomo”
na die voorval, op die appellant se eie getuienis, sonder om te
murmereer weer sy vuurwapen vir die appellant gegee om te hou. Die
klaer se geld, blyk dit, is later gebruik om bier te koop by die
taverne waar die eerste drie beskuldigdes uitgeken is deur die klaer.
11. Die
verhoorhof het bevind dat die appellant ‘n uit en uit leuenagtige
getuie was wat
“besluit
het om sy perde om te swaai en ‘n ander weergawe aan die Hof te
hou”
na sluiting van die Staatsaak en hiermee kan ek nie anders as
saamstem nie.
12. Die klaer het
hierteenoor ‘n gunstige indruk gemaak op die verhoorhof. Alhoewel
‘n enkelgetuie is daar talle waarborge vir
die betroubaarheid van
sy weergawe, onder andere dat hy die appellant en beskuldigdes 2 en 3
kort na die voorval uitgewys het aan
die polisie; dat die appellant
hom self op die toneel plaas alhoewel in ‘n afgewaterde rol; dat hy
geen rede het om die appellant
te impliseer nie en dat die selfoon op
‘n stadium na die voorval in besit van beskuldigde 4 was. Die
leuenagtigheid van die appellant
versterk ook natuurlik die weergawe
van die klaer.
13. Na my mening het die
Staat daarin geslaag om sy saak teen die appellant bo redelike twyfel
te bewys en is daar geen meriete in
die appél teen skuldigbevinding
nie. Die appellant het nie net die misdryf fasiliteer nie maar het
ook aktief deelgeneem en was
boonop heeltemal gewillig om deel te hê
aan die vrugte van die roof.
14. Wat die appél teen
vonnis betref maak mnr. Fourie wat namens die appellant optree geen
submissies nie en heeltemal tereg ook
so. Die appellant, wat 28 jaar
oud was met vonnisoplegging, is nie ‘n eerste oortreder nie,
inteendeel is hy in die verlede skuldig
bevind aan huisbraak met die
opset om te steel en diefstal sowel as strafbare manslag. As eerste
oortreder tot hierdie onderhawige
misdryf het die appellant in terme
van Wet 105 van 1997 gevangenisstraf van minstens 15 jaar in die oë
gestaar, maar het die verhoorhof
hom genadiglik behandel deur te
bevind dat daar dwingende en wesenlike omstandighede teenwoordig was
wat ‘n ligter vonnis regverdig.
Daar is na my mening geen basis
waarop ‘n hof van appél kan inmeng met die opgelegde vonnis nie.
Die volgende bevel
word gemaak:
Die appél teen
skuldigbevinding en vonnis word van die hand gewys.
________________________
C
C WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
________________________
J
G VAN NIEKERK
WAARNEMENDE
REGTER
Nms.
Appellant: Adv. Fourie, Regshulpraad
Nms.
Respondent: Adv.
Kantoor van die Direkteur
van Openbare Vervolgings, Noord-Kaap