S v Coetzee (CA&R 88\05) [2006] ZANCHC 95 (19 June 2006)

82 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Appeal against conviction — Appellant convicted of rape, claiming consensual intercourse — Complainant's testimony as sole evidence — Appellant's version inconsistent with complainant's account — Trial court found sufficient corroboration of complainant's testimony despite inconsistencies — Appellate court disregarded trial court's findings due to misdirections on facts and credibility — Conviction upheld as the State proved guilt beyond reasonable doubt.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 95
|

|

S v Coetzee (CA&R 88\05) [2006] ZANCHC 95 (19 June 2006)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: CA&R
88\05
Datum
verhoor: 2006-06-07
Datum
gelewer: 2006-06-19
In
die appél van
:
RICARDO
MARSHALL COETZEE APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
WILLIAMS
R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Die
appellant kom in hoër beroep teen sy skuldigbevinding op ‘n
aanklag van verkragting. ‘n Appél teen die opgelegde vonnis
van
5 jaar gevangenisstraf is geabandoneer.
Die
appellant, wat regsverteenwoordiging geniet het tydens die verhoor,
het onskuldig gepleit en het erken dat hy op die datum vermeld
in
die klagstaat gemeenskap met die klaagster gehad het, maar het
beweer dat dit met haar toestemming geskied het.
Die
klaagster was ‘n enkelgetuie op die verkragtingsvoorval self. Op
haar weergawe het sy die betrokke aand die appellant ontmoet
in ‘n
kroeg te Springbok waar die appellant aan haar voorgestel is deur
haar vriend Roger Bezuidenhoudt (“
Roger”
).
Op ‘n stadium het sy en Roger met die appellant en andere vertrek
in sy voertuig. Daar is op ‘n stadium langs die pad gedrink
totdat mense eers in Bergsig (‘n woonbuurt te Springbok) en toe in
Okiep afgelaai is. Sy en Roger het op ‘n stadium daarna
met
mekaar gestry. Roger is toe afgelaai, tesame met sy vriend in
Concordia. Die klaagster en die appellant was toe alleen in
sy
voertuig. Hy het op ‘n stadium die voertuig tot stilstand gebring
en teen haar sin met haar gemeenskap gehou. Sy het toe
weggehardloop, deur ‘n draad gekruip en het by ‘n naburige
plaasopstal aan ene Van Wyk gerapporteer dat sy verkrag is. ‘n
Vriend van haar het haar later kom haal en na die polisiestasie
geneem. Volgens haar moes sy op die vlug slaan ná die verkragting,
omrede die appellant haar daar verjaag het en met ‘n vuurwapen
gedreig het as sy aan iemand melding sou maak van die voorval.

Volgens haar het sy later geld, ‘n selfoon, ‘n oorbel en ‘n
ring van haar vermis.
Mnr. WG van Wyk is die
eerste rapport getuie en hy het bevestig dat die klaagster op die
aand van die voorval by hom aangedoen het
en gerapporteer het dat sy
verkrag was. Sy was histeries, het gehuil, haar klere was vol stof
en haar broek was geskeur. Iemand
het haar later daar kom haal. Sy
het ook aan hom meegedeel dat sy die man sou herken wat haar verkrag
het en dat sy nie seker
is of die man ‘n kondoom gebruik het
tydens die verkragting nie. Sy het verder ook melding daarvan
gemaak dat die persoon haar
geslaan het en dat hy ‘n vuurwapen in
sy besit gehad het. Volgens Mnr. Van Wyk het hy glad nie die
klaagster vantevore geken
nie.
5.1 Die
appellant se relaas van die gebeure van die betrokke aand verskil
heeltemal van dié soos voorgehou deur die klaagster. Volgens
hom
het hy en die klaagster in die kroeg waar Roger hulle aan mekaar
voorgestel het, sekere intieme aspekte aangaande hul lewens
bespreek,
onder meer die feit dat albei van hulle babas aan die dood afgestaan
het. Op ‘n stadium het die klaagster hom ‘n drukkie
gegee
(klaarblyklik uit simpatie).
5.2 Toe
die twee dames te Bergsig afgelaai is, was die klaagster ook
veronderstel om daar af te klim, maar het sy geweier om so te
doen en
het gesê dat sy na Concordia toe wil gaan. In Okiep is ‘n ander
dame afgelaai en hulle het toe Concordia toe gery waar
daar ‘n
stryery tussen Roger en die klaagster ontstaan het. Na dié stryery
het die klaagster toe voor langs die appellant in
die voertuig kom
sit.
5.3 In
Concordia het die appellant vir Roger en sy vriend afgelaai en toe hy
na sy huis toe wou ry het die klaagster hom versoek om
haar huis toe
te neem. Hy het ingestem en op pad daarheen het hy langs die pad
stilgehou waarna hulle omhels het en mekaar gesoen
het. Aangesien
dit té beknop was in die voertuig het hulle twee uitgeklim en het
hulle langsaan die voertuig op die grond vrywillig
gemeenskap gehou.
5.4 Die
appellant het ontken dat hy die klaagster verkrag het en het ook
ontken dat sy hom gebyt het, soos wat sy aangevoer het in
haar
getuienis. Hy het inteendeel aangevoer dat ‘n polisiebeampte, te
wete ene Johan Cloete, hom ondersoek het en niks bytplekke
aan sy
liggaam kon vind nie.
5.5 Hy
het verder getuig dat hy tydens geslagsgemeenskap die kondoom gebruik
het wat die klaagster vir hom gegee het. Sy het self
die kondoom in
die voertuig gaan uithaal, die omhulsel daarvan afgeskeur en dit vir
hom gegee. Nadat hulle geslagsgemeenskap gehad
het, het hy gaan
urineer en toe hy terugkeer na sy voertuig het hy gesien dat sy in sy
beursie krap. Hy het haar toe daar weggejaag.
5.6 Hy
ontken dat hy enige geld, selfoon of juweliersware van die klaagster
gevat het. Hy het verder ook ontken dat hy op enige stadium
‘n
vuurwapen op haar gerig het, soos wat sy beweer het.
6.1 Op
versoek van die verdediging is Roger Bezuidenhoudt deur die Hof
geroep as ‘n getuie volgens die bepalings vervat in artikel
186 van
die Strafproseswet, 51 van 1977 (“
die
Wet
”)
.
Hy het bevestig dat hulle in die kroeg was waar hy die appellant en
die klaagster aan mekaar voorgestel het. Hy het verder bevestig
dat
daar mense in Bergsig afgelaai was. Hy het aangevoer dat hy daarna
in ‘n dronkslaap verval het en toe wakker geskrik het toe
hulle in
Okiep was. Hy is later by die huis afgelaai, toe is die appellant en
die klaagster alleen saam in die motorvoertuig. Hy
het getuig dat hy
niks verder weet nie, behalwe dat die polisie hom daarna gekontak het
en verwittig het van die verkragtingsklagte
wat die klaagster teen
die appellant gelê het. In getuienis in hoof het hy gesê dat hy
nie weet waarom die klaagster nie by Bergsig
afgeklim het waar sy
woonagtig is en waar die ander twee dames afgelaai is nie.
6.2 In
kruisondervraging deur die appellant se prokureur is die getuie met
sy getuieverklaring gekonfronteer waarin hy vermeld het
dat die
klaagster te Bergsig nie uit die voertuig wou klim nie. Hy het
verder ook in kruisondervraging getuig dat nadat hy (Roger)
by die
voertuig uitgeklim het by sy huis, die appellant vir die klaagster
aangebied het om haar huistoe te neem en die klaagster
het nie
probleme daarmee gehad nie. Hy het die klaagster se weergawe dat die
appellant haar teruggeforseer het in die voertuig in
sy
teenwoordigheid, ontken. Hy het ook verder ontken dat hy en die
klaagster gestry het en het getuig dat hy nie weet waarom sy
met hom
plekke omgeruil het deur voor langs die appellant in sy voertuig te
gaan sit nie.
7.1 Daar
is sekere bewysstukke by ooreenkoms tussen die partye by die Hof
ingehandig, te wete foto’s van die toneel waar die beweerde
verkragting plaasgevind het, ‘n omhulsel van ‘n kondoom sowel as
‘n kondoom self en ‘n skoenafdruk van die appellant op die
toneel.
7.2 ‘n J88 mediese
verslag is ook by ooreenkoms tussen die partye ingehandig.
Daarvolgens was die klaagster se klere geskeur en
vol stof.
Veelvuldige oppervlakkige krapwonde, moontlik deur ‘n skerp
voorwerp veroorsaak, is aangemerk. Daar was ook enkele
oppervlakkige
skaafmerke op die regterboud en heuparea. Volgens die dokter se
aantekeninge op die verslag het die klaagster emosioneel
geskok,
bewerig en angstig voorgekom. Daar was ‘n skaafwond en
oppervlakkige skeur en rooierigheid by haar privaatdele. Die dokter
se slotsom was dat penetrasie wel plaasgevind het.
In
haar uitspraak het die streeklanddros bevind dat die klaagster se
getuienis nie bevredigend in alle opsigte was nie. Die
streeklanddros
het verder verwys na die vele weersprekinge en ander
probleme in haar getuienis, ondermeer die feit dat die klaagster
aanvanklik
verswyg het dat sy op ‘n stadium die appellant ‘n
drukkie gegee het en met hom ‘n intieme gesprek gevoer het, wat
aanduidend
daarvan was dat sy op ‘n latere stadium nie omgegee het
om alleen met die appellant te wees nie. Sy het egter bevind dat
daar
voldoende stawing is vir die klaagster se getuienis en dat die
appellant se weergawe nie redelik moontlik waar is nie. Die
streeklanddros
was gevolglik tevrede dat die Staat sy saak bo
redelike twyfel bewys het en het die appellant dienooreenkomstig
skuldig bevind.
9.1 Die
landdros se uitspraak gaan mank aan verskeie mistastings op die feite
en op die Reg – dit is aldus toegegee deur Me Van
Dyk namens die
Staat. Hierdie Hof kan gevolglik die verhoorhof se feitebevindinge
ignoreer, selfs waar dit op geloofwaardigheid
gebaseer is en kan ons
nou self aan die hand van die aangebode getuienis op die oorkonde,
bepaal of die Staat bo redelike twyfel
die appellant se skuld bewys
het.
Sien
in dié verband:
R
v Dhlumayo & another 1948(2) SA 677 (A) te 706
(paras
10, 11 en 13) waar Davis WnAR dit as volg stel:
“
10. There may be
a misdirection on fact by the trial Judge where the reasons are
either on their face unsatisfactory or where the
record shows them to
be such; there may be such a misdirection also where, though the
reasons as far as they go are satisfactory,
he is shown to have
overlooked other facts or probabilities.
11. The
appellate court is then at large to disregard his findings on fact,
even though based on credibility, in whole or in part
according to
the nature of the misdirection and the circumstances of the
particular case, and so come to its own conclusion on the
matter.
12. …………
13. Where the appellate court is
constrained to decide the case purely on the record, the question of
onus becomes all-important,
whether in a civil or criminal case.”
Sien
verder ook:
S
v Gentle 2005(1) SACR 420 (SCA) te 428 h-i.
9.2 Die
landdros het ondermeer bevind dat die klaagster se beserings soos
aangedui op die J88-mediese verslag, inderdaad haar beweringe
staaf
ten aansien van die feit dat die skrape op haar binnebene inderdaad
veroorsaak is deur vingernaels. Hierdie bevinding is nie
korrek nie.
Volgens die mediese verslag het die geneesheer inteendeel aangedui
dat die veelvuldige oppervlakkige krapmerke aan die
klaagster se
binnebene “
moontlik
deur ‘n skerp voorwerp veroorsaak is”
en verder dat dit “
nie
uitgesluit is dat die merke aan haar binnebene deur naels veroorsaak
is nie
”.
Die klaagster het in haar getuies in hoof uitdruklik getuig dat al
die beserings aan haar bene veroorsaak is deur ‘n draad
waardeur sy
geklim het wat haar gekrap het.
9.3 ‘n
Verdere mistasting op die feite is te vinde daarin dat die verhoorhof
verwys het na die merk wat deur die geneesheer op die
klaagster se
nek gevind is en hieraangaande het die streeklanddros bevind dat:
“
The
doctor calls it a finger mark and he clearly states that it is not
due to sucking
”.
Hierdie bevinding is eweneens nie korrek nie. Die dokter het in die
mediese verslag bloot die volgende aangeteken: “
Vingermerk?
”
en later in die verslag het hy genotuleer “
Kneusing
lyk nie soos ‘n suigmerk
”.
Die streeklanddros het (verkeerdelik) tot ‘n groot mate gesteun op
hierdie twee aspekte, tesame met ander aspekte, ten einde
te bevind
dat die Staat sy saak bo redelike twyfel bewys het.
Daar is in elk geval
ernstige probleme rondom die klaagster se geloofwaardigheid op
bepaalde wesenlike aspekte in haar getuienis
op die oorkonde voor
ons:
10.1 In kruisondervraging
het die klaagster op ‘n stadium toegegee dat sy die appellant ‘n
drukkie gegee het tydens hulle intieme
gesprek waarna reeds verwys
is, maar net later het sy dit weer ontken.
10.2 Sy
bied geen aanvaarbare verduideliking vir waarom sy nie te Bergsig,
waar sy woonagtig was, uitgeklim het nie. Sy het naamlik
aangevoer
dat sy bang was dat die derde dame, wat in Okiep woonagtig was, iets
sou oorkom as dié dame op haar eie saam met Roger,
die appellant en
‘n ander manspersoon wat ook in die voertuig was, sou ry. Tog het
sy self later alleen in die voertuig met die
drie mans agtergebly
nadat die betrokke dame afgelaai is. Toe was sy skielik nie meer
bang nie, maar het beweer dat, aangesien Roger
teenwoordig was, sy
niks sou oorkom nie.
10.3 Verder
het die klaagster haar ook weerspreek oor die rede waarom sy saam is
vanaf Okiep na Concordia.
10.4 ‘n
Uiters kommerwekkende aspek is die feit dat die klaagster vroeër in
haar getuienis in hoof die indruk probeer skep het
dat sy kwalik die
aand enige gesprek met die appellant gevoer het. Later, in
kruisondervraging, het dit egter geblyk dat sy en die
appellant nie
net lank met mekaar gesels het nie, maar dat hulle ook boonop
intieme, private en vertroulike aspekte van mekaar se
lewens bespreek
het en sy hom op ‘n stadium omhels het.
10.5 ‘n
Verdere kommerwekkende aspek wat op die waarskynlikhede net eenvoudig
nie waar kan wees nie, is die klaagster se beskrwying
van hoe die
appellant haar ontklee het, te wete dat hy bo-op haar gesit het en
toe so met sy hand agter sy rug haar broek en damesbroekie
uitgetrek
het en ook sy eie klere, sonder dat hy afgeklim het van haar.
10.6 Sy
het beweer dat sy die appellant twee keer gebyt het, naamlik op sy
arm en in sy gesig. Toe sy met ‘n botsende weergawe
daaraangaande
vervat in haar getuieverklaring gekonfronteer is, het sy haar
getuienis probeer aanpas.
11. Dié
getuienis van die klaagster dat sy die appellant gebyt het, is nooit
eers deur die Staat probeer bevestig nie, deur die polisieman
wat by
name genoem is tydens kruisondervraging, ene Johan Cloete, se
getuienis aan te bied nie. In dié verband het die landdros
wesenlik
misgetas op die Reg deur die klaagster se getuienis in dié verband
te aanvaar en die appellant se weergawe daaraangaande
te verwerp
omrede “
The
investigating officer who inspected you did not come here to say, you
did not have any marks that day
.”
Hierdie voormelde aanhaling impliseer dat daar ‘n bewyslas op die
appellant gerus het. Hierdie is natuurlik heeltemal verkeerd
en moes
die versuim om die voormelde polisieman se getuienis aan te bied (of
om ‘n rede te probeer aanvoer waarom sodanige getuienis
nie
beskikbaar was nie, indien dit die geval was) suiwer aan die Staat
toegedig gewees het.
Sien in dié verband:
S v
Teixeira 1980(3) SA 755 (A) te 764 A-C
;
S
v Ngxumza & another 2001(1) SACR 408 (TkD) te 412 e-f.
Die
appellant, aan die ander kant, het bevredigende getuienis afgelê en
kan daar inderdaad geen wesenlike weersprekinge of onwaarskynlikhede
uit sy getuienis op die rekord aangemerk word nie. Sy relaas van
gebeure is inteendeel veel meer waarskynlik as dié voorgehou
deur
die klaagster.
‘
n
Verdere probleem wat ek het met die klaagster se getuienis is die
groot toevalligheid dat sy dié aand ‘n kondoom in haar besit
sou
hê en dit aan die appellant aanbied voor hy haar “
verkrag
”.
Sy het naamlik verduidelik dat sy dié kondoom in haar besit gehad
het, omrede sy dit vroeër die aand by ‘n ander vriend
van haar
afgeneem het en sy van voorneme was om dit weg te gooi. Sy het dit
egter in haar handsak vergeet.
Roger Bezuidenhoudt, wat
bevriend was met die klaagster en deur die Hof geroep is as ‘n
getuie soos alreeds vermeld, het verder
die klaagster weerspreek op
sekere kardinale aspekte, ondermeer die feit dat die appellant
inderdaad aangebied het om haar huistoe
te neem en sy nie daarteen
teëgestribbel het nie, soos wat sy in haar getuienis beweer het.
‘n Verdere aspek is die rede waarom
sy met hom (Roger) plekke
verwissel het in die appellant se voertuig deur voor langs die
appellant te gaan sit in die passassiersitplek
– volgens haar het
dit gevolg op die stryery tussen haar en Roger, terwyl laasgenoemde
ontken het dat hulle dié aand gestry
het.
Die
vraag mag natuurlik ontstaan waarom die klaagster toe op die vlug
geslaan het, deur ‘n draad geklim het (wat krapmerke aan
haar
binnebene veroorsaak het) en toe by Mnr. Van Wyk gaan aanmeld het
dat sy verkrag is. Ek is dit eens met Mnr. Snellenburg
wat namens
die appellant voor ons verskyn het, dat die rede daarvoor kan wees
dat die appellant inderdaad die klaagster verjaag
het nadat hy haar
betrap het dat sy in sy beursie vroetel. Die klaagster moes toe
noodwendig ‘n rede uitdink waarom sy dáárdie
tyd van die nag in
‘n gehawende toestand, met geskeurde, stowwerige klere opdaag by
Mnr. Van Wyk se huis. Dit wil my ook voorkom
asof die klaagster
maar bra bangerig was dié aand vir haar ouers, omrede dit my wil
voorkom dat sy nie hul toestemming gehad het
om só laat uithuisig
te wees nie.
Dit
is van belang om in gedagte te hou dat die sogenaamde “
eerste
rapport
”
getuienis in verkragtingsake as bewysmateriaal toegelaat word, nie
as stawing dat ‘n klaagster wel verkrag is nie, maar as
steun vir
haar geloofwaardigheid. Getuienis aangaande die eerste rapport wat
die klaagster gemaak het is nie getuienis van die
afwesigheid van
toestemming nie en net so is die gebrek aan “
eerste
rapport getuienis”
nie aanduidend van die bestaan van toestemming om gemeenskap te hou
nie. ‘n Klaagster in ‘n verkragtingsaak se getuienis is
inderdaad getuienis dat sy nie toestemming tot geslagsgemeenskap
gegee het nie, maar die “
eerste
rapport
”
(of klagte) self ondersteun bloot die klaagster se geloofwaardigheid
in dié verband. Sien die breedvoerige bespreking deur
Cloete AR in
S v
Hammond 2004(2) SACR 303 (SCA) te 307 i – 310 e.
In
die onderhawige saak dus bied Mnr. Van Wyk se getuienis bloot steun
vir die klaagster se konsekwentheid (en geloofwaardigheid),
dog kan
dit egter nie dien as stawing daarvoor dat sy wel verkrag is nie.
Daar
kan seker gesê word dat daar ‘n mate van suspisie bestaan dat
daar iets onbehoorliks tussen die klaagster en die appellant
plaasgevind het dié betrokke aand. Dit is egter nie naastenby
genoeg om die appellant se skuld bo redelike twyfel te bewys nie.

Ek is inteendeel die mening toegedaan dat daar in hierdie saak
oorvloediglik twyfel bestaan aangaande die appellant se skuld op
die
relaas van gebeure soos voorgehou deur die klaagster, ‘n
enkelgetuie. Die klaagster se getuienis was net eenvoudig nie

bevredigend in alle wesenlike opsigte ten einde ‘n
skuldigbevinding uit te kan bring soos uiteengesit in artikel 208
van die
Wet nie. Daar bestaan glad geen aanvaarbare stawing vir
haar bewering dat sy verkrag is nie en blyk dit inteendeel na my
oordeel
op die waarskynlikhede dat sy met toestemming gemeenskap met
die appellant dié aand gehad het.
Bygevolg
word die appellant die voordeel van die twyfel hierin gebied.
18.1 Die
appél word gehandhaaf.
18.1 Die
appellant se skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.
_____________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
____________
CC WILLIAMS
REGTER
NAMENS
APPELLANT : ADV. N SNELLENBURG
IN OPDRAG VAN : VAN DE
WALL & VENNOTE
NAMENS
RESPONDENT : ADV E VAN DYK