About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 32
|
|
Bester v Anderson and Others (494/2005) [2006] ZANCHC 32 (9 June 2006)
Rapporteerbaar: JA
/ NEE
Sirkuleer
onder Regters: JA / NEE
Sirkuleer
onder Landdroste: JA / NEE
Sirkuleer
onder Streeklanddroste: JA / NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
949/2005
Saak
Aangehoor: 02/06/2006
Datum
Gelewer: 09/06/2006
In
die saak:
BESTER
M C EISER
versus
ANDERSON W
W 1
ST
VERWEERDER
SEHUNELO P R
O 2
DE
VERWEERDER
SOL PLAATJE
MUNISIPALITEIT 3
DE
VERWEERDER
Coram:
Olivier R
UITSPRAAK
OLIVIER
R:
[1]
Die
eiser, mnr M C Bester, het aksie ingestel teen mnr William Wallace
Anderson (eerste verweerder) adv Phemelo Robert Ohentse Sehunelo
(tweede verweerder) en die Sol Plaatje Munisipaliteit (derde
verweerder). Die aksie is vir die verhaal van skadevergoeding op
grond
van beweerde laster gepleeg deur die eerste en tweede
verweerders, en die derde verweerder word op ân middellike
grondslag aanspreeklik
gehou.
[2]
Die
eerste en derde verweerders het eksepsie aangeteken teen die
dagvaarding en besonderhede van vordering op nie minder nie as agt
verskillende gronde (sonder inagneming van alternatiewe gronde).
Ek
handel vervolgens met hierdie gronde in die volgorde waarin hulle
opgewerp is.
EENVORMIGE
HOFREëL 19 (2)
[3]
Luidens
hofreël 19(2) moet daar aan staatsorgane in ân dagvaarding
minstens 20 dae gegun word om kennis te gee van voorneme om
te
verdedig (in teenstelling met die 10 dae wat voorgeskryf word in die
geval van ander partye op wie betekening binne die Hof se
regsgebied
geskied).
[4]
Die
derde verweerder is sonder twyfel ân staatsorgaan soos bedoel in
hofreël 19(2). In die eiser se dagvaarding is egter aan die
derde
verweerder slegs 10 dae gegun waarbinne kennis gegee moes word van
voorneme om te verdedig.
[5]
Met
verwysing na die beslissing van
Noord-Kaap
Lewendehawe Koöp Beperk v Lombaard
1988 (4) SA 810
(NKA) het mnr van Loggerenberg SC, wat bygestaan deur
mnr Mpaga namens die derde verweerder verskyn het, aan die hand
gedoen dat
die dagvaarding en besonderhede van vordering gevolglik
nietig is.
[6]
Voorts
is aan die hand gedoen dat, alhoewel hofreël 19 (2) daarvoor
voorsiening maak dat ân Hof ân ander periode as 20 dae kan
magtig, sulke magtiging voor uitreiking van dagvaarding verkry moes
gewees het. As motivering hiervoor is namens die derde verweerder
verwys na die feit dat hofreël 19 (2) ân periode van 20 dae
voorskryf,
âtensy die
Hof ân korter tydperk gemagtig het
â,
maar is na geen gesag ter ondersteuning van hierdie vertolking verwys
nie.
[7]
Die
saak van
Noord-Kaap
Lewendehawe Koöp Beperk v Lombaard
is duidelik totaal te onderskei van die onderhawige feite. Daar het
dit gegaan oor ân dagvaarding wat nooit deur die Griffier
onderteken is nie en wat dus in werklikheid nooit geldiglik tot stand
gekom het nie. In die onderhawige geval het die dagvaarding
geldiglik tot stand gekom, maar was dit defektief deurdat, wat die
derde verweerder betref, die periode wat dit gelaat het vir
kennisgewing
van voorneme om te verdedig nie in ooreenstemming met
die gemelde voorskrifte was nie.
[8]
Die
derde verweerder sou moontlik ingevolge hofreël 30 stappe kon geneem
het op die basis dat die dagvaarding onreëlmatig was, maar
dan sou
die derde verweerder moes aantoon dat dit daardeur benadeel is (sien
S A Metropolitan
Lewensversekeringsmaatskappy Bpk v Louwno
1981 (4) SA 329
(O) op 334B-C).
Die
derde verweerder sou na my oordeel nie sodanige nadeel kon aantoon
nie.
Dit is duidelik
dat dit kennis gekry het van die aksie en hier is nou immers reeds ân
uitvoerige eksepsie aangeteken teen die betrokke
dagvaarding en
besonderhede van vordering.
[9]
Die
hele doel van die bepalings van hofreël 19(2) is dus in wese bereik
en die feit dat die bepalings daarvan nie stiptelik nagekom
mag
gewees het nie, raak dan eintlik irrelevant (sien
Consani
Engineering (Pty) Ltd v Anton Steinecker Maschinenfabrik GmbH
1991 (1) SA 823
(T) op 824F-G).
[10]
Daar
is dus geen meriete in die argument dat die dagvaarding en
besonderhede van vordering op hierdie basis ân nietigheid is nie.
In die lig hiervan is dit dus onnodig om in diepte te handel met die
argument namens die derde verweerder ten aansien van op watter
stadium ân Hof se magtiging ingevolge hofreël 19(2) verkry sou
moes word.
[11]
Hofreël
27(2) maak egter uitdruklik daarvoor voorsiening dat ân Hof ân
tydperk kan verleng selfs al het dit reeds verstryk.
Die laasgemelde
bepalings moet saamgelees word met dié van hofreël 27(1), wat
duidelik aantoon dat die gemelde bevoegdhede sal
slaan op
âenige
tydperk wat by hierdie reëls op by hofbevel voorgeskryf is in
verband met enige verrigting hoegenaamdâ
.
Hierdie bepalings is ooglopend baie wyd en daar is op die oog af
geen rede waarom dit nie ook moet slaan op die voorskrifte van
hofreël 19(2) nie.
LOCUS
STANDI IN IUDICIO
[12]
Hierdie
grond van eksepsie is gebaseer op die feit dat die eiser homself in
die dagvaarding en besonderhede van vordering beskryf
as ân
âvolwasseâ
persoon en nie as ân meerderjarige nie, en het mnr van Loggerenberg
met verwysing na die beslissing van
Stassen
v Stassen
1998 (2) SA
105
(W) op 108E-H geargumenteer dat die eiser nie ân saak daarvoor
uitgemaak het dat hy oor die vereiste
locus
standi in iudicio
beskik
nie.
[13]
Die
betrokke opmerking in die
Stassen
-saak
is
obiter
gemaak en was bloot tot die effek dat die bewering eerder behoort te
wees dat die party meerderjarig is. Die beslissing kan nie
na my
oordeel dien as gesag daarvoor dat ân dagvaarding waarin
volwassenheid (in plaas van meerderjarigheid) beweer is nie ân
skuldoorsaak openbaar nie.
[14]
Die
gebruik van die bewering van volwassenheid sou nie na my oordeel
getuienis van meerderjarigheid uitsluit nie (vergelyk
McKelvey
v Cowan NO
1980 (4) SA
525
(Z) op 525D-E). Dit sou gevolglik prematuur wees om nou op
eksepsie hierdie bewering met sulke noukeurigheid te oorweeg.
[15]
â
n
Verweer op grond van
locus
standi in iudicio
blyk
nie afdoende genoeg uit die dagvaarding om op eksepsie daaroor te
beslis nie en is hierdie ân gepaste geval waar die verweerders,
indien so geadviseer, ân spesiale pleit tot hierdie effek kan
aflewer (vergelyk
Dettman
v Goldfain and Another
1975 (3) SA 382
(A) op 400A-B en
Ahmadiyya
Anjuman Ishaati-Islamahore (South Africa) and Another v Muslim
Judicial Council (Cape) and Others
1983 (4) SA 855
(C) op 862D-E. Hierdie grond van eksepsie kan dus
ook nie slaag nie.
WET
OP BEPERKING VAN REGSGEDINGE (PROVINSIALE EN PLAASLIKE BESTURE), 90
VAN 1970
[16]
Daar
is ook teen die dagvaarding eksepsie aangeteken op die basis dat die
bepalings van die laasgemelde Wet hier van toepassing was
en dat,
omdat die eiser nie van sy kant nakoming van hierdie Wet se bepalings
met betrekking tot kennisgewing beweer het nie, en
omdat die
dagvaarding onderteken en uitgereik is nà verstryking van die
periode van 24 maande nadat die skuldoorsaak sou ontstaan
het, daar
nie in die dagvaarding en in die besonderhede van vordering ân saak
daarvoor uitgemaak is dat die eiser geregtig is om
die aksie te voer
nie.
[17]
In
die eerste plek sou hierdie punt na my mening eweneens nie gepas op
eksepsie beslis kon word nie. Dit sou nie vir die eiser nodig
gewees
het om in sy besonderhede van vordering nakoming van die betrokke
bepalings rondom kennisgewing te beweer nie. Dit sou vir
die
verweerder (wat hom op die nie-nakoming van die betrokke bepalings
wou beroep) wees om ân spesiale pleit tot hierdie effek
af te lewer
(sien
Hatem v Oos-Randse
Administrasieraad
1984
(2) SA 276
(T) op 280F-281G).
[18]
Dieselfde
sou geld wat betref die bewering dat meer as 24 maande verstryk het
tussen die ontstaan van die skuldoorsaak en die uitreiking
en
betekening van die dagvaarding (sien
Hatem
-saak
op 281H-282A en
Gericke v
Sack
1978 (1) SA 821
(A)). Die bepalings ten aansien van die laasgemelde termyn het ân
verjaringstermyn daargestel (sien
Meintjies
NO v Administrasieraad van Sentraal-Transvaal
1980 (1) SA 283
(T) op 293) en verjaring word gewoonlik opgewerp by
wyse van spesiale pleit. ân Eksepsie is nie die gepaste prosedure
hiervoor
nie, want ân eiser sou in repliek byvoorbeeld kon pleit
dat die termyn opgeskort of gestuit is (sien
Union
& SWA Insurance Co Ltd v Hoosein
1982 (2) SA 481
(W) op 482G en
Maisela
v Kgolane NO
2000 (2)
SA 370
(T) op 377G-H).
[19]
Dit
is inderdaad die verweerder wat hom/haar op hierdie verweer wou
beroep wat moes
âbewys
wanneer die skuld opeisbaar geword het. Dit sluit in die bewys van
die eerste dag waarop die eiser kennis gedra het van
die identiteit
van die verweerder asook die feite waaruit die skuld ontstaan het, of
kennis daarvan deur die uitoefening van redelike
sorg kon bekom het,
soos wat in artikel 2(2)(c) voorgeskryf wordâ
(sien
Hatem
-saak
op 281H-282A en
Administrateur,
Kaap v Burger
[1993] ZASCA 44
;
1993 (3)
SA 414
(A) op 422E).
[20]
Heeltemal
afgesien van die voorgaande is dit ook so dat die bepalings van
artikel 2(1)(a) van die gemelde Wet, waarop die eerste en
derde
verweerders in eksepsie gesteun het, reeds op 4 Julie 2001 in
Moise
v Greater Germiston Transitional Local Council: Minister of
Justice and Constitutional Development Intervening (Womenâs
Legal
Centre as Amicus Curiae)
[2001] ZACC 21
;
2001 (4) SA 491
(CC) as ongrondwetlik en ongeldig verklaar is. Eers
nadat ek mnr van Loggerenberg in argument op die
Hatem
-
en
Moise
beslissings gewys het, het hy namens die derde verweerder die
eksepsie wat op hierdie basis geneem is laat vaar. Alhoewel daar
nooit
namens die eerste verweerder in die betoogshoofde of in
argument met die eksepsie op hierdie grond gehandel is nie, is
dieselfde
eksepsie tog aanvanklik geneem namens die eerste verweerder
en is dit nooit laat vaar nie.
WET
OP DIE INSTEL VAN REGSGEDINGE TEEN SEKERE STAATSORGANE, 40 VAN 2002
[21]
In
die alternatief tot die argumente wat aangevoer is ten aansien van
die 1970-Wet rakende die kwessie van kennisgewing, is ook namens
die
eerste en derde verweerders eksepsie aangeteken op die basis dat die
2002-Wet op hierdie geval van toepassing is en dat, omdat
die eiser
nie beweer het dat die bepalings van hierdie Wet nagekom is wat
kennisgewing betref nie, die dagvaarding geen skuldoorsaak
openbaar
nie.
[22]
Artikel
3(4) van hierdie Wet bepaal soos volg:
â
Indien
ân staatsorgaan steun op ân skuldeiser se versuim om â¦. ân
kennisgewing te beteken, kan die skuldeiser by ân hof
wat
regsbevoegdheid het, aansoek doen vir kondonasie van sodanige
versuim.â
[23]
Net
soos wat die geval was met artikel 5 van die 1970-Wet, maak hierdie
bepalings dit na my oordeel duidelik dat ân eiser nie nodig
het om
nakoming van die betrokke bepalings te beweer nie, maar dat dit vir
die verweerder sal wees om dit te opper (vergelyk die
Hatem
-saak
op 281D-G). Ook hierdie grond van eksepsie moet dus faal.
LASTER PER SE
[24]
Die
eiser se saak is in totaal gegrond op die inhoud van ân skrywe wat
aan die Hoof Uitvoerende Beampte van die Kaapse Gemeenskaplike
Aftreefonds gerig is, en meer spesifiek paragraaf 2 daarvan. Om
doelmatigheidsredes word die geheel van die inhoud van die betrokke
skrywe vervolgens aangehaal:
KONFIDENSIEëL
â
Waarde Here
DISSIPLINÃR:
M.C. BESTER
Ons
verwys na bogemelde en wens te bevestig dat ons tans besig is met
dissiplinêre optrede teen bogemelde Mnr M.C. Bester.
Dit
het tot ons kennis gekom dat vermelde Mnr Bester, wat ân trustee by
u is, na bewering by u organisasie gereël het dat ân
pensioentjek
wat ten voordele van sy seun André Bester (wat by ons werksaam was
en gevolglik ook u lid was) in sy naam, M.C. Bester
uitgemaak moes
word en die tjek is dan ook na bewering in M.C. Bester se bank
rekening ontvang. Na bewerking was Mnr André Bester
ân
ongerehabiliteerde insolvent. Dit wil dus voorkom, indien bogemelde
feite korrek is, dat dit ân oortreding van die insolvensie
wetgewing mag daarstel.
Ons
versoek dus dat u die aangeleentheid dringend sal ondersoek en aan
ons ân verslag hieraangaande sal opstel wat ons dan ook by
die
bogemelde verhoor kan gebruik.
Geliewe
ook kennis te neem dat ons die aangeleentheid by Kapt Strydom van
S.A.P.S. (handelstak) gerapporteer het en wat tans die aangeleentheid
ondersoek.
Ons
verneem graag dringend van u.â
[25]
Die
eiser se bewering van lasterlikheid is vervat in paragrawe 7 , 8 en 9
van die besonderhede van vordering en word eweneens vollediglik
aangehaal:
â
7. Die
inhoud en in besonder paragraaf 2 daarvan is vals en lasterlik van
die eiser deurdat dit voorgee, alternatiewelik impliseer,
alternatiewelik die eiser toedig, en was tydens die opstel en
publikasie daarvan bedoel om voor te gee, alternatiewelik te
impliseer,
alternatiewelik dit die eiser toe te dig en was aldus
verstaan deur die persone aan wie die brief gedistribueer was om voor
te gee,
alternatiewelik te impliseer, alternatiewelik die eiser dit
toe te dig dat eiser, terwyl eiser ân trustee van die Kaapse
Gemeenskaplike
Aftreefonds was, bedrog gepleeg het, alternatiewelik
oneerlik is, alternatiewelik valse voorstellings aan die Kaapse
Gemeenskaplike
Aftreefonds gemaak het en dat sy optrede bygevolg
onwaardig en onbetaamlik is as trustee van die Kaapse Gemeenskaplike
Aftreefonds.
8. In die konteks
van die brief is die brief in geheel bedoel deur eerste en tweede
verweerder om aan die leser oor te dra dat die
eiser oneerlik is en
is dit aldus deur die leser verstaan.
9. In die konteks
van die brief is die inhoud daarvan bygevolg onregmatig en lasterlik
van die eiser, alternatiewelik is die inuendo
daarvan onregmatig en
lasterlik van die eiser.â
[26]
Die
eerste en derde verweerders het teen hierdie beweringe eksepsie
aangeteken op die basis, breedweg, dat dit, saamgelees met die
inhoud
van die skrywe, nie ân saak uitmaak daarvoor dat die eiser
belaster is nie. Hierdie is wel ân aspek wat op eksepsie
beslis
kan word (sien
Brett v
Schultz
1982 (3) SA 286
(SE)).
[27]
Daar
is verskeie wyses waarop ân eiser ân saak daarvoor kan uitmaak
dat bepaalde beweringe lasterlik van aard is. Die eiser kan
sy saak
daarop baseer dat die betrokke beweringe
per
se
lasterlik is en
daarmee volstaan, of die eiser kan ân bepaalde innuendo (suggestie)
opwerp wat in die beweringe ingelees moet word
en wat dan aangewend
word as versterking vir die eiser se saak dat die bewering lasterlik
per se
is. Die eiser kan egter ook ân innuendo opwerp as ân volwaardige
skuldoorsaak, moontlik in die alternatief tot ân skuldoorsaak
dat
die beweringe lasterlik
per
se
is (sien
De
Villiers v Schutte
2001
(3) SA 834
(C) op 839F en
Deedat
v Muslim Digest and Others
1980 (2) SA 922
(D) op 928H).
[28]
Dit
is uiters moeilik om op die beweringe in paragrawe 7 tot 9 van die
besonderhede van vordering te bepaal welke van hierdie opsies
die
eiser hier bedoel het om te benut. In sy hoofde van argument het mnr
Coetzee toe namens die eiser aangevoer dat dit die eiser
se saak sou
wees dat die inhoud van die skrywe lasterlik
per
se
is, alternatiewelik
dat dit lasterlik by wyse van innuendo is. In argument het Mnr
Coetzee egter duidelik gemaak dat die eiser hoegenaamd
nie op ân
innuendo in enige van die vorme daarvan steun nie en dat die eiser se
saak uitsluitlik is dat die skrywe lasterlik
per
se
is, en wel weens die
geimpliseerde betekenis daarvan.
[29]
Dit
is inderdaad so dat daar by die beoordeling van die vraag of woorde
of beweringe
per se
lasterlik is gelet moet word nie alleen op wat uitdruklik beweer is
nie, maar ook op wat daardeur geimpliseer is (sien
Argus
Printing and Publishing Co Ltd and Others v Esselenâs Estate
1994 (2) SA 1
(A) op 20G en 21G-H). Die toets is objektief en die
vraag is hoe ân redelike persoon van normale intelligensie die
woorde of
beweringe in konteks sou verstaan het (sien
Rhodes
University College v Field
1947 (3) SA 437
(A) op 461,
Selemela
and Others v Independent News Paper Group Ltd and Others
2001 (4) SA 984
(NK) op 1000I-1001B en
Sidani
v Van der Merwe and Others
2002 (2) SA 32
(HHA) op 36C).
[30]
Ek
kan met die beste wil nie insien hoe die inhoud van die skrywe as
lasterlik
per se,
met enige van die geimpliseerde betekenisse gepleit in paragraaf 7
van die besonderhede van vordering, vertolk kan word nie.
[31]
In
die tweede paragraaf van die skrywe is niks verder gegaan as om
besonderhede aan te vra met betrekking tot inligting waaroor die
skrywer op sy beurt sou beskik het tot die effek dat die eiser
â
gereëlâ
het
dat geld wat sy seun toegekom het in sy eie bankrekening betaal word.
Dit is uitdruklik beweer dat eiser dit bewerkstellig het
deur dit
met die Kaapse Gemeenskaplik Aftreefonds te reël. Die bewering van
so ân reëling is na my oordeel juis op die oog af
onversoenbaar
daarmee dat die eiser die inbetaling van die geld bewerkstellig het
deur
âbedrog
â,
âvalse voorstellingsâ
of oneerlikheid teenoor dié organisasie. ân Bewering dat dit met
die organisasie â
gereëlâ
is, impliseer eerder dat die organisasie hierin sou saamgewerk het.
[32]
Die
bewering dat, indien die eiser wel so ân reëling getref het met
die organisasie,
âdit
ân oortreding van die insolvensie wetgewing mag daarstel
â,
bevat na my oordeel ook nie ân uitdruklike of implisiete betekenins
dat die eiser in die proses bedrog gepleeg het, ân valse
voorstelling gemaak het of oneerlik was teenoor die organisasie nie.
[33]
Die
skrywe is ook nie na my mening vatbaar vir die interpretasie, op ân
oorwig van waarskynlikhede (sien
Demmers
v Wyllie and Others
1980 (1) SA 835
(A) op 842H-843E), dat die eiser teenoor enig- iemand
anders in die proses oneerlik was, ân valse voorstelling gemaak het
of bedrog
gepleeg het nie. Alhoewel nie namens die eiser gepleit is
dat die inhoud van die skrywe tot die effek was dat die eiser se seun
of sy kurator mislei of benadeel is nie, sou die skrywe se inhoud na
my mening nie alleen mank gegaan het aan selfs so ân suggestie
of
implikasie nie, maar sou dit ook in elk geval netsoseer vatbaar
gewees het vir die vertolking dat die seun en/of sy kurator nie
mislei of benadeel is nie.
[34]
Hier
moet dit weereens benadruk word dat die aard van die inhoud van die
skrywe beoordeel moet word deur die oë van die redelike
man van
normale intelligensie, en nie deur die oë van ân regsgeleerde of
ân ander persoon wat, byvoorbeeld, oor kennis van die
inhoud van
die Insolvensiewet beskik nie. Daar is niks in die inhoud van die
skrywe opsigself wat daarop dui dat
âa
reasonable ordinary and right-thinking readerâ
(en nie ân
âastute
laywer or super-critical readerâ
nie) die skrywe se inhoud sou verstaan op enige van die wyses
aangevoer in die besonderhede van vordering, of op die wyse hierbo
voorgehou, nie (sien
HRH
King Zwelithini of Kwa Zulu v Mervis and Another
1978 (2) SA 521
(W) op 526H en 529H).
[35]
Selfs
al sou dit gesê kon word dat die inhoud van die skrywe suggureer dat
die eiser ân oortreding van die bepalings van die Insolvensiewet
mag begaan het, sou dit nog steeds nie na my oordeel die implikasie
bevat het dat hy daarom hom skuldig gemaak het, teenoor wie ookal
dan, aan bedrog, valse voorstellings of oneerlikheid nie (vergelyk
Crawford v Albu
1917 AD 102
op 118).
[36]
Dit
is dan ook nie verbasend nie dat mnr Coetzee, ten spyte van die
inhoud van paragraaf 9 van die besonderhede van vordering, afstand
gedoen het van enige steun op ân innuendo op enige van die wyses
hierbo gemeld, want daar is duidelik nie enige beweringe gepleit
vir
waarom daar aan die inhoud van die skrywe ân sekondere betekenis en
so ân innuendo geheg behoort te word nie (sin
De
Middellandse Nationale Pers v Stahl
1917
AD 630
op 636,
Unie
Volkspers Bpk v Rossouw
1943 AD 519
op 524,
HRH
Zwelithini of Kwa Zulu v Mervis and Another, supra
,
op 524E en
Deedat v
Muslim Digest and Others, supra
,
op 928H-929A).
[37]
Die
slotsom waartoe ek dus kom, is dat die eiser se dagvaarding en
besonderhede van vordering nie ân skuldoorsaak gebaseer op laster
openbaar nie en wel weens die feit dat daar nie daarin ân saak
daarvoor uitgemaak is dat die inhoud van die skrywe op enige basis
hoegenaamd objektief lasterlik is nie.
BEVOORREGTE
GELEENTHEID
[38]
â
n
Eksepsie kan ook geneem word waar ân verweer vollediglik en
afdoende uit die eiser se eis blyk en daar dus om daardie rede nie
ân
skuldoorsaak blyk nie (sien
Union
& National & General Assurance Co of SA Ltd v Forward
Fashions Co
1929 CPD 528
en vergelyk
Viljoen v
Federated Trust Ltd
1971
(1) SA 750
(O) op 759C-760E en
Communication
Workers Union and Another v Telkom SA Ltd and Another
1999 (2) SA 586
(T) op 594B).
[39]
Eksepsie
is hier ook aangeteken op die basis dat dit uit die eiser se eie
besonderhede van vordering (met die skrywe as aanhangsel
daartoe)
blyk dat die inhoud van die skrywe in elk geval nie onregmatiglik
gepubliseer is nie, maar wel as deel van ân verpligting
en reg om
te ondersoek aan die kant van die derde verweerder.
[40]
In
die eerste paragraaf van die skrywe is dit pertinent gestel dat die
derde verweerder besig was met dissiplinêre optrede teen die
eiser
en in die derde paragraaf is verduidelik dat die inligting vir
daardie doel benodig word.
[41]
In
samehang hiermee blyk dit uit die besonderhede van vordering dat die
derde verweerder ân
âregsentiteitâ
is soos bedoel in die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale
Stelsels, 32 van 2000.
[42]
In
artikel 67(1) van hierdie Wet word op liggame soos die derde
verweerder die verpligting geplaas om dissiplinêre prosedures in
plek te stel en om ondersoek in te stel na
âbewerings
van wangedrag en klagtes teen personeelâ
.
Selfs al sou ân oortreding van die Insolvensiewet nie noodwendig
as krimineel van aard aangemerk kon word nie (vergelyk
Crawford
v Albu
,
supra
,
op 118) sou dit moontlik op wangedrag soos in die gemelde Wet bedoel
neerkom. Minstens sou sulke inligting sekerlik ân ondersoek
van
die kant van die derde verwerder regverdig het.
[43]
Heeltemal
afgesien van die betrokke Wet se bepalings, sou die openbare belang
na my oordeel regverdig dat ân liggaam soos ân munisipaliteit
ân
navraag soos hierdie rig ten aansien van ân werknemer daarvan
(vergelyk
McNally v M &
G Media (Pty) Ltd and Others
1997 (4) SA 267
(W) op 273C,
Monckten
v British South Africa Co
1920
AD 324
en
Couldridge v
Eskom and Another
1994
(1) SA 91
(SE)).
[44]
Ek
is van oordeel dat daar dus op die derde verweerder ân plig gerus
het (of minstens dat dit geregtig was) om die navraag te doen
en dat
hierdie dus ân klassieke geval van ân bevoorregte geleentheid was
(sien
Ehmke v Grunewald
1921 AD 575
op 581,
Borgen
v De Villiers
1980 (3)
SA 556
(A) op 577E en
Vincent
v Long
1988 (3) SA 45
(C)).
[45]
Of
so ân bevoorregte geleentheid nou dui op die afwesigheid
animus
iniurandi
(sien
Monckten
v British South Africa Co, supra
,
Couldridge v Eskom and
Another, supra
, op 103F-J
en
McPhee v Hazelhurst
and Others
1989 (4) SA
551
(N)) of op afwesigheid van onregmatigheid (sien
Marais
v Richard en ân Ander
1981 (1) SA 1157
(A) op 1167A,
Herselman
NO v Botha
1994 (1) SA
28
A op 35D-F en
National
Media Ltd and Others v Bogoshi
1998 (4) SA 1196
(A)), sou so ân bevoorregte geleentheid ân
afdoende verweer wees waar dit duidelik blyk dat die gewraakte
beweringe relevant
tot die geleentheid was (sien
Herselman
NO v Botha supra
), dat
daar geen kwaadwilligheid of onbehoorlike motief aan die kant van die
betrokke verweerder was nie en dat die beweringe nie
onredelik gemaak
is nie (sien
Holomisa v
Argus News Papers Ltd
1996 (2) SA 588
(W) op 619D-E en
Joubert
and Others v Venter
1985 (1) SA 654
(A)).
[46]
Die
eiser het nie gepleit dat die beweringe nie relevant was tot die
geleentheid nie of dat die verweerders kwaadwillig of onredelik
of
met onbehoorlike motief
opgetree het nie. Dit
blyk egter baie duidelik dat die bewyslas op ân oorwig van
waarskynlikhede sal rus op ân verweerder wat
hierdie verweer
opwerp, dit wil sê om alles te bewys wat nodig mag wees om hom/haar
binne die kader van hierdie verweer te bring
(sien
Neethling
v Du Preez and Others; Neethling v The Weekly Mail and Others
[1993] ZASCA 203
;
1994 (1) SA 708
(A) op 769A-H,
National
Media Ltd and Others v Bogoshi, supra
,
en
Hardaker v Phillips
2005 (4) SA 515
(HHA)).
[47]
Die
vraag is dan wat die vooruitsigte is dat die verweerdes in die
onderhawige geval nie met hierdie verweer sou slaag nie, met ander
woorde wat die vooruitsigte is, op die stukke tans voor die Hof, dat
die verweerders nie daarin sou slaag om op ân oorwig van
waarskynlikhede
te bewys, nie alleen dat die verweer hier ter sprake
is nie, maar ook dat die inhoud van die skrywe nie alleen relevant
was tot die
geleentheid nie, maar ook dat dit nie onredelik of
kwaadwilliglik of met ân onbehoorlike motief gerig is nie.
[48]
Die
moontlikheid dat daar getuienis mag opduik wat sal dui op sulke
kwaadwilligheid of op ân onbehoorlike motief moenie te
ânotional,
fanciful or remoteâ
wees nie (sien
Ahmadiyya
Anjuman Ishaati-Islamahore (South Africa) and Another v Muslim
Judicial Council (Cape) and Others, supra
,
op 862D-E). Na my oordeel is dit op die eiser se eie stukke, en meer
bepaald dan die inhoud van die skrywe, baie duidelik dat enige
suggestie van die moontlikheid van sulke getuienis inderdaad vergesog
sou wees.
[49]
Die
skrywe is nie wyd versprei nie, maar slegs gerig aan een enkele
persoon, naamlik die Hoof Uitvoerende Beampte van die Kaapse
Gemeenskaplike
Aftreefonds, en dus in die finale instansie die
persoon wat die gevraagde inligting sou kon verskaf sonder dat die
rede vir die aanvra
daarvan wyd bekend raak. Om hierdie doel te
bereik, is die skrywe selfs duidelik gemerk
âKONFIDENSIEëLâ
.
[50]
In
die skrywe word ook so konserwatief moontlik te werk gegaan met die
rede waarom die inligting benodig word. Daar word moeite gedoen
om
duidelik te maak dat die skrywer nie self die beweringe maak of vir
die waarheid daarvan instaan nie, en dat die skrywer selfs
die
moontlikheid aanvaar dat die beweringe onwaar mag wees.
[51]
Verder
word die moeite gedoen om te verduidelik waarom dit nodig is om die
beweringe onder die aandag van die Hoof Uitvoerende Beampte
te bring.
Teen hierdie agtergrond meen ek inderdaad dat die moontlikheid van
getuienis dat die skrywe desnieteenstaande in werklikheid
onredelik,
kwaadwilliglik of vir ân onbehoorlike motief gerig is, inderdaad
ânotional, fanciful or
remoteâ
sou wees. Mnr
Coetzee het dan ook nie eers gepoog om te argumenteer dat daar sprake
van sulke getuienis mag wees nie.
[52]
â
n
Mens vra jouself inderdaad af hoe anders die derde verweerder, en die
beamptes daarvan, te werk moes gegaan het om in die omstandighede
die
betrokke beweringe na te vors en die inligting te bekom vir die
doeleindes van ân ondersoek. Mnr Coetzee het aan die hand
gedoen
dat die skrywe gerig kon gewees het op die basis dat inligting
versoek word rondom die uitbetaling van die bedrag geld in
die
bankrekening van die eiser, sonder enige vermelding van die feit dat
die eiser se seun ân ongerehabiliteerde insolvent was
of van die
moontlikheid van ân oortreding van die Insolvensiewet. Na my
oordeel sou dit egter totaal onredelik gewees het om te
verwag dat
die inligting op hierdie wyse aangevra moes gewees het. Dit was na
my oordeel hoegenaamd nie onredelik om die aanvra
van die inligting
te motiveer deur te verwys na die status van die eiser se seun en na
die moontlikheid van ân oortreding van die
betrokke wetgewing nie.
Inteendeel, dit sou nie verbaas het nie as die Hoof Uitvoerende
Beampte eenvoudig geweier het om enige inligting
te verskaf sonder
die verstrekking van ân rede vir die noodsaak van sodanige
inligting.
[53]
Ek
meen dat, in die lig van die voorgaande, hierdie by uitstek die tipe
geval is wat reeds op eksepsie âgesifâ moet word om te
verhoed
dat ân saak wat duidelik tot mislukking gedoem is, op verhoor gaan
(sien
Conroy v Nicol and
Die Voortrekker Pers Bpk
1949 (3) SA 1134
(T) op 1139 en
Mangope
v Asmal and Another
1997 (4) SA 277
(T) op 284C-H.
[54]
In
die lig hiervan meen ek dat dit in orde sal wees om nou reeds op
eksepsie hieroor te beslis en is ek van oordeel dat die eiser
se eie
stukke inderdaad ân volledige en afdoende verweer van
âqualified
privilegedâ
aantoon
het. Dit beteken dat dit dus uit die eiser se eie stukke blyk dat
die skrywe nie onregmatiglik na die Hoof Uitvoerende Beampte
gerig is
nie. Ook op hierdie basis moet die eksepsie dus slaag.
ANIMUS
INIURANDI
[55]
Mnr
Danzfuss SC, het namens die eerste verweerder ook in argument
aangevoer dat die eiser se stukke eksepieerbaar sou wees op die
basis
dat die eiser nagelaat het om daarin te beweer dat die skrywe gerig
is met die vereiste
animus
iniurandi
. Alhoewel ek
in die lig van wat volg dit nie nodig geag het om vollediglik hierin
in te gaan nie, wil dit voorkom asof die eiser
in die omstandighede
verplig was om sodanige bewering te maak (vergelyk
Moaki
v Reckitt and Colman (Africa) Ltd and Another
1968 (3) SA 98
(A) op 106D).
[56]
Mnr
Danzfuss het egter toegegee dat daar nie op hierdie basis eksepsie
aangeteken is teen die eiser se dagvaarding of besonderhede
van
vordering nie en dat ân verweerder gebonde sou wees aan die gronde
waarop eksepsie aangeteken is.
OMVANG
VAN SKADEVERGOEDING
[57]
Eksepsie
is ook geneem teen die dagvaarding en besonderhede van vordering op
die grond dat daar nie aan die voorskrifte van Eenvormige
Hofreël
18(10) voldoen is nie, deurdat onvoldoende besonderhede deur die
eiser gepleit is om die verweerders in staat te stel om
ân beraming
te maak van die omvang van die skade wat die eiser na bewering gely
het. In die besonderhede van vordering is bloot
beweer dat die eiser
skade gely het in die bedrag van R3 miljoen.
[58]
Mnr
van Loggerenberg het aangevoer dat dit die besonderhede van vordering
vaag en verwarrend maak en dat die feit dat daar in 1988
in die
Eenvormige Hofreëls weggedoen is met die moontlikheid van ân
versoek om besonderhede vir die doeleindes van pleit, beslissings
soos
Simmonds v White
and Another
1980 (1) S
755 (C) ontersaaklik maak. In die lig van die slotsom waartoe reeds
hierbo gekom is, is dit nie nodig om finaal hieroor
uitsluitsel te
gee nie en sal ek nie in diepte hierop ingaan nie.
[59]
Beslissings
soos in die
Simmonds
-saak
en in
Durban Picture Frame
Co (Pty) Ltd v Jeena and Another
1976 (1) SA 329
(D) was egter wel inderdaad sterk gegrond op die feit
dat ân verweerder toe nog besonderhede kon versoek het met die oog
op ân
pleit. Selfs nog voor die stadium toe daar in totaal met
hier meganisme weggedoen is (in 1988) het Howe egter al begin neig in
die
rigting daarvan dat ân eiser ook in die geval van algemene
skade darem sekere basiese of minimum beweringe moet pleit om die
verweerder
ân idee te gee van
âdie
waarde van die eis teen homâ
en in staat te stel om minstens ân skatting van die omvang van die
skade te doen, en is weggedoen met die onderskeid wat vroeër
in
hierdie verband bestaan het tussen algemene en spesiale skade (sien
Cape Diving and Salvage
(Pty) Ltd and Others v Viljoen
1979 (1) SA 871
(C) op 877B-D en
Bell,
Van Niekerk & Van Niekerk v Oudebaaskraal (Edms) Bpk en ân
Ander
1985 (1) SA 127
(C)
op 130D-131D).
[60]
Wat
beskou sou kon word as genoegsame beweringe om ân verweerder in
staat te stel om self die
quantum
te beraam, sal
natuurlik verskil van geval tot geval (sien
Van
Niekerk & Van Niekerk v Oudebaaskraal (Edms) Bpk en ân Ander,
supra
, op 131F-G). Dit
is egter ook so dat hofreël 18(10) selfs in gevalle waar
skadevergoeding op grond van persoonlike beserings gevorder
word,
slegs vereis dat besonderhede âsover doenlikâ gepleit moet word
(sien
Minsiter van Wet en
Orde v Jacobs
1999 (1)
SA 944
(O) op 957 G-H) en ek vind dit moeilik om te dink hoe die
eiser met ân eis soos hierdie meer besonderhede sou kon pleit
sonder
om in effek te begin getuienis pleit.
REGSHULP
[61]
Mnr
Coetzee het toegegee dat, indien die eksepsie gehandhaaf sou word op
die basis dat die inhoud van die betrokke skrywe nie lasterlik
is
nie, die dagvaarding en die besonderhede van vordering tersyde gestel
behoort te word en daar in so ân geval geen ruimte of
sin sou wees
in die verlening van ân geleentheid vir wysiging van die
besonderhede van vordering nie. Meer spesifiek het mnr Coetzee
ook
aangedui dat daar niks verder is wat die eiser kan pleit met
betrekking tot die kwessie van die beweerde lasterlikheid van die
inhoud van die skrywe nie.
KOSTE
[62]
Daar
is nie namens enige van die partye aan die hand gedoen dat die koste
nie ook hier op die gebruiklike wyse die uitslag sal volg
nie en ek
is ook van oordeel dat dit gepas sou wees.
[63]
Mnr
van Loggerenberg het aan die hand gedoen dat, indien die eksepsie op
enige basis sou slaag, die koste van twee advokate toegelaat
behoort
te word. Soos reeds aangedui, is mnr van Loggerenberg hierin
bygestaan deur mnr Mpaga, maar mnre Danzfuss en Coetzee het
onderskeidelik namens die eerste verweerder en eiser verskyn sonder
enige bystand. Mnr Coetzee het aan die hand gedoen dat so ân
kostebevel in die omstandighede nie geregverdig sou wees nie.
[64]
Na
my mening was hierdie aangeleentheid nie van so ân aard dat dit
koste van twee advokate geverg het nie. Die stukke is uit die
aard
van die saak nie besonder lywig nie. Niks kan gemaak word van die
omvang van die eisbedrag nie, want dit is onmoontlik om op
hierdie
stadium te oordeel of dit enigsins realisties sou gewees het.
[65]
Mnr
van Loggerenberg het aan die hand gedoen dat daar ook in hierdie
verband gelet moet word op die feit dat daar nie minder nie as
agt
gronde van eksepsie was (dan is die alternatiewe nog nie eers in ag
geneem nie). Afgesien daarvan dat daar in meerdere van hierdie
gronde werklik geen meriete was nie, is ander laat vaar toe mnr van
Loggerenberg met gesag gekonfronteer is waarmee ân mens sou
verwag
het dat hy vertroud behoort te gewees het voordat op hierdie basis
eksepsie geneem is of, minstens, voordat dit geargumenteer
is.
[66]
Waaroor
dit in werklikheid hier gegaan het, was die aspek van lasterlikheid,
en die totale bron van die gewraakte beweringe is te
vinde in ân
skrywe van ân enkele bladsy lank. Ek meen dus nie dat hierdie ân
geval is waar die koste van twee advokate geregverdig
sou wees nie.
[67]
In
die lig van die voorgaande word die volgende bevel hierin gemaak:
Die
eksepsie word met koste gehandhaaf en die dagvaarding en besonderhede
van vordering word tersyde gestel.
_______________________
C
J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Namens
die eiser: Adv W J Coetzee
In
opdrag van: Engelsman Magabane INC
Namens
die eerste verweerder: Adv F W A Danzfuss, SC
In
opdrag van: Adrian B Horwitz & Ass
Namens
die tweede verweerder: Geen
Namens
die derde verweerder: Adv D E van Loggerenberg, SC
Bygestaan
deur: Adv M Mpaga
In
opdrag van: Mjila & Partners