GWK Beperk v Van Jaarsveld (1459/05) [2006] ZANCHC 31 (2 June 2006)

45 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Execution — Summons for payment — Application for summary judgment — Defendant acknowledging debt but claiming impossibility of performance — Defendant's assertion that plaintiff prevented performance by refusing delivery of goods — Court finding that defendant's vague defense did not meet the requirements of Rule 32(3)(b) — Summary judgment refused, allowing defendant to defend the action.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 31
|

|

GWK Beperk v Van Jaarsveld (1459/05) [2006] ZANCHC 31 (2 June 2006)

IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: 1459/05
DATUM
AANGEHOOR: 17-3-2006
DATUM
GELEWER: 02-06-2006
In
die saak tussen:
GWK
BEPERK Eiser
teen
HENDRIK HERMANUS JACOBUS VAN
JAARSVELD Verweerder
CORAM:
C C WILLIAMS R:
U
I T S P R A A K
WILLIAMS
R:
1. In hierdie bestrede
aansoek om summiere vonnis versoek die eiser vonnis teen die
verweerder vir:

g
1. Betaling
van die bedrag van R911 141, 81;
2. Betaling van rente
op die bedrag van R911 141, 81 bereken teen 17% per jaar maandeliks
saamgestel vanaf 1 Augustus 2005 tot datum
van betaling.”,
sowel as ‘n bevel wat
twee eiendomme, waaroor ‘n verband ten gunste van eiser
geregistreer is, spesiaal uitwinbaar verklaar en
koste.
2. Die
eiser het ingevogle ‘n skriftelike kredietaansoek onderteken op 5
Februarie 2004 (aanhangsel
”A”
tot die
dagvaarding) op krediet goedere verkoop en gelewer aan die
verweerder. Op 12 Julie 2005 is die totale bedrag agterstallig
en
verskuldig deur die verweerder aan die eiser bereken op R911 141, 81
en het die partye ‘n Skuldbewys onderteken (aanhangsel
”D”
tot die dagvaarding) ingevolge waarvan die verweerder onder andere:
(a) erken dat hy aan die
eiser verskuldig is in die bedrag van R911 141, 81, synde geld
agterstallig en betaalbaar ten opsigte van
goedere verkoop en gelewer
deur die eiser plus bykomende finansieringskoste;
b) onderneem
om die hoofskulde, finansieringskoste, regskoste en invorderingskoste
(indien enige) soos volg aan die eiser te betaal:

g
Betaal
vanaf September 2005 GWK terug met 100 ton lusern of andersins ‘n
gelyk geldwaarde van
±
R60 000 per maand. Ons gaan poog om oor die 2005/6 seisoen R400
000,00 terug te betaal.”
Die aangehaalde passasie
hierbo is per hand op die Skuldbewys aangebring klaarblyklik deur die
verweerder self.
3. Die verweerder ontken
nie in sy opponerende eedsverklaring tot die aansoek om summiere
vonnis, dat hy die bedrag van R911 141,
81 verskuldig is aan die
eiser nie. Sy verweer is egter dat die gevorderde bedrag nie
betaalbaar of opeisbaar is nie aangesien die
eiser sy prestasie soos
ooreengekom in terme van die Skuldbewys, onmoontlik gemaak het.
4. Die relevante
gedeeltes van die opponerende eedsverklaring lees as volg:

g
6.3 Op
of omtrent 14 September 2005 het ek die lewering van lusern aan die
eiser, en meer in die besonder aan mnr DIRK SCHOLTZ namens
die eiser,
aangebied ter voldoening aan die bepalings van aanhangsel “D”.
Mnr SCHOLTZ het my egter meegedeel dat hy nie die
lusern kan aanvaar
nie aangesien hy nie die lusern verkoop kry nie en dat daar ongeveer
10 ander boere voor my op die lys van lusernlewering
is.
6.4 Ek
het sedert
14
September 2005
, op
‘n weeklikse basis en soms meer dan een keer per week met mnr.
SCHOLTZ kontak gehad met betrekking tot die lewering van lusern
en
het hy my by elke geleentheid meegedeel dat eiser nie die lusern kan
of wil ontvang nie aangesien eiser nie die lusern kan verkoop
nie.
6.5 Ek was deurgaans
in ‘n posisie om my verpligtinge na te kom en het ook die lusern se
lewering op ‘n weeklikse basis getender,
maar wou die eiser dit nie
aanvaar nie en het eiser bygevolg die nakoming van my verpligtinge
onmoontlik gemaak.
6.6 Ek
is nog steeds in ‘n posisie om lusern ter waarde van
R60
000.00
per maand aan
die eiser te lewer en tender ek hiermee die lewering van sodanige
lusern.
5. Mnr. Botha, wat namens
die eiser optree, se betoog teen die verweer is tweeledig: - eerstens
dat die Skuldbewys nie ‘n ooreenkoms
of ‘n wysiging van die
ooreenkoms tussen die partye daarstel nie, maar slegs ‘n
onderneming vanaf verweerder is wat prestasie
betref; en tweedens dat
die verweer van onmoontlikmaking nie voldoen aan die bepalings van
Reël 32(3)(b) wat vereis dat ‘n verweerder
die aard en gronde van
sy verweer en die wesenlike feite waarop dit berus volledig moet
aantoon.
6. Wat die eerste been
van die eiser se betoog betref is ek nie oortuig dat die skuldbewys
nie ‘n ooreenkoms tussen die partye is
nie. Dit mag wees dat die
handgeskrewe gedeelte van die Skuldbewys soos aangehaal in paragraaf
2(b) hierbo ietwat lomp en dubbelsinnig
voorkom, in terme wat nie tot
voordeel van die eiser strek nie, maar dit is ‘n dokument wat
onderteken is deur beide partye. Wat
meer is, paragraaf 11.5 van die
Skuldbewys meld uitdruklik dat die dokument ‘n ooreenkoms tussen
die partye vervat en lees as volg:

g
11.5 Geen
toevoeging of wysiging tot of
van
hierdie ooreenkoms
sal van krag wees tensy dit op skrif gestel en deur beide partye
onderteken is nie.”
(my
onderstreping)
7. Die Skuldbewys is
egter nie ‘n novasie van die oorspronklike skuldoorsaak nie, en dit
word ook nie as sulks voorgehou deur verweerder
nie. Dit sou in elk
geval teenstrydig wees met paragraaf 11.1 van die skuldbewys wat
bepaal dat;

g
11.1 Die
partye plaas op rekord dat hierdie skuldbewys nie ‘n novasie van
die skuldeiser se oorspronklike eis teen die skuldenaar
is nie, dat
dit nie afstanddoening van enige van die regte van die skuldeiser
insluitende sy reg om sonder kennisgewing met die oorspronklike
versuim om die bepaling en voorwaardes van hierdie skuldbewys na te
kom sal die skuldeiser geregtig wees om in sy uitsluitlike diskresie
geregtelike stappe in te stel kragtens die skuldbewys of die
oorspronklike skuldoorsaak.”
8. Wat
hier gebeur het is heel duidelik. Die verweerder kon nie sy skuld
aan die eiser betaal soos ooreengekom in die Aansoek om
krediet wat
per paragraaf (6) daarvan bepaal dat
“Die
kontrakprys is betaalbaar binne 30 dae na lewering van goedere of
dienste by debiet van rekeningstaat. . .”
nie, en het agterstallig geraak. Op 12 Julie 2005 het die verweerder
‘n aanbod gemaak aan die eiser vir die afbetaling van die
agterstallige bedrag en hierdie aanbod soos vervat in die Skuldbewys
is aanvaar deur die eiser. Hierdie goedgunstige gebaar van
die eiser
het na my mening vir die eiser die ongelukkige gevolg dat die geld
nie meer opeisbaar en betaalbaar is ingevolge die nie-nakoming
van
die terme van die Aansoek om krediet nie, maar nou staan bepaal te
word aan die hand van die terme van die Skuldbewys soos ook
bepaal te
paragraaf 11.1 daarvan. Die Skuldbewys is in effek ‘n wysiging van
die metode en vorm van prestasie.
Die
volgende vraag wat beantwoord staan te word is of die geld opeisbaar
en betaalbaar is ingevolge die Skuldbewys. Dit is hier
waar die
verweerder se verweer onder die vergrootglas kom. Dit word nie
betoog namens die eiser dat onmoontlikmaking van prestasie
nie ‘n
geldige verweer kan wees teen die eiser se eis nie. Die punt wat
geneem word is dat die verweerder se uiteensetting van
die verweer
so vaag ten opsigte van besonderhede is waarvan die verweerder wel
kennis behoort te hê, dat dit die opregtheid of
te wel
bona
fides
van
die verweer in twyfel bring.
10. In hierdie opsig
verwys mnr Botha na talle voorbeelde in die verweerder se
uiteensetting van sy verweer waar hy in meer besonderheid
kon handel.
Aspekte soos by watter spesifieke tak van die eiser die verweerder
gepoog het om te lewer, in watter hoedanigheid Dirk
Scholtz opgetree
het, of Scholtz geweet het van die betalingsooreenkoms tussen die
partye, hoekom verweerder nie vir ‘n mnr. Nolte
wat die Skuldbewys
namens die eiser geteken het gekontak het nie, hoekom verweerder nie
geld in stede van lusern aangebied het nie
ens, is nie deur die
verweerder aangespreek nie.
11. Mnr. Coetzee, wat vir
die verweerder optree, betoog weer dat ‘n verweerder se opposisie
tot summiere vonnis nie met die presiesheid
wat verlang word van ‘n
verweerskrif geformuleer hoef te word nie. Ook dat die verweerder se
eedsverklaring in elk geval genoeg
besonderhede bevat om die
werknemer Dirk Scholtz te identifiiseer, dat Scholtz klaarblyklik nie
in ‘n lae posisie by verweerder
werksaam is nie aangesien hy self
lusernlewering kan afkeur en ook bewus was van lusern pryse.
Hierbenewens word ook betoog dat
daar geen verpligting rus op die
verweerder om ander reëlings te tref as waarop ooreengekom is, of om
met geld te presteer as daar
ooreengekom is om met lusern te presteer
nie.
12. Na
my meing het beide advokate se betoë ten opsigte van die
uiteensetting van die verweer meriete. Aan die een kant is dit so
dat die verweerder sonder veel moeite sy verweer in meer besonderheid
kon uiteensit. Sien
Standard
Bank of South Africa Ltd v Friedman
1999(2) SA 456(C) te 462. Aan die ander kant is dit ook so dat Reël
32(3)(b) nie geskep is met die doel om aan ‘n eiser die eensydige
voordeel te gee van ‘n voorskou van die presiese getuienis deur die
verweerder aan te bied nie. Sien
Edwards
v Menezes
1973(1) SA 299(NC) te 304.
13. Hierdie is na my
mening een van daardie grensgevalle waar nie met oortuiging bevind
kan word dat die verweerder se verweer nie
bona fide is nie en dat hy
slegs vir tyd speel nie. Die verweerder se saak is dat hy gepoog het
om te presteer in terme van die
Skuldbewys en op verskeie geleenthede
deur ‘n werknemer van die eiser verhoed is om dit te doen. Indien
dit bewys kan word op
verhoor staan hy ‘n kans op sukses. Ek is
nie van mening dat die verweerder gepenaliseer moet word met die
streng gevolge van
summiere vonnis terwyl die essensie van sy
verweer, alhoewel nie in alle besonderhede nie, duidelik blyk.
Bygevolg word die
volgende bevel gemaak:
a) Summiere vonnis
word geweier.
b) Verlof
word aan die verweerder verleen om die aksie te verdedig.
c) Verdere
pleitstukke moet liasseer word in terme van die Hofreëls.
d) Koste van hierdie
aansoek is koste in die geding
______________________
C.C
WILLIAMS
REGTER
Nms.
Applikant
: Adv C Botha
i.o.v
Duncan Rothman
Nms.
Respondent
: Adv Coetzee
i.o.v Engelsman, Magabane
ING