S v Dodo (CA&R 37\06) [2006] ZANCHC 91 (1 June 2006)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal — Sentence — Appellant convicted of attempted rape and sentenced to 10 years imprisonment — Delay of 6 years in hearing appeal deemed unacceptable — Appellant's actions constituted a serious breach of trust as stepfather of the victim — Original sentence found to be shockingly inappropriate — Sentence reduced to 7 years imprisonment, backdated to original conviction date.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 91
|

|

S v Dodo (CA&R 37\06) [2006] ZANCHC 91 (1 June 2006)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: CA&R
37\06
Datum
verhoor: 2006-06-12
Datum
gelewer: 2006-06-00
In
die appél van
:
NDENDE
DODO APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R et VAN NIEKERK WNR
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Die
appellant kom met verlof van die verhoorhof in hoër beroep teen die
vonnis van 10 jaar gevangenisstraf wat hom opgelê is vir
poging tot
verkragting. ‘n Onrusbarende aspek is dat die skuldigbevinding en
vonnis alreeds op 21 Januarie 2000 afgehandel is
en verlof om te
appelleer is verleen op 15 Mei 2000. Dit blyk nie uit die stukke
voor ons waarom dit 6 jaar lank geduur het vir
hierdie appél om
aangehoor te word nie. Daar is wel egter ‘n skrywe vanaf die
appellant uit die gevangenis te De Aar, gedateer
25 Julie 2005
waarin hy aansoek doen vir “
’n
heraansoek tot appél
”,
omrede sy appél nooit aangehoor is nie. Die lang vertraging is
onaanvaarbaar en is ‘n skreiende onreg teenoor die appellant
wat
so lank moes wag om sy appél bereg te kry.
Die
feite en omstandighede van die misdryf blyk kortliks as volg te
wees:
2.1 Die
appellant is die stiefvader van die klaagster wat 9 jaar oud was ten
tyde van die voorval.
2.2 Die
klaagster se moeder het op die dag van die voorval vir die appellant
en die klaagster gestuur om paraffien te gaan koop.
2.3 Oppad
na die winkel het die appellant die klaagster die bosse ingetrek,
haar laat ontklee en bo-op haar gaan lê en op-en-af bewegings
gemaak.
2.4 Die
appellant is onderbreek deur ene
Shadrack
Magano
wat
onverwags daar op die toneel opgedaag het. Magano het die appellant
daar gekonfronteer en laasgenoemde het toe op die vlug geslaan.

Magano het, met die hulp van twee ander jong mans, die appellant
agternagesit, hom in ‘n nabygeleë erf vasgekeer en die polisie
ontbied.
2.5 Die
polisie het met Magano, die appellant en die ander twee jong mans
vertrek na die klaagster se woning, waar hulle die klaagster
uitgevra
het oor wat gebeur het. Dit het daar geblyk dat, soos die klaagster
dit gestel het, die appellant haar verkrag het.
Die
streeklanddros het twyfel gehad of penetrasie wel bewys is, gegewe
die mediese verslag en die onbetroubaarheid van die klaagster
se
getuienis alleenstaande as ‘n enkelgetuie. Hy het derhalwe die
appellant die voordeel van twyfel laat toeval en hom bloot
skuldig
bevind aan poging tot verkragting.
Die appellant was 37
jaar oud ten tyde van die voorval, hy het tot standerd 1 op
skool gevorder en was werksaam by ‘n konstruksie-besigheid
waar hy
‘n inkomste van R50/dag verdien het. Die appellant was verder
verhoorafwagtend vir ongeveer 9 maande. Hy het ‘n taamlik
omvangryke misdaadrekord, die belangrikste daarvan is ‘n vonnis
van 16 jaar gevangenisstraf wat hy op 26 April 1985 opgelê is
op ‘n
aanklag van moord. Die voorval in die onderhawige saak het
plaasgevind gedurende 1999 en die afleiding is derhalwe geregverdig
dat die appellant die onderhawige misdryf gepleeg het kort na sy
vrylating op die voormelde moord.
Volgens
die mediese getuienis was daar geen fisiese beserings waargeneem by
die klaagster nie. Dit is egter onteenseglik so, soos
wat die
streeklanddros tereg bevind het in sy vonnisuitspraak, dat dit erg
strafverswarend is dat die appellant die vertroue wat
die klaagster
in hom as haar stiefpa gestel het, gruwelik misbruik het. Dit is
verder onteenseglik ook so, soos wat die streeklanddros
tereg
uitgewys het, dat hierdie tipe misdryf en die algemene molestering
van kinders onrusbarende afmetings aanneem in hierdie
provinsie.
Wanneer die tersaaklike
strafverswarende en strafversagtende faktore, soos hierbo vermeld,
teenoor mekaar opgeweeg word, meen ek
egter dat die vonnis ‘n
gevoel van skok wek by my. Dat die appellant ‘n besonder laakbare
daad gepleeg het, ly geen twyfel
nie. Verder kan ‘n mens aanvaar
dat, indien hy nie onderbreek was in sy wandaad met die verskyning
van Magano op die toneel nie,
hy heelwaarskynlik voort sou gegaan
het om die klein dogtertjie te verkrag. In só ‘n geval sou die
appellant dan blootgestaan
het aan lewenslange gevangenisstraf
ingevolge die bepalings vervat in Wet 105 van 1997. Die feit van die
saak is egter dat hy skuldig
bevind is aan poging tot verkragting en
meen ek dat 10 jaar direkte gevangenisstraf in die omstandighede van
hierdie saak skokkend
onvanpas is.
Die appellant was nog
nooit vantevore aan verkragting of onsedelike aanranding skuldig
bevind nie en meen ek dat hy in dié verband
tegemoet gekom moet
word deur `n korter termyn van gevangenisstraf. Daarmee saam hou ek
in gedagte dat die appellant vir 9 maande
verhoorafwagtend in
hegtenis was.
Die volgende bevel word
uitgereik:
8.1 Die appellant se
skuldigbevinding word bekragtig.
8.2 Die
appél teen vonnis slaag.
8.3 Die opgelegde
vonnis word tersyde gestel en vervang met die volgende:
“
Sewe
(7) jaar gevangenisstraf.”
8.4
Ingevolge
die bepalings vervat in artikel 282 van die Strafproseswet, 51/1977,
word die vonnis teruggedateer tot 21 Januarie
2000.
_____________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_______________
JG VAN NIEKERK
WAARNEMENDE
REGTER
NAMENS
APPELLANT : ADV PJ CLOETE
NAMENS
RESPONDENT : ADV DP OLIVIER