S v Williams (CA&R 33\06) [2006] ZANCHC 89 (30 May 2006)

62 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Appeal against sentence — Appellant convicted of rape of his elderly aunt and sentenced to ten years' imprisonment — Appellant appealed against the severity of the sentence — Factors considered included the appellant's age, lack of prior convictions, and the absence of physical injuries to the complainant — Court found that the trial court erred in not recognizing mitigating circumstances and imposed a revised sentence of eight years' imprisonment, two years of which were suspended.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 89
|

|

S v Williams (CA&R 33\06) [2006] ZANCHC 89 (30 May 2006)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: CA&R
33\06
Datum
gelewer: 2006-05-30
In
die kamerappél van
:
MATTHEWS
WILLIAMS APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
VAN
NIEKERK WnR
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Die
appellant is skuldig bevind op sy aangebode skuldig pleit op ‘n
aanklag van verkragting en is daarna gevonnis tot tien jaar
gevangenisstraf. Hy kom nou met verlof van die verhoorhof in hoër
beroep teen die opgelegde vonnis.
Uit
die skriftelike pleitverduideliking blyk dit dat die appellant
wederregtelik en sonder toestemming gemeenskap gehad het met
sy
tante, ‘n 61-jarige dame. Hy was dié betrokke dag onder die
invloed van mandrax en dagga, maar het volgens die
pleitverduideliking
geweet wat hy doen. Volgens die appellant was
hy op pad vanaf sy vader se huis toe hy die klaagster nakend in die
pad sien lê.
Sy was onder die invloed van drank. Hy het haar
gevra vir toestemming om met haar gemeenskap te hou, maar sy het
geweier. Hy
het toe desnieteenstaande tog voortgegaan om sonder haar
toestemming met haar gemeenskap te hou. Hy het die volgende dag sy
moeder
vertel van wat hy gedoen het, aangesien sy gewete hom gepla
het.
Die klaagster het geen
fisiese beserings opgedoen nie. Sy het getuig tydens die
vonnisverrigtinge en die landdros het dit op rekord
geplaas dat sy
bejaard is, moeisaam loop en baie kranklik voorkom.
Die appellant se
persoonlike omstandighede was volg:
4.1 Hy was 21 jaar oud
ten tyde van die voorval.
4.2 Hy
was ongetroud en ‘n eerste oortreder.
4.3 Hy
was werksaam by ‘n Mnr. Van Niekerk waar hy R150 per week verdien
het.
4.4 Die
appellant het tot standerd 6 gevorder op skool, maar moes sy studies
staak weens ‘n gebrek aan fondse.
Die landdros het bevind
dat daar geen wesenlike en dwingende omstandighede bestaan nie en
het die voorgeskrewe minimum vonnis soos
vervat in artikel 51 van
Wet 105 van 1997 van tien jaar gevangenisstraf opgelê. In sy
uitspraak op vonnis het die landdros groot
klem gelê op die
ouderdom van die klaagster, die feit dat sy die appellant se tante
was asook die feit dat die misdryf van verkragting
skrikwekkende
afmetings toon in die jurisdiksiegebied van die streekhof (Gordonia
te Upington).
Met
verwysing na die beslissing in
S
v Zitha 1999(2) SASV 404 (WLD)
het
die landdros daarop gewys dat jeugdigheid
per
se
nie
wesenlike en dwingende omstandighede daarstel nie. Hierdie
bevinding is uiteraard korrek, maar meen ek dat in die onderhawige
saak daar ook ander bykomende faktore is wat, kumulatief in ag
geneem met die appellant se relatiewe jeugdigheid, ‘n afwyking
van
die minimum vonnis van 10 jaar gevangenisstraf geregverdig het. Die
appellant het skuldig gepleit en het in sy skriftelike
pleitverduideliking voorgehou dat hy berou het oor die voorval.
Hierdie berou wat die appellant uitgespreek het, is na my mening
opreg, inaggenome die feit dat dit die appellant is wat die dag na
die voorval sy moeder daarvan verwittig het, aangesien sy gewete
hom
gepla het. Verder het die appellant ‘n skoon rekord en blyk hy
nie bloot ‘n nuttelose burger in die samelewing te wees
nie; hy
het per slot van sake ‘n voltydse werk beklee waar hy R150 per
week verdien het. Wanneer al hierdie faktore, tesame
met die
appellant se relatiewe jeugdigheid, die feit dat hy tot ‘n mate
onder die invloed van dwelmmiddels was tydens die voorval,
sowel as
die feit dat die klaagster geen beserings opgedoen het nie,
kumulatief in aanmerking geneem word, is ek die mening toegedaan

dat die landdros fouteer het deur te bevind dat daar nie wesenlike
en dwingende omstandighede hierin bestaan nie.
‘
n
Verswarende faktor is natuurlik die feit dat appellant so ‘n
bejaarde dame, wat boonop sy tante was, verkrag het. ‘n
S
v Masilela 2000(1) SACR 571 (W)
het die appellant, ‘n 34-jarige man wat ‘n vorige veroordeling
vir aanranding gehad het, ‘n 70-jarige dame verkrag terwyl
die
appellant onder die invloed van alkohol was. Op appél is die
opgelegde vonnis van 5 jaar gevangenisstraf waarvan 2 jaar

voorwaardelik vir 5 jaar opgeskort was, vermeerder na 8 jaar
gevangenisstraf. In die uitspraak maak Claassen R die volgende
opmerkings
te 574 B:
“
In my view, this
case also calls for intervention by increasing the sentence. In the
present instance the severity of the crime is
aggravated by the
advanced age of the complainant and the fact that she suffered
internal injuries.
”
Ek
verwys na hierdie saak, omrede die feite min of meer dieselfde is as
in die onderhawige saak, behalwe natuurlik vir die belangrike
onderskeid dat die klaagster in die
Masilela
-saak
inwendige beserings opgedoen het, terwyl die klaagster in die
onderhawige saak geen beserings hoegenaamd opgedoen het nie.
Verder
is die ander belangrike onderskeidende faktor die ouderdom van die
appellant in die onderhawige saak, sowel as sy skoon rekord.
In die
omstandighede meen ek dat ‘n vonnis van 8 jaar gevangenisstraf
waarvan 2 jaar op sekere voorwaardes opgeskort word ‘n
gepaste
vonnis sal wees in hierdie saak.
Ek reik die volgende
bevel uit:
8.1 Die appellant se
skuldigbevinding word bekragtig.
8.2 Die
appél teen vonnis slaag.
8.3 Die
opgelegde vonnis word tersyde gestel en vervang met die volgende:
“
Agt
(8) jaar gevangenisstraf waarvan twee (2) jaar opgeskort word vir ‘n
tydperk van vyf (5) jaar op voorwaarde dat die appellant
nie skuldig
bevind word aan verkragting of onsedelike aanranding waarvoor hy
gevonnis word tot onopgeskorte gevangenisstraf sonder
die keuse van
‘n boete en wat gepleeg is gedurende die tydperk van opskorting
nie
.”
8.4 Ingevolge die
bepalings vervat in artikel 282 van die Strafproseswet, 51 van 1977,
word die vonnis terug-gedateer tot 16 November
2005.
___________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
________________
JG
VAN NIEKERK
WAARNEMENDE
REGTER
NAMENS
APPELLANT : ADV BB SEGONE
NAMENS
RESPONDENT : ADV MGW BAGANENENG
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2006-05-30