About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 87
|
|
S v Malan and Another (54/06) [2006] ZANCHC 87 (28 April 2006)
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Hooggeregshof Hersieningsnr: 54/06
Landdros
Saaknr: B5252/05
Datum
gelewer: 2006-04-28
In
die hersieningsaak van
:
DIE STAAT
versus
MERVIN
MALAN BESKULDIGDE 1
COLLIN
BAARDMAN BESKULDIGDE 2
Coram
:
MAJIEDT R
et
OLIVIER R
UITSPRAAK
OP HERSIENING
MAJIEDT R:
1. Die
twee beskuldigdes het tereg gestaan op ân aanklag van huisbraak met
die opset om te steel en diefstal en na ân verhoor
is beide van
hulle skuldig bevind soos aangekla. Beskuldigde 1 is gevonnis tot 2
jaar gevangenisstraf en beskuldigde 2 is gevonnis
tot 18 maande
gevangenisstraf. Ten aansien van die laasvermelde vonnis van
beskuldigde 2 het die verhoorhof gelas dat 6 maande gevangenisstraf
opgeskort word vir ân tydperk van 5 jaar op sekere voorwaardes.
Beide beskuldigdes is ook onbevoeg verklaar om ân vuurwapen
te
besit.
2. Op hiersiening het ek
die volgende navraag gerig aan die landdros:
â
1. Die Staat het bewys welke
goedere van die klaer gesteel is. Die Staat het ook bewys dat die
klaer die DVD speler en luidsprekers,
die fiets en die Adidas
gholfskoene by die polisie stasie uitgeken het as syne ân dag of
twee na die huisbraak en diefstal.
Ten derde het die
Staat bewys dat sekere items by die eerste beskuldigde se woning
gevind is, ondermeer die DVD speler en luisprekers
en dat daar ook
later ân fiets by ân pandjies winkel gekry is. Die items is by
die SAP 13 by die polisiestasie ingeboek.
Het die Staat egter bewys dat die
gevonde eiendom dieselfde items is as wat die klaer uitgeken het as
sy eiendom?
Indien nie, watter
toelaatbare
getuienis
is daar teen beskuldigde 1 om sy skuld op die hoofaanklag of enige
van die bevoegde uitsprakte te bewys?
2. Gegewe die probleem gestel in (1)
supra en inaggenome die feit dat daar nie getuienis is dat enigiets
by beskuldigde 2 gevind is
nie, het die Staat enige misdryf teen
beskuldigde 2 op die aangebode toelaatbare getuienis bewys?â
3. Die
landdros het in reaksie op die navraag toegegee dat hier ân breuk
is in die ketting, maar het aan die hand gedoen dat die
skuldigbevindings steeds bekragtig behoort te word en het die
volgende motivering daarvoor voorgehou:
a) Dat
daar nooit pertinent in geskil geplaas is dat die bepaalde eiendom
wel die klaer sân was nie of verwyder was vanuit sy huis
nie, maar
dat die identiteit van die beweerde inbrekers die bepaalde geskilpunt
was.
b) Dat
die getuienis van die tweede staatsgetuie, te wete inspekteur Mokame,
nooit in geskil geplaas is nie, naamlik dat hy beslag
gelê het op
goedere aangesien hy van oordeel was dat die bepaalde goedere verband
hou met die huisbraak te Nederburglaan (d.w.s.
by die klaer se
woning). Daarmee saam is ook die feit dat insp. Mokame getuig
het dat die eienaar van die pandjieswinkel beskuldigde
1 uitgeken het
as die persoon wat betrokke was by die transaksie met die fiets.
c) Dat
die klaer die gevonde items uitgeken het as syne en dat dit glad nie
in geskil geplaas was nie. Die landdros was van oordeel
dat daar nie
só ân groot toevalligheid kan wees dat die klaer goedere sou kan
uitken wat verband hou met ân ander saak nie,
of gekry is op ân
ander plek of wyse nie.
d) Die
verdere feit dat beide beskuldigdes in hulle pleitverduideliking
hulself in besit van die goedere plaas op ân dag en tydstip
toe
âsoortgelyke itemsâ vanuit klaer se woning geneem is. Die
landdros was weereens van oordeel dat hierdie ân té groot
toevalligheid
is en dat ân afleiding gemaak kan word dat die
goedere in hulle besit gevind wel dieselfde goedere is wat die klaer
uitgeken het
as sy eiendom. Die landdros het gevolglik versoek dat
die skuldigbevindings en vonnisse bekragtig moet word op hersiening.
4. Ek som vervolgens
bondig die getuienis gelei tydens die verhoor op. Volgens die lys
van gesteelde goedere opgestel deur die klaer
op 30/08/2005, d.w.s
twee dae na die pleging van die misdryf, is die volgende items
buitgemaak tydens die huisbraak en diefstal:
â
n DVD-speler
drie selfone
â
n bergfiets
2 horlosies (een mans en
een dames)
4 pare sportskoene
2 pare gholfskoene
3 pare sandale
1 wintersbaadjie
1 hoed
1 donkerbril
4 groot sportsakke
2 klein sportsakke
Kontant uit beursies
â
n hoeveelheid sterk
drank insluitende Whiskey, Brandewyn, bier en wyn
3 kg droë wors
5 deorante
2 bokse sjokolade
Die totale bedrag van die
items wat buitgemaak is oorskry R16 000.00.
5. Die beskuldigdes se
pleitverduideliking, nadat hulle onskuldig gepleit het, stem min of
meer ooreen. Beskuldigde 1 het aangevoer
dat hy en beskuldigde 2 ân
bepaalde dag by ân treinspoor te Greenpoint onder ân
treinspoortonnel dagga gesit en rook het.
Daarna het hulle gestap en
by ân klomp riete gekom waar hulle tussen die riete ân fiets,
sowel as ân sak aangetref het. Binne-in
die sak was ân
DVD-speler sowel as twee paar gholfskoene. Volgens beskuldigde 1 het
beskuldigde 2 die gholfskoene geneem en hy
(beskuldigde 1) het die
DVD speler vir homself geneem. Die volgende dag het hulle die fiets
gaan verkoop. Beskuldigde 2 het hierdie
pleitverduideliking
bevestig, behalwe dat hy ook melding maak van ân selfoon wat
beskuldigde 1 in sy besit gehad het wat hulle
daar aangetref het.
6. Die
klaer het getuig dat hy die oggend van die voorval (ân
Sondagoggend) kerk toe is en nadat hy vanaf die kerkdiens teruggekeer
het, het hy opgemerk dat daar ân inbraak by sy huis was. Hy het ook
getuig oor die goedere wat vermis was. soos alreeds hierbo
na verwys.
Hy is ân dag of twee daarna deur ân inspekteur Oliphant gekontak
en by die polisiestasie is drie items aan hom uitgewys
wat hy kon
uitken as sy eiendom, te wete ân Samsung DVD-stel wat hy aan die
reeksnommer uitgeken het, sowel as sy seun se Gary
Fisher bergfiets
wat rooi-en-swart van kleur was. Sy seun was ook teenwoordig en
hulle het dit saam uitgeken as sy seun se fiets.
Hy het ook ân
paar wit Adidas gholfskoene as sy eie uitgeken.
7. Die
volgende getuie vir die Staat was insp. Johannes Mokame. Hy het
getuig dat hy op grond van inligting aangaande goedere
wat in
Royldene gesteel is by beskuldigde 1 se woning aangedoen het te
Greenpoint. Hulle het beskuldigde 1 se toestemming versoek
om die
huis te deursoek en het toe afgekom op ân Samsung DVD speler sowel
as drie luidsprekers. Hulle het beslag gelê op die
DVD speler en
luidsprekers en dit by die SAP 13 ingeboek as bewysstukke. In
die proses van die inligting se opvolg het beskuldigde
1 aan hulle
gesê dat hy die fiets by ân pandjieswinkel in Hoofweg,
Beaconsfield verpand het vir R150.00. Hierdie inligting het
die
beskuldigde vrywilliglik verskaf. Hulle is saam met beskuldigde 1 na
die pandjieswinkel. Daar het hulle die rooi-en-swart Gary
Fisher
bergfiets opgespoor. Die eienaar van die pandjieswinkel het
beskuldigde 1 uitgeken as die persoon wat die fiets daar aangebring
het. Hy het ook ân bewysstrokie oorhandig wat aandui dat hy die
fiets gekoop het vir R150.00. Daar is toe op die fiets beslag
gelê
deur die polisie.
8. Die
aanklaer het gepoog om sekere ontoelaatbare mededelings deur
beskuldigde 1 aan insp. Mokame te lei as getuienis, welke
getuienis die landdros heeltemal korrek uitgesluit het as
ontoelaatbare getuienis. Inspekteur Mokame het verder getuig dat
hulle
hierna gereis het na Greenpoint waar beskuldigde 1 vir
beskuldigde 2 uitgewys het âas ân persoon wat medebeskuldigde was
wat
saam met hom gewees het tydens die inbraakâ. Inspekteur Mokame
het verder getuig dat daar volgens sy kennis geen items by
beskuldigde
2 gevind is nie. Dit het die Staat se saak afgesluit.
9. Beskuldigde
1 het getuig en sy weergawe soos in die pleitverduideliking voorgehou
herhaal, naamlik dat nadat hy en beskuldigde
2 dagga gerook het,
hulle in ân klomp riete ân DVD speler met drie luidsprekers sowel
as twee paar gholfskoene aangetref het.
Hyself het die DVD speler na
sy huis toe geneem en beskuldigde 2 het die twee paar gholfskoene
geneem. In getuienis het hy egter
(anders as in sy
pleitverduideliking) beweer dat hy alleen en nie hy én beskuldigde 2
die bergfiets gaan verkoop het die volgende
dag nie.
10. Kruisondervraging
deur die staatsaanklaer het niks noemenswaardig opgelewer nie,
behalwe dat beskuldigde 1 met groot teësinnigheid
uiteindelik
toegegee het dat die goedere in die veld gesteelde goedere moes wees.
11. Beskuldigde 2 het sy
saak gesluit sonder om enige getuienis aan te bied.
12. Die
kernvraag wat beantwoord moet word hierin soos blyk uit die navraag
wat ek gerig het aan die verhoorlanddros is of die Staat
die ketting
voltooi het tussen die gevonde items as synde dieselfde items wat by
die klaer, Mnr. Snyders, gesteel is. Die landdros
het toegegee dat
dié ketting gebreek is, maar het ander redes voorgehou waarom die
skuldigbevinding steeds bekragtig behoort word.
13. In
die onderhawige saak steun die verhoorlanddros natuurlik op die
leerstuk van onlangse besit as basis vir die skuldigbevinding.
In só
ân geval is dit uiteraard van groot belang dat in aanmerking geneem
word wanneer die goedere gesteel is, sowel as die aard
van die
gesteelde goedere voordat ân afleiding gemaak kan word as enigste
redelike afleiding dat dit ân bepaalde beskuldigde
is wat die
betrokke huisbraak en diefstal misdryf gepleeg het.
Sien
in dié verband:
S
v Stiff 2000(2) SASV 430 (NK)
te 434 b â 435 c.
Dit is so omdat daar in
die onderhawige geval natuurlik geen direkte getuienis is wat die
beskuldigdes hierin verbind met die pleging
van die misdryf nie. Die
beskuldigdes se verweer soos voorgehou in die pleitverduideliking (en
soos bevestig in getuienis onder
eed deur beskuldigde 1
alleenlik) was dat hulle die bepaalde items wat later by beskuldigde
1 gevind is tussen ân klomp riete
ontdek het. In die omstandighede
moes die Staat bewys, bo redelike twyfel:
a) op welke datum die
huisbraak en diefstal plaasgevind het;
b) welke
goedere gesteel is;
c) dat
die goedere wat in beskuldigde 1 se besit gevind is en deur hom by
die pandjieswinkel verpand is, wel die bepaalde gesteelde
goedere
was; en
d) die
bepaalde datum waarop beskuldigde 1 in besit gevind is van die
goedere sowel as die datum waarop die fiets aan die pandjieswinkel
verpand is.
14. Dit
is opvallend dat Insp. Mokame geen bepaalde datums vermeld van die
voorvalle waaroor hy getuig nie. Die staatsaanklaer het
sy getuienis
begin deur te verwys daarna dat daar â
gedurende
Augustus 2005 ân huisbraakvoorval te Nederburglaan 15 wasâ.
Hierop het die getuie geantwoord en sy relaas van gebeure gegee soos
hierbo uiteengesit sonder enige vermelding van datums hoegenaamd.
So
byvoorbeeld het insp. Mokame glad nie vermeld op welke datum die
deursoeking en vonds van items by beskuldigde 1 se huis plaasgevind
het nie, wanneer die items by die SAP 13 by die polisiestasie
ingeboek is nie en op welke datum die bergfiets by die pandjieswinkel
opgespoor is nie. Hierdie is uiteraard ân groot leemte in die
Staat se saak wat nou saamhang met die kernprobleem wat ek aanstons
sal uitwys.
15. Soos
hierbo aangedui, moes die Staat bewys bo redelike twyfel gelewer het
dat die goedere wat in beskuldigde 1 se huis gevind
is, sowel as die
bergfiets wat by die pandjieswinkel aangetref is, dieselfde goedere
is as wat uit die klaer se huis gesteel was.
DÃt het die Staat
kennelik versuim om te doen â die landdros het inteendeel dit tereg
so toegegee in sy redes. In dié verband
dus het die Staat versuim
om sy saak te bewys ten aansien van hierdie bepaalde aspek. Dit is
natuurlik so dat die klaer getuig het
dat hy twee of drie dae na die
voorval die betrokke Samsung DVD speler en luidsprekers sowel as die
wit Adidas gholfskoene en bergfiets
uitgeken het as sy eiendom. Dit
kan dus aanvaar word dat die bepaalde items gevind moes gewees het by
beskuldigde 1 en by die pandjieswinkel
in die bestek van daardie twee
of drie dae wat verloop het na die inbraak. Waar die Staat se saak
egter heeltemal faal, bo-en-behalwe
die aspek wat ek alreeds vermeld
het te wete die feit dat daar nie bewys is dat die gevonde items dié
is wat by die klaer gesteel
is nie, is die feit dat daar geen verdere
getuienis gelei is aangaande die reeksnommers waarkragtens die klaer
die Samsung DVD-speler
en luidsprekers uitgeken het nie â nog
minder is daar getuig oor onderskeidende eienskappe aan die wit
Adidas gholfskoene en die
swart-en-rooi bergfiets van die klaer se
seun wat na bewering uitgeken is as sy eiendom nie. In dié
verband verwys ek na:
S
v Vincent Nxamashe
,
hersieningsuitspraak van Buys R waarmee Kgomo R (soos hy toe was),
saamgestem het, hersieningsaaknommer 464/01, gelewer op 2 Augustus
2001. In daardie saak het die Hof tereg na my mening bevind dat:
âF
eite
bevindinge word deur die hof gemaak gemaak en nie deur getuies nie.
Die landdros moes getuienis aangehoor het wat hom in staat
gestel het
om ân bevinding te maak dat die klaagster in staat was om te getuig
waarom sy beweer dat sy die kledingstukke as hare
kan uitkenâ
(bladsy
10 van die uitspraak)
In die onderhawige geval
dus moes dié bykomende getuienis ook gelei gewees het.
16. In
die omstandighede dus is ek die mening toegedaan dat hierdie twee
fatale gebreke, te wete die breuk in die ketting sowel as
die gebrek
aan volledige uitkenningsgetuienis van die teruggevonde eiendom deur
die klaer, die skuldigbevinding van beide beskuldigdes
1 en 2 regtens
onontvanklik maak. Die feit dat hierdie aspekte nooit in geskil
geplaas is nie, soos wat deur die landdros voorgehou
is in sy redes
hierin, gaan net eenvoudig nie op nie. Beide beskuldigdes was
onverteenwoordig, onkundig aangaande die reg en kan
hierdie soort van
regverdiging van die uitspraak net eenvoudig nie opgaan nie. Die
Staat is geroepe om sy saak bo redelike twyfel
te bewys. Wat van
belang verder is, is dat die landdros in sy redes aandui dat hy bewus
is van die bepaalde gesag soos beslis deur
Buys R (verwysende na
die
Nxamashe
-saak
hierbo aangehaal) en tóg het hy nagelaat om dit in aanmerking te
neem tydens sy uitspraak. Die landdros se aanvullende redes
vir die
skuldigbevinding kan derhalwe nie die probleme in die saak ondervang
nie.
17. Dit
is vir my geheel en al onverstaanbaar waarom Insp. Oliphant, na
wie die klaer verwys het in sy getuienis, nie geroep
is om te getuig
in die verhoor nie. Die klaer het naamlik getuig dat hy die goedere
in die teenwoordigheid van insp. Oliphant by
die polisiestasie
uitgeken het as sy eie. Inspekteur Mokame se getuienis alleen was
nie voldoende om die Staat se saak behoorlik
te bewys nie. Die
gevolg van die onvolledige getuienis en die nalate om insp. Oliphant
te roep is dat die beskuldigdes, wat ten
minste hulleself op hulle
eie verduideliking skuldig gemaak het aan die misdryf van besit van
vermoedelik gesteelde eiendom (een
van die bevoegde uitsprake op die
ten laste gelegde misdryf hierin) nou skotvry daarvan moet afkom. Die
feit dat die Staat nie kon
bewys dat die items wat gevind is wel
gesteelde goedere is nie, beteken natuurlik dat die beskuldigdes nie
aan die bepaalde geoorloofde
uitspraak skuldig bevind kan word nie.
DÃt is ân onbevredigende situasie en meen ek dat hierdie uitspraak
sowel as die
Nxamashe
-uitspraak
wat hierby aangeheg word, weer aan alle landdroste in hierdie Hof se
jurisdiksie gebied versprei moet word. ân Afskrif
daarvan moet ook
aan die Direkteur van Openbare Vervolgings se kantoor besorg word,
sodat dit onder die aandag van alle aanklaers
in hierdie Hof se
jurisdiksiegebied gebring kan word.
18. Ek reik die volgende
bevel uit:
18.1 Die
beskuldigdes se skuldigbevindings en vonnisse word ter syde gestel.
18.2 ân Afskrif van
hierdie uitspraak sowel as die Nxamashe-uitspraak moet aan alle
landdroste in die Noord-Kaap gesirkuleer word.
18.3 ân
Afskrif van hierdie uitspraak sowel as die Nxamashe-uitspraak moet
aan die kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolgings
gestuur
word.
_____________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
___________
CJ OLIVIER
REGTER