About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 26
|
|
S v Senelo (CA&R /200) [2006] ZANCHC 26 (28 April 2006)
VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R /200
DATUM
AANGEHOOR: 15-09-2005
DATUM
GELEWER:28-04-2006
In
die Appél van:
ABRAHAM
SENELO APPELLANT
teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM:
C C WILLIAMS R et MOLWANTWA WnR:
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
1. Die appellant is op 23
Maart 2003 in die Streekhof te Barkly-Wes skuldig bevind, nadat hy
skuldig gepleit het, op aanklagte van
huisbraak met die opset om te
steel en diefstal, roof met verswarende omstandigehde soos omskryf in
artikel 1 van Wet 51 van 1977
en ân verdere aanklag van huisbraak
met die opset om te steel en diefstal. Op dieselfde dag is die
appellant gevonnis ten opsigte
van die onderskeie aanklagte tot 3
jaar, 10 jaar en 5 jaar gevangenisstraf. Die verhoorhof het egter
gelas dat die vonnisse sodanig
gesamentlik uitgedien moet word dat
die appellant effektiewelik 12 jaar gevangenisstraf uitdien.
2. Die appellant kom nou
in hoër beroep teen die vonnisse hom opgelê.
3. Namens die appellant,
wat regsverteenwoordig was met die verhoor, is ân skriftelike
skuldigpleit in terme van artikel 112(2)
van die Strafproseswet 51
van 1977 ingehandig wat as volg lees:
â
1. Ek
is ân volwasse manlike persoon woonagtig te huis 26 Driefontein,
Boetsap.
2. Ek
lê hierdie verklaring vrywiliglik af sonder dat ek deur iemand
daartoe beïnvloed is of enige voordeel behaal is.
3. Ek
is die beskuldigde in die saak. Ek verstaan die aanklagtes my ten
laste gelê en wens skuldig te pleit soos hierna vermeld.
4. Ek
erken dat ek skuldig is aan die misdaad van huisbraak met die opset
om te steel en diefstal deurdat ek op 25 Maart 2002 en te
die plaas
Vierling Koopmansfontein in die distrik in Barkly-Wes en binne die
regsgebied van die Streekafdeling Noord-Kaap wederegtelik
en opsetlik
die woning van Johannes Harmse oop gebreek en binne gegaan met die
opset om die goedere daarin te steel en om Johannes
Harmse permanent
sy eiendomsreg daarop te ontneem.
Ek erken verder dat
die vermelde goedere die goedere is soos gelys in die aanhangsel tot
die klagstaat waarvan die waarde ongeveer
R3409.31 beloop.
Ek het toegang tot die
woning verkry deur ân draad deur ân stukkende venster te steek en
sodoende die venster oopgemaak. My bedoeling
was om toegang tot die
woning te kry met die opset om goedere daarbinne te steel.
5. Ek op 25 Maart
2002 en te die plaas Vierling wederregtelik en opsetlik vir Johannes
Harmse met ân graaf geslaan het en toe wederregtelik
en opsetlik
van hom gesteel het 1 koffer met inhoud. Ek erken dat dit die
regmatige eiendom van Johannes Harmse was en dat ek hom
permanent sy
eiendomsreg wou ontneem. Ek erken verder dat terwyl ek in die woning
was mnr. Harmse daar opgedaag het. Ek het ân
graaf by my gehad.
Daar het toe ân konfrontasie plaasgeving en ek het na die klaer
daarmee geslaan en hom inderdaad ook raakgeslaan.
Ek het daarna na buite
beweeg met die koffer nogsteeds in my besit. Ek het die bedoeling
gehad om die klaer buite aksie te stel ten
einde weg te kom met die
koffer sowel as ander goedere wat ek reeds na buite gedra het. Ek
erken derhalwe dat ek my aan roof met
verswarende omstandighede
skuldig gemaak het soos omskryf in artikel 1 van die strafproseswet.
6. Dat ek verder soos
reeds te die plek vermeld in aanklag 1 die waenhuis van Johannes
Harmse oopgebreek en binne gegaan het. Die
deure was nie gesluit
nie, maar slegs toegestoot. Ek maak oop. Ek het binne gegaan met
die opset om daar binne te steel ân sekere
Mazda 323 1982 sedan
voertuig. Ek erken dat die waarde van die voertuig ongeveer R14
000-00 is.
Die sleutel was in die
voertuig. Ek het wederegtelik gehandel met die opset om die klaer sy
besit en eiendomsreg permanent te ontneem
aangesien ek met die
voertuig wou wegjaag. Ek het myself die voertuig toegëein en
weggejaag daarmee. Ek het egter beheer oor
die voertuig verloor en
dit gerol.
7. Ek erken verder dat
ek nie enige reg of toekenning gehad het om mnr. Harmse sy
eiendomsreg te ontneem nie of om hom met ân graaf
te slaan nie.
Ek
besef dat dit wat ek gedoen het verkeerd was ten aansien van al
drie klagtes en dat ek
daardeur gestraf kan word.
9. Ek is jammer
daaroor en vra die hof om my te begenadig.â
4. Alhoewel daar slegs
teen vonnis geappelleer is het ons dit goedgedink om die
regsverteenwoordigers te versoek om ons toe te spreek
oor of hier nie
ân verdubbeling van klagtes bestaan nie. Ons is die advokate dank
verskuldig vir die bydrae wat hulle in hierdie
verband gelewer het.
5. Met die eerste
oogopslag van die betrokke feitestel kom dit voor asof die appellant,
alhoewel daar meerdere handelinge betrokke
is, slegs een deurlopende
opset gehad het en dit is om die klaer se goedere te steel. Die
vraag onstaan dan onmiddellik waarom drie
aparte aanklagte wat elkeen
die element van diefstal bevat.
6. Die
appellant meld self in sy skuldigpleit dat toe hy die klaer aangerand
het hy die
âbedoeling
gehad (het) om die klaer buite aksie te stel ten einde weg te kom met
die koffer
sowel
as met die ander goedere wat ek toe alreeds na buite gedra het.â
7. Regstegnies gesproke
slaan die diefstal element van die roofklag dus nie net op die koffer
nie, maar ook op die gesteelde goedere
in aanklag 1. Die suiwerste
benadering sou dus wees dat aanklag 1 slegs huisbraak met die opset
om te steel is en aanklag 2, roof
met verswarende omstandighede ten
opsigte van al die goedere reeds buitekant en die koffer.
8. Die benadering gevolg
deur die Staat met die opstel van die eerste twee aanklagte hou egter
na my mening geen benadeling in vir
die appellant nie. Daar is geen
duplikasie van aanklagte nie en is dit ook so dat die diefstal ten
opsigte van die eerste aanklag
per definisie reeds voltooi was toe
die aanranding plaasgevind het en daar dus nie fouteer is in dié
opsig nie. Om anders te bevind
sou moontlik net tot nadeel van die
appellant strek.
9. Wat die derde aanklag
betref blyk daar geen probleem te wees nie. Die appellant erken dat
hy weereens huisbraak gepleeg het deurdat
hy die waenhuisdeur
oopgemaak het en dat hy toe daar ingegaan het om die betrokke
voertuig te steel. Die waenhuis blyk ân aparte
gebou van die
woonhuis te wees en mnr. Fourie wat namens die appellant verskyn gee
ook toe dat die skuldigbevinding op hierdie spesifieke
aanklag korrek
is. Dit is ook duidelik vanaf die getuienis gelei in die
vonnisverrigtinge dat die derde aanklag ook in tyd verwyderd
is van
die eerste twee aanklagte.
10. Ek is dus tevrede dat
die skuldigbevindings ten opsigte van die drie aanklagte regtens
geskied het.
11. Wat die vonnisse
aanbetref, betoog mnr. Fourie dat die vonnis kumulatief gesien
skokkend onvanpas is met inagneming van die appellant
se persoonlike
omstandighede en die feite omringende die misdrywe en dus inmenging
op appél regverdig.
12. Dit is wel so dat die
appellant se persoonlike omstandighede gunstig is. Hy was 22 jaar
oud ten tye van die voorval en het slegs
een vorige veroordeling vir
die jag van wilde diere, wat tereg nie deur die verhoorhof in
aanmerking geneem is nie. Die appellant
is ongeletterd en het geen
afhanklikes nie. Hy het dan ook skuldig gepleit, wat normaalweg
aanduidend is van berou.
13. Aan die ander kant is
die feite van die misdrywe, in geheel gesien, van so ân verswarende
aard dat dit die persoonlike omstandighede
van die appellant
oorskadu. Hierdie is een van die talle plaasaanvalle wat in hierdie
provinsie voorkom en ook blykbaar spesifiek
gemik is op ouer mense
wat nie veel weerstand kan bied nie. Die klaer is ân weerlose
bejaarde persoon van 75 jaar oud wat alleen
op die plaas gewoon het.
Die appellant, ân jong man, sien egter tog kans om die klaer tot
onderwerping te dwing deur hom met ân
graaf te slaan. Alhoewel die
beserings aan die klaer blykbaar nie ernstig van aard was nie, het
die aanranding die effek gehad dat
die klaer so vreesbevange was dat
hy op versoek van die appellant selfs vir hom koffie gemaak het en
brood gegee het om te eet.
Sowat van arrogansie laat ân mens byna
sprakeloos. Hierbenewens is die klaer ook aansienlike finansiële
skade berokken. Alhoewel
die meeste van die gesteelde goedere
teruggekry is, is die voertuig onherstelbaar beskadig. Na my mening
was die verhoorhof in hierdie
omstandighede uiters tegemoetkomend om
te bevind dat daar dwingende en wesenlike omstandighede bestaan ten
opsigte van aanklag 2,
wat ân mindere vonnis as die voorgeskrewe 15
jaar in terme van Wet 105 van 1997 regverdig, sowel as om die
vonnisse tot ân sekere
mate te laat saamloop.
13. Ek is nie van mening
dat die effektiewe vonnis deur die verhoorhof opgelê enigsins
inmenging regverdig nie en kan die appêl
teen die vonnisse dus nie
slaag nie.
Die volgende bevel
word gemaak:
Die appél word van
die hand gewys.
________________________
C
C WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
________________________
B
C MOLWANTNWA
WAARNEMENDE
REGTER
Nms.
Appellant: Adv. Fourie, Regshulpraad
Nms.
Respondent: Adv. Jansen
Kantoor van die Direkteur
van Openbare Vervolgings, Noord-Kaap