Flemming v Khuba and Others (190/02) [2006] ZANCHC 24 (21 April 2006)

55 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Civil Procedure — Discovery — Late and inadequate discovery — Plaintiff sought postponement of trial due to defendants' failure to provide proper discovery documents in a timely manner — Defendants acknowledged late and insufficient discovery but argued that costs should be determined at the end of the trial — Court held that the onus was on the defendants to prove that the late discovery did not prejudice the plaintiff — Defendants failed to meet this burden, resulting in an order for them to pay the costs of the postponement.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 24
|

|

Flemming v Khuba and Others (190/02) [2006] ZANCHC 24 (21 April 2006)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja /Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja /Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: 190/02
DATUM
AANGEHOOR:21-09-2006
DATUM VAN
UITSPRAAK:21-04-2006
In
die saak tussen:
HENDRIK
STEPHANUS PRETORIUS FLEMMING APPLIKANT/EISER
en
INNOCENT
KHUBA EERSTE RESPONDENT/
EERSTE
VERWEERDER
MINISTER
VAN VEILIGHEID EN SEKURITEIT TWEEDE RESPONDENT/
TWEEDE
VERWEERDER
DIE
UITVOERENDE DIREKTEUR VAN DIE
ONAFHANKLIKE
KLAGTEDIREKTORAAT DERDE RESPONDENT/
DERDE
VERWEERDER
CORAM:
C.C WILLIAMS R:
U
I T S P R A A K
WILLIAMS
R:
1. Hierdie
saak was vir verhoor op die rol geplaas vir 20 tot 22 September 2005.
Die verhoor het egter nie ‘n aanvang geneem nie
aangesien die
eiser ‘n aansoek om uitstel met gepaardgaande koste gebring het.
Die verweerders het nie die aansoek om uitstel
opponeer nie, slegs
die kostebevel aangevra. Op 21 September 2005, na die betoë deur
die advokate aangehoor is het ek die aksie
sine
die
uitgestel en my uitspraak ten opsigte van koste voorbehou. Dit volg
nou.
2. Hierdie aksie gaan oor
skadevergoeding vir onregmatige en kwaadwillige arrestasie en
vervolging. Die saak was aanvanklik ter rolle
geplaas vir verhoor
skynbaar reeds gedurende 2002/2003, maar is van die rol verwyder
hangende die afhandeling van die strafsaak teen
die eiser. Na afloop
van die strafverhoor, in Oktober 2004, is die huidige verhoordatum
bekom en is die saak weer dienooreenkomstig
vir verhoor geplaas.
3. Die eiser voer aan dat
die rede vir die uitstel uitsluitlik te wyte is aan die verweerders
wat nie net laat nie, maar gebrekkig
blootgelê het op 19 September
2005, een dag voor die verhoor ‘n aanvang moes neem.
4. Die eiser skets die
aanloop tot die uiteindelike blootlegging as volg:
4.1 Reeds op 29 Julie
2002 is die verweerders versoek in terme van Hofreël 35(1) om alle
dokumente in hul besit en wat betrekking
het op die geskilpunte in
die aksie bloot te lê. Geen reaksie is hierop ontvang nie.
4.2 Op
23 November 2004 het die eieser se prokureur ‘n skriftelike versoek
aan die verweerders se prokureurs gerig om onverwyld
die verweerders
se blootleggingsverklarings te liasseer. Weereens was daar geen
reaksie.
4.3 Op 20 Mei 2005 is die
verweerders weer skriftelik versoek om hul blootleggingsverklarings
te liasseer teen laatstens 3 Junie 2005,
by gebreke waaraan die
gepaste regstappe geneem sou word om blootlegging af te dwing.
4.5 Op 31 Mei 2005 het
die verweerders se prokureurs op die brief van 20 Mei 2005 reageer en
versoek dat die afsnydatum van 3 Junie
verleng word om hulle in staat
te stel om ‘n opinie van ‘n advokaat te ontvang.
4.6 Op 6 Julie 2005 het
die verweerders se prokureur by wyse van ‘n skrywe aan die eiser se
prokureur laat weet dat daar voortgegaan
word met die verhoor.
4.7 Die verweerders se
blootleggingsverklarings is egter eers na 15:00 op 19 September 2005
gelewer.
5. Die eiser wys daarop
in sy aansoekstukke dat die blootleggingsverklarings behalwe dat dit
laat is ook gebrekkig is deurdat:
“
25.1 van
die blootleggingsverklarings nie behoorlik beëdig is nie deurdat dit
beëdig is deur persoon wat in diens van die derde
verweerder is en
wat duidelik nie onafhanklik kan wees nie;
25.2 van
die blootlegginsverklarings verwys na dokumente wat duidelik met
hierdie onderhawige aksie niks te doen het nie; en
25.3 dokumente
wat ooglopend in besit moet wees van die verweerders en wat ooglopend
hoogs relevant is vir die behoorlike beregting
van die geskilpunte
hierin, nie blootgelê word nie.”
6. Die eiser beweer
voorts dat dit nie moontlik sou wees om sy eise volledig en sinvol
voor die Hof te plaas sonder dat daar behoorlik
blootlegging deur die
verweerders geskied nie en dit slegs billik en regverdig is dat
verweerders gelas moet word om die koste teweeggebring
deur die
aansoek om uitstel te betaal.
7. Die algemene reël is
natuurlik dat die party wat verantwoordelik is daarvoor dat ‘n saak
nie op die verhoordatum kan aangaan
nie ook verantwoordelik is vir
die vespilde koste.
8. Die verweerders gee
toe dat blootlegging laat en onvoeldoende was. Die houding ingeneem
deur die verweerders is egter dat die
koste aspek van die uitstel
oorstaan tot aan die einde van die verhoor, op welke stadium die Hof
in ‘n posisie sal wees om te bepaal,
na aanleiding van watter
dokumente gebruik is deur die eiser in die verhoor, daar benadeling
was vir die eiser met die laat en onvoldoende
blootlegging.
9. Die
redes aangevoer deur die verweerders vir hierdie houding is dat daar
twyfel behoort te wees of die eiser werklik benadeel is
aangesien hy
sedert Julie 2002 geen stappe geneem het, behalwe skriftelike
versoeke, om blootlegging af te dwing nie. Dat indien
die dokumente
waarsonder die eiser beweer hy nie sinvol sy aksie kan voortsit nie,
wel so belangrik is vir die eiser se saak, hy
reeds lank voor die
verhoordatum ‘n aansoek in terme van Hofreël 35(7) kon bring om
blootlegging te bewerkstellig. In hierdie
verband verwys mnr. Botha,
wat namens die verweerders verskyn, na
Webster
v Webster
1992(3)
SA 729 (ECD) waar Mullins R in ‘n naastenby sooortgelyke situasie
die volgende gesê het te 734 F-H:
“
In
my view this is not a case where I should award plaintiff his costs.
Both parties are to blame for the present situation. Defendant
was
clearly at fault in ignoring the discovery notice, but it was
plaintiff's duty in the circumstances to have raised the failure
to
discover, either by way of a further verbal or written demand, or by
way of an application to compel in terms of Rule 35(7).
It is unreasonable for
a party to wait until the last moment to stand upon his rights under
the Rules. A party should take reasonable
steps in the circumstances
to avoid a postponement, and should not self-righteously remain
silent when he knows the other party is
in default, especially where
such default has continued over a lengthy period. Gutman NO v
Standard General Insurance Co Ltd
1981 (4) SA 114
(C) at 122E-G.
It would in my view be
a proper exercise of my discretion on the question of costs if I
order that each party pay his or her own costs
occasioned by the
postponement”.
10. Die
benadering gevolg in die Webster saak
supra
stel na my mening nie ‘n vaste reël daar nie. Elke saak moet na
gelang van sy eie besondere feite en omstandighede oorweeg word.
11. Anders
as in die Webster saak het die eiser
in
casu
nie net bloot agteroor gesit en gewag tot op die dag van die verhoor
om hom op die reëls te beroep nie. Soos reeds hierbo gemeld
het die
eiser al op twee geleenthede die verweerders versoek om hul
blootleggingsverklarings te lewer.
12. Die
onus rus op die verweerders om te bewys dat die laat en gebrekkige
blootlegging geen nadeel inhou vir die eiser nie. Sien
Ferreira
v Endley
1966(3) SA 618 (ECD) te 621 E-G waar Eksteen R die volgende sê:
“
Where
there has been late discovery as in the present case there is no onus
on the party seeking postponement to satisfy the Court
that he will
be prejudiced. The onus is on the party making the late discovery to
show that there will be no prejudice. (Maeder
v Carnes, 1944(1)
P.H.F 18), and in considering the question of prejudice it should be
borne in mind that “the party on whom the
affidavit was served was
entitled to a proper opportunity of considering the documents,
reading the affidavits, comparing the documents
in his possession so
as to make a case, if possible, that there were further documents in
existence which should have been disclosed,
and to deliberate whether
the Court should be moved to order a further and better discovery.”
(Maeder
v Carnes, supra and Industrial Machinery Supplies (Pty) Ltd v Fourie,
1961 (1) SA 163(0).”
13. In casu is dit nodig
om enige afleidings te maak uit die feite ten opsigte van benadeling
veroorsaak deur laat blootlegging soos
in die Webster saak nie. Die
verweerders erken dat sekere dokumente wat nie blootgelê en/of
beskikbaar gestel is nie nodig is vir
die eiser se saak. In die
verweerders se opponerende eedsverklaring erken die prokureur vir die
verweerders dat:
“
14. Dit
sou uiteraard vir die eiser en sy regsverteenwoordigers nodig wees om
insae te neem in die twee saak dossiere waarna hierna
verwys word. .
. “
14. Die twee saakdossiere
waarna verwys word is Olifantshoek MAS 02/03/01, wat betrekking het
op die saak van poging tot moord teen
die eiser en Olifantshoek MAS
01/03/01, ‘n saak van openbare geweld wat verband hou met die eiser
se arrestasie, aanhouding en
vervolging.
15. Die
eerste verweerder het behalwe pleitstukke in die aksie en
korrespondensie tussen die partye se prokureurs blootgelê
“Record
of Judgment, case number KRC 10/2003”
en
“Case
Docket Olifanthoek CAS 02/03/2001.”
16. Die
tweede verweerder het, behalwe korrespondensie en pleitstukke soos
hierbo gemeld, blootgelê
“Notule
van saaknommer RC 276/2000 en Saakdossier Kakamas MAS 77/07/2002.”
17. Die
derde verweerder het, behalwe korrespondensie en pleitstukke soos
hierbo gemeld, blootgelê
“Notule
van uitspraak, Saaknommer RC 276/2000 en saak dossier Kakamas MAS
77/07/02”
18. Die saakdossier
Kakamas, na verwys in tweede en derde verweerders se
blootleggingsverklarings, het niks met hierdie aksie te doen
nie.
Saakdossier Olifantshoek MAS 02/03/2001 na verwys in eerste
verweerder se blootleggingsverklaring, was tot op die stadium van
die
aanhoor van hierdie aansoek nie beskikbaar gestel aan die eiser nie
en saakdossier Olifantshoek MAS 01/03/01 is deur geeneen
van die
verweerders blootgelê nie.
19. Die enigste
verduideliking vir die verweerders se versuim om onder andere die
bogenoemde dokumente behoorlik of betyds bloot te
lê is dat die
eiser as polisiekaptein met 22 jaar ondervinding, wel bewus moes wees
van die bestaan van die dossiere ná die ondersoeke
wat in verband
daarmee gedoen is, dat die eiser se advokaat in die strafsaak, ‘n
volledige afskrif van die dossier in die poging
tot moord saak
aangevra en verkry het – en dat hy dus bewus was van die inhoud en
beskikbaarheid daarvan en op ‘n vroeëre stadium
blootlegging
daarvan moes afdwing.
20. Hierdie
houding ingeneem deur die verweerders is na my mening onhoudbaar.
Dit verlos geensins die verweerders van hul plig om
alle dokumente
wat relevant mag wees tot die saak en wat in hul besit of beheer is
bloot te lê nie en bied in elk geval geen verskoning
vir die
gebrekkige blootlegging nie. Sien
Ferreira
v Endley supra
te 621H-622A.
21. Die verweerders het
reeds sedert 6 Julie 2005 geweet dat daar voortgegaan sou word met
die verhoor en die enigste rede wat aangevoer
word waarom daar nie
voor 19 September 2005 blootgelê is nie, is dat die verweerders se
prokureurs in Pretoria gevestig is wat gevolglik
sekere vertragings
meegebring het. Na my mening is hierdie geen verskoning nie.
22. Die ander argument
sydelings na verwys deur die verweerders dat hulle nie uitsluitlik
verantwoordelik is vir die uitstel nie hou
ook nie veel water nie.
Die feit dat ‘n Reël 37 konferensie nie gehou is nie kan kwalik as
‘n sekerheid vir die uitstel van
die verhoor voorgehou word –
maar slegs dat dit ‘n vertraging met die aanvang daarvan sou
veroorsaak het. Die verweerders se
argument dat hulle ook eers die
eiser se blootleggingsverklaring ontvang het op 19 September 2005 is
van nog minder waarde aangesien
dit binne die tydperk bepaal in
Hofreël 35(1) gelewer is.
23. Die
argumente geopper deur die verweerders in hul opponering van die
kostebevel deur die eiser aangevra is na my mening niks meer
as ‘n
gegryp na strooihalms nie. Die verweerders het ‘n houding van
traak my-nie-agtigheid en ‘n totale verontagsaming van
die Hofreëls
getoon en kan hierdie geval nie gelykgestel word aan die feite in die
Webster
saak nie.
24. Na my mening is daar
geen grondige rede waarom die algemene reël ten opsigte van koste in
hierdie geval nie gevolg moet word
nie.
Die volgende bevel word
gemaak:
Die verweerders word
gelas om die verspilde koste teweeggebring deur die uitstel van die
aksie te betaal gesamentlik en afsonderlik,
indien die een betaal die
ander kwytgeskeld te wees, takseerbaar op die skaal soos tussen party
en party.
________________________
C.C
WILLIAMS
REGTER
Nms.
Applikant
: Adv. J Van Niekerk
i.o.v.
Duncan & Rothman
Nms.
Verweerders
: Adv. C. H.
Botha
i.o.v
Robertson & Du Toit Prokureurs