S v Van der Westhuizen (CA&R: 166/2005) [2006] ZANCHC 22 (7 April 2006)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape and indecent assault — Appellant convicted of rape and indecent assault — Appeal against convictions and sentences — Legal issue of whether convictions constituted duplication of convictions — Appellant's actions during the incident established as separate offenses with distinct intents — Court upheld convictions, confirming that the indecent assault was not merely preparatory to the rape, thus no duplication of convictions — Sentences confirmed as appropriate given the appellant's prior convictions for violent offenses.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 22
|

|

S v Van der Westhuizen (CA&R: 166/2005) [2006] ZANCHC 22 (7 April 2006)

VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R: 166/2005
GELEWER:07-04-2006
In
die Appél van:
WILLEM
VAN DER WESTHUIZEN APPELLANT
teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM:
LACOCK R et R WILLIAMS R:
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
1. Die appellant is op 7
April 2004 in die Streekhof te Kimberley skuldig bevind aan een
aanklag van verkragting en een aanklag van
onsedelike aanranding. Hy
is op 19 April 2004 gevonnis tot onderskeidelik 12 jaar en 2 jaar
gevangenisstraf.
2. Hy kom nou in hoër
beroep teen die skuldigbevindings en vonnisse hom opgelê.
3. Mnr. Fourie wat vir
die appellant optree gee toe dat die appél teen skuldigbevinding ten
opsigte van die verkragtingsaanklag sowel
as die vonnisse opgelê nie
enige meriete het nie.
4. Die enigste geskilpunt
is of die skuldigbevinding aan onsedelike aanranding tesame met
verkragting nie ‘n verdubbeling van skuldigbevindings
daarstel nie.
5. Die appellant wat
regsverteenwoordig was by die verhoor het onskuldig gepleit op die
aanklagte en toestemming tot gemeenskap voorgehou.
6. Die getuienis deur die
Staat aangebied kan kortliks as volg saamgevat word.
6.1 Die klaagster en die
appellant, vir wie sy ken aangesien hulle in dieselfde omgewing
woonagtig is, was die spesifieke aand saam
in die geselskap van ander
vriende. Deur die loop van die aand was daar van plek tot plek
gekuier en gedrink totdat die appellant
in die laatnag vir die
klaagster huis toe vergesel het.
6.2 Oppad na die
klaagster se huis moes hulle verby ‘n winkel loop, waar die
appellant haar agter die winkel nader getrek het en
begin soen het.
Ten spyte daarvan dat die klaagster hom weggestoot het het hy
voortgegaan en haar borste, bobene, boude en haar
vagina bo-oor haar
klere betas.
6.3 Hierna
het die appellant die klaagster se romp opgelig en haar damesbroekie
afgetrek. Toe sy wou skreeu het die appellant ‘n
mes teen haar
keel gedruk, waarna hy haar verkrag het. Terwyl die appellant haar
verkrag het, het hy die klaagster ook
“lovebites”
aan die nek toegedien.
7. Buiten
die klaagster het haar tante, Maggie Moya, aan wie sy die eerte
rapport gemaak het, ook getuig. Die J88 mediese verslag
is met
toestemming van die verdediging ingehandig en is die enigste
bevinding by genitaliese ondersoek dat die klaagster se vagina
rooi
vertoon het en dat sy pyn ondervind het met die ondersoek. Die
gevolgtrekking waartoe die mediese praktisyn gekom het was,
“She
was apparently raped”.
8. Die
appellant het gekies om nie te getuig nie en het met die uitoefening
van sy swygreg die risiko aangegaan dat die onweerspreekte
prima
facie
getuienis deur die Staat aangebied, afdoende getuienis word. Sien
S
v Boesak
2001(1) SACR 1 (CC) te paragraaf 24.
In
casu
het die Staat daarin geslaag om ‘n
prima
facie
saak uit te maak, ten spyte van geringe teenstrydighede in die
klaagster se getuienis, wat onaangeveg gelaat is deur die
verdediging.
Mnr. Fourie se toegewing wat hy maak ten opsigte van
die skuldigbevinding aan verkragting is na my mening korrek.
10 Wat
die onsedelike aanranding betref, voer mnr. Fourie aan dat die
appellant slegs een opset gehad het, dit is om te verkrag en
dat die
betasting en die toediening van die
“lovebites”
deel was van hierdie opset. Om hierdie rede, so gaan die betoog, is
die skuldigbevinding aan onsedelike aanranding sowel as verkragting
‘n verdubbeling van skuldigbevindings en moet die skuldigbevinding
aan onsedelike aanranding ter syde gestel word.
11. Die
reël teen verdubbeling van skuldigbevindings is ontwikkel om te
verhoed dat ‘n beskuldigde benadeel word deur ‘n onbehoorlike
splitsing van aanklagte wat ‘n duplikasie van skuldigbevindings
meebring sodat die beskuldigde twee maal vir dieselfde strafbare
feit
of misdaadelement gestraf word. Ons Howe maak veral van twee
praktiese hulpmiddels gebruik om te bepaal of daar verdubbeling
is
aldan nie. (Sien
S
v Benjamin
1980(1)
SA 950(A) te 956 E-H).
12. Hiemstra,
Suid-Afrikaanse Strafproses, sesde uitgawe, te 235 beskryf die
hulpmiddels as volg:
“
(i) Waar
die getuienis wat nodig is om een aanklag te staaf ook die ander
staaf, is daar maar een misdaad. Waar die een aanklag nie
al
dieselfde bestanddele bevat as die ander aanklag nie, is daar twee
misdade (R v Gordon 1909 EDC op 254 268 en 269). Dit kan die
“bewystoets” genoem word.
Waar
daar twee handelinge is wat elk ‘n selfstandige misdaad sou kon
uitmaak, maar daar is net ‘n enkele opset en albei handelinge
is
nodig om dié opset te bereik, is daar een misdaad (R v Sabuyi
1905
TS 170).
Dit is die toets van “deurlopende handeling met ‘n
enkele opset of enkele oogmerk.”
13. Mnr.
Fourie steun met sy betoog dus op die toets van
“deurlopende
handeling met ‘n enkele opset of enkele oogmerk”
.
14. Ten
opsigte van hierdie toets verwys me. Van Heerden wat namens die Staat
optree na die uitspraak van Buys R in
S
v Murbane
1992(1) SASV 298(NK) te 300 f-g waar hy sê dit belangrik is om:
“
(a) die
besondere omstandighede van die betrokke geval in gedagte te hou (S v
Benjamin (supra op 956H) ) ;
(b) ’n verskil te
trek tussen opset en motief (S v Grobler (supra op 523F-G) );
(c) voor
oë te hou dat gesonde verstand en billikheid, teenoor die
beskuldigde en die Staat, uiteindelik die antwoord op die vraag
moet
verskaf (S v Viljoen (supra op 974D-E); S v Ntswakele 1982(1) SA 325
(T) op 330H; S v Grobler (supra op 521B-C); R v Kuzwayo
1960(1) SA
340 (A) op 344B).”
15. Met die beoordeling
van hierdie kwessie op die feitestel voor ons, is dit so dat daar nie
veel van ‘n onderbreking in tyd is
tussen die handelinge wat die
Staat beweer die onsedelike aanranding daarstel en die van die
verkragting nie. In hierdie noue opsig
kan dit geargumenteer word
dat daar wel ‘n deurlopende handeling was. Daar is egter ‘n
treffende verskil in die appellant se
handelinge (in die sin van
gedrag) om die onsedelike aanranding te bevorder en sy handeling om
die verkragting te bevorder, wat na
my mening noodwendig impak op sy
opset. Die onsedelike aanranding is duidelik nie gepleeg om die
verkragting te bevorder nie. Behalwe
dat betasting ens. nie nodig is
om verkragting te pleeg nie, is dit die dreigement met die mes ná
die onsedelike aanranding plaasgevind
het, wat die klaagster tot
onderwerping gedwing het ten einde haar te verkrag.
16. Na my mening het die
Staat daarin geslaag om twee onafhanklike gebeurtenisse met aparte
opsette te bewys en is die appellant tereg
skuldig bevind ook aan
onsedelike aanranding.
17. Wat die vonnis
aanbetref het mnr. Fourie ook tereg toegegee dat dit nie inmenging op
appél regverdig nie. Die verhoorlanddros
het geen mistastings
begaan nie en is die vonnis ook nie skokkend swaar wanneer inaggeneem
word die appellant se lang lys van vorige
veroordelings waar geweld
betrokke was nie. Die appellant het nie minder nie as vyf vorige
veroordelings vir aanranding met die
opset om ernstig te beseer, vier
vir aanranding gewoon en twee vir strafbare manslag. Alhoewel die
appellant as eerste oortreder
vir ‘n verkragting onder Deel III van
Bylae 2 van Wet 105 van 1997, blootgestaan het aan ‘n minimum
vonnis van 10 jaar gevangenisstraf
ten opsigte van die
verkragtingsaanklag, was die verhoorhof in die omstandighede geregtig
om hom ‘n meerdere vonnis op te lê,
soos ook voorsiening voor
gemaak word in die Wet.
In die omstandighede
word die volgende bevele gemaak.
a) Die appél word van
die hand gewys.
b) Die
skuldigbevindings en vonnisse ten opsigte van beide aanklagte word
bekragtig.
_______________________
C
C WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
_______________________
H
J LACOCK
REGTER
Nms.
Appellant: Adv. T Fourie
i.o.v
Regshulpraad
Nms.
Respondent: Adv. Van Heerden
Direkteur
van Openbare Vervolgings.
Datum
van uitspraak: 07-04-2006