About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 21
|
|
Keswa v Keswa (64/06) [2006] ZANCHC 21 (5 April 2006)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja /Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja /Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: 64/06
DATUM AANGEHOOR:
28-04-2006
DATUM VAN
UITSPRAAK:05-05-2006
In
die saak tussen:
GOSALAMANG
MARY KESWA
APPLIKANT
en
MONNAPULA SAMUEL KESWA
RESPONDENT
CORAM:
C.C WILLIAMS R:
U
I T S P R A A K
WILLIAMS
R:
1. Die partye tot hierdie
aansoek is op 14 Maart 1969 binne gemeenskap van goedere met mekaar
getroud. Op 6 Desember 2005, meer as
36 jaar later, is die huwelik
ontbind deur ân bevel van hierdie Hof waaronder dit ook gelas is
dat die partye se gemeenskaplike
boedel gelykop verdeel word.
2. Ongeveer ân week na
die egskeiding, op 12 Desember 2005, rig die applikant se prokureurs
ân brief aan die respondent waarin
hy uitgenooi word om voor 10
Januarie 2006 met die gemelde prokureurs kontak te maak om die
verdeling van die gemeenskaplike boedel
te bespreek sowel as om
afskrifte van al sy bankstate vanaf 1 Januarie 2004 te verskaf, by
gebreke waaraan ân aansoek gebring sou
word om ân ontvanger aan
te stel.
3. Op
9 Januarie 2006 reageer respondent se prokureurs op bogenoemde skrywe
by wyse van ân brief aan die applikant se prokureurs
waarin hulle
noem dat die beskikbare bates in die gemeenskaplike boedel bestaan
uit ân onroerende eiendom geleë te Mojanangastraat
2, meubels en
huisraad. Daar is verder ân versoek gerig dat
âour
client is kindly requesting your client to consent that the said
immovable property be transferred on to the names of children.
His
request is based on the fact that both parties are now old.â
4. Die applikant was nie
genoeë met hierdie reaksie van die respondent nie en het op 27
Januarie 2006, op ân dringende basis, die
Hof genader en ân bevel
in die volgende terme verkry:
â
1. Dat
ân bevel nisi uitgereik word waardeur die Respondent opgeroep word
om redes, indien enige, aan te voer voor hierdie hof op
Vrydag die
17de Februarie 2006 om 10H00 of so spoedig moontlik daarna as wat die
saak aangehoor kan word, waarom die volgende bevel
nie verleen sal
word nie:
1.1 Dat die Respondent
verbied word om die bates van die gemeenskaplike boedel van die
Respondent en die Applikant te vervreem, te
verhuur, te pand of op
enige ander wyse te beswaar of daarmee te handel hangende die
aanstelling van ân ontvanger.
1.2 Dat
Catherine Louise Lloyd aangestel word as ontvanger ten einde die
gemeenskaplike boedel van die Applikant en die Respondent
te
likwideer.
1.3 Dat
Catherine Louise Lloyd in haar hoedanigheid as ontvanger die volgende
magte en bevoegdhede sal hê.
1.3.1 Om alle bates
van die gemeenskaplike boedel van die Applikant en Respondent in
besit te neem te administreer, te beheer te bewaar
en in stand te
hou.
1.3.2 Om
die bates van die gemeenskaplike boedel te verseker en om premies te
betaal, indien sy dit nodig mag ag.
1.3.3 Om
van die Applikant en Respondent te vereis die oorbetaling of lewering
van enige gelde of bates in hulle besit en indien enige
bates van die
gemeenskaplike boedel sedert datum van egskeiding deur enige van
hulle vervreem is, te vereis dat hulle rekenskap daarvan
moet gee en
om ân billike en redelike markwaarde daarvan aan haar oor te
betaal.
1.3.4 Om
ondersoek in te stel en die respondent te ondervra ten aansien van
bates wat hy vervreem het voor datum van egskeiding sonder
teen
waarde.
1.3.5 Om
sodanige bates terug te vorder van die persoon aan die Respondent dit
vervreem het.
1.3.6 Om
al die bates van die gemeenskaplike boedel te vervreem op sodanige
wyse en terme as wat sy in haar eie diskressie mag bepaal
op
voorwaarde dat indien die Applikant of die Respondent sekere bates
wil behou. Sy dit aan hulle kan verkoop teen die redelike
en billike
markwaarde daarvan.
1.3.7 Om
die laste van die gemeenskaplike boedel te betaal, insluitende haar
eie fooi en uitgawes.
1.3.8 Om
die balans van die opbrengs van die vervreemding van die bates
gelykop tussen die partye te verdeel.
1.3.9 Om
hierdie hof te nader vir aanwysings indien enige probleme ontstaan
met die uitoefening van haar mag en bevoegdhede of as
sy nie tevrede
is met inligting verstrek deur die Applikant of die Respondent nie.
1.4 Dat die Respondent
die koste van hierdie aansoek sal betaal.
3. Dat paragraaf 2.1
sal geld as ân tussentydse bevel en interdik met onmiddellike
werking, hangende die aanstelling van ân ontvanger.â
(Die
verwysing in paragraaf 3 van die hofbevel na paragraaf 2.1 is
ooglopend verkeerd en behoort eintlik te lees
âparagraaf
1.1â.
)
5. In
haar funderende stukke beweer die applikant dat sy geen vertroue het
in die
bona
fides
van die respondent nie aangesien daar baie meer bates in die
gemeenskaplike boedel is as wat die respondent aan die hand doen.
Dat
die respondent na sy aftrede gedurende 2004 ân bedrag van R172
060,89 ontvang het vanaf die De Beers Pensioenfonds en nie behoorlik
rekenskap kan gee van wat met die geld gedoen is nie. Die applikant
beweer ook dat die respondent probeer om ander bates van die
gemeenskaplike boedel te vervreem asook poog om die onroerende
eiendom oor te dra aan die partye se kinders. Dit behoort gemeld
te
word dat die applikant reeds gedurende 2002 die gemeenskaplike woning
verlaat het.
6. Die respondent
opponeer hierdie aansoek hoofsaklik op die basis dat daar geen
dringendheid rondom hierdie aangeleentheid bestaan
nie en ook omdat
daar volgens hom geen rede bestaan vir die aanstelling van ân
ontvanger nie aangesien daar nie ân dispuut is
oor die verdeling
van die gemeenskaplke boedel nie.
7. Wat dringendheid
betref betoog mnr. Rex, wat namens die respondent verskyn, dat daar
geen gevaar van benadeling is vir die applikant
nie, aangesien die
respondent nie die onroerende eiendom ingevolge die Registrasie van
Aktes Wet 47 van 1937 sonder haar skriftelike
toestemming kan
vervreem nie. Alhoewel hierdie betoog in isolasie gesien meriete
het, laat dit steeds die bewering dat die respondent
ook van die
ander bates probeer vervreem onaangesproke.
8. Die respondent meld
boonop self in sy opponerende verklaring dat hy die pensioengeld
waarna die applikant verwys onder die familie
uitgedeel het nadat die
applikant geweier het om na die gemeenskaplike woning terug te keer.
Hierdie optrede van die respondent
is sprekend van eiemagtigheid.
9. Die blote feit dat die
onroerende eiendom nie sonder die applikant se toestemming vervreem
mag word nie, beteken nie dat die aangeleentheid
nie dringend is nie.
Die onroerende eiendom is tog nie die enigste bate van die
gemeenskaplike boedel nie en te oordeel aan die
respondent se optrede
met die pensioengeld kan die applikant kwalik veroordeel word
daarvoor dat sy nie die respondent vertrou nie.
10. Die
applikant is geregtig op die gelyke verdeling van die gemeenskaplike
boedel en indien sy nie vertroue het in die respondent
in hierdie
verband nie, was sy na my mening geregtig om so gou doenlik, voordat
verdere bates vervreem word, aansoek te doen vir
die aanstelling van
ân ontvanger en dat die respondent intussen verbied word om
enigsins te handel met die bates van die gemeenskaplike
boedel. Die
woorde van Van Zyl R in
Revill
v Revill
1969(1) SA 325 (CPD) het veral hier toepassing waar die geleerde
regter op 326 E tot F die volgende sê:
â
.
. .He goes further and he says that there is no authority upon which
this court could order the appointment of a receiver unless
there is
a dispute between the parties. In my opinion that is not the
position. The position is that no man can be a judge in his
own
cause. In other words neither party can take upon himself or herself
the right to divide the joint estate. In fact, no party
in any form
of community is entitled to divide the common property and the other
party be forced to accept that position. Once either
party has no
faith in the bona fides of the other party, he is entitled to demand
the appointment of a receiver.â
11. Die respondent se
verdere betoog dat daar nie ân dispuut bestaan tussen die partye
nie, word na my mening deur die blote feit
dat hierdie aansoek tot op
hierdie stadium gevorder het sonder dat enige skikking tussen die
partye bereik is negeer.
12. Na my meing is
hierdie by uitstek ân geval waar ân onpartydige persoon aangestel
behoort te word om die partye se boedel te
verdeel. Die applikant
doen aansoek dat me. Lloyd, ân plaaslike prokureur, aan die Hof
bekend as ân persoon van integriteit,
in die hoedanigheid van
ontvanger aangestel word. Me. Lloyd het ook tot die aanstelling
toegestem. Ek is tevrede ten spyte van
die respondent se beswaar dat
hy nie vir me. Lloyd ken nie, dat sy die aangewese persoon is om die
taak te verrig.
13. Mnr. Haddad, wat
namens die applikant verskyn, het versoek dat die magte van die
ontvanger soos per paragraaf 1.3.4 van die bevel
nisi uitgebrei word
sodat hierdie paragraaf in geheel die volgende lees:
â
1.3.4 Om ondersoek
in te stel en die Respondent te ondervra ten aansien van bates wat hy
vervreem het voor datum van egskeiding sonder
teenwaarde en om
bankstate en ander dokumente te bekom wat nodig is om te bepaal
watter bates en beleggings die partye besit en die
omvang daarvan.â
Verder
versoek mnr. Haddad ook ân wysiging van paragraaf 1.3.5 van die
bevel nisi deur die invoeging van die woord
âwieâ
tussen
âaanâ
en
âdieâ
daarin.
Hierdie wysigings word
toegestaan.
Die volgende bevel
word gemaak.
Die bevel nisi,
gewysig soos per paragraaf 13 hierbo, word bekragtig.
________________________
C.C
WILLIAMS
REGTER
Nms.
Applikante
: Mnr. Haddad
i.o.v.
Elliott, Marris, Willmans & Hay
Nms.
Respondent
: Adv. Rex
i.o.v
Ponoane Prokureurs