About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 84
|
|
S v April (34/06) [2006] ZANCHC 84 (24 March 2006)
Verslagwaardig: Ja / Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Hooggeregshof Hersieningsnr: 34\06
Landdros
Saaknr: RC 51\05
Datum
gelewer: 2006\03\24
In die hersieningsaak van
:
DIE STAAT
versus
IGNATIUS
GERHARDUS APRIL BESKULDIGDE
Coram
:
MAJIEDT R
et
OLIVIER R
UITSPRAAK
OP SPESIALE HERSIENING
MAJIEDT R:
Nadat die appellant skuldig bevind is in die
distrikshof aan drie aanklagte van diefstal, is die saak na die
streekhof verwys vir
vonnisoplegging ingevolge artikel 116(1)(a) van
Wet 51 van 1977 (âdie Wetâ) se bepalings. Die
streeklanddros
het twyfel gehad aangaande die korrektheid van die skuldigbevindings
en het bepaalde navrae in dié verband gerig aan die
distrikslanddros.
Die antwoord op dié navrae het nie die
streeklanddros
se twyfel uit die weg geruim nie en het hy gevolglik die
aangeleentheid na hierdie Hof versend op spesiale hersiening
ingevolge
artikel 116(3)(a) van die Wet se bepalings.
Die
streeklanddros
se bekommernisse aangaande die korrektheid van die skuldigbevindings
kan as volg saamgevat word:
2.1 Dat die distrikslanddros hom
mero
motu
moes onttrek het vanaf die verhoor,
omrede hy in die beskuldigde se borgaansoek vroeër voorgesit het,
aldus kennis opgedoen het
aangaande die meriete van die saak self en
ook ân âgeloofwaardigheidsbevindingâ teen die beskuldigde se
karakter aldaar gemaak
het.
2.2 Dat die distrikslanddros âleidendeâ vrae aan die
beskuldigde gestel het tydens die artikel 115-verrigtinge en dat die
ondervraging
self té lank en onbillik was.
2.3 Laastens â ân aspek wat nie vervat is in die
streeklanddros
se navraag aan die distrikslanddros nie, maar tog in die
streeklanddros
se skriftelike redes vir voorlegging van die saak op spesiale
hersiening aan hierdie Hof verskyn â die feit dat
âartikel
220 (van die Wet) was toegepas na die erkenning van beskuldigde en
toestemming dat dit as formele erkenning aangeteken
kan word deur die
hof aan hom toe verduidelik â bladsy 27 paragraaf (sic) 5-10â.
Die beskuldigde was onverteenwoordig tydens sy verhoor
â hy was klaarblyklik nie tevrede met die kwaliteit en vermoë van
die
regsverteenwoordiger aan hom toegewys deur die Regshulpraad nie
en het laasgenoemde gevolglik onttrek. Die beskuldigde is
herhaaldelik
ingelig van die implikasies van sy optrede, maar het
desnieteenstaande daarop aangedring om sy eie verdediging te
behartig.
Op aanklagte 1 en 2 is beskuldigde daaraan skuldig
bevind dat hy goedere gesteel het vanuit die sakke op twee
motorfietse wat in
ân halfoop garage geparkeer was. Op aanklag 3
is die beskuldigde daaraan skuldig bevind dat hy sigarette wat hy
vroeër aan
die klaer verkwansel het, vanaf die klaer gesteel het.
Uitgesluit die
streeklanddros
se bovermelde bekommernisse aangaande die skuldigbevindings, is ek
heeltemal tevrede dat die Staat oorvloediglik op aldrie aanklagte
die beskuldigde se skuld bewys het. Die vraag is vervolgens of die
streeklanddros
se bovermelde kwellinge gegrond is en, indien wel, wat die effek
daarvan is op die skuldigbevindings.
Die distrikslanddros het inderdaad vroeër voorgesit
toe die beskuldigde onsuksesvol aansoek gedoen het om op borgtog
vrygelaat
te word. Dié borgaansoek is afgewys primêr omrede die
beskuldigde ân aantal van sy vorige veroordelings verswyg het in
getuienis,
en omdat hy, nadat hy ná arrestasie op aanklagte 1 en 2
op eie verantwoordelikheid vrygelaat is, ân dag later die misdryf
op
aanklag 3 gepleeg het. Die beskuldigde en die ondersoekbeampte
het by die borgaansoek getuig â laasgenoemde natuurlik ten behoewe
van die Staat ter opponering van die aansoek. Daar kan beswaarlik
fout gevind word met die distrikslanddros se afwysing van die
borgaansoek, gegewe die voormelde grondige redes vir sodanige
beslissing.
Op ân laatstadium tydens die artikel 115-verrigtinge,
wat taamlik tyd in beslag geneem het, het die landdros tot die besef
gekom
dat hy voorheen die beskuldigde se borgaansoek aangehoor het.
Die volgende het toe geskied
ex facie
die
oorkonde:
â
Goed. Meneer hier het nou ietsie wat ek nou
opgelet het, en ongelukkig moet ek dit dan nou met u opneem op
hierdie stadium. Dit
is dat nou met u vertelling wat u nou vir my
gee, het ek nou in my geheue teruggeroep dat ek inderdaad die
borgaansoek ook gedoen
het in u geval, en dat al hierdie feite
waarvan u nou praat, veral met die sigarette, het ek dit, dit het nou
weer in my geheue opgekom.
Nou moet u vir my sê want ek het die
borgaansoek gedoen. Dit is u reg om te verwag dat iemand anders u
verhoor doen omdat ek
alreeds ân borgaansoek in u geval gedoen het
waarby hierdie feite wat u dan nou vir my gesê het, en dit my nou
herinner het, nou
opgekom het. Wil u hê dat ân ander landdros
hierdie verhoor moet doen, want u sien ek het dan nou sekere goed
opgeroep in my
geheue na aanleiding van dit wat u nou vir my vertel
het, en dit is en bly u reg om te verwag dat ân landdros wat nie
die borgaansoek
gedoen het nie né, dit bly u reg om te verwag dat ân
landdros wat nie die borgaansoek gedoen het nie inderdaad dan die
verhoor
doen, en dan sal die saak net uitgestel moet word sodat ân
ander landdros kan kom om inderdaad dan die verhoor self waarneem.
Verstaan u wat ek vir u verduidelik. --- Ek verstaan Edele.
Goed, hoe
wil u maak. Wil u hê ek moet voortgaan met die verhoor of wil u hê
dit moet uitgestel word vir ân ander landdros om
die verhoor te
doen. --- Edele, ekskuus tog, ek het nou nie, ek
het nou gesê wel dat ek verstaan, maar ek het
nie regtig nou regtig
soos in regtig verstaan hoe u Edele nou regtig bedoel nie.
Goed.
Kyk ek het nou, ek sien nou op die koevert en ek hoor na aanleiding
van dit wat u vir my vertel het, het dit by my gedagte
opgekom dat ek
het mos nou die borgaansoek gehoor en u is onverdedig, u het nie ân
prokureur nie. U prokureur het nie ân probleem
gehad dat ek u
verhoor doen klaarblyklik nie, maar u is nou onverdedig, u het nie ân
prokureur op hierdie stadium nie, daarom moet
ek vir u verduidelik
dat ek het die borgaansoek aangehoor. Met ander woorde ek het sekere
inligting wat in ân borgaansoek is wat
ek nie mag gebruik in die
verhoorsaak teen u nie. --- Ja.
Né, of
mag gebruik nie (onduidelik). Nou is dit so dat dit die keuse van
die persoon, dat dit nie altyd wenslik is dat die
landdros
wat die borgaansoek doen die verhoor moet doen nie. Verstaan u wat
ek vir u sê. --- Ek verstaan reeds.
Omdat dit
dan daarop dui dat daardie
landdros
het
kennis van die borgaansoek, en as daar goed gesê is oor die saak in
die borgaansoek, dan mag dit daardie
landdros
affekteer by die verhoor omdat die landdros kennis het van dit wat
gesê is in die borgaansoek. U reg het u om vir die Hof te vra
dat
ân ander
landdros
dan eerder die verhoor
doen wat nie weet wat in die borgaansoek aangegaan het nie. As u dit
dan nou wil hê dat ek nie die verhoor
moet doen nie, of moet
voortgaan met die verhoor nie, kan u net vir my vra dat ons dat die
saak moet uitstel sodat ân ander
landdros
dan verkry kan word om die verhoor dan te doen. Dat ek dan nie
voortgaan met die verhoor nie. Verstaan u wat ek vir u verduidelik.
--- Ek verstaan nou u Edele.
Verstaan
u nou. --- Ja Edele.
Wat is u besluit. --- Ek het nie ân probleem met u Edele self
nie. So dit sal alright wees as u Edele nog steeds verder gaan.
â
Uit die aangehaalde passasie blyk dit na my mening
duidelik dat:
7.1 die distrikslanddros heeltemal ter goeder trou
opgetree het en werklikwaar nie vroeër daarvan bewus was dat hy al
vantevore die
beskuldigde se borgaansoek aangehoor het nie; en
7.2 die distrikslanddros baie vollediglik en so
eenvoudig moontlik aan die beskuldigde verduidelik het wat sy opsies
ingevolge die
reg is.
Ek gaan nie akkoord met die
streeklanddros
se stelling in sy voorleggingsredes aan hierdie Hof dat:
âhoewel landdros aan beskuldigde verduidelik dat hy die reg het om
ander landdros te vra om verhoor te behartig as die wie die
borgaansoek aangehoor het is dit duidelik dat beskuldigde nie
werklik die lang verduideliking verstaan het nieâ
(par.
4.3 van die
streeklanddros
se redes). Uit die aangehaalde uittreksel uit die oorkonde hierbo
blyk dit tog myns insiens duidelik dat die distrikslanddros
ân
tweede maal die verduideliking verskaf het en dat die beskuldigde
toé verstaan het en tevrede was dat die verhoor kon voortgaan
voor
die betrokke landdros.
Moes die distrikslanddros
mero
motu
onttrek het? Ek dink nie so nie. Die
verhoor het plaasgevind in Keimoes, waar slegs een landdros
gestasioneer is â hierdie verduideliking
blyk uit die
distrikslanddros se reaksie op die navraag. Dit gebeur male sonder
tal dat in sulke omstandighede ân landdros ân
borgaansoek
aanhoor en daarna in die daaropvolgende verhoor voortsit. Dit is
weliswaar ongewens, maar stel nie
per se
ân
onreëlmatigheid daar nie, veral nie waar die regsposisie dan
volledig aan die onverteenwoordigde beskuldigde verduidelik word,
soos wat hier die geval was nie.
Vergelyk in hierdie verband:
S v Dirk Nieuwoudt
â
ongerapporteerd â Noord-Kaapse Afdeling, Majiedt R et Olivier WnR,
Hersieningsaaknr.: 181/03, gelewer op 23 Mei 2003.
By die vraag aangaande wat ân onreëlmatigheid
daarstel sowel as die effek daarvan, gaan dit nou in ons huidige
grondwetlike bedeling
eerder om substansie as tegnikaliteite.
Anders gestel â by beantwoording van die vraag of ân beskuldigde
ân billike verhoor
gehad het word eerder gelet op die substansie
ten einde werklike geregtigheid te bewerkstellig.
Sien:
Key v Attorney-General Cape
of Good Hope & Another 1996(4) SA 187 (CC).
Selfs al is ek verkeerd in my voormelde bevinding en
sou die distrikslanddros se optrede inderdaad ân onreëlmatigheid
daarstel,
meen ek nie dat dit die beskuldigde dusdanig (indien
hoegenaamd) benadeel het dat dit tot ân regskending gelei het nie.
Sien:
S v Gaba 1985(4) SA 734
(A)
S
v Coetzee en andere 1995(2) SASV 742 (K)
te
747 h-j.
Samevattend dus ten aansien van hierdie eerste aspek â
ek is die mening toegedaan dat die distrikslanddros nie ân
onreëlmatigheid
begaan het deur later die verhoor waar te neem nie;
indien hy tog wel ân onreëlmatigheid begaan het, het dit
geensins tot ân
regskending gelei nie.
Die volgende aspek wat oorweging verg is die vraag
naamlik of die distrikslanddros ân onreëlmatigheid begaan het
tydens die artikel
115-verrigtinge.
13.1 Ten eerste is dit inderdaad korrek dat die artikel
115-verduideliking en âondervraging lank was. Die landdros se vrae
ter
opheldering was egter nie net wenslik nie, maar ook noodsaaklik,
gegewe die aard van die beskuldigde se verduideliking. Die
beskuldigde
het naamlik op aanklagte 1 en 2 as verweer aangevoer dat
hy ân sak met items opgetel het wat later geblyk het die eiendom
van die
klaers te wees. Op aanklag 3 het hy verduidelik dat ân
sake-transaksie met die klaer ten aansien van sigarette skeefgeloop
het,
aangesien laasgenoemde nie ten volle gepresteer het nie en hy
(die beskuldigde) gevolglik die sigarette âteruggeneemâ het.
Hierdie
was dus nie eenvoudige verduidelikings nie en was vrae ter
opheldering beslis in orde.
13.2 Die
distrikslanddros het weliswaar gefouteer op een aspek tydens die
voormelde ondervraging. In sy pleitverduideliking het die
beskuldigde aanvanklik slegs gesê dat:
ââ¦..ons, ek en my broertjie, die dag deur die toeriste-oord gery
het en ân sakkie daar gelê het met items binne-inâ.
Nadat die roete van die pad deur die toeriste-oord
bespreek is, het die landdros die volgende (onvanpaste) vraag gevra:
âEn u het ân sakkie gekry
met
die items wat hierin
vermeld is.â
(eie beklemtoning).
Hierop het die beskuldigde bevestigend geantwoord.
Lateraan vra die
landdros
:
âGoed. In die sakkie was,
u sê
was hierdie items
wat hierso gemeld word in hierdie klagteâ. (eie beklemtoning)
Die beskuldigde het inderwaarheid tot op hierdie stadium
nog nie self aangevoer dat die gesteelde items in die sak was nie â
hy
het bloot bevestigend geantwoord op die
landdros
se onvanpaste vraag hierbo aangehaal. Tot dié mate dus is die
streeklanddros
geregverdig in sy navraag. Hierdie mistasting aan die
distrikslanddros se kant het egter na my mening hoegenaamd nie tot
die beskuldigde
se benadeling gelei nie. Die Staat het aan die einde
van die dag bo alle twyfel die beskuldigde se skuld op dié aanklagte
bewys.
Daar kan na my mening hoegenaamd nie fout gevind word met die
distrikslanddros se verwerping van die blatant leuenagtige weergawe
van die beskuldigde soos vermeld nie.
13.3 Daar kan ook nie na my mening gesê word dat die
distrikslanddros onbillik was in sy ondervraging van die beskuldigde
nie. Hy
het bloot aspekte wat onduidelik was probeer opklaar. Hy
het ook nooit op enige stadium die beskuldigde probeer vasvra nie.
Ter samevatting dus is ek van mening dat daar geen
meriete is in die
streeklanddros
se siening dat die artikel 115-verrigtinge ân onreëlmatigheid
daarstel wat tot ân regskending gelei het nie.
In sy uitspraak in die borgaansoek het die
distrikslanddros, heeltemal tereg op die bewese feite, bevind dat
die beskuldigde nie
openhartig met die hof was aangaande sy
misdaadrekord nie. Die distrikslanddros het dit naamlik gestel dat
die beskuldigde die
hof en sy regsverteenwoordiger âmisleiâ het.
Dié bevinding is dalk effens oordrewe gestel, maar dit doen glad
nie daaraan
afbreuk dat dit ân geregverdigde bevinding in die
omstandighede was nie. Hierdie âgeloofwaardigheidsbevindingâ
teen die
beskuldigde het glad nie ân rol gespeel in die uitspraak
op die meriete in die hoofverhoor self nie. Eerstens het die
beskuldigde,
verbasend genoeg, nie self getuig nie, ten spyte van
die baie sterk
prima facie
saak teen hom. Tweedens is sy getuies se getuienis tereg verwerp as
vals bo redelike twyfel. Waar die getuies nie, op hul eie
weergawe,
heeltemal onseker van hulle feite en/of datums en tye was nie, was
hulle andersins ooglopend leuenagtig in hul weergawes.
Ook op
hierdie aspek dus het die distrikslanddros nie gefouteer nie.
Die laaste aspek gaan oor die artikel 220-erkennings â
ân aspek waarop die distrikslanddros nie gevra is om te reageer
nie.
Die volgende het plaasgevind tydens die artikel
115-ondervraging:
âTen opsigte van daardie goed wat dan in besit gevind is van u, is
u dan bereik om ân erkenning te maak in terme van artikel
220 van
die Strafproseswet dat daardie items wat u nou gemeld het, wel in u
besit gevind is. --- Ja Edele.
â¦.deur
die polisie. Wag net eers. Dit gaan beteken as u dit erken, gaan
dit beteken dat die Staat nie hoef te bewys dat daardie
goed in u
besit gevind is nie. Verstaan u dit. --- Ek staan Edele.
Is u
bereid om dan daardie erkenning te maak. --- Ja Edele.
Goed.
Dan word dan ⦠--- Dat dit die, sorry Edele. Ekskuus tog. Die
beursie is in my besit gekry.
Maar wat
is nou nog, en die ander goed. --- Die goedere het ek gesê dat my
broer, is dit by broer gaan haal, die klein broertjie
wat saam met my
gewees het.
Goed,
maar dit was in u besit gewees. U het dit besit. --- Ja.
U het dit
in ontvangs geneem by u broer. --- Ja Edele.
So al
hierdie goed was in u besit gewees. --- Ja u Edele.
So u
erken dat inderdaad al hierdie goed in u besit was, en dat dit so
genotuleer kan word as ân erkenning dat al hierdie goed
in u besit
was, maar dat net die beursie is deur die polisie in u besit gekry.
Is dit wat u vir my sê. ---
Dit is reg
u Edele.
Goed, dit
sal dan nie nodig wees vir die Staat om dit te bewys teen u dat u in
besit was van daardie items. --- Ja u Edele.
En dan
deur die polisie in besit gevind is van die beursie nie. Verstaan u
dit so. --- Ek verstaan u Edele.
Is dit
reg so. --- Dit is reg Edele.
Dit word dan so genotuleer as ân erkenning in terme van artikel
220 (van die Strafproseswet).â
Hieruit kan gesien word dat die
beskuldigde
alreeds âjaâ geantwoord het, onderwyl die distrikslanddros nog
besig was met sy verduideliking aangaande artikel 220 se bepalings.
Hieraangaande kan die distrikslanddros tog nie verwyt word nie;
bowendien en in elk geval ontgaan die benadeling teenoor die
beskuldigde
my heeltemal.
Gevolglik is ek die mening toegedaan dat die
verrigtinge voor die distrikslanddros wel ooreenkomstig die reg is
en word die saak
na die
streeklanddros
teruggestuur vir vonnisoplegging.
_____________
SA MAJIEDT
REGTER
Noord-Kaapse Afdeling
Ek
stem saam:
____________
CJ
OLIVIER
REGTER
Noord-Kaapse Afdeling