Coetzee and Another v Keyser and Another (105/06) [2006] ZANCHC 18 (17 March 2006)

60 Reportability
Land and Property Law

Brief Summary

Interdict — Interim interdict — Requirements for granting an interim interdict — Applicants sought to interdict first respondent from operating a bar and restaurant at a guesthouse, claiming violation of zoning and liquor license conditions — Court considered prima facie right, reasonable prospect of irreparable harm, balance of convenience, and absence of alternative remedy — Court granted interim interdict pending final determination of the matter.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 18
|

|

Coetzee and Another v Keyser and Another (105/06) [2006] ZANCHC 18 (17 March 2006)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja /Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja /Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: 105/06
DATUM AANGEHOOR:
03--03-2006
DATUM VAN
UITSPRAAK:17-03-2006
In
die saak tussen:
HENRI
COETZEE
1ste
APLIKANT
BOUVARIA
EIENDOMME BK
2de
APPLIKANT
en
CHRISTIAN RUDOLF KEYSER
1ste RESPONDENT
DIE
VOORSITTER VAN DIE DRANKRAAD,
2de
RESPONDENT
NOORD-KAAP
PROVINSIE
CORAM:
C.C WILLIAMS R:
U
I T S P R A A K
WILLIAMS
R:
1. Hierdie is die
verlengde keerdatum van ‘n bevel nisi verleen op 1 Februarie 2006
in die volgende terme;
“
3.1 Hangende
die finale afhandeling van die aansoek gebring te word deur die
applikante vir die tersydestelling van die bevel uitgereik
deur
hierdie agbare Hof op 9 Desember 2005 onder saaknommer 1472/05:
3.1.1 word die eerste
respondent verbied om ‘n kroeg te bedryf te Queensweg 74, Hilcrest,
Kimberley;
3.1.2 word
die eerste respondent verbied om drank aan lede van die publiek wat
nie inwonende gaste van die gastehuis @The Keyser’s
Guesthouse is
nie, te verkoop;”
Die applikante nader dus
die hof vir die bekragtiging van die tussentydse regshulp soos hierbo
aangestip hangende die finale afhandeling
van ‘n aansoek om
tersydestelling van die bevel onder saaknommer 1472/05 wat as volg
bepaal:
“
1. That
the decision by the respondent to amend the conditions to applicants’
special licence (accommodation) under no NCP 012383
(hereinafter
referred to as “the licence”
)
and issued on 27 May 2005 be
reviewed and rescinded;
2. That
is be declared that the conditions to the licence are as per annexure
“A” hereto;
3. That each party
pays its own cost.”
(Die applikant in
saaknommer 1472/05 is die eerste respondent in die huidige aansoek en
die respondent daarin is die tweede respondent
huidiglik)
3. Die eerste respondent
bedryf n gastehuis, @The Keyser’s Guesthouse, in Queensweg geleë
in die woonbuurt Hillcrest te Kimberley
sedert ongeveer Mei 2005.
Eerste applikant se woonhuis is geleë skuins oorkant die gastehuis
en die tweede applikant is die ontwikkelaar
van eiendomme reg
langsaan die gastehuis.
4. Die
geskil tussen die applikant en die eerste respondent gaan oor die
feit dat die eerste respondent ‘n voltydse restaurant en
kroeg vir
die gebruik van die algemene publiek bedryf vanaf die gastehuis. Die
applikante beweer dat hierdie bedrywighede ‘n oortreding
is van die
soneringsvoorwaardes van die eiendom wat op 5 Julie 2004 hersoneer is
na
“algemeen
residensieel (beperk tot ‘n gastehuis”)
en ook teenstrydig is met die voorwaardes gekoppel aan ‘n
dranklisensie (aanhangsel
“LC8”
)
uitgereik aan die eerste respondent op 27 Mei 2005 waarvan een van
die voorwaardes is:
“
9.Accommodation
establishment
Liquor may only be
sold to the guest of the accommodation establishment and not to
anybody else.”
5.
Die
eerste respondent het egter in saak no 1472/05 beweer dat die
voorwaarde in paragraaf 4 hierbo nie oorspronklik vervat was in
die
dranklisensie uitgereik deur die Voorsitter van die Drankraad op 27
Mei 2005 nie en dat die voorwaardes eensydiglik op 29 September
2005
deur die Drankraad verander is na dit bovermeld. Die uiteinde van
die aansoek deur eerste respondent gebring was dat hy en
ene mnr C
Maponya, in sy hoedanigheid as Voorsitter van die Drankraad op 7
Desember 2005 ‘n skikkingsooreenkoms onderteken het
dat die
voorwaardes vervat in aanhangsel
“LC
12”
op die dranklisensie van die eerste respondent van toepassing is.
Aanhangsel
“LC12”
maak geen melding van die voorwaarde hierbo vervat in aanhangsel
“LC8”
nie. Die hofbevel verleen op 9 Desember 2005 reflekteer gedeeltelik
die skikking bereik tussen die eerste respondent en die voorsitter
van die drankraad.
6. Die huidige aansoek is
deur die applikante gebring na hulle bewus geword het van die
hofbevel verleen op 9 Desember 2005.
7. Die vereistes vir die
toestaan van ‘n tussentydse interdik is die volgende.
a) ’n Prima facie reg;
b) ’n
Redelike vooruitsig op onherstelbare skade;
c) Dat die balans van
gerief ten gunste van die applikante is en;
d) Dat daar geen
alternatiewe remedie is nie.
8. Mnr.
Van Niekerk SC wat saam met mnr. Botha vir die applikant optree, voer
aan dat die prima facie reg van die applikante, behalwe
die reg tot
privaatheid en regverdige administratiewe optrede, bestaan in die
kanse van sukses wat die applikante het in die voorgenome
aansoek om
tersydestelling en dat die huidige aansoek om ‘n tussentydse
interdik in hierdie lig oorweeg moet word. Sien
Ladychin
Investments v South African National Roads Agency
2001(3)
SA 344(NPD) te 357.
9. In dié verband voer
die applikante vier redes aan waarom die hofbevel onder saakno.
1472/05 tersyde gestel behoort te word:
9.1 Dat Maponya nie
bevoegd was om as vooorsitter van die Noord-Kaapse Drankraad ‘n
skikkingsooreenkoms aan te gaan met die eerste
respondent nie:
Dit
staan vermeld te word dat die Noord-Kaapse Drankraad aldus die
applikante, reeds voor 7 Desember 2005, toe die skikkingsooreenkoms
deur Maponya onderteken is, ontbind is en daar nog geen nuwe
Drankraad vir die provinsie ingestel is nie. Maponya self was die
voorsitter
van die eertydse Drankraad totdat hy op 15 September 2005
of ten laaste 27 September 2005 tesame met al die lede van die
Drankraad
onthef is van sy posisie, en kon hy dus nie op 7 Desember
2005 as voorsitter of namens die voorsitter van die Drankraad enige
ooreenkomste
aangaan nie. Die applikante het ‘n brief vanaf die
LUR vir Finansies aan Maponya, gedateer 27 September 2005, waarin hy
van sy
pligte onthef word, aangeheg tot hul stukke as aanhangsel
“LC24”
.
9.2 Dat daar wesenlik
nie-voeging was in saakno. 1472/05 deurdat die eerste applikant sowel
as die Suid-Afrikaanse Polisiediens, welke
partye ‘n wesenlike en
direkte belang in die aansoek gehad het, nie as respondente gevoeg is
nie ten spyte daarvan dat die eerste
respondent deeglik bewus was van
sodanige belang deurdat:
9.2.1 Die
eerste applikant as buurman van die gastehuis nie genoeë was daarmee
dat ‘n restaurant en kroeg vir die algemene publiek
vanaf die
gastehuis bedryf word nie en het vanaf die Drankraad ‘n afskrif van
die voorwaardes van toepassing op die betrokke dranklisensie
bekom
(aanhangsel
“LC8”
)
en het reeds op 19 Augustus 2005 vir die eerste respondent daarmee
gekonfronteer.
9.2.2 Hy
ook op 27 Augustus 2005 ‘n klag van rusverstoring by die SAPD teen
die eerste respondent gelê het.
9.2.3 Op
9 September 2005 het die eerste applikant ‘n hofbevel in die
Landdroshof, Kimberley verkry in terme van artikel 126 van
die
Drankwet.
9.2.4 Op
23 September 2005 het die eerste respondent die voormelde bevel
sonder kennis aan of betekening op die eerste applikant laat
tersyde
stel.
9.2.5 Op
26 September 2005 het die tweede respondent ‘n skrywe gerig aan die
Areakommissaris van die SAPD waarin die voorwaardes
van die eerste
respondent se dranklisensie bevestig is en wat as volg lees:
“
1. I
acknowledge receipt of your letter dated 26 September 2005, with
Annexure.
2. According
to the record of the Liquor Board, mr. C Keyser holds a special
license (on-consumption) accommodation issued under reference
number
NCP 102383 dated 27-05-2005.
3. annexure
B of your letter constitutes conditions under which the license was
issued and in terms of which the license holder should
operate. The
conditions do not grant the license holder the authority to operate
as a PUB.
4. The
license holder is entitled to serve liquor to the guests of the
accommodation premises/guests house and not ordinary members
of the
public.”
9.2.6 Lede van die SAPD
sowel as die eerste applikant teenwoordig was by die kantoor van die
tweede respondent op 29 September 2005,
waar samesprekings gereël is
deur die tweede respondent. Slegs die eerste respondent en twee lede
van die SAPD was egter toegelaat
om deel te neem aan die vergadering
met die tweede respondent.
9.2.7 Die
SAPD sitting het op die Drankraad, waar dit insette lewer en ook
diens verrig in die toepassing en afdwinging van lisensievoorwaardes.
Die eerste applikant voer
derhalwe aan dat dit noodsaaklik was vir die eerste respondent om die
eerste applikant en die SAPD te voeg
as respondente in aansoek no.
1472/05 en by gebrek daaraan behoort die bevel tersyde gestel te
word.
9.3 Deurdat die eerste
respondent die Hof mislei het in aansoek no. 1472/05:
9.3.1 Die
betoë deur die applikante hier voorgehou is dat die eerste
respondent nie net geswyg het oor die status van Maponya of
die
Drankraad op 7 Desember 2005 toe die skikking bereik is nie, óf die
belang wat eerste applikant en die SAPD by die verlening
van die
bevel het nie, maar ook die Hof mislei het deur voor te gee dat die
voorwaarde in aanhangsel
“LC8”
,
dat hy nie drank mag verkoop aan enige persoon behalwe gaste in die
gastehuis nie, nie deel gevorm het van die lisensie waarvoor
hy
aansoek gedoen het en wat aan hom uitgereik is nie. Eerste
respondent het versuim om sy aansoek om die dranklisensie by die
aansoekstukke
aan te heg waaruit dit wel duidelik blyk dat hy aan die
Drankraad voorgehou het dat hy van voornemens is om slegs aan gaste
van die
gastehuis en spesifiek by etes in die eetkamer van die
gastehuis drank te bedien.
9.4 Dat daar geen
wysiging van die voorwaardes deur tweede respondent plaasgevind het
op 29 September 2005 nie:
9.4.1 Die
applikante voer hierdie rede aan vir die tersyde stelling van die
bevel na aanleiding van die feit dat die eerste applikant
reeds op 19
Augustus 2005 ‘n afskrif ontvang het van aanhangsel
“LC8”
vanaf die tweede respondent as synde die voorwaardes van toepassing
op die eerste respondent se dranklisensie.
9.4.2 Die
sekretaris van die Drankraaad ene mnr. Norman ook al op 23 September
2005 aan Inspekteur Jacobs van die SAPD ‘n afskrif
oorhandig het
van aanhangsel
“LC8”
.
9.4.3 Die
tweede respondent op 26 September 2005 bevestig het aan die SAPD dat
aanhangsel
“LC8”
die toepaslike lisensievoorwaarde vervat soos uitgereik op 27 Mei
2005. (Sien paragraaf 9.2.5 hierbo).
10. Die eerste respondent
ontken nie direk die bewerings gemaak deur die applikante nie. Die
houding wat wel ingeneem word is dat
al die gebeure wat voor 9
Desember 2005 plaasgevind het ontersaaklik is in hierdie aansoek.
Mnr Van Rhyn SC, wat namens die eerste
respondent verskyn, voer aan
dat twee beginsels van hofbevele hier van toepassing is:
1) dat ‘n hofbevel soos
‘n kontrak uitgelê moet word en;
2) dat howe nie hofbevele
maak wat hulle weet verkeerd is nie.
Hierdie
“beginsels”
moet na my mening eerder as uitgangspunte gesien word. Dit is so dat
die bevel gemaak onder saakno. 1472/05 ondersteun word deur
die
betrokke aansoekstukke. Die bewerings gemaak deur die applikante is
egter nie dat die Hof ‘n bevel wat teenstrydig is met
die stukke
verleen het nie, maar dat die Hof mislei was deur wesenlike inligting
te weerhou en deurdat die eerste respondent die
belange van derde
partye misken het. Om hierdie redes is die aanloop tot die verlening
van die bevel op 9 Desember 2005 belangrik.
11. Mnr.
Van Rhyn betoog voorts dat die eerste respondent ontken dat Maponya
ultra
vires
opgetree het deurdat hy geen magtiging gehad het om namens die
Drankraad op te tree nie. Die argument is dat die Drankraad en
Maponya
nou estop
word
om te beweer dat Mapanya onbevoegd was aangesien die eerste
respondent deur hom mislei is en sekere regte gegee is.
12. Hierdie argument kan
egter nie staan nie. In die eerste plek kan ‘n verweer soos
estoppel nie teen derde partye soos die applikante
gehou word nie.
Tweedens, vir ‘n suksesvolle verweer van estoppel moet die eerste
respondent kan bewys dat hy mislei is en dat
hy as gevolg daarvan tot
sy nadeel gehandel het.
13. In hierdie verband en
in teenstelling met die betoog voorgehou deur mnr. Van Rhyn, aanvaar
die eerste respondent, in sy opponerende
eedsverklaring, dat Maponya
op 7 Desember 2005, toe die skikking onderteken is, nie meer
voorsitter van die Drankraad was nie, hy
is egter baie ontwykend oor
wanneer (vóór of ná 7 Desember 2005) dit tot sy aandag gekom het.
Eerste respondent noem nie eers
dat hy tot sy nadeel opgetree het as
gevolg van enige wanvoorstelling deur Mapanya nie, inteendeel word
die teenoorgestelde eerder
geimpliseer. Die relevante gedeelte van
die opponerende eedsverklaring lui as volg:
“
5.6.1 Dit
het ook tot my kennis gekom dat die voorsitter van die drankraad met
effek vanaf 15 September 2005 van sy plig onthef is
as voorsitter van
die drankraad soos gesuggereer deur die eerste applikant in paragraaf
85 van sy stawende beëdigde verklaring en
aanvaar dat die gerug
korrek is.
5.6.2 Indien
hy wel aldus van sy pos as voorsitter van die drankraad onthef is, en
as lid van die drankraad ontslaan is, sou die wysiging
van die
spesiale voorwaardes ongeldig wees en is die voorwaardes soos
anvanklik opgelê van toepassing en is ek geadviseer dat die
bevel
wat nou ter syde gestel staan te word in ieder geval korrek is, in
die lig daarvan dat Maponya geen bevoegdheid gehad het om
die
voorwaardes te wysig of aan te vul nie. Die nodige regsargumente wat
dit betref sal tydens die vehoor van die anaosek voor begemelde
Agbare Hof geplaas word.”
Die
feite van die huidige saak kan glad nie gelyk gestel word aan die
saak van
National
and Overseas Distributors v Potato Board
1958(2) SA 473(AD) waarop mnr. Van Rhyn steun nie.
14. Twee
punte
in
limine
is deur die eerste respondent geopper wat ek vervolgens hanteer.
Eerstens een van wanvoeging of nie-voeging deurdat die Drankraad
of
‘n ander persoon in sy of haar verteenwoordigende hoedanigheid as
tweede respondent siteer moes word in hierdie aansoek en tweedens,
dat die applikante nie al hul remedies uitgeoefen het nie.
15. Die
argument dat die Drankraad, Noord-Kaap die party is wat siteer moes
wees as tweede respondent is in sy mondelinge betoog nie
verder
geneem deur mnr. Van Rhyn nie. Die applikante beweer dat die
Drankraad reeds teen 27 September 2005 ontbind is en dit dus
nie
moontlik is om dit te voeg as respondent nie. Hierdie is na my
mening in ieder geval nie ‘n verweer wat sou kon slaag nie.
Sien
Safcor
Forwarding (Pty) Ltd v National Transport Commission
1982(3) SA 654(AD).
16. Mnr.
Van Rhyn argumenteer wel dat die Lid van die Uitvoerende Raad aan wie
die Drankraad verantwoording doen soos blyk uit artikels
6, 6A, en
7(1)(a) van die die Drankwet no 27 van 1989 (
“Die
Drankwet”
)
siteer moes word as ‘n respondent en indien daar nie sodanige LUR
is nie, moes die Premier van die Provinsie siteer word om die
belange
van die Drankraad en die provinsie te behartig en beskerm. Mnr. Van
Rhyn het egter versuim om aan te toon watter belang
die LUR of die
Premier het by hierdie aansoek om ‘n tussentydse interdik gemik
spesifiek teen die eerste respondent. Dit mag wees
dat hierdie
partye ‘n belang het by die voorgenome aansoek om tersyde stelling
van die hofbevel gegee op 9 Desember 2005, maar
op hierdie stadium
het geen ander partye na my mening enige belang in hierdie aansoek
nie en kan hierdie punt nie slaag nie.
17. Die tweede punt
geopper is dat die applikante nie geregtig is op ‘n tussentydse
interdik nie aangesien hulle nie al hul remedies
in terme van die
Drankwet uitgeoefen het nie. In die verband verwys die eerste
respondent na die bepalings van artikels 11, 126
en 128 van die
Drankwet.
Artikel 11 hanteer die
omstandighede waaronder die Voorsitter van die Drankraad vergaderings
belê vir die oorweging van sekere aangeleenthede
onder andere
klagtes ten opsigte van ‘n gelisensieerde perseel en besware teen
‘n lisensie.
Artikel 126 het
betrekking op ‘n Landdrohof bevel wat verkry mag word teen die
houer van ‘n dranklisensie in sekere omstandigehde.
Artikel
128 maak voorsiening daarvoor dat die Minister na oorleg met die
Voorsitter van die Drankraad sekere stappe kan neem teen
‘n
lisensiehouer indien hy met inligting onder eed oortuig is dat die
verkoop van drank op ‘n spesifieke perseel aanleiding gee
tot
omstandighede wat die opskorting of intrekking van die lisensie
regverdig.
18. Mnr.
Van Rhyn betoog voorts dat indien hierdie remedies in terme van die
die Drankwet deur die applikante uitgeput is dan is eers
die
bepalings van die Promotions of Administrative Justice Act 3 of 2000
(
“PAJA”
)
op hierdie aangeleenthid van toepassing alvorens die applikant
hierdie Hof kan nader.
19. Dit dien gemeld te
word dat al die remedies in terme van die Drankwet reeds deur die
applikant gedurende Augustus tot Oktober
2005 uitgeoefen is tot min
of geen effek. Na die hofbevel verleen is op 9 Desember 2005 is die
remedies in terme van artikels 11
en 128 van die Drankwet in elk
geval nie meer haalbaar nie omdat die Drankraad ontbind is en daar
nie meer ‘n Voorsitter is nie.
Die betoog dat die remedies in
terme van die Drankwet eers uitgeput moes word na 9 Desember 2005 is
in elk geval kortsigtig –
geeneen van hierdie remedies kan die
hofbevel ongedaan maak nie en die applikante sou in elk geval nog
moes aansoek doen vir die
tersyde stelling van die bevel.
20. Wat PAJA aanbetref,
voer mnr. Van Rhyn aan dat die besluit en aangaan van die skikking op
7 Desember 2005 ‘n administratiewe
handeling is soos bedoel in die
spesifieke wetgewing en moes die applikant dus die bepalings van PAJA
toegepas het.
21. Administratiewe
handeling word ondr PAJA as volg beskryf in artikel 1 daarvan:
““
Administrative
action” means any decision taker, or any failure to take a
decision, by –
a) An organ of state,
when –
i) Exercising a power
in terms of the constitution or a provincial constitution; or
ii) Exercising
a public power of performing a public function in terms of any
legislation; or
b) a natural or
juristic person, other than an organ of state, when exercising a
public power or performing a public function in terms
of an
empowering provision which adversely affects the rights of any person
and which has a direct, external legal effect, but does
not include .
. . “
22. Volgens
mnr. Van Rhyn val die voorsitter van die
Drankraad
se besluit
om ‘n skikking aan te gaan met eerste respondent ten opsigte van ‘n
dranklisensie
uitgereik
in terme van die
Drankwet
vierkantig onder hofie a) van die definisie van
“administrative
action”
van PAJA. Hierdie argument mag wel meriete hê. Ek hoef my gelukkig
nie hieroor uit te spreek nie aangesien dit nie die
skikkingsooreenkoms
aangegaan tussen die Voorsitter van die Drankraad
en die eerste respondent wat hier ter sprake is nie, maar wel die
hofbevel verkry.
Die skikkingsakte is nie ‘n hofbevel gemaak nie.
Alhoewel sekere van die klousules in die skikkingsakte vervat is in
die hofbevel,
verwys die hofbevel nie eers na die skikkingsakte nie.
23. Die
aansoek om tersydestelling beoog deur die applikante, is gemik teen
die hofbevel en nie die besluit van die Drankraad of
sy Voorsitter
nie en is die bepalings van PAJA na my mening nie van toepassing nie.
Hierdie punt
in
limine
moet dus ook faal.
24. In die Ladychin saak
na verwys supra sit Nicholson R die beginsels ten opsigte van
tussentydse regshulp uiteen as volg te 353E-354C;
“
The
principles established by the cases where an interim interdict is
sought where there are conflicts of fact are as follows:
1. The requirements
for a final interdict are well established and require the applicant
to show:
(a) A
clear right;
(b) a
well-grounded apprehension of irreparable injury;
(c) the
absence of any other ordinary remedy.
If an applicant can
prove the above requirements he will also, obviously, be entitled to
an interim interdict.
2. Where the applicant
cannot show a clear right then he has to show a right which, though
prima facie established, is open some doubt.
In that event the
applicant will have to show that the balance of convenience favours
him. The test for the grant of relief involves
a consideration of the
prospects of success and the balance of convenience - the stronger
the prospects of success, the less need
for such balance to favour
the applicant; the weaker the prospects of success the greater the
need for the balance of convenience
to favour him. By balance of
convenience is meant the prejudice to the applicant if the interdict
be refused, weighed against the
prejudice to the respondent if it be
granted.
3. Even
if there are material conflicts of fact the Courts will still grant
interim relief. The proper approach is to take the facts
as set out
by the applicant, together with any facts set out by the respondent,
which the applicant cannot dispute, and to consider
whether, having
regard to the inherent probabilities, the applicant should on those
facts obtain final relief at a trial.
4. The
facts set up in contradiction by the respondent should then be
considered. If serious doubt is thrown on the case of the applicant
he should not succeed in obtaining temporary relief, for his right,
prima facie established, may only be open to 'some doubt'.
5. If there is
mere contradiction, or unconvincing explanation,
the matter should be
left to trial and the right be protected
in
the mean time, subject of course to the respective
prejudice
in the grant or refusal of interim relief.
6. Although the grant
of a temporary interdict interferes with a right which is apparently
possessed by the respondent, the position
of the respondent is
protected because, although the applicant sets up a case which prima
facie establishes that the respondent has
not the right apparently
exercised by him, the test whether or not temporary relief is to be
granted is the harm which will be done.
7. And
in a proper case it might well be that no relief would be granted to
the applicant except on conditions which would compensate
the
respondent for interference with his right, should the applicant fail
to show at the trial that he was entitled to interfere.”
25. Met
die toepassing van hierdie beginsels ten opsigte van die huidige
aansoek is ek van mening dat die applikante wel ‘n
prima
facie
saak uitgemaak het van ‘n sterk vooruitsig van sukses in die
aansoek om tersydestelling van die bevel gemaak op 9 Desember 2005.
26. Wat die oorwig van
gerief betref is dit dan ook so dat hoe gunstiger die applikante se
kanse op sukses is, hoe geringer is die
vereiste dat die oorwig van
gerief met die toestaan van die tussentydse regshulp die applikante
moet begunstig. Dit is te verstane
dat die eerste respondent
geldelike verliese sal ly indien hy nie drank aan die publiek mag
verkoop nie. Die verkoop van drank aan
die publiek vanaf die
gastehuis is egter nie die eerste respondent se enigste inkomste nie,
hy bedryf steeds die gastehuis en mag
steeds drank aan gaste verkoop.
Hy het boonop ook die opsie om enige skade te verhaal vanaf die
applikante sou dit later blyk dat
hy daarvan ontneem is om ‘n
wettige besigheid te bedryf.
27. Aan die anderkant het
die applikante, spesifiek die eerste applikant, ‘n saak uitgemaak
dat hulle rus en privaatheid versteur
word met tye wanneer die
publiek die kroeg by die gastehuis besoek, regte wat nie maklik
gekwantifiseer kan word nie. Die tweede
applikant, ‘n
eiendomsmakelaar, beweer ook dat ‘n voornemende koper nie meer
belang gestel het in ‘n eiendom toe hy agtergekom
het dat ‘n
kroeg in die area bedryf word nie.
28. In hierdie
omstandighede is die oorwig van gerief met die verlening van die
regshulp na my mening ook ten gunste van die applikante
en moet die
applikante slaag in hierdie aansoek.
29. Ek is dus van oordeel
dat die bevel nisi bekragtig behoort te word. Ek is egter van mening
dat ter bespoediging van die finalisering
van hierdie aangeleentheid
applikant gelas moet word om die aansoek om ter syde stelling binne
14 dae na lewering van hierdie bevel
in te stel.
30. Wat die kostes van
hierdie aansoek betref betoog mnr. Van Niekerk dat die koste van ‘n
tweede advokaat vir die applikante (mnr.
Botha) ook ingesluit word.
Ter regverdiging hiervan voer mnr. Van Niekerk aan dat die saak nie
eenvoudig is nie en dus die dienste
van ‘n senior advokaat
regverdig. Die feit dat die saak van groot belang is vir die
applikante dan ook ‘n tweede advokaat regverdig.
Mnr. Van Rhyn
voer egter aan dat die saak nie gekompliseerd is nie en dit nie ‘n
tweede advokaat regverdig nie.
31. Na
my mening is die blote feit dat beide kante deur senior advokate
verteenwoordig is, alreeds aanduidend daarvan dat hierdie
saak nie so
eenvoudig of ongekompliseerd is nie. Dit is ook so dat die aard van
die aansoek en die gevolge daarvan van groot belang
is vir die
applikante. Die vraag wat gevra moet word is of dit ‘n
“wise
and reasonable precaution”
was vir die applikante om twee advokate aan te stel (sien
Newman
v Prinsloo and Another
1974(4) SA 408 (WLD) ) of anders gestel was dit
“extravagant
or over-cautious”
?
(Sien
Brown
v The Administrator Natal
1966(3) SA 505(D).
32. Ek is nie van mening
dat die applikante in die omstandighede van hierdie saak onnodiglik
die dienste van twee advokate gebruik
nie.
Die volgende bevele
word gemaak
a) Die bevel nisi word
bekragtig.
b) Die applikante word
gelas om die aansoek om tersydestelling van die hofbevel in
saaknommer 1472/05 te liasseer binne 14 dat van
hierdie bevel.
c) Die eerste
respondent word gelas om die koste van hierdie aansoek te betaal wat
insluit die koste van twee advokate.
________________________
C.C
WILLIAMS
REGTER
Nms.
Applikante
: Adv. Van Niekerk SC, Adv C Botha
i.o.v.
Duncan & Rothman
Nms.
1ste Respondent
: Adv. Vhan
Rhyn SC
i.o.v
Haarhoffs