About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 17
|
|
S v Bampton (CA&R: 100/2004) [2006] ZANCHC 17 (10 March 2006)
VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: CA&R: 100/2004
DATUM:
10-11-2005
GELEWER:10-03-2006
In
die Appél van:
IVAN
BAMPTON APPELLANT
teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM:
WILLIAMS R et R OLIVIER R:
UITSPRAAK
WILLIAMS
R:
1. Die appellant is op 31
Mei 2001 in die Streekhof te Upington skuldig bevind aan tien
aanklagte te wete:
Aanklag 1 - Poging tot
moord
Aanklag
2 â Poging tot moord
Aanklag 3 tot 5 â
Oortreding van artikel 2 van Wet 75 van 1969 (onwettige besit van ân
vuurwapen)
Aanklagte
6 tot 10 â Oortreding van artikel 2 van Wet 75 van 1969 (onwettige
besit van ammunisie).
2. Aanklagte 1 en 2 is
saamgeneem vir doeleindes van vonnis en is die appellant gevonnis tot
7 jaar gevangenisstraf. Aanklagte 3
tot 5 is saamgeneem vir
doeleindes van vonnis en is 3 jaar gevangenisstraf opgelê.
Aanklagte 6 tot 10 is saamgeneem vir doeleindes
van vonnis en is die
appellant 3 jaar gevangenisstraf opgelê. Dit is verder gelas dat
die vonnis ten opsigte van aanklagte 3 tot
5 en die vonnis ten
opsigte van aanklagte 6 tot 10 samelopend uitgedien word. Die
appellant is dus effektiewelik gevonnis tot 10
jaar gevangenisstraf.
3. Die appellant was
regsverteenwoordig en het op al die aanklagte skuldig gepleit. Hy
kom nou egter in hoër beroep teen die skuldigbevindings
sowel as die
vonnisse hom opgelê. Gepaardgaande hiermee is daar ook ân aansoek
om kondonasie vir die laat aantekening van appél.
Die aansoek om
kondonasie sal na aanleiding van die meriete oorweeg word.
4. Die
appellant en sy medebeskuldigde, Thomas De Wee, was albei
verteenwoordig deur prokureur Kotze wat ân gesamentlike skriftelike
skuldigpleit in terme van artikel 112(2) van Wet 51 van 1977 (
âdie
Wetâ)
aan die Verhoorhof voorgelê het en wat as volg lees:
â
Ons,
die ondergetekendes, Thomas De Wee â beskuldigde 1, Ivan Bampton â
beskuldigde 2, verklaar:
1. Ons erken dat ons
op 11 Maart 2000 en te Upington, distrik Gordonia, Streekafdeling
Noord-Kaap, wederregtelik en met die opsetvorm
dolus eventualis,
gepoog het om vir Polisiebeamptes Christoffel Van Eeden en Piet Green
te dood, deur ân skoot na elkeen te vuur.
2. Ons
pleit derhalwe skuldig aan poging tot moord met die opsetvorm dolus
eventualis op aanklagtes 1 + 2 soos aangekla.
3. Ons
erken voorts dat ons op dieselfde datum en plek wederregtelik
gesamentlik en afsonderlik in besit was van 1x 9 mm Star pistool,
1 x
.38 special revolwer en 1 x .45 pistool, sonder dat ons in besit was
van geldige lisensies daarvoor en erken dat ons daardeur
Artikel 2
van Wet 75 van 1969 oortree het.
4. Ons
pleit derhalwe ook skuldig op aanklagtes 3, 4 en 5 soos aangekla.
5. Ons
erken voorts dat ons op dieselfde datum en plek wederregtelik in
besit was van die volgende ammunisie: 17 x .38 SP Eldorado
Starfire
patrone, 3 x .99 mm Star pistool patrone, 5 x .38 Special Rewolwer
patrone, 2 boksies.45 ACP rondtes 50 x 9 mm rondtes,
sonder dat ons
in besit was van ân lisensie of gelisensieerde wapens waaruit
daardie ammunisie afgeskiet kon word.
6. Ons
pleit derhalwe ook skuldig aan oortreding van Artikel 36 van Wet 75
van 1969 op aanklagte 6 tot 10.â
5. Behalwe dat daar ten
opsigte van aanklagte 6 tot 10 skuldig gepleit word aan ân
oortreding van artikel 36 van Wet 75 van 1969,
in teenstelling met
die klagstaat wat verwys na artikel 2 van hierdie Wet, is die
bewerings vervat in die artikel 112(2) verklaring
ân blote
herhaling en erkenning van die bewerings in die klagstaat.
6. Die verhoorhof het
geen moeite gedoen om enige vrae ter opheldering te vra of om hom te
vergewis daarvan dat die appellant en sy
medebeskuldigde hulle
inderdaad skuldig gemaak het aan die misdrywe waarop hulle skuldig
gepleit het nie. Hulle is nooit gevra om
die inhoud van die
verklarings te bevestig nie en, alhoewel hulle prokureur aangedui het
dat hulle versoek sou word om die verklaring
in die Hof weer te
onderteken ter bevestiging daarvan, is daar geen aanduiding dat dit
gebeur het nie. Inteendeel daar is nie eens
op die oorkonde enige
aanduiding dat hulle self op die aanklagte gepleit het nie.
7. Artikel
112(2) van die Wet bepaal as volg:
â
112(2)
Indien ân beskuldigde of sy regsadviseur ân skriftelike
verklaring deur die beskuldigde, by die hof inhandig waarin die
beskuldigde die feite uiteensit wat hy erken en waarop hy skuldig
gepleit het, kan die hof, in plaas van ân ondervraging
ooreenkomstig
subartikel (1)(b), die beskuldigde op grond van
bedoelde verklaring skuldig bevind en vonnis soos in genoemde
subartikel bepaal indien
hy oortuig is dat die beskuldigde skuldig is
aan die misdryf waaraan hy skuldig gepleit het: Met dien verstande
dat die hof na goeddunke
enige vraag aan die beskuldigde kan stel ten
einde ân aangeleentheid op te helder wat in die verklaring geoper
is.â
Dit is na my mening
duidelik dat die artikel 112(2) verklaring nie slegs erkennings van
die bewerings in die klagstaat moet vervat
nie, maar ook die
feitebasis waarop die skuldigpleit geskoei is. Hoe anders kan ân
verhoorhof hom vergewis van die korrektheid
van die skuldigpleit
sonder om vrae ter opheldering te stel?
8. Skuldigbevindings
op hierdie basis uitgebring is op sigself ongeoorloof en staan
tersyde gestel te word. (Sien
S
v B
1991(1)
SACR 405(N), asook die ongerapporteerde beslissing van hierdie Hof in
die saak van
Hannes
Kock v Die Staat
onder saaknommer CA&R 90/04 gelewer op 30 Augustus 2004.)
9. Wat
in casu
gebeur
het gedurende die vonnisverrigtinge is presies die rede waarom
hierdie tipe leë skuldigpleite onaanvaarbaar is.
10. Geen getuienis is
gelei met die vonnisverrigtinge nie. Die appellant se
regsverteenwoordiger het egter ân stel feite aan die
verhoorhof
voorgehou (wat aanvaar is deur die Staat) en wat die gebeure rakende
die voorval wat gelei het tot die aanklagte invul.
Hiervolgens blyk
dit dat die appellant, De Wee en ân derde beskuldigde, wat
onskuldig gepleit het en wie se verhoor dus geskei
is, se
motorvoertuig waarin hulle gereis het vanaf die Wes-Kaap in ân
roetine polisieblokkade gestop is.
11. De Wee, wat die
voertuig bestuur het, is gevra vir sy rybewys. Die ander
polisiebeampte het op daardie stadium by die passasiersvenster
ingeleun, die paneelkissie oopgemaak en ân vuurwapen gevind. Toe
die appellant en De Wee gevra is of hulle nog vuurwapens het,
het De
Wee ân vuurwapen onder sy sitplek uitgehaal en dit met die loop in
die rigting van die poliesbeampte langs hom aangegee.
Dit blyk asof
die polisiebeamptes onder die indruk was dat De Wee op hulle wou
skiet en het hulle toe ook hulle vuurwapens uitgehaal
en na die
agterkant van die voertuig beweeg. Daar het toe ân oor en weer
skietery plaasgevind. Die appellant en sy medebeskuldigde
kon egter
nie sê wie eerste geskiet het nie.
12. Die
regsverteenwoordiger betoog as volg:
â
Beskuldigde
1 & 2 het toe nou weer uit die polisie se optrede afgelei dat die
polisie wil op hulle skiet en dit is toe waar daar
ân heen en weer
skietery plaasgevind het. So sê beskuldigde 1 onder andere vir my
hy kan nie sê wie eerste geskiet het nie,
maar hy sê daar was ook
deur hulle geskiet en in die algemene rigting van die polisie met die
bedoeling om die polisie af te skrik
dat hulle kan wegkom dat die
polisie dan nou nie verder op hulle kan skiet nie. . . . . . en
altwee van die partye het toe tot ân
mate dink ek, oorreageer weens
die misverstand wat ontstaan het. . . . . . Dit was nou maar amper
hier ân kwessie van in aanhalingstekens
ân noodsituasie, wat
hulle aanbetref, toe hulle op daardie stadium gehandel het.â
13. Op
hierdie stadium moes die Verhoorhof besef het dat die appellant en sy
medebeskuldigde ân moontlike verweer van noodweer het
tot die
eerste twee aanklagte en moes hy ân pleitverandering in terme van
artikel 113 van die Wet oorweeg. In hierdie opsig het
die
verhoorhof egter ook versuim en kan die skuldigbevindings op
aanklagte 1 en 2 om hierdie rede ook nie staan nie. Sien
Attorney-General
Transvaal v Botha
1993(2) SACR 587(A) en
S
v Naidoo
1989(2) SA 114 (A).
14. Alhoewel aanklagte 3
tot 10 nie getref word deur die probleme hierbo bespreek nie, is dit
egter ook nie sonder haakplek nie.
Benewens die feit dat die
appellant en sy medebeskuldigde wat aanklagte 6 tot 10 betref,
skuldig bevind is aan ân oortreding van
artikel 2 van Wet 75 van
1969 (onwettige besit van vuurwapens) terwyl die besonderhede vervat
in die klagstaat duidelik op ân oortreding
van art 36 van Wet 75
van 1969 (onwettige besit van ammunisie) dui (en dit ook so skuldig
gepleit is deur die verdediging), is daar
die verdere kwessie oor of
die afsonderlike aanklagte nie op ân verdubbeling van klagtes
neerkom nie.
15. Aanklagte
3 tot 5 behels die onwettige besit van die vuurwapens. Hierdie
vuurwapens, volgens die betoog van die regsverteenwoordiger
van die
appellant en sy medebeskuldigde, is op dieselfde geleentheid binne
die voertuig met die twee persone gevind. Ten opsigte
van hierdie
klagtes is daar ân deurlopende handeling met slegs een opset.
Dieselfde geld vir die onwettige besit van die ammunisie
wat betref
aanklagte 6 tot 10. Alhoewel dit die aanklaer vrystaan om soveel
klagtes te stel aan ân beskuldigde soos wat hy kan,
is dit aan die
einde van die dag die voorsittende beampte se plig om, waar daar so
blatant ân splitsing van aanklagte is, die aanklagte
te konsolideer
om sodoende benadeling van die beskuldigde te voorkom. Sien
S
v Diederciks
,
1984(3) SA 114 (K) te 818 A en
S
v Mkize
1987(4) SA 930(N) te 434C-D. Alhoewel hierdie sake te doen het met
die besit van dwelmiddels is die beginsel toepaslik tot die
onderhawige
saak.
16. Die
vraag nou is wat word van die skuldigbevindings ten opsigte van
aanklagte 3 tot 10. Mnr. Barnard wat namens die Staat optree
en
korrek toegegee het, op die basis soos voormeld, dat geeneen van die
skuldigbevindings kan staan nie, stel voor dat die skuldigbevindings
en vonnisse op al die aanklagte ter syde gestel word en terugverwys
word na die Streekhof vir verhoor
de
novo
.
Ek meen dat hierdie voorstel meriete het, selfs ten opsigte van
aanklagte 3 tot 10, waar ons wel die skuldigbevindings en vonnisse
kan heroorweeg. Dit sal na my mening onwenslik wees om die saak
broksgewys te bereg in ân geval soos hierdie waar al die aanklagte
voort spruit uit basies een voorval.
17. Mnr. Barnard het ons
ook ingelig dat die voorsittende beampte wat die verhoor waargeneem
het intussen bedank het, wat dus beteken
dat die saak voor ân ander
landdros verhoor moet word.
18. Beskuldigde 1 in die
verhoor, Thomas De Wee, het nie appél aangeteken nie. Ons is egter
van mening dat dit net reg is dat in
die uitoefening van ons
inherente hersieningsbevoegheid die bevel hierin op hom ook van
toepassing gemaak word.
In die omstandighede
word die volgende bevele gemaak:
a) Die aansoek om
kondonasie slaag
b) Die appél slaag.
c) Die
skuldigbevindings en vonnisse ten opsigte van al die aanklagte (1 tot
10) word tersyde gestel.
d) Die
saak word terugverwys na die Streekhof te Upington vir verhoor
de
novo
deur ân ander landdros.
e) Bevele
c) en d)
supra
is van toepassing ook op Mnr. Thomas De Wee, beskuldigde 1 in die
verhoor.
_______________________
C
C WILLIAMS
REGTER
Ek
stem saam.
_______________________
C
J OLIVIER
REGTER
Nms.
Appellant: Adv. B. Segone
i.o.v
Regshulpraad
Nms.
Respondent: Adv. T. Barnard
Direkteur
van Openbare Vervolgings.
Datum
aangehoor: 10-11-2005
Datum
van uitspraak: 10-03-2006