S v Mpandle (CA&R 215/04) [2006] ZANCHC 83 (3 March 2006)

65 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal against sentence — Appellant convicted of murder and sentenced to 10 years' imprisonment — Appellant's late filing of notice of appeal condoned — Legal issue of whether the sentence was appropriate given the appellant's age and circumstances — Court finds that the original sentence was excessively harsh considering the appellant was a first offender, a minor at the time of the offence, and under the influence of alcohol — Sentence substituted with 10 years' imprisonment, of which 3 years are suspended for 5 years on condition of no further violent offences.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 83
|

|

S v Mpandle (CA&R 215/04) [2006] ZANCHC 83 (3 March 2006)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: CA&R
215/04
Datum
verhoor: 2006\03\02
Datum
gelewer: 2006\03\03
In
die appél van
:
RICHARD
MPANDLE APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R et LACOCK R
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
appellant kom in hoër beroep teen sy vonnis van 10 jaar
gevangenisstraf wat hy opgelê is in die Streekhof nadat hy skuldig
bevind is aan moord. Daar is ook ‘n aansoek vir die kondonasie
van die appellant se laat liassering van sy kennisgewing van
appél.
Die appellant bied ‘n aanvaarbare verduideliking aan vir dié
nalate en is dit gevolglik nodig om die meriete van die
appél te
oorweeg ten einde te bepaal of kondonasie wel toegestaan behoort te
word.
2.1 Die
appellant is daaraan skuldig bevind dat hy vir Leon Johannes vermoor
het deur hom een keer met ‘n mes in die bors te steek.
Die
appellant se verweer van noodweer is heeltemal tereg verwerp deur die
streeklanddros as vals bo redelike twyfel. Dit ly ook
geen twyfel
nie dat die skuldigbevinding andersins regtens in orde is.
2.2 Dit
blyk uit die getuienis dat daar vermoedelik vroeër die dag ‘n
geskil tussen die oorledene en die appellant ontstaan het.
Die
oorledene was in die teenwoordigheid van sy broer en ‘n aantal
dames buite ‘n taverne toe die appellant daar opgedaag het
en
sondermeer een hou met ‘n mes na die oorledene gesteek het in sy
bors as gevolg waarvan die oorledene uiteindelik beswyk het.
Geeneen
van die drie getuies wat op die toneel was en wat deur die Staat
geroep is kon ‘n rede aanvoer waarom die appellant só
opgetree het
nie. Aldrie die getuies was dit ook eens dat die oorledene nie in
besit was van ‘n wapen op die stadium toe die appellant
hom die
dodelike steekwond toegedien het nie.
2.3 Die
Staat is verlof verleen om sy saak te heropen en toe is ‘n verdere
getuie, Me. Marie Tier, geroep om te getuig. Sy was
nie self
teenwoordig tydens die voorval nie, maar het haar in die aangrensende
perseel bevind. Sy het naamlik ontken in haar getuienis
dat sy ooit
‘n wapen vir die oorledene oorhandig het dié betrokke dag. Sy het
verder ontken dat sy en die oorledene ooit ‘n
verhouding gehad het
en sy het ook getuig dat sy nie kennis dra van ‘n stryery wat
vroeër tussen die oorledene en die appellant
sou plaasgevind het
nie.
Wat
die appellant se persoonlike omstandighede aanbetref was dit as volg
tydens vonnisoplegging:
3.1 Hy was 17 jaar oud
toe die steekvoorval plaasgevind het.
3.2 Hy was ongetroud en
het een minderjarige kind van elf maande oud gehad.
3.3 Hy
was ‘n skolier in standerd 7 wat hy op daardie stadium herhaal het.
3.4 Tydens
die voorval was hy werkloos.
3.5 Hy het ‘n
misdaadrekord, maar was ‘n eerste oortreder wat betref ‘n
geweldsmisdryf (sy twee vorige veroordelings was naamlik
vir diefstal
in 1998 waartydens die oplegging van vonnis vir 5 jaar uitgestel is
en huisbraak en diefstal in 1999 waarvoor ‘n totaal
opgeskorte
vonnis van 6 maande gevangenisstraf gekry het).
‘
n
Verdere relevante faktor was dat die appellant onder die invloed van
drank was tydens die voorval.
Die
bepalings vervat in artikels 51 en 52 van die Strafregwysigingswet
(105 van 1997) ten aansien van ‘n voorgeskrewe minimum
vonnis,
vind nie toepassing in die onderhawige geval nie, aangesien die
appellant onder die ouderdom van 18 jaar was tydens die
pleging van
die misdryf. Sou ‘n geregshof vir ‘n beskuldigde soos die
appellant wat tussen die ouderdom van 16 en 18 jaar
was tydens die
pleging van die misdryf die voorgeskrewe minimum vonnis oplê, word
van só ‘n hof verwag om die redes daarvoor
volledig aan te teken
op die oorkonde. Die noodwendige slotsom is dat die bedoeling van
die wetgewer is dat jeugdiges tussen 16
en 18 jaar meer toegeeflik
behandel moet word by straftoemeting as ander oortreders wat reeds
ouer as 18 jaar oud is.
Sien
in dié verband:
S
v Nkosi 2002(1) SA 494 (W)
te
499 D-J; 500 A-C.
Die
streeklanddros het in sy uitspraak op vonnis tereg groot klem gelê
op die erns van die misdryf, gegewe die feit dat ‘n mens
se lewe
geneem is. Hy het ook heeltemal tereg daarop gewys dat die
gemeenskap beskerming verdien in aangeleenthede soos hierdie.
Daar
was voor die landdros twee voorvonnisverslae geplaas, te wete ‘n
proefbeampte verslag sowel as ‘n korrektiewe toesig verslag.
In
beide van hierdie verslae word direkte gevangenisstraf as enigste
vonnisopsie aanbeveel. Daar kan na my mening kwalik fout
gevind
word met sodanige aanbeveling. Ek is egter die mening toegedaan dat
tien jaar gevangenisstraf waarvan geen gedeelte opgeskort
word nie,
skokkend onvanpas is in die onderhawige omstandighede.
Die appellant is ‘n
jeugdige en was ‘n eerste oortreder vir ‘n geweldsmisdryf.
Verder moet in ag geneem word dat die appellant
die oorledene slegs
een steekhou toegedien het. Daarby moet in aanmerking geneem word
dat drank tot ‘n mate ‘n rol gespeel
het en was die appellant
ook nog ‘n skolier gewees toe die misdryf gepleeg is.
In
S
v Tshisa en ‘n ander 2003(1) SASV 171 (O)
het ‘n volbank van die Vrystaatse Provinsiale Afdeling ‘n vonnis
van lewenslange gevangenisstraf vir moord wat twee 17 jariges
opgelê
is, tersyde gestel en vervang met 22 jaar gevangenisstraf. In
daardie saak het Van Coller R die volgende gesê te 175
i van die
uitspraak:
“
In die
onderhawige saak was 'n koelbloedige en afstootlike moord gepleeg,
maar in die lig van die jeugdige ouderdom van die appellante,
die
feit dat hulle nog nie in boosheid vasgevang was nie en nog kan
ontwikkel tot verantwoordelike volwassenes is ek van mening dat
'n
onreg sal geskied indien lewenslange gevangenisstraf opgelê word ten
opsigte van die moordklagte. Ek is van mening dat 'n vonnis
van 22
jaar gevangenisstraf gepas sal wees.”
Ek is
die mening toegedaan dat die appellant hierin beslis daarby sal baat
vind as ‘n gedeelte van sy termyn van gevangenisstraf
opgeskort
word. Die appellant se jeugdige onvolwassenheid gekoppel aan sy
skoon rekord vir geweldsmisdrywe en die invloed wat drank
tot ‘n
mate gespeel het in die pleging van die misdryf moet beslis as
strafversagtende faktore in sy guns tel.
In
die omstandighede meen ek dat inmenging met die opgelegde vonnis
vanpas is hierin.
Die volgende bevel word
uitgereik:
10.1 DIE APPELLANT SE
AANSOEK VIR KONDONASIE VAN DIE LAAT LIASSERING VAN SY KENNISGEWING
VAN APPÉL WORD TOEGESTAAN.
10.2 DIE
APPÉL TEEN VONNIS SLAAG.
10.3 DIE
VONNIS DIE APPELLANT OPGELÊ WORD TERSYDE GESTEL EN VERVANG MET DIE
VOLGENDE: “
TIEN
(10) JAAR GEVANGENISSTRAF WAARVAN DRIE (3) JAAR OPGESKORT WORD VIR ‘N
TYDPERK VAN VYF (5) JAAR OP VOORWAARDE DAT DIE APPELLANT
NIE WEER
SKULDIG BEVIND WORD AAN ‘N MISDRYF WAARVAN GEWELD ‘N ELEMENT IS,
GEPLEEG TYDENS DIE TYDPERK VAN OPSKORTING EN WAARVOOR
HY ONOPGESKORTE
GEVANGENISSTRAF SONDER DIE KEUSE VAN ‘N BOETE OPGELÊ WORD.”
10.4 DIE VONNIS WORD
TERUGGEDATEER TOT 20 AUGUSTUS 2002.
_____________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
HJ LACOCK
REGTER
NAMENS
APPELLANT : ADV PJ CLOETE (REGSHULP)
NAMENS
RESPONDENT : ADV
DATUM VAN
VERHOOR : 2006\03\02
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2006\03\03