About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 13
|
|
S v Strauss (K/S 64/2005) [2006] ZANCHC 13 (27 February 2006)
Reportable:
YES / NO
Circulate
to Judges: YES / NO
Circulate
to Magistrates: YES / NO
Circulate
to Regional Magistrates: YES / NO
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
Saakno:
K/S 64/2005
Datum
gelewer: 27/02/2006
In
die saak:
Die
Staat
versus
FLORIS STRAUSS
Coram:
Kgomo RP
UITSPRAAK
Kgomo
RP:
Die
Beskuldigde is op die 18de April 2005 in die Upington Streekhof
skuldigbevind deurdat hy geslagsgemeenskap gehad het met ân
22-jarige vrou, want naamloos moet bly, wat onbevoeg was om geldige
toestemming daartoe te gee vanwee haar verstandelike gestremdheid.
Gevolglik het die Landdros die verrigtinge gestaak aangesien sy van
oordeel was dat ân vonnis wat die strafbevoegdheid van die
streekhof oorskry geoorloof is ingevolge die bepalings van die
Strafregwysigingswet 105 van 1997. Ek is oortuig dat die
skuldigbevinding
ooreenkomstig die reg geskied het.
Dr
George Isaacs het getuig dat hy ân huisarts is in die deeltydse
diens van die Staat as Forensiese Mediese beampte. Op 5 Augustus
2005 het hy op versoek van die polisie die klaagster in sy
spreekkamers te Upington ondersoek:
Sy
bevinding was dat die klaagster total onvanpas reageer het op vrae,
geen benul van plek of tyd gehad het nie en total ongeinhibeerd
opgetree het teenoor vreemdelinge. Dat sy ân erge
gemoedsversteuring openbaar het met erge rusteloosheid en soms
onbeheerste
taalgebruik openbaar het. Haar konsentrasievermoë was
feitlik zero;
Die
dokter bevind verder dat die klaagster aan die aangebore siekte
bekend as Downâs Sindroom ly, met die verstandelike vermoë
van
ân kind van onder 3-jaar. Met ander woorde sy is erg
verstandelik vertraag en nie in staat om enige rasionele besluite
te neem nie. Sy was ook nie in staat om die implikasies van haar
gedrag te verstaan nie;
Die
dokter beskryf Downâs Sindroom as ân siekte wat ontstaan weens
ân genetiese afwyking en word gekenmerk deur fisiese
afwykings
asook wisselende grade van verstandelike vertraging sedert
geboorte;
Kortliks,
volgens die dokter, sou klaagster dus nie geldige toestemming tot
geslagsgemeenskap kon gee nie.
Mnr
Johan Saayman, ân ervare sielkundige het ân psigometriese
evalusie op die klaagster uitgevoer. Hy het ook tot die
gevolgtrekking
gekom dat die klaagster erg verstandelik gestermd is
en dat klaagster gevolglik geensins in staat is tot verantwoordelike
besluite
nie. Hy meen ook dat selfonderhoudende versorging nooit
vir die klaagster moontlik sal wees nie en slegs onder
verantwoordelike
toesig kan funksioneer.
Van
groot belang ook was die getuienis van die beskuldigde se jonger
broer, Joseph Strauss, wat die beskuldigde op heterdaad betrap
het
waar hy geslagsgemeenskap met die klaagster gehou het en sy misnoë
teenoor hom uitgespreek het. Hy sê dat dit alom bekend
was dat die
klaagster se âkop van kleinsaf nie reg vat nieâ en dat die
beskuldigde terdeë daarvan bewus was.
Die
klaagster se suster bevestig die getuienis van die beskuldigde se
broer insoverre dit haar verstandelike gestremdheid aan betref.
Sy
sê dat klaagster niks vir haarself kan doen nie en dat sy, wat
klaagster se suster is, alles vir haar doen. Sy kan haarself
nie
was nie, sy wat haar suster is, was haar, trek haar klere aan en
voed haar soos ân baba. As sy haar menstruasie kry sê
sy haar
maag werk. Die klaagster het daarom nooit skool gegaan nie.
Dit
is gemenesaak dat die beskuldgde en klaagster se families deurgangs
naby mekaar gebly het en vir mekaar gekuier het. Die Streeklanddros
se bevinding was dus korrek dat al die genoemde objektiewe feite
(wat nie volledig hierin genoem word nie) dui onteenseglik daarop
dat die beskuldigde subjektief daarvan bewus was dat iets groots
verstandelik met klaagster verkeerd was.
Ek
maak al hierdie opmerkings om aan te dui dat beskuldigde geen berou
met die voer van sy saak getoon nie. Hierdie is ân geval
wat hy
moes erken het dat hy ân oordeelsfout began het en skuldig gepleit
het. Maar hy het besluit om infame leuens te vertel
en selfs
getuienis te fabriseer.
Hy
hou valslik voor dat hy en klaagster vir drie jaar openlik en met
haar familie se medewete as man en vrou by sy eie huis gebly
het;
Hy
sê verder dat klaagster aan geen verstandelike gebrek ly nie en
dat sy deurgangs oordeelkundige en onafhanklike besluite kon
neem;
Hy
vertel verder leuens dat hy vasgestel het by een van klaagster se
gewese onderwysers, ân Mnr Bezuidenhout, dat klaagster
tot in
standard 2 op skool gevorder het en dat sy slegs in 1997 die skool,
Grootmier Laer Primêre Skool, verlaat het. Klaagster
se suster
getuig dat die enigste Mnr Bezuidenhout wat ooit by die genoemde
skool onderwys gegee het het eers in 2000 daar aangesluit;
Beskuldigde
bou hiervolgens sy leuens verder op deur ân valse brief op te
stel waarin die klaagster glo in haar eie handskrif
sou geskryf het
hoe sy hom lief het en R350,00 van hom ontvang het. Die vervalste
brief was ingehandig as bewysstuk âEâ.
Hierdie brief is deur
ân redelike ingeligde persoon geskryf. As klaagster dit geskryf
het beteken dit dat al die persone
waarna vroeër verwys is en nog
ander wat op hierdie punt getuig het ân komplot saamgesmee het om
die beskuldigde in die moeilikheid
te kry. Syne is ân vergesogde
opgemaakde weergawe wat teen hom tel.
Indien
die beskuldigde op een of twee van die aspekte wat hieronder volg
die waarheid gepraat het kan dit net as verswarend teen
hom
aangemerk word. Hy sê dat hy standard 9 (Graad 11) op skool
geslaag het en dat hy ondersoek aangaande die klaagster se
skoolloopbaan
ingestel het. Dit was vir hom maklik om die inligting
te bekom aangesien hy die voorsitter van die genoemde
skoolbeheerliggaam
sedert 1997, blykbaar tot April 2004, was. Hy sê
ook dat hy die sekretaris van ân tak van die African National
Congress is.
ân Mens verwag nie van so ân redelike opgevoede,
ingeligde en sogenaamde verantwoordelike persoon om geslagsomgang
met ân
vrou te hê, aldus beskuldigde se broer en klaagster se
suster, wie âse kop nie reg vat nieâ. Haar toestand was
ooglopend
en voordiehandliggend die van ân erg verstandelike
vertraagde.
Ek
vind dit besonder laakbaar dat dit nou op die lappe gekom het dat
die beskuldigde by die klaagster ân kind in 1990 gewek het
toe sy
nog maar ân kind van ongeveer 16-jaar was. ân Kind is gebore
maar klaagster weet of verstaan dit nie. Haar suster
maak die kind
groot en ontvang ân Staatstoelae namens die kind en/of die
klaagster. Beskuldigde onderhou nie die kind nie.
Alles dui daarop
dat hy vir baie jare die klaagster mishandle en inderwaarheid
verkrag het. Hy erken dat hy voor 1992 met klaagster
gemeenskap
gehad het en staaf dus klaagster se suster se getuienis dat sy kind
by klaagster in 1990 gebore is. Die enigste troos
is dat die kind
normaal en gesond is.
______________________
F
D KGOMO
REGTER-PRESIDENT
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms
die Staat: Adv C G Jansen
Nms
Direkteur van Openbare Vervolgings, Kimberley
Namens
Beskuldigde: Adv R Pieterse
Nms
die Regshulpraad, Kimberley