Van Jaarsveld v Minister van Veiligheid en Sekuriteit (230/05) [2006] ZANCHC 10 (24 February 2006)

60 Reportability
Land and Property Law

Brief Summary

Property — Seizure of livestock — Applicant sought return of seized sheep following allegations of theft — Respondent argued ownership dispute precluded return — Court held that legality of possession, not ownership, determines right to return — Respondent failed to prove applicant's possession was unlawful — Applicant entitled to return of sheep as no criminal proceedings initiated against him.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 10
|

|

Van Jaarsveld v Minister van Veiligheid en Sekuriteit (230/05) [2006] ZANCHC 10 (24 February 2006)

Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja /Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja /Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: 230/05
DATUM AANGEHOOR: 16
-09-2005
DATUM
VAN UITSPRAAK: 24-02-2006
In
die saak tussen:
HENDRIK
HERMANUS JACOBUS VAN JAARSVELD
APPLIKANT
en
DIE MINISTER VAN VEILIGHEID EN
SEKURITEIT
RESPONDENT
CORAM:
C.C WILLIAMS R:
U
I T S P R A A K
WILLIAMS
R:
1. Die applikant doen
aansoek vir ‘n bevel in terme waarvan die respondent gelas word om
63 Dohne ooie en 131 Dohne merino lammers,
skape waarop beslag gelê
is uit hoofde van ‘n lasbrief gedateer 7 Oktober 2004, aan die
applikant terug te lewer en dat die respondent
gelas word om die
koste van die aansoek te betaal.
2. Die
agtergrond tot hierdie aansoek word vervolgens uiteengesit.
2.1 Op 4 Oktober 2004 het
die respondent, verteenwoordig deur Inspekteur Van Schalkwyk van die
Veediefstaleenheid te De Aar ‘n klag
van veediefstal ontvang vanaf
ene Petrus Van Deventer.
2.2 Van
Deventer se eedsverklaring wat hy in dié verband by die polisie
afgelê het lees as volg”
“
1. Op
29 September 2004 teen
±20:00
het ek die huurder van my plaas Sandgat “Middelberg” Mr. Hendrik
Hermanus van Jaarsveld mondelings kennis gegee dat die
huurkontrak
voorwaardes nie na gekom is nie, en die huurkontrak dus gekanselleer
is.
2. Op
4 Oktober 2004 teen ±10:00 het my buurman Mr. John Botes van die
plaas Driefontein my geskakel en my meegedeel dat Mr. Albertus
van
Jaarsveld, die seun van Mr. Hendrik Hermanus van Jaarsveld, besig was
om my skape bymekaar te maak. Hy Albertus van Jaarsveld
sowel as sy
pa het geen reg gehad om op my plaas te wees nie, aangesien die
huurkontrak op 29 September 2004 verbreek was.
3. Op
4 Oktober 2004 ongeveer 15:40 het Mr. H H J van Jaarsveld die pa,
geskakel en my meegedeel dat sy seun Albertus van Jaarsveld
ongeveer
128 Dohne Merino ooie en 128 Dohne Merino lammers van die plaas
verwyder het. Die betrokke skape is verskyf na ‘n buurplaas,
die
naam Spinnekopskraal van Mr. E.J.J Nel die ooie het ongeveer 12
maande wol.
4. Ek
het Mr. Hendirk Hermanus Jacobus van Jaarsveld meegedeel dat hy nie
geregtig is om enige van die skape van my plaas te verwyder
aangesien
hy kontrak gebreek het en nie geregtig op enige van die skape nie.
Hy het my egter meegedeel dat hy nie die skape sal
terug bring nie.
Die waarde van die skape is ±R96 000,00.
5. Ek
verlang verdere polisie ondersoek. Ek het niemand toestemming gegee
om enige skape van my plaas te neem nie. Ek vermoed Mr.
Hendrik
Hermanus Jacobus van Jaarsveld en sy seun Albertus van Jaarsveld. Die
huurder Mr. Hendrik Hermanus Jacobus van Jaarsveld
het punt 1 van die
huurkontrak verbreek wat gesluit is op 16 Januarie 2004 deurdat hy
versuim het om die uitstaande R24 500 + B.T.W
op 1 September te
betaal soos ooreengekom tussen Mr. Hendrik Hermanus Jacobus “die
huurder” en Petrus Michiel van Deventer “die
eienaar”. Afdruk
van huurkontrak aangeheg.”
Mnr. Hendrik Hermanus Van
Jaarsveld waarna verwys word is die applikant.
2.3 Op grond van die
bovermelde eedsverklaring is ‘n strafsaak geopen en het Inspekteur
Van Schalkwyk ‘n visenteringslasbrief
bekom om die plaas
Spinnekopskraal te betree en deursoek en op die gemelde skape beslag
te lê indien dit gevind word.
2.4 Op 8 Oktober 2004 het
Inspekteur Van Schalkwyk tesame met Kaptein Morkel, die hoof van die
eenheid, en ander lede uitvoering gegee
aan die visenteringslasbrief
en beslag gelê op die skape wat die onderwerp van hierdie aansoek
vorm.
2.5 Die skape is op
dieselfde dag deur die polisielede betrokke oorhandig aan Van
Deventer. Inspekteur Van Schalkwyk wat die deponent
is tot die
antwoordende eedsverklaring verklaar voorts:
“
I
subsequently then advised Van Deventer that I was leaving the stock
with him for safekeeping and that he could not alienate them
in any
way.”
2.5 Nadat verdere
verklarings ontvang is, ook van die applikant en sy seun, is die
dossier gestuur na die Kantoor van die Direkteur
van Openbare
Vervolgings vir beslissing ten opsigte van vervolging.
2.7 Die DOV het egter
geweier om te vervolg en beide die applikant en Van Deventer is van
hierdie besluit in kennis gestel deur die
veediefstaleenheid per
brief gedateer 15 Februarie 2005.
2.8 Tot op datum van die
aanhoor van die aansoek is die skape nog steeds by Van Deventer en
ondanks versoek, weier die lede van die
Veediefstaleenheid om dit
terug te besorg aan die applikant aangesien daar volgens hulle ‘n
dispuut is oor die eienaarskap van
die skape.
3. Die
respondent het
in
limine
die punt van nie-voeging geneem deurdat, so word dit aangevoer, Van
Deventer, wat tans in besit is van die skape, en dus ‘n direkte
en
wesenlike belang het in die verrigtinge en enige bevel wat gemaak mag
word, nie as ‘n respondent gevoeg is in die aansoek nie.

Doelmatigheidshalwe beoog ek om die punt
in limine
te behandel na aanleiding van die meriete van hierdie aansoek soos
wat dit ook betoog is deur die advokate.
4. Die
beslaglegging van voorwerpe en die beskikking daaroor na
beslaglegging deur die respondent word gereël deur die
Strafproseswet
51 van 1977 (
“die
Wet”
)
spesifiek in hierdie geval artikels 20, 30 en 31 daarvan.
Artikel
20 van die Wet lees as volg:
“
20 Die
Staat kan, ooreenkomstig die bepalings van hierdie Hoofstuk, op
enigiets (in hierdie Hoofstuk ‘n voorwerp genoem), beslag
lê-
(a) wat betrokke is by
of op redelike gronde vermoed word betrokke te wees by die pleging of
vermeende pleging van ‘n misdryf, hetsy
binne die Republiek of
elders;
(b) wat
tot bewys kan strek van die pleging of vermeende pleging van ‘n
misdryf, hetsy binne die Republiek of elders; of
(c) wat
bestem is of op redelike gronde vermoed word bestem te wees om by die
pleging van ‘n misdryf gebruik te word.”
5. Die geldigheid van die
visenteringslasbrief wat gebruik is om beslag te lê op en te beskik
oor die skape is nie in geskil geplaas
nie.
6. Artikel
30 van die Wet wat handel met die
“Beskikking
oor voorwerp deur die polisiebeampte na beslaglegging”
, lees as volg:
“’
30 n
Polisiebeampte wat ‘n in artikel 20 bedoelde voorwerp in beslag
neem of aan wie so ‘n voorwerp ingevolge die bepalings van
hierdie
Hoofstuk oorhandig word-
(a) kan, indien die
voorwerp bederfbaar is, met behoorlike inagneming van die belange van
die betrokke persone, oor die voorwerp beskik
op die wyse wat die
omstandighede vereis, of
(b) kan,
indien die voorwerp gesteelde goed of vermoedelik gesteelde goed is,
met die toestemming van die persoon van wie dit in beslag
geneem is,
die voorwerp aan die persoon oorhandig van wie daardie voorwerp, na
die oordeel van bedoelde polisiebeampte, gesteel
is, en moet daardie
persoon waarsku om bedoelde artikel vir voorlegging by enige
gevolglike strafregtelike verrigting beskikbaar
te hou, inden aangesê
om dit te doen; of
(c) moet,
indien die voorwerp nie ingevolge die bepalings van paragraaf(a) of
(b) oor beskik of oorhandig word nie, ‘n onderskeidende
uitkenningsteken daarop aanbring en dit in polisiebewaring hou of
sodanige ander reëling met betrekking tot die bewaring daarvan
tref
as wat die omstandighede vereis.”
7. Artikel
31 van die Wet bepaal die
“Beskikking
oor voorwerp waar geen strafregtelikke verrigting ingestel word nie
of waar dit nie vir strafregtelike verrigting nodig
is nie”
en
lui soos volg.
31(1) (a)indien geen
strafregtelike verrigtinge ingestel word in verband met ‘n in
artikel 30(c) bedoelde voorwerp nie of indien
dit blyk dat so ‘n
voorwerp nie by die verhoor vir die doeleindes van bewyslewering of
vir die doeleindes van ‘n hofbevel nodig
is nie, word die voorwerp
teruggegee aan die persoon van wie dit in beslag geneem is, indien so
‘n persoon daardie voorwerp wettiglik
mag besit, of, indien so ‘n
persoon daardie voorwerp nie wettiglik mag besit nie, aan die persoon
wat dit wettiglik mag besit:
(b)Indien niemand so
‘n voorwerp wettiglik mag besit nie of indien die polisiebeampte
belas met die ondersoek redelikerwys nie weet
van iemand wat so ‘n
voorwerp wettiglik mag besit nie, word die voorwerp aan die Staat
verbeur.
(2) Die persoon wat
die betrokke voorwerp wettiglik mag besit, word per aangetekende pos
by sy laasbekende adres in kennis gestel
dat hy besit van die
voorwerp mag neem, en indien so ‘n persoon versuim om die voorwerp
binne dertig dae vanaf die datum van so
‘n kennisgewing af te
haal, word die voorwerp aan die Staat verbeur.”
8. Mnr.
Coetzee, wat namens die applikant optree, betoog dat wat die
beskikking oor die skape betref na beslagglegging, die lede van
die
veediefstaleenheid duidelik in terme van artikel 30(c) van die Wet
opgetree het. Artikel 30(a) handel met bederfbare goed, wat
nie hier
van toepassing is nie en artikel 30(b) vereis
toestemming
vanaf die persoon van wie die goed in beslag geneem is voordat dit
teruggeplaas word in die besit van die persoon van wie die polisie
ag
dit gesteel is. Dit is gemene saak dat die applikant nie daartoe
toegestem het dat die skape aan Van Deventer besorg word nie.
9. Die betoog deur Mnr.
Coetzee het ongetwyfeld meriete. Daar is geen ander manier waarop
respondent se optrede met die beskikking
oor die skape, inaggenome
die bepalings van die Wet, geregverdig kan word nie.
10. Indien
daar geen strafregtelike verrigtinge ingestel word in verband met ‘n
voorwerp bedoel in artikel 30(1)(c) nie (soos in
die huidige geval),
word die voorwerp in terme van artikel 31(1)(a)
“teruggegee
aan die persoon van wie dit in beslag geneem is, indien so ‘n
persoon daardie voorwerp wettiglik mag besit . . . ”
11. Die enigste vraag wat
dus oorbly is of die applikant die skape wettiglik mag besit of nie.
12. Op hierdie punt is
dit me. Henriques, wat namens die respondent verskyn, se argument dat
die applikant nie die skape wettiglik
kan besit in die lig van Van
Deventer se botsende aanspraak op eiendomsreg nie. Die betoog is
verder dat ek eers ‘n bevinding
sal moet maak oor wie eiendomsreg
het oor die skape alvorens wettige besit bepaal kan word.
13. Die
argument hou egter nie water nie. Die enigste voorwaarde vir
herinbesitstelling bepaal deur artikel 31(1)(a) is dat die persoon
van wie beslag geneem is die voorwerp wettiglik mag besit en nie dat
hy die eienaar moet wees nie. Die wettigheid van die besit
moet
strafregtelik bepaal word. In
Minister
v Wet en Orde v Erasmus en ‘n Ander
1992(3) SA 819 AA handel Van Heerden AR met ‘n soortgelyke betoog
as dit van die respondent en het die volgende daaroor te sê
te
824J-825B.
“
Aanvaarding
van hierdie betoog sou lei tot die absurde konsekwensie dat, onder
andere, ‘n balju wat voor ‘n beslaglegging ingevolge
art 20 ‘n
saak in beslag geneem het, onder geen omstandighede ingevolge art
31(1)(a) in wettige herbesit van die saak gestel sou
kon word nie.
Die betoog is in elk geval strydig met die beslissing van hierdie Hof
in Minister van Wet en Orde en ‘n ander v
Datnis Motors (Midlands)
(Edms) Bpk 1989(1) SA 926 (A) op 932-3. Daarvolgens moet die
wettigheid van die besit van ‘n voorwerp
vir die doeleindes van art
31(1)(a) met verwysing na die strafreg beoordeel word, en moet ‘n
voorwerp teruggelewer word aan die
persoon van wie dit in beslag
geneem is tensy sy besit daarvan wederregtelik, dws strafregtelik
onregmatig sal wees,”
14. Wat
meer is rus die onus om te bewys dat die applikant se besit van die
skape strafregtelik onregmatig is of sal wees op die respondent.
In
die Datnis saak (na verwys in die Erasmus saak
Supra
)
te 935B-F word die volgende gesê:
“
In
eerste instansie konstitueer ‘n beslaglegging van ‘n voorwerp
ingevolge art 20 van die Wet ‘n vorm van spoliasie wat statutêr
gemagtig is. Die uiteindelike oogmerk van die magtiging is dat die
voorwerp vir doeleindes van bewyslewering of van ‘n hofbevel
beskikbaar moet wees by strafregtelike verrigtinge wat in verband met
die voorwerp ingestel mag word. Indien hierdie oogmerk nie
bereik
kan word nie, óf omdat geen sodanige verrigtinge ingestel word nie
óf omdat die voorwerp nie by die verhoor vir bogenoemde
doeleindes
nodig is nie, verval die raison d’ être van die beslaglegging.
Prima facie is die persoon van wie die voorwerp in
beslag geneem is
dan geregtig op teruglewering daarvan. Die voorwerp is immers uit sy
besit ontneem en die doelwit van die gemagtigde
besitsontrowing kan
nie bereik word nie. Anders gestel, die rede waarom hy nie vroeër
teenoor die Staat aanspraak op teruglewering
van die voorwerp kon
gemaak het nie, bestaan nie meer nie. Artikel 31(1) bepaal dan ook
dat die voorwerp aan hom teruggegee moet
word onderhewig aan die
kwalifikasie dat hy in wettige besit daarvan gestel kan word. Sy
aanspraak op inbesitstelling van die voorwerp
moet dus heel eerste
oorweeg word. By onstentenis van die subartikel sou die Staat
verplig gewees het om die voorwerp aan hom terug
te besorg nadat
behoud daarvan deur die polisie nie meer bogenoemde oogmerk kon dien
nie. So gesien, is dit die reël dat hy geregtig
op teruggawe van
die voorwerp is, en konstitueer die kwalifikasie ‘n uitsondering op
daardie reël. Dit kom my daarom voor dat
die Wetgewer beoog het dat
die Staat moet bewys dat die persoon wat voor die beslaglegging in
ongestoorde besit van die voorwerp
was vanweë die kwalifikasie nie
op teruglewering daarvan geregtig is nie.”
15.
In
casu
is
die enigste rede wat die respondent aanvoer vir die weiering van
teruggawe van die skape
die
feit dat daar ‘n dispuut is tussen die applikant en Van Deventer
oor eienaarskap. Nêrens in respondent se opponerende stukke
word
die bewering gemaak dat die applikant die skape vanaf Van Deventer
gesteel het en dit dus nie wettiglik kan besit nie. Selfs
Van
Deventer sê nie dat hy die eienaar is van die skape nie – dit blyk
eerder vanaf die dokument dat daar ‘n kontraktuele dispuut
is
tussen Van Deventer en die applikant, vandaar Van Deventer se
ontevredenheid met die applikant se verwydering van die skape vanaf
sy perseel.
16. Daar is na my mening
geen saak uitgemaak deur die respondent dat dit ‘n misdryf sou wees
vir die applikant om die skape te besit
nie en moet die skape in
terme van artikel 31(1)(a) aan die applikant teruggelewer word.
17. Om
terug te keer na die punt
in
limine
.
Toe die lede van die veediefstaleenheid die skape gehou het in terme
van artikel 30(c) is Van Deventer in die posisie gestel van
niks
anders as tussentydse oppasser van die skape in die plek van die
polisie nie. Van Schalkwyk se woorde tot die effek dat hy
die skape
gelaat het in die sorg van Van Deventer vir
“safekeeping”
,
is aanduidend hiervan.
In
hierdie opsig kan hy dus geag word die agent van die respondent te
wees insoverre dit die bewaring van die skape aangaan en het
hy geen
weselike en direkte belang in die verrigtinge of enige bevel wat
gemaak word nie. Dit volg dus dat die punt
in
limine
nie kan slaag nie.
Die
volgende bevele word gemaak:
1. Die
punt
in
limine
word van die hand gewys
2. ‘n Bevel word
toegestaan in terme van bedes 1 en 2 van die Kennisgewing van Mosie.
________________________
C.C
WILLIAMS
REGTER
Nms.
Applikante
: Adv. W Coetzee
i.o.v.
Engelsman, Magabane Ingelyf
Nms.
Respondent
: Adv.
Henriques
i.o.v
Towell Groenewaldt Prokureurs
Datum
van verhoor
: 16/09/2005
Datum
van uitspraak:
24/02/2006