About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 81
|
|
S v Coetzee (CA&R 38\05) [2006] ZANCHC 81 (17 February 2006)
Verslagwaardig:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: CA&R
38\05
Datum
verhoor: 2006\02\16
Datum
gelewer: 2006\02\17
In
die appél van
:
ANDRIES
COETZEE APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram
:
MAJIEDT R
et
TLALETSI
R
UITSPRAAK
MAJIEDT R:
Die appellant het tereg
gestaan op ân aanklag van huisbraak met die opset om te steel en
diefstal. Nadat hy skuldig bevind is
op grond van sy aangebode
pleit van skuldig, is die aangeleentheid verwys na die Streekhof vir
vonnisoplegging. In die Streekhof
is die appellant ân vonnis van
5 jaar gevangenisstraf opgelê. Hy appelleer nou teen sy vonnis.
Daar is ook ân aansoek vir
kondonasie van die appellant se laat
indiening van sy appél. Ek is tevrede dat die appellant ân
aanvaarbare verduideliking
verskaf vir sy versuim. Gevolglik moet
die meriete van die appél oorweeg word ten einde te bepaal of
kondonasie toegestaan moet
word.
Die
appellant het in sy skuldig pleit erken dat hy goedere ter waarde
van ongeveer R4900.00 gesteel het van die klaagster nadat
hy by haar
huis ingebreek het. Hierdie goedere, wat meestal luukse artikels is
soos ân selfoon, bandopnemer ens., is toe deur
die appellant
verkwansel.
Die
appellant was 25 jaar oud, ongetroud en het een kind gehad. Hy het
op skool tot standerd 6 gevorder en het kontrakwerk by ân
bou-aannemer gedoen. Ten tyde van vonnisoplegging het die appellant
ân vonnis van 3 jaar gevangenisstraf uitgedien vir huisbraak
met
die opset om te steel en diefstal. Die appellant het verskeie ander
vorige veroordelings gehad, daarvan is 3 oneerlikheidsmisdrywe
(ingesluit dié een waarvoor hy besig was om 3 jaar gevangenisstraf
uit te dien soos hierbo vermeld). Een daarvan was vir roof
in 1999
toe hy 12 maande gevangenisstraf opgelê is.
Daar is op appél voor
ons geen mistasting aan die kant van die streeklanddros tydens
vonnisoplegging beweer nie; namens die appellant
het Mnr. Modupe
bloot aan die hand gedoen dat die vonnis skokkend onvanpas is. Die
appellant het weliswaar skuldig gepleit, maar
dÃt op sigself is
geen klinkklare aanduiding van berou aan sy kant nie â die sterkte
van die Staatsaak kon hom net sowel oorreed
het om eerder maar
skuldig te pleit. Bowendien is die volgende strafverswarende
faktore van belang: die appellant se slegte misdaadrekord,
veral
vir oneerlikheidsmisdrywe asook die feit dat luukse artikels gesteel
en van die hand gesit is â daar was beslis nie uit
broodgebrek
ingebreek en gesteel nie.
â
n Belangrike aspek
wat deeglik in ag geneem moet word is dat die appellant ân
soortgelyke misdryf as die onderhawige gepleeg het
in 2001 en toe 3
jaar gevangenisstraf opgelê is. Hy was dié vonnis opgelê op 11
Februarie 2002 en was hy vir een of ander onverklaarbare
rede buite
die gevangenis toe hy die onderhawige misdryf gepleeg het op 4 April
2002. Die appellant word dus duidelik nie afgeskrik
deur direkte
gevangenisstraf nie. In die lig hiervan kan na my mening beswaarlik
aangevoer word dat ân vonnis van 5 jaar gevangenisstraf
hierin
skokkend onvanpas is.
Alles inaggenome is ek
die mening toegedaan dat die opgelegde vonnis nie inmenging
regverdig nie.
DIE APPELLANT SE
AANSOEK OM KONDONASIE WORD AFGEWYS EN SY SKULDIGBEVINDING EN VONNIS
WORD BEKRAGTIG.
_____________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam:
_____________
PL TLALETSI
REGTER
NAMENS
APPELLANT : ADV AT MODUPE (REGSHULP)
NAMENS
RESPONDENT : ADV CG JANSEN
DATUM VAN
VERHOOR : 2006\02\16
DATUM
VAN UITSPRAAK : 2006\02\17