Beets v Munisipale Raad van die Tsantsabane Munisipaliteit (80/05) [2006] ZANCHC 9 (17 February 2006)

45 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Costs — Application for review — Applicant sought to review suspension decision but withdrew application before hearing — Issue of costs arising from withdrawal — General rule that withdrawing litigant must provide good reasons for not being liable for costs — Court found that the applicant's case was effectively academic due to the expiration of the suspension period prior to the hearing, thus ruling that the applicant was responsible for the costs incurred by the respondents.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2006
>>
[2006] ZANCHC 9
|

|

Beets v Munisipale Raad van die Tsantsabane Munisipaliteit (80/05) [2006] ZANCHC 9 (17 February 2006)

IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: 80/05
DATUM AANGEHOOR:
16-09-2005
DATUM
VAN UITSPRAAK: 17-02-2006
In
die saak tussen:
HENRY
ANDREW BEETS
APPLIKANT
en
DIE MUNISIPALE RAAD VAN DIE
TSANTSABANE
MUNISIPALITEIT
1STE
RESPONDENT
KATRINA KASPER N.O
2DE
RESPONDENT
(in
haar hoedanigheid as Burgermeester van die TSANTSABANE
MUNISIPALITEIT)
J J VAN L SADIE N.O
3DE
RESPONDENT
(in
sy hoedanigheid as Minisipale Bestuurder van die TSANTSABANE
MUNISIPALITEIT
CORAM:
C.C WILLIAMS R:
U
I T S P R A A K
WILLIAMS
R:
1. Die applikant het op
28 Januarie 2005 ‘n aansoek geloods vir die hersiening en
tersydestelling van die derde respondent se besluit
op 17 Januarie
2005 dat die applikant geskors word, sowel as ‘n kostebevel teen
die eerste respondent.
2. Die aansoek, wat
geopponeer is deur die respondente, is op die rol geplaas vir
argument op 13 Mei 2005. Op daardie dag is die
saak egter van die
rol verwyder klaarblyklik aangesien die applikant se skorsingstydperk
reeds op 16 April 2005 verstryk het en ‘n
bevel vir die hersiening
en tersydestelling van die besluit om te skors bloot akademies sou
wees.
3. Wie egter
verantwoordelik is vir die koste van die aansoek wat nie mee
voortgegaan is nie, is nog in geskil en dit is vir hierdie
rede dat
die saak op 16 September 2005 voor my gedien het, slegs vir die
beregting van koste.
4. Die applikant is van
mening dat die respondente gelas moet word om die koste van die
aansoek te betaal en die respondente bestry
hierdie aansoek.
5. Die
reël wat normaalweg geld in hierdie tipe geval is dat waar ‘n
litigant ‘n aksie terugtrek of in effek terugtrek, hy baie
goeie
redes moet aanvoer waarom die teenkant nie geregtig is op sy koste
nie. Sien in die verband
Germishuys
v Douglas Besproeiingsraad
1973(3) SA 299 (NKA) te 300 D-E waar Van Rhyn R die volgende sê:
“
Die
eiser of applikant wat sy eis of smeekbedes terugtrek is na my mening
in dieselfde posisie as ‘n onsuksesvolle litigant want,
per slot
van sake is sy eis of aansoek futiel en is die verweerder of
respondent geregtig op alle koste wat deur die terugtrekkende
eiser
of applikant se prosesinstelling meegebring is.”
6.
Die
applikant se saak is egter dat hy met verwysing na die aansoekstukke
suksesvol sou wees met sy aansoek indien daarmee voortgegaan
is en
dus geregtig is op ‘n kostebevel in sy guns. Die applikant voer
verder aan dat:
6.1 die derde respondent
oor geen statutêre of ander bevoegdheid beskik het om die applikant
te skors nie;
6.2 die skorsing
prosedureel onbillik verloop het, en
6.3 die skorsing
substansieël onbillik verloop het.
7. Om hierdie redes, word
dit aangevoer, is dit nodig om ook die meriete van die aansoek in
oorweging te bring by die uitoefeing van
my diskresie ten aansien van
koste.
8. Daar is met groot
detail met die meriete van die saak gehandel deur beide mnr. Daffue
vir die applikant en mnr. Botha vir die respondente.
9. Ek
vind dit egter nie nodig of dienstig om in veel of enige detail die
meriete van die aansoek in hierdie uitspraak te behandel
nie. Die
benadering in sake waar slegs die koste aspek vir beregting oorgelaat
is word deur Price R in
Jenkins
v South African Boilermakers’, Iron and Steel Workers’ and
Shipbuilders’ Society
1946 WLD 15
te bladsye 17 en 18 uiteengesit. Die volgende passasie
uit die uitspraak het spesifiek toepassing:
“
I
cannot imagine a more futile form of procedure than one which would
require Courts of law to sit for hours, days, of perhaps even
for
weeks, trying dead issues to discover who would have won in order to
determine questions of costs, where cases have been settled
by die
main claims being conceded. If the Court were eventually to say,
that it awarded costs to a particular party because on the
evidence
that party would have won on that issue, would the disappointed party
then be entitled to appeal in order to upset the decision
as to who
would have won on the dead issue that has been tried? This must
necessarily follow if Mr. Kuper’s application is entitled
to
succeed. When a case has been disposed of by an offer which concedes
the main claim and the costs of the whole case have still
to be
decided, I think the Court must do its best with the material at its
disposal to make a fair allocation of costs, employing
such legal
principles as are applicable to the situation. This is much to be
preferred to laying down a principle which requires
courts to
investigate dead issues to see who would have won on such. In most
such cases the litigants would be required to incur
far greater costs
than those at stake.
In my view the costs
must be decided on broad general lines and not on lines that would
necessitate a full hearing on the merits of
a case that has already
been settled.”
10. Die Jenkins saak
hierbo verskil wel van die huidige deurdat die partye in daardie saak
geskik het op die meriete en slegs ten
opsigte van koste nie bymekaar
kon uitkom nie. Die meriete van daardie saak is wel op ‘n beperkte
wyse hanteer om ‘n billike
kostebevel te bepaal. Die benadering
uitgelig die passasie hierbo aangehaal is egter toepaslik.
11. In
die Germishuys saak
supra
,
waar die hof te doen gehad het met ‘n soortgelyke saak soos die
onderhawige waar die meriete nie geskik is nie, maar die saak
in
effek teruggetrek is, is al die relevante gesag bespreek insluitende
die Jenkins saak, en het die hof tot die beslissing gekom
dat daar
nie op die meriete ingegaan behoort te word nie. Ek skaar my by
hierdie beslissing.
12. Die
agtergrond tot hierdie aansoek kan kortliks as volg opgesom word:
12.1 Die applikant, die
Hoof: Menslike Hulpbronne, Ondersteuningsdienste en Algemene
Finansiële Aangeleenthede van die eerste respondent
is na ‘n
skorsingsondersoek gehou op 7 Januarie 2005, op 17 Januarie 2005 na
aanleiding van ‘n besluit geneem deur die derde
respondent,
geskors. Die redes vir sy skorsings is in die skorsingsbrief
uiteengesit as:
“
1. It
is reasonably expected that your presence on duty may be prejudicial
to the administration of the workplace.
2. It
is reasonably expected that fellow workers may be intimidated; and
3. That
the breakdown of trust has reached such a low ebb that it can be
reasonably expected that you will act contrary to the interests
of
the Municipality.”
12.2 Op 28 Januarie 2005
loods die applikant die aansoek waarin hy vra dat derde respondent se
besluit gedateer 17 Januarie 2005,
ingevolge waarvan applikant
geskors is, hersien en tersyde gestel word en dat die eerste
respondent gelas word om die koste van die
aansoek te betaal.
12.3 In die Kennisgewing
van Mosie word daar voorsiening gemaak daarvoor dat indien die
respondente van voornemens is om die aansoek
te bestry hul die
applikant se prokureur voor of op 3 Maart 2005 (meer as ‘n maand na
betekening), skriftelik daarvan in kennis
moet stel. Hierna geld die
normale tydsbepalings vir die liasseer van eedsverklarings soos per
die Hofreëls, dit wil sê respondente
moet binne 15 dae nadat
kennisgewing van opponering gegee is hul antwoordende eedsverklarings
liasseer en daarna die applikant sy
repliserende eedsverklaring
indien enige, binne 10 dae na betekening van die antwoordende
eedsverklaring. Sou daar by hierdie tydperke
gehou gewees het moes
die applikant laatstens op 12 April 2005 sy repliserende
eedsverklaring liasseer.
12.4 Om die een of ander
rede, wat nie duidelik blyk nie, het die respondente hul opponerende
eedsverklaring laat geliasseer, eers
op 29 April 2005. Die applikant
se repliserende eedsverklaring is daarna op 5 Mei 2005 geliasseer en
soos reeds genoem was die aansoek
op die rol geplaas vir 13 Mei 2005
13. Die Kollektiewe
Ooreenkoms wat geld tussen die partye maak voorsiening daarvoor dat:
“
13.3 The
suspension or utilization in another capacity shall be for a fixed
and pre-determined period and at any rate shall not exceed
a period
of three (3) months. Any suspension effected shall be on full
remuneration.”
14. Die skorsingsbrief
van 17 Januarie 2005 dui nie die termyn van die applikant se skorsing
aan nie. Die applikant se besware teen
sy skorsing het egter nooit
ingesluit die feit dat daar nie ‘n vasgestelde termyn van skorsing
bepaal is nie. Dit kon ook nie
so wees nie. Reeds met die
skorsingsondersoek op 7 Januarie 2005 het die applikant geweet dat
daar datums toegestaan is vir die
dissiplinêre verhoor, te wete 7
tot 9 Februarie 2005. Logieserwys sou dit beteken dat die skorsing,
wat hangende die dissiplinêre
verhoor geskied het, tot ‘n einde
sou loop na afhandeling van die dissiplinêre verhoor.
15. Die dissiplinêre
verhoor is egter onbepaald uitgestel en was met die aanhoor van
hierdie aansoek nog hangende.
16. Dit beteken egter nie
dat die skorsingstermyn onbepaald geword het nie. Klousule 13.3 van
die Kollektiewe Ooreenkoms sê in geen
ondubbelsinnige taal dat ‘n
skorsingstermyn nie drie maande mag oorskry nie. By noodwendige
implikasie dus, het die applikant
se skorsingstermyn verstryk op 16
April 2005 waarna hy geregtig sou wees om vir diens aan te meld.
17. Die applikant is ‘n
senior beampte in diens van die eerste respondent en geskool in
Arbeidsreg. Hy is reeds 7 jaar daar werksaam
waar hy onder andere
ook die eerste respondent behulpsaam is met dissiplinêre optrede.
Hy erken ook dat hy goed vertroud is met
die inhoud van klousule
13.3. Die betoog dat die opskortingstermyn vir ‘n onbepaalde tyd
was, slegs omdat die skorsingsbrief nie
‘n tydperk meld nie gaan
dus nie op nie. Die feit dat die respondente eers op 26 Mei 2005 vir
applikant persoonlik laat weet het
dat hy terug kan keer werk toe
neem die applikant se saak ook nie verder nie. Indien hy eers kennis
wou hê daarvan dat sy opskortingstermyn
op 16 April 2005 verstryk,
het hy dit reeds met die respondente se antwoordende eedsverklaring
ontvang, gedateer 29 April 2005, waarin
derde respondent dié feit
onder aandag bring.
18. Ten spyte daarvan dat
die antwoordende eedsverklaring die posisie uiteensit, het die
applikant egter nog volgehou en voortgegaan
om ‘n repliserende
eedsverklaring te liasseer en boonop betoogshoofde laat voorberei vir
die aanhoor van die aansoek op 13 Mei
2005, net om op daardie dag die
aansoek van die rol te verwyder.
19. Gedagtig daaraan dat
die aanvanklike datum vir die dissiplinêre verhoor reeds vroeg in
Februarie 2005 was, is dit verstommend
dat die applikant heengegaan
het en op 28 Januarie 2005 ‘n aansoek in hierdie vorm uitgereik
het. ‘n Bevel verkry in die applikant
se guns na afhandeling van
die dissiplinêre verhoor, indien dit voort sou gaan gedurende
Februarie 2005, sou bloot akademies wees
en ‘n vermorsing van tyd
en geld.
20. Selfs indien die
applikant voor die liassering van die aansoek geweet het dat die
dissiplinêre verhoor uitgestel is (die aansoekstukke
swyg hieroor),
moes hy ook besef het met die tydperke vir liassering van stukke soos
in die Kennisgewing van Mosie uiteengesit, dat
die aansoek nie
aangehoor sou word voor die verstryking van die maksimum drie maande
skorsingsperiode nie.
21. Die applikant is
deurentyd regsverteenwoordig deur praktisyns wat gereeld in hierdie
Afdeling verskyn en die praktykreëls behoort
te ken. Mnr. Daffue
wat namens die applikant optreë se betoog dat die applikant nie
verantwoordelik gehou kan word vir oorvol hofrolle
nie, gaan nie op
nie. Soos reeds hierin gemeld, op die beste vir die applikant,
indien daar binne die tydbeperkings van die Kennisgewing
van Mosie
gebly is, sou die applikant se repliserende eedsverklaring eers op 12
April 2005 geliasseer moes wees. Dit sou slegs vier
dae gelaat het
vir die liassering van betoogshoofde en die aanhoor van die aansoek
voordat die skorsingstydperk op 16 April 2005
verstryk het. ‘n
Onmoontlke taak.
22. Die situasie soos hy
hier afgespeel het was voorsienbaar en kon vermy word deur die
aansoek op ‘n dringende basis te bring.
23. Die applikant het
gekies om ‘n hofprosedure te volg wat van die staanspoor af
duidelik was hom nie enige sinvolle regshulp
sou kon bied nie. Ek
sien geen rede waarom die respondente dit moet ontgeld nie.
Bygevolg word dit
gelas dat die applikant die koste van die aansoek betaal.
________________________
C.C
WILLIAMS
REGTER
Nms.
Applikante
: Adv. J P Daffue
i.o.v.
Engelsman, Magabane Ingelyf
Nms.
Respondent
: Adv. C H Botha
i.o.v
Mjila & Vennote
Datum
van verhoor
: 16/092005
Datum
van uitspraak:
17/02/2005